Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 658

19/07/2017

E-posadres:

Krities Afrikaans

LitNet: Jou 67 woorde

Pasverskyn

Hierdie huis

Kleinboer woon steeds in rowwe Yeoville naby Johannesburg se middestad. Hy is verknog aan sy erf, maar is ’n speldjie wat telkens na ander magnete aangetrek word. Sommige lesers het dalk gehoop hy het al ophou rondloop. Maar nee, hy is steeds verslaaf aan die versoekings wat bordele bied. Sy rondlopery strek nou wyer en hy gaan loer selfs wat bo in Afrika aangaan. Sy Zoeloe-vrou worstel teen ander magnete, hoofsaaklik die sjebiens binne stap- of strompelafstand van die huis. Deur dit als woel Kleinboer se obsessie met die Lotto, waaruit hy getalle én woorde maak. Hierdie huis voltooi die drieluik wat Kleinboer met sy bekroonde Kontrei en Werfsonde begin het op fassinerende en ontroerende wyse.

 

Skrywer: Kleinboer
Uitgewer:
Penguin
ISBN: 9781415207321
Prys: R240

Skryfkompetisie

Skryfkompetisie: 67 woorde vir Mandela-dag 2017

In die lig van Mandela-dag op 18 Julie nooi LitNet jou om ’n kort-kortverhaal van 67 woorde te skryf. Die sluitingsdatum is 31 Julie 2017.

LitNet het reeds 45 inskrywings gepubliseer. Lees hier die kort-kortverhale en laat ons weet watter een is jou gunsteling!

Menings

Demokrasie en Suid-Afrika in 2017

Chris Nelson, Menán van Heerden
Onderhoude

"Sedert die oorgang na ’n inklusiewe demokrasie in 1994 het ek, soos miljoene mede-Suid-Afrikaners, met die vraag geworstel: Is ’n inklusiewe demokrasie in Suid-Afrika volhoubaar gegewe die traumatiese ervarings wat die samelewing op velerlei terreine gedurende die apartheidsera deurloop het?"

Institute for Justice and Reconciliation: an interview with Eleanor du Plooy

Eleanor du Plooy, Menán van Heerden
Interviews

"At IJR, we believe communities must participate in identifying, analysing and creating solutions to the conflicts and injustices that affect them. IJR contributes expertise to empower communities further with knowledge and skills to develop their capacity to achieve socio-economic justice and reconciliation."

Raymond Chikapa Enock Phiri (23 Maart 1947 – 12 Julie 2017)

Schalk D van der Merwe
In memoriam

"Vir Phiri was musiek ’n sielsroeping. Dit het voorkeur gekry bo roem en rykdom. Sy nalatenskap is ’n testament vir die feit dat regte musiek nie lieg nie."

Many stories to tell: an interview with Kanna award-winning playwright

Chenal Kock, Menán van Heerden
Interviews

"Theatre holds great power in introducing the youth to stories – important stories. These stories being told on stage often trigger hidden stories within the youth that they are afraid to tell or explore."

Benodig: ’n gesaghebbende presidensiële woordvoerder

Jason Lloyd
Rubrieke

"Om dinge nog erger te maak stel politici woordvoerders aan wat min of niks van die media weet nie. Om ’n graad in joernalistiek, kommunikasie of openbare betrekkinge te hê beteken nie jy verstaan die daaglikse werkswyse van die media nie."

Mik-en-tik teenoor selfgerigte leer en toetsbordvaardigheid

Elsie Lubbe, Estelle Kruger
Onderhoude

"Dit sal vir my wonderlik wees as ek dit kan regkry dat leerders in Suid-Afrika ook die waarde van toetsbordvaardigheid in die tegnologiese era waarin ons ons bevind kan besef en hierdie vaardigheid ook reeds in laerskole (vanaf graad 4) in ons Suid-Afrikaanse skole onderrig kan word."

Uit die argief: Nuwe Geskiedenis van Suid-Afrika Wiki: Tydlyn van Nelson Mandela se lewe

2009-09-03

Hier is ’n tydlyn in vier afdelings van Nelson Mandela se vroeë jare en politieke jare (1918–2008).

Uit die argief: Invictus sal Suid-Afrikaner én buitelander boei

André Crous
2009-12-11

"As Suid-Afrikaner kan ek die gevoel en die gebeure rondom die 1995 Wêreldbeker-rugbytoernooi baie goed onthou en as sulks word hierdie resensie meer as gewoonlik deur my eie herinneringe gekleur."

Uit die argief: “Someone’s braaiing, my Lord, Kumbaya ...”: Waarom die idee van ’n reënboognasie skadelik geword het vir ons kollektiewe psige

Koos A Kombuis
2008-03-04

"Ek het uiteindelik aanvaar dat konsepte soos nasiebou en versoening passé is. Ek besef dat die idee van ’n 'reënboognasie' ’n hersenskim was."

Boeke en skrywers

Die wêreld van Charlie Oeng: ’n resensie

Hennie van Coller
Resensies

"Van Heerden bereik met hierdie roman weer die peil van sy beste werk."

A Time Traveller's Guide to South Africa in 2030 deur Frans Cronje: ’n onderhoud

Frans Cronje, Naomi Meyer
Skrywersonderhoude

"Wanneer ’n mens na die pas van globale tegnologiese vordering kyk, is dit selfs meer onaanvaarbaar dat Suid-Afrika sulke swak onderwysresultate lewer, veral met betrekking tot wiskunde. Dit is net so waansinnig om Suid-Afrikaanse politici te sien kibbel oor wie die grond of die myne behoort te besit wanneer die toekoms van welvaartskepping lê by wat in mense se koppe aangaan."

Making Africa Work: a book review

Willie Breytenbach
Books and writers

"Manufacturing in Africa has suffered: firstly, during colonial times, when raw materials were exported, as beneficiation took place abroad; and secondly, today, as China does the same."

Martie Preller (1948–)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum

"Mense wat hul drome kan laat waar word op ander maniere as wat hulle ooit gedroom het, inspireer my. Mense wat hul ding doen sonder om ander mense te blameer of te misbruik, inspireer my." Lees oor Martie Preller se lewe en werk.

Offerande deur Chanette Paul: ’n lesersindruk

Louise Viljoen
Boeke en skrywers

"Offerande noop die leser op die donker vasteland om introspeksie te hou oor sy of haar Afrikaanskap."

"Artisjokhart" deur Karen de Wet: ’n bespreking

Marié Jacobs
Boeke en skrywers

"Ek het 'Artisjokhart' vir die eerste keer raakgelees in nuwe stemme 3 (Tafelberg 2005). Die skoonheid van hierdie gedig het my dadelik oorrompel."

Met liefde wat saamgaan en ander stories deur Annalise Wiid: ’n resensie

Maryke Roberts
Resensies

"Die trefkrag van die boek lê vir my daarin dat jy nie noodwendig ’n gelowige hoef te wees om waarde uit die stories en insigte te put nie; dat die fyner kyk in ander se vreugdes en seer jou deel maak van ’n groter groep."

Rykdom

Crito
Blogs

"LitNet het die afgelope week gesorg vir ’n 'embarrassment of riches' op hul resensie-uithoekie. Die soort oorvloed wat Crito ’n paar vakansiedae gekos het."

LitNet Akademies

D.J. Opperman se verbond met die skeppende God: ’n Interpretasie van Heilige beeste en Negester oor Ninevé

Lina Spies
LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)

“Op grond van die religieuse gedigte waarop ingegaan is, kan die afleiding gemaak word dat die Ou-Testamentiese God van die Verbond die God van die digter Opperman is aan wie hy in meerdere gedigte met sy eie aksente poëtiese gestalte verleen.”

Die veranderende betekenis van die Voortrekkermonument: erfeniswins of erfenisverlies?

Anton van Vollenhoven
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)

"Monumente word maklik die slagoffers van diegene met sienswyses wat verskil van dit wat die monument simboliseer. Gevolglik is daar sedert 1994 by die Voortrekkermonument pogings aangewend om persepsies van die publiek ten opsigte van die monument te verander."

Gespierde Afrikaans

LitNet
Akademies en skole

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid? LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. Kyk na ons lesers se voorstelle.

Leefstyl

Die klein prinsie by die Vrystaat Kunstefees: ’n onderhoud

Naòmi Morgan, Naomi Meyer
Feeste

"Ek het al so baie van en oor Saint-Exupéry gelees dat ek deur al hierdie leeservarings beïnvloed word wanneer ek Die klein prinsie lees. Ek dink dit gaan oor die intense verlange wat ons soms het na die kind wat ons nie meer is nie, ’n verlange na onskuld, opregtheid, maar ook geloof, hoop en liefde."

Wanneer wolke sing by die Vrystaat Kunstefees: ’n onderhoud

François Maree, Naomi Meyer
Feeste

"Daar word gelag oor ou stories, gedroom oor pynlose visies en gekla oor die hitte. Daar word geworstel met ’n groot siekte en onkonvensionele verhoudings. Die hitte is die verbryselde eerlikheid van die platteland. Sy wrokkige bedoelings laat die sweet aftap en die tonge praat."

Nul is nie niks nie: ’n onderhoud met Antoinette Louw

Antoinette Louw, Naomi Meyer
Film

"Alhoewel Jaco Jacobs se boek ’n jeugroman is, is die film vir beide kinders en ouers. Almal kan met die storie en emosies identifiseer en word daardeur geraak. Dis ’n storie oor lewe en dood, en veral hoop."

Die wêreld van Charlie Oeng by die Vrystaat Kunstefees

LitNet
Feeste

"Vanjaar is die gasskrywer by 'Fees van die sintuie' die alombekende Etienne van Heerden, wat sy nuwe roman, Die wêreld van Charlie Oeng, op die fees bekendstel."

Web deur Naomi Meyer by die Vrystaat Kunstefees

LitNet
Feeste

Naomi Meyer sal op Saterdag 22 Julie by die Vrystaat Kunstefees met Francois Smith gesels oor haar roman Web. Hier is nog inligting.

Poetry in McGregor: gedigkompetisie vir ongepubliseerde digters

LitNet
Skryfsake en rubrieke

"Vir liefhebbers van die woordkuns lei alle paaie binnekort weer na die mooi plattelandse dorpie McGregor. Die vyfde jaarlikse Poetry in McGregor vind vanjaar van 25 tot 27 Augustus plaas."

Krotoa: ’n mening

Reney Warrington
Film

"Die storie van Krotoa is fassinerend en behoort vertel te word, maar op ’n geloofwaardige en respekvolle manier."

Skole

Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Is daar ’n graad 6-leerder in jou huis? Hier is gratis eksamenvraestelle en memoranda vir Afrikaans, Engels, Xhosa, Sotho, Lewensvaardighede, Natuurlike Wetenskappe en Tegnologie, Sosiale Wetenskappe en Wiskunde.

Lakenwit

Dorette Bester
Kuberklas Kreatief

"Toe die polisie in die skemerte inry, bly Thebo en ek daar staan. Ons luister na elke ritsel, elke voëltjie wat fluit en hoor die nagmerries weergalm."

Skryfwerk

Soen by ’n begrafnis

Hans Pienaar
Poësie

"Jou mond het tuitgemaak
toe jy my soen, soos ’n tulp s’n"

Soen in kroeg

Hans Pienaar
Poësie

"Ek het ’n man gesien wat ’n vrou wou
soen en toe hy haar vind het hulle gehurk
op die ente van hul stoele"

Nat soen op wang

Hans Pienaar
Poësie

"Jou nat soen op my wang voor jy weg is
het my laat wens ek kon proe of daar nog
iets oorbly van gisteraand"

Soen langs die pad

Hans Pienaar
Poësie

"Jy lag vir my, sê kom
kom en haal my uit die kar
en vat my aan die hand na
die stroom"

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 886 5169


© 2017 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved