Word Onsigbaar, nooi Gouws jou in sy resensie

  • 0

Elke leser word in dié prettig leesbare resensie uitgenooi om deel te wees van ? spanningsvolle jaagtog. Jy wil jou tekkies aantrek en die avontuur begin saam met Lemmer en Emma, ? avontuur hunkerend na veiligheid, antwoorde en oplossings.

Sommer in die tweede paragraaf, so met die intrapslag, word die leser ? lys gegee van al die verhaal se bestanddele. Mens wonder dadelik, want daardie rits bestanddele kan ?f ? vervelige cliché-brousel afgee, ?f ? meesterstuk skep. Dus lees mens vinnig verder.

Andries Gouws beskryf die boek as spanningvol en ook “filmies”. Hy kry dit ook reg om hierdie style uitstekend na te boots in sy teks. Die kort bekendstelling van die karakter, Lemmer: “Ontmoet Lemmer: lyfwag”, en die uitstip van Lemmer se wette, dra ? militêre gevoel oor aan die leser en herinner aan die styl wat mens in ? spanningsfilm sou aantref.

? Uittreksel uit Onsigbaar word sorgvuldig gebruik in paragraaf vyf om vir ? oomblik die leser voor te stel (of te herinner) aan Meyer se fyn skryfwerk. Die leser kan dan ook uit dié deel aflei dat daar nie slegs spanning is in die boek nie, maar dat daar ook ? ander, meer emosionele dimensie, is daaraan.

Die koeëldoppies-metafoor skiet in die kol. Tog is die derde laaste paragraaf ietwat omslagtig, met die inhoud tussen hakies irrelevant.

Gouws vertel ten slotte iets oor sy persoonlike omgang met die boek. Juis dít, die tikkie humor wat daarmee saamgaan en die eenvoudige taalgebruik, maak hierdie resensie uiters toeganklik vir sy lesers.

Soos ? gebroke candez in musiek eindig Gouws sy resensie, wat die leser se nuuskierigheid net nog vérder prikkel. Dis ? finale uitnodiging vir elkeen om hierdie boek aan te durf … ? uitdaging om selfs deel te word van die gejaag as ? karakter – totaal onsigbaar, allermins!

Corneli Nel

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top