|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
Nuusbrief 637
23/02/2017
|
Krities Afrikaans
|
Die Banting-sakgids
Danksy lesers se versoeke vir méér basiese resepte en ’n maklik hanteerbare formaat, is die gewilde en omvattende Die Banting-oplossing nou beskikbaar in ’n grootte wat elke sak sal pas. Hierdie gebruikersvriendelike boekie bevat al die wenke en raad wat jy nodig het om jou Banting-leefstyl suksesvol te implementeer en om daarmee vol te hou.
Skrywers: Tim Noakes, Bernadine Douglas en Bridgette Allan
Uitgewer: Penguin Random House
Prys: R140 |
|
|
|
Video en onderhoud: "Die ander kant" van die US-taaldebat
Mercy Kannemeyer, Naomi Bruwer
Universiteitseminaar | University Seminar
"Ek voel wel dat daar onderskeid getref moet word tussen wanneer mense veg teen Afrikaans die taal en Afrikaans die kultuur en geskiedenis wat onderdrukkend is, want die geveg teen Afrikaans lyk vir my baie keer na ’n geveg teen die gesig van Afrikaans, wat hoofsaaklik wit is as gevolg van apartheid. Dit word nie altyd duidelik wat ’n groot rol bruin en swart mense binne Afrikaans gespeel het en nog steeds speel nie."
|
|
Oor Mathews Phosa se Damaskus-oomblik
Bettina Wyngaard
Rubrieke
"Mathews Phosa, en ander senior lede binne die ANC, begin besef dat hulle veel meer te verloor het as Zuma se korttermynguns. Hulle kan beheer oor die land verloor. Dan is die morele rugmurg wat hulle nou skielik ontdek het, te verstane. Dit gaan nie om die burgers nie. Dit gaan nie eers regtig om die ANC en hulle ryke tradisie nie. Dis ’n politiese spel om selfbehoud."
|
|
Afrikaans, die taal van vele kulture
Izak de Vries
ATKV-Portaal
"Die idee vir die werkswinkel was om insig te kry in die rol van die Khoi op Afrikaans, te kyk na Bo-Kaapafrikaans, die invloed van die slawe, Moslems, ander Afrikaners op Afrikaans, en iets te hoor oor Oranjerivierafrikaans."
|
|
LOK-simposium 2017
LitNet
SA Skoleseminaar | Schools Seminar
Die LOK-simposium (LOK: Letterkunde-ondersteuningskomitee) het op 17 en 18 Februarie 2017 in Stellenbosch plaasgevind. Hier is inhoud rondom die geleentheid.
|
|
LOK-simposium 2017: HemelBesem (video)
Izak de Vries
SA Skoleseminaar | Schools Seminar
HemelBesem was die hoofspreker by die LOK-simposium se verjaarsdagviering. Hier is sy toespraak, wat Izak de Vries verfilm het.
|
|
HemelBesem: “Ek glo dat die taal steeds besig is om te groei”
HemelBesem, Menán van Heerden
Skrywersonderhoude
"Ek deel stories uit my lewe en waarnemings, in die taal waarin ek grootgeraak het en steeds mee omsingel is, met die hoop dat mense voort sal gaan om dit in hulle alledaagse lewe te gebruik en om sodoende seker te maak dat Afrikaans so organies groei."
|
|
Indeks deur Joan Hambidge, ’n resensie
Helize van Vuuren
Resensies
"Joan Hambidge se Indeks is ’n veelfasettige en waardige toevoeging tot haar oeuvre, én tot die groeiende aantal laatwerkbundels in Afrikaans."
|
|
Hermann Giliomee – ’n onderhoud oor sy outobiografie
Hermann Giliomee
Skrywersonderhoude
"Giliomee vertel hoe hy as Afrikaner so half aan die rand van die volk beland het, waar die oorsprong van apartheid lê en die NG Kerk se rol daarin, hoe dit gebeur het dat mede-Afrikaanse bruin mense so verontreg is en waarom hy teleurgesteld is in die finale produk van die onderhandelingsproses wat tot ’n nuwe Suid-Afrika gelei het."
|
|
Lugkasteel deur Annelie Botes, ’n resensie
Maryke Roberts
Resensies
"Haar skryfstyl het ’n eerlikheid wat jou by tye laat wonder of sy besef daar is mense daar buite wat haar woorde lees, wat haar as’t ware beter leer ken deur haar boeke, al sal sy hulle nooit ontmoet nie."
|
|
20th Time of the Writer Festival line-up
LitNet
Books and writers
A feast of literary offerings from Africa and the world will be showcased at this year’s 20th Time of the Writer International Festival. The Festival, set to take place from 13 to 18 March 2017, will feature some of the country’s most prolific writers.
|
|
Potblou / Blou Pot at the US Woordfees 2017
Steyn du Toit
Lifestyle and entertainment
"With the pairing up of each visual artist with a blue pot made by one of the ceramicists, the challenge is to explore the object through each artist’s respective medium."
|
|
LAPA by die US Woordfees 2017
LAPA Uitgewers
US Woordfees
LAPA is trots om deel te wees van die US Woordfees 2017. Ons sal jou wys wat in ons skrywers steek.
|
|
Gedigkompetisie: huis, woning, tuiste
LitNet
Skryfkompetisies
Bykans 300 inskrywings is reeds ontvang. Die sluitingsdatum vir die kompetisie is 28 Februarie. Hier is die volledige kompetisie-inligting en ’n skakel na al die inskrywings wat sover ontvang is.
|
|