wyl’ kam’raad

soos’k onthou, u’t sonner g’raas g’stry,
dikwels, voor-innie-koor, optogte gelei,
struggle, anti-apartheid s’n, nie ’n spel,
struktuurg’weld heers nog, ’n louter hel

armoedigheid floreer, vannat Mens kan lees,
vannat neo-bourgeoisie speelveldpeil vasstel,
geldgieriges, gulsiges, gewetenloos aan’t tel,
hoeveel’r aan einde van oorlog oor sal wees

kam’raad, eish, u’t oop-’n-bloot ytv’rkoop,
redes daarvoor nooit teen Gods Lig g’hou,
wetenskaplik pejorativeringspaleis g’bou,
toeg’laat lat Self-destruksie sjy pad loop

hamba kahle, mede-“isiBhulu”-sam’flanser,
toe glattie laaste eksklusiwiteitsv’rskanser

Jacobus Faasen

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top