Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 666

15/09/2017

E-posadres:

Krities Afrikaans

LitNet: Jy en sosiale media

Pasverskyn

Nuwe stemme 6

Nuwe stemme gee vir die varsste, nuutste stemme in Afrikaans ’n plek om hulself te laat hoor. Die sukses van die projek kan gesien word in die vorige deelnemers wat nou gevestigde skrywers is: Ronelda Kamfer, Gilbert Gibson, Loftus Marais, Kirby van der Merwe, Tom Dreyer en vele meer. Hierdie uitgawe is saamgestel deur Charl-Pierre Naudé en Bibi Slippers. As jy wil weet hoe lyk die skrywers van die toekoms, lees Nuwe stemme 6.

Samestellers: Charl-Pierre Naudé en Bibi Slippers
Uitgewer: Tafelberg
ISBN: 9780624082644
Prys: R240

Menings

Sosialemedia-gebruik en kinders: the good, the bad and the ugly

Hugo Theron, Naomi Meyer
Onderhoude

Hugo Theron is ’n kliniese sielkundige wat sy PhD-navorsing gedoen het oor die gebruik van sosiale media en die impak daarvan op tieners. Naomi Meyer het hom gevra: "Wat is die beste raad wat jy vir ’n ouer kan gee ten opsigte van kinders, tieners en die sosiale media?"

VraNet: Sosiale media

Frances Strooh, Liné Enslin
Onderhoude

"As jy sosiale media 'reg' doen, sal jy vind dat dit jou verhoudings met ander mense versterk. Jy sal weet of sosiale media ’n negatiewe impak op jou lewe het as dit jou geïsoleerd en ondergeskik laat voel."

Superspellers op ’n slimfoon

Michele van der Merwe
Skole

"Tieners lees en skryf deesdae toenemend meer, veral met die koms van sosiale media. Hulle dink dalk nie daaraan dat hulle spel(on)vermoë aan die groot klok gehang word, vir die hele wêreld om te sien, nie."

Musiek en dekolonisering: Mareli Stolp gesels met Etienne Viviers

Etienne Viviers, Mareli Stolp
Onderhoude

"Die tyd sal waarskynlik kom dat die argument gemaak word dat Westerse kunsmusiek nie in Suid-Afrika gespeel behoort te word nie, omdat dit verteenwoordigend van kolonialisme is."

Gesprekke oor Krotoa en nadenke oor kultuurerfenis en -nalatenskap

Marike Bekker
Seminare en essays

"Wie besit die intellektuele eiendom van ’n etniese erfenis?"

Leuens, statistiek, en sommer bôls

Frans Rautenbach
Rubrieke

"Ek het altoos geglo, soos ek op skool geleer het, dat die span wat meestal die bal het, die beste kans staan om te wen. Maar is dit reg?" Frans Rautenbach skryf oor rugbystatistiek en Saterdag se wedstryd teen Australië.

Versoening en sosiale kohesie: ’n onderhoud met Elnari Potgieter

Elnari Potgieter, Menán van Heerden
Onderhoude

"Daar is al hoe meer die besef dat die aanspreek van ongelykhede deel vorm van die versoeningsproses."

Vergifnisonderwys: wat is dit en waarom is dit nodig?

Hannes van der Walt, Estelle Kruger
Onderhoude

"As ons en ons kinders nie leer wat onreg is en wat vergifnis behels nie, sal ons tot in lengte van dae sukkel met swak verhoudinge onder mekaar, veral ook met swak verhoudinge tussen die verskillende bevolkingsgroepe waaruit ons bevolking van meer as 56 miljoen mense bestaan."

Magaqa se dood: keerpunt vir politieke moorde in Suid-Afrika?

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"Wat wel onnatuurlik en onheilspellend is, is die feit dat politieke moorde skynbaar gesien word as normaal in ’n demokrasie. Dit is nie. Demokrasie beteken juis dat daar strukture is waarbinne regimeverandering vreedsaam gedoen word."

Langston Hughes: The people’s poet who revolutionised the African-American literary tradition

Phil Ndlela
Opinion

"Hughes was no ivory tower type of intellectual. He was a true cultural revolutionary who celebrated the beauty of ordinary people, whose experiences he sought to centre."

Boeke en skrywers

Die Bergengel deur Carina Stander: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Elzette Steenkamp
Resensies

"Met die lees van Carina Stander se Die Bergengel het ek uiteindelik besluit dat ek nou maar gerus kan voel oor die stand van fantasie in Afrikaans. Stander se pragroman is ’n waardevolle bydrae tot nie net die afgeskeepte fantasiegenre nie, maar ook die Afrikaanse letterkunde in sy geheel."

Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: Die einde van die storie deur Santie van der Merwe

LitNet
Du Toitskloof Wyne | LitNet Eerste Slukkie

LitNet publiseer uittreksels uit boeke wat pas verskyn het. Lees ’n gedeelte uit Die einde van die storie deur Santie van der Merwe, aangebied deur Du Toitskloof Wyne.

Sarah Lotz on writing, plot twists, and a BBC TV series

Sarah Lotz, Karin Schimke
Books and writers

"I write every day, all day. I stop at five pm for a couple of hours to walk the dogs. I don’t write down ideas for new projects. The good ones tend to stick; the others go to the great idea landfill in the sky."

Moordhuis deur Madelein Rust: ’n resensie

Org Potgieter
Resensies

"Moordhuis is ’n vars en baie komplekse storielyn wat wye draaie maak, ook in die Bloemfonteinse onderwêreld van dwelms, bordele, molestering en kinderpornografie."

’n ope brief aan Dorian Gray deur Ruan Fourie: ’n resensie

Nini Bennett
Resensies

"Fourie is ’n ambisieuse jong digter. ’n ope brief aan Dorian Gray is ongelukkig ’n voortydige debuut wat ’n vraagteken laat hang oor die rol en verantwoordelikheid van die keurder en uitgewer in die publikasieproses."

PEN Afrikaans Nuusbrief: September 2017

PEN Afrikaans
PEN Afrikaans

Oor: belangrike reëlings vir PEN Afrikaans se AJV op 16 September; volmagte en nominasies vir nuwe bestuurslede van PEN Afrikaans; ledegeld vir 2017 en uitstaande kwitansies; die Tuin van Digters-fees op Wellington; internasionale blootstelling vir PEN Afrikaans se Trippel-7-projek; finaliste vir die kykNET-Rapport Boekresensent van die Jaar-kompetisie; ’n oorsig van Afrikaanse resensies en boekbesprekings in Augustus; nuwe Afrikaanse boeke in September

ATKV-Woordveertjies 2017: Foto's

Naomi Bruwer
ATKV-Portaal

Die tiende ATKV-Woordveertjies het Vrydag 8 September op die Anura-landgoed buite Stellenbosch plaasgevind.

Boekbekendstelling: Die dood en die sin van die lewe deur Anton van Niekerk

LitNet
Boeke en skrywers

Jy word hartlik uitgenooi na die bekendstelling van Die dood en die sin van die lewe op 7 Oktober in Stellenbosch, waar die skrywer, Anton van Niekerk, met Chris Jones in gesprek sal wees.

Skryfwerk

Bybel in Kaaps: Johannes 6, deel 1

Olivia M Coetzee
Bybel in Kaaps

"Hulle het Hom toe met oepe arms oppie boot ontvang, en toe hettie boot by die land angekom waanatoe hulle op pad was." Lees en luister Olivia M Coetzee se Bybel in Kaaps-artikel.

Agter die maskers

Dorette Bester
Kuberklas Kreatief

"Is ons, sonder masker of pretensie, dan nie genoeg nie? Hoekom probeer tieners groot wees en ander se drome navolg? Dra grootmense dan nie maar net maskers nie, of kom jy by ’n punt waar jy die masker weggooi?"

LitNet Akademies

“’n Postkoloniale Umweltkas”: die vraag na ’n transnasionale poëtika in Afrikaans aan die hand van Marlene van Niekerk se Kaar

Louise Viljoen
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)

"In hierdie artikel word daar ondersoek ingestel na die vraag of daar in die geval van Afrikaanse digters en ’n lokaal-geplaaste minderheidstaal soos Afrikaans gepraat kan word van ’n transnasionale poëtika."

’n Evaluering van opvoedermoreel in skole in Wellington

Kobus Liebenberg
LitNet Akademies (Opvoedkunde)

"Indien opgeleide en professionele opvoeders by die ontwerp van nuwe kurrikula betrek word, is hulle in staat om waardevolle bydraes en insette te lewer. Deurdat kundige opvoeders betrokke is by die evaluering- en disseminasiefase, kan dit dien as motivering vir opvoeders as vennote in kurrikulumontwikkeling."

Leefstyl

Tuin van digters 2017: program

LitNet
Feeste

"Haal uit die digwoorde, gryp die digbundels en koop jou kaartjie. Dit is tyd vir die 6de Tuin van digters op 15 en 16 September 2017 by die Breytenbach Sentrum in Wellington."

Vaselinetjie by die kykNET Silwerskermfees 2017: filmresensie

Reney Warrington
Film

"Vaselinetjie het al die onderdele wat ’n besonderse film opmaak. Elke skoot is fyn uitgewerk, geraam en verfilm. Die klankontwerp is so effektief dit smelt weg. Die karakters is volrond en kruip in jou hart in."

Press release: Finalists announced for SCrIBE 2017

LitNet
Lifestyle and entertainment

"The top three finalists of the 2017 SCrIBE Scriptwriting Competition have been announced. Professional staged readings of their plays will take place from Monday, 18 September until Wednesday, 20 September."

Uitnodiging: TT Cloete-huldigingslesing

LitNet
Akademies en skole

Die Skool vir Tale van die Noordwes-Universiteit bied op 20 September ’n TT Cloete-gedenklesing aan. Marlies Taljard is die spreker. Hier is nog inligting oor die geleentheid.

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 886 5169


© 2017 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved