Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 653

15/06/2017

E-posadres:

Krities Afrikaans

LitNet: Jou jeug

Pasverskyn

Vlerke vir almal

Dewald se ouers stuur hom na ’n nuwe skool na sy lewe omvergegooi is. Elke skool het nuwe uitdagings en elke skool het sy boelies, en dis nie maklik om ’n tiener te wees met ’n skielike hakkelprobleem nie. Dewald probeer weer sy balans vind, om sin te maak van hoekom sy beste vriendin hom nooit ingesluit het in haar grootste besluit nie. Dit terwyl een van die grootste boelies in die skool sy lewe hel maak. En hy besluit: genoeg is genoeg. ’n Hartroerende verhaal oor relevante tienerkwessies.

Skrywer: Marion Erskine
Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R155

Menings

Jeugdag 2017: Jonkheid in die kunste

Christiaan J de Swardt
Leefstyl

Die kunste is ’n weerspieëling van wat op ’n gegewe oomblik in ’n samelewing gebeur. Hier gesels ’n aantal jong kunstenaars prontuit oor hoe die kunste die toekoms ten goede kan verander.

Jeugdag 2017: Laat die kinders speel

Ilza Roggeband
Menings

“Is musiek nie dalk die wêreld se redding nie? As ’n groep mense – kinders én volwassenes – ’n dag lank oor kultuur- en taalgrense heen vreugde kan vind, is musiek nie dalk die antwoord vir al ons probleme nie?”

Rymklets saam met Jitsvinger op Jeugdag: ’n onderhoud

Menán van Heerden, Jitsvinger
Onderhoude

"Rymklets is die billboard van streeksdialekte, die baarmoeder van nuwe woorde en die fakkel van progressiewe letterkunde."

Learning to Live Music: ’n onderhoud met Luna Paige

Menán van Heerden, Luna Paige
Onderhoude

"Ek dink wat my opgewonde maak is die feit dat die werkswinkel gratis is. Dat niemand uitgesluit hoef te word nie. Ordentlike musiekopleiding kos geld, en dit is nie vir alle talentvolle mense beskore nie." Daar vind ’n gratis konsert op Donderdag 15 Junie plaas.

Learning to Live Music: ’n onderhoud met Vicky Davis

Menán van Heerden, Vicky Davis
Onderhoude

"Die CTMA fokus op die opheffing van kontemporêre musiek en het ten doel om werkskepping in die musiekveld te vermeerder en die algemene stand van die musiekbedryf te verbeter."

Die jeugboek Anna Atoom, wetenskapfiksie en omgewingsgesprekke

Estelle Kruger, Henriëtte Loubser
Onderhoude

"Niks verhoed ... die wetenskaponderwyser om fiksietekste soos die Anna Atoom-reeks, met die talle feiteblokke, in die klaskamer in te span nie."

VraNet: Rekenaars en foutspeuring

Liné Enslin, Jürgen Loff
Onderhoude

Deesdae is dit byna onmoontlik om sonder ’n rekenaar of basiese rekenaarvaardighede oor die weg te kom. Vir ’n jong volwassene wat nou die werksmark betree, is dit nóg meer van belang. Liné Enslin gesels met Jürgen Loff oor rekenaars, sagteware, foutspeuring en die dinge wat elke rekenaargebruiker behoort te weet.

My leeu van ’n vriend, Johann Botha

Johann Rossouw
In memoriam

"Johann se hele loopbaan staan in die teken van iemand wat uit onvoorwaardelike liefde vir hierdie lewe en hierdie land met al sy mense, diere en plante sy haas onuitputlike kennis oor hierdie dinge ter wille van geregtigheid en die groter goeie met sy luisteraars en kykers bly deel het."

Gespierde Afrikaans

LitNet
Akademies en skole

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid? LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. Kyk na ons lesers se voorstelle.

Doodstraf

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"Wil ons regtig die staat die mag gee om ’n einde aan ons lewens te bring? Vertrou ons die staat so ver, veral in lig van die wyse waarop staatsorgane hul mag misbruik?"

Martin Luther herdenk na 500 jaar: deel 3

Gerrit van Wyk Kruger
Seminare en essays

"Martin Luther het ’n komplekse karakter gehad: sy vriende was baie lief vir hom, en sy vyande het hom ewe-eens net so goed gehaat. Hy was ’n baie emosionele mens wat erg driftig kon word."

Waterskaarste: Praktiese wenke

Alta Cloete, Naomi Meyer
Onderhoude

“Ek dink dus ons moet eenvoudig aanvaar ons leef in ’n waterskaars land en ons lewens daarvolgens inrig. Dit kan gedoen word.”

Keuses en gevolge: ontleding van ’n gebeurtenis

Handré Brand
Seminare en essays

"Hoe beïnvloed emosionele faktore dus rasionele besluitneming? Dit kan selfs gebeur dat traumatiese gevolge op rasionele besluitneming volg, terwyl onweldeurdagte besluitneming positiewe uitkomste tot gevolg het."

Karel Schoeman (1939–2017): Huldigingsgeleentheid

Johann Rossouw
In memoriam

Op 11 Mei 2017 was daar ’n huldigingsgeleentheid vir Karel Schoeman (1939–2017) in Bloemfontein. Hier is ’n klankopname van Johann Rossouw van die Departement Filosofie by die Universiteit van die Vrystaat se huldeblyk.

Uit die argief: Hoe vier ons Jeugdag? Watter boodskap gee ons aan die jeug?

Michael le Cordeur
2011-03-22

"Jeugdag is vandag een van die mees verdelende dae op ons kalender." Michael le Cordeur het in 2011 na aanleiding van ’n jeugberaad ’n artikel geskryf oor die onreg teenoor die jeug en verdeeldheid in die land. Le Cordeur was toe verbonde aan die Afrikaanse Taalraad.

Boeke en skrywers

Die derde spoel deur SJ Naudé: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Jaco Barnard-Naudé
Resensies

"Die derde spoel sal nie by almal byval vind nie. Dit is egter ongetwyfeld ’n boek wat lesers gaan laat regop sit, wat selfs slapelose nagte gaan veroorsaak."

Apartheid: Britain's bastard child, an interview with Hélène Opperman Lewis

Herman Lategan, Hélène Opperman Lewis
Books and writers

"Before answering, let’s clarify the thorny issue of racism first. And let’s be clear – white racism arrived with the arrival of all Europeans in southern Africa. It’s not something that suddenly surfaced in 1948! And it certainly is not something peculiar to southern Africa only!"

Fatima Meer: Albie Sachs's impressions and Winnie Mandela's foreword

Albie Sachs
Books and writers

"The personal and the political are woven inextricably into each other by her life and in her prose."

Video en foto's: Bekendstelling van Op die spoor van

Naomi Bruwer
NB-Uitgewersportaal

Die kortverhaalbundel Op die spoor van is Saterdag in Protea Boekwinkel op Stellenbosch bekendgestel. Hierdie bundel, saamgestel deur Rudie van Rensburg, is ’n versameling speurverhale en van Suid-Afrika se grootste misdaadskrywers se verhale is daarin opgeneem.

’n Nuwe, kommerwekkende poging om Suid-Afrikaanse kopiereg te hervorm

Catrina Wessels, PEN Afrikaans
PEN Afrikaans

Die hersiene weergawe van die wetsontwerp wat veranderinge aan die Wet op Outeursreg voorstel, is op 16 Mei 2017 by die parlement ingedien. Indien hierdie wet aanvaar word, kan dit verreikende negatiewe gevolge vir skrywers en uitgewers hê.

PEN Afrikaans Nuusbrief: Junie 2017

PEN Afrikaans
PEN Afrikaans

Oor: vaarwel aan PG du Plessis; internasionale eer aan Breyten Breytenbach; nuwe kommerwekkende poging tot wysiging van SA kopiereg; aansoeke vir NATi-befondsing in 2018 sluit 30 Junie; skryf voor 3 Julie in vir die tweede Kunste Onbeperk Teksmark; skryf voor 28 Junie in vir die kykNET-Rapport Boekresensent van die Jaar-pryse; Trippel-7-kandidate by die 2017 ATKV-Winterskryfskool; Izak de Vries – kaalvoet-Comrades-held; kortlyste vir die 2017 Media24 Boeke-pryse; ’n oorsig van Afrikaanse resensies en boekbesprekings in Mei; nuwe Afrikaanse boeke in Junie

Paaie van hoop deur Nadia Beukes: ’n onderhoud

Liné Enslin, Nadia Beukes
Skrywersonderhoude

"Ek het al geleer om vir myself oomblikke van hartseer of kwaad of teleurstelling te gun, sodat ek dit kan probeer verwerk en verstaan en vroeër eerder as later kan opstaan en aangaan, hopelik met ’n les wat ek uit daardie ervaring geleer het."

Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: Elders deur Erns Grundling

LitNet
Du Toitskloof Wyne | LitNet Eerste Slukkie

LitNet publiseer uittreksels uit pasverskene boeke. Lees ’n hoofstuk uit Elders deur Erns Grundling, aangebied deur Du Toitskloof Wyne.

Oewerkonyn: ’n Onderhoud met Louisa Punt-Fouché

Louisa Punt-Fouché, Naomi Meyer
Skrywersonderhoude

"Die oewerkonyn is ’n skugter dier ... Hulle is ongelooflik mooi, met buitengewoon lang ore. Hulle was altyd die trots van die Karoo. Hulle speel ’n baie belangrike rol in die bewaring van die droë rivierlope en die bestuur van water in die Karoo."

Per ongeluk deur Lloyd Zandberg: ’n onderhoud

Liné Enslin, Lloyd Zandberg
Skrywersonderhoude

"Ek skryf net sodat mense nie skaam hoef te voel oor goed wat met hulle gebeur nie. Ons is almal eintlik maar net tydelike bewoners van ’n planeet wat ons nog nie lekker verstaan nie."

Hoekom herdrukke geresenseer word

Crito
Blogs

Dit is so dat Crito nie stilstaan by resensies van herdrukke nie. Die lewe is te kort, jy weet. Tog wonder ek soms wat die punt is om herdrukke te laat resenseer.

LitNet Akademies

Omgewingsdiskoers in wetenskapfiksie vir kinders met verwysing na die Anna Atoom-reeks deur Elizabeth Wasserman

Henriëtte Loubser
LitNet Akademies (Opvoedkunde)

"Die Anna Atoom-reeks bied ’n vorm van omgewingsdiskoers wat nuwe insigte oor die natuur en die mens se plek daarin bring. Diskoers wat ’n uitbuitverhouding met die natuur ontmoedig, soos wat in hierdie reeks aangetref word, kan ’n belangrike rol speel in die stryd teen misbruik en vernietiging van die aarde."

Die staatsdiens van die Zuid-Afrikaansche Republiek, 1890 tot voor die Jameson-inval van 1895

Heinie Heydenrych
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)

"Die tekortkominge in die staatsdiens van die Republiek was vroeg reeds merkbaar, maar is grootliks deur omstandighede na die ontdekking van goud op die Witwatersrand vererger, omdat die administrering van die goudveld groot nuwe uitdagings gestel het."

Skryfwerk

Honde van Hades

Nanette van Rooyen
Poësie

"ons moet vir mekaar uitkyk
jy vir my en ek vir jou, my suster
die honderd oë van Argus oral op ons lywe"

Die papegaai

Madri Victor
Fiksie

"Die voël raak stiller, kleiner, sy vlerke trillend teen die weerlose lyf. Wanneer dit donker word en die tromme begin praat, lig hy sy kop, volg haar met ’n stipswart oog."

Leefstyl

Die Heuwels Fantasties: "Dis ’n uur waarin jou ore beloon word"

Henry Cloete
Musiek

"Dit voel soms ons gesels amper meer as wat ons sit en skryf, vir seker aan die begin van die skepproses met ’n album."

The Eulogists: ’n teaterresensie

Maryke Roberts
Teater

"Die teks het goeie diepte en getuig van ’n vaardige woordsmid, met ’n oplettendheid oor die politieke en sosiale omgewing. Die debatte wat gevoer word, is kenmerkend van die tipe debatte wat ’n intelligente nasie behoort te voer."

Cathy and The Trolley Dollies: ’n teaterresensie

Maryke Roberts
Teater

"Die skertsery is vlymskerp, die sang is uitstekend en hul kostuums nog beter."

Persvrystelling: Brei-athon ter viering van Nelson Mandela-dag

LitNet
Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal

"Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) in samewerking met Paarl Museum en die Dorkas en Busy Beez Vroueklubs bied op Saterdag 24 Junie 2017 hul jaarlikse brei-athon aan ter viering van Nelson Mandela-dag."

Persvrystelling: Unieke vertolking van Vivaldi-meesterstuk by Klein Karoo Klassique

LitNet
Musiek

Vivaldi se Vier Seisoene herbesoek word vanjaar by Klein Karoo Klassique op Oudtshoorn uitgevoer. Die fees vind plaas van Vrydag 11 Augustus tot Sondag 13 Augustus 2017.

Press release: The Fugard Theatre's production of King Kong – The Musical

LitNet
Teater

"King Kong – The Musical tells the story of heavyweight fifties boxing champion Ezekiel Dlamini, whose self-appointed ring name was King Kong, to the wildly exhilarating music of Todd Matshikiza."

The Fugard Theatre announces The road to Mecca to celebrate Athol Fugard’s 85th birthday

LitNet
Lifestyle and entertainment

"The road to Mecca tells the story of a woman's desire for personal and artistic freedom within the narrow confines of a conservative and highly religious community in the Karoo in the early seventies."

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 886 5169


© 2017 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved