Die Four Jacks and a Jill se “Master Jack” het in die vroeë 1970’s ’n blywende indruk op my as ’n jong Afrikaanssprekende plaasseun gemaak. Ek sou later uitvind dat hierdie liedjie die eerste Suid-Afrikaanse popliedjie was wat ’n nommer 1-plek op die internasionale treffersparades kon behaal: in 1968 op die VSA-, Maleisiese, Australiese en Nieu-Seelandse treffersparades, om maar net enkeles te noem. Dit was veral die reël “It’s a strange, strange world we live in, Master Jack” wat my destyds bygebly het. Vir dekades het ek gewonder wie Master Jack is of was.
In my ure van navorsing vir my boeke oor Noord-Kaapse en Vrystaatse dorpe lees ek toe op ‘n dag in die Letterkundige Museum (NALN) in Bloemfontein, in ’n ou Huisgenoot (13 Desember 1968) die rare verhaal oor “die vreemde wêreld van Master Jack” raak.
Die komponis van hierdie merkwaardige liedjie was Spiros David Markantonatos. Sy plate-agent het sy naam destyds eensydig verander na David Marks. David se verhaal begin in Kaapstad, waar hy op 2 Junie 1944 gebore is (Google meld dat hy op 2 Februarie 1944 gebore is). Hy was die oudste van ’n Griekse pa en ’n Ierse ma se sewe kinders. Die meeste van sy kinderjare het hy deurgebring in Witbank (nou eMalahleni), waar sy pa ’n myningenieur was. Op hoërskool het hy sy eerste kitaar vir R2 aangeskaf en dit oral saamgedra “omdat dit goed gelyk het”. Na skool het hy as leerlingmynopmeter op Oos-Geduld en Grootvleimyn begin werk. Daarna is hy St Helena-myn toe in die Vrystaat.
Sy liefde vir popmusiek het ’n ernstige wendig geneem nadat hy Jeremy Taylor se “Ag pleeze, Daddy” op sy kitaar kon speel en sing. Op skool het hy sy eerste popgroep gestig, “The Boys”, en later, op die Vrystaatse goudvelde, het hy en ’n paar maats as Die Jamtarries in omliggende dorpe opgetree.
Van kleins af het myne en mynwerkers vir David ’n bekoring gehad. En vandat sy oupa in ’n mynramp dood is, was dit sy begeerte om die mynwerker se lewe en sy gemoed te besing. David se ideaal is nie verwesenlik nie, tot einde 1966, toe sy eerste treffer, “Mountains of men” vrygestel is, opgedra aan alle mynwerkers. “Mountains” het gou ’n treffer geword. Kort daarna is “Coalbrook” vrygstel – ook ’n treffer.
’n Paar maande later gaan kyk David ’n rolprent wat ’n diep indruk by hom laat: Ship of Fools. Die patetiese hoofkarakter in hierdie rolprent, wat nie eens sy eie naam kan onthou nie, doen wonderwerke vir ander mense en hulle omstandighede (hy los hulle probleme vir hulle op), terwyl hy nie sy eie probleme kan oplos nie. Na die film het David gedink: “It’s a strange, strange world we live in.” Die volgende dag het hierdie reël aanhoudend in David se kop bly maal. Hy het baie gehou van die ritme van die reël en het geweet dat hy hier iets beet het.
David se swart kollegas by die myn het hom destyds as Master Jack aangespreek. Daardie middag na die film, terwyl hy onder in die mynskag vir die hyser gewag het, het ’n wysie vir die woorde by hom opgekom. Die titel vir die liedjie het ook daardie middag by hom vasgesteek nadat ’n swart kollega hom met ’n “Good day, Master Jack” gegroet het.
Met die vrystelling van sy eerste treffer, “Mountains of Men”, het David sy voet in die musiekwêreld se deur gekry. Op die plaat se etiket is sy naam deur die platemaatskappy verkort tot David Marks. Sonder sy toestemming en teen sy sin, sê David, maar om klaarblyklike redes.
Na ’n vakansie in Durban, waar hy onder andere die Four Jacks and a Jill ontmoet en ’n aanbod gekry het om ’n musiekgroep te help begin, besluit David om die musiekwêreld voltyds te betree. Dit is by hierdie geleentheid dat hy sy “Master Jack”-liedjie aan hulle gegee het om op te neem.
Hy skryf die graagste, sê David, oor mense wat hy nie veel van weet nie, die verdruktes en die verloorders, die Master Jacks en die Mister Nico’s van die lewe.
David sluit sy onderhoud met Koos van der Merwe in die Huisgenoot af met die volgende: “As jy nie omgee nie, moenie van my praat as komponis nie. Sê ek maak liedjies. Opleiding in musiek het ek in elk geval nie gehad nie, en ’n beroepsmusiekskrywer wil ek nie wees nie.”
1967–1970
David se ander treffers was “I like watching People”, “Shiny, Shiny, Fairygold”, “Practise what you Preach” en “Mister Nico”.
Spiros David Markantonatos (72), alias Master Jack, oftewel David Marks, lewe nog. Hy en sy vrou Frances woon in Durban. Hy is steeds bedrywig in die musiekbedryf, en tree nog van tyd tot tyd by musiekfeeste op.
En ja, die lewe bly helaas nog vir my “a strange, strange world (to) live in, Master Jack”.
* Jan van der Merwe, skrywer van Vrystaatse Dorpe en Noord-Kaapse Dorpe
Kommentaar
Dankie Jan, lekker gelees. Groete.
Piet Botha het die liedjie op 'n baie mooi manier weer laat herleef op sy nuwe album A Handful of Rain.
Was ook een van my gewildste liedjies gewees in daardie tyd en een van my gunsteling groepe maar hierdie was nou 'n verrassing. Snaaks dat van ons feeste huidiglik nie hom nader en erkenning gee nie. Dankie David.
Baie interessant, onthou die jare goed van die Four Jacks and a Jill, was seker min of meer selfde ouderdom. Wat sou van hulle geword het? Onthou hulle het 'n "Time Share" ontwikkeling, pragtige oord gewees in Sedgefield begin, 'n paar keer daar vakansie gehou en staan van die chalets nou nog. Mooi "Memories" laat 'n mens jare terug leef.
Dis wonderlik interessant vir die van ons wat hierdie onthou. Glenys Lynne met so 'n dromerige kleuterstemmetjie sing hierdie eienaardige teks. Ek onthou goed hoe die 'betekenis' van die lirieke in ons huis ter sprake gekom het en hoe my pa heeltemal buite sy geaardheid (intelligent maar baie konserwatief) 'n beeld voorgestel het wat mens deesdae kon beskryf as Lolita ontmoet 50 Shades. Weet nie wat snaakser was nie - dat hy hom só iets kon verbeel of die manier waarop hy sy idee verduidelik het aan 'n verbaas-geamuseerde 1960's gesin.
Now this is an interesting story. Did he get any money for the song, Master Jack, that he wrote? Certainly Four Jacks and a Jill must have made a lot of money with that song.
Ja, die lied het my ook geraak. Ook die sangers. Daar is iets so eg aan die woorde, die misterie van my menswees draal daarin.
This is a very interesting article because I always thought that Master Jack was a song about the Lord (God).
Snaaks genoeg, ek het gehoor dat "Master Jack" een of ander dwelmmiddel was. Weet nie waar ek daaraan gekom het nie, maar dit was ten minste 30 jaar gelede.
Ja in die sestigerjare is popmusiek, die duiwel, dwelms, dans, sondagkoerante, kernbomme, kommuniste en watter ander onheilighede nie nog alles nie meestal gesien as nare tekens van die eindtye so ek kan my wel indink dat iemand, êrens in Alberton of Touwsrivier of so die verband tussen Master Jack en dwelms sou ontdek en verkondig het.
Jan JP thank you... I'm flattered & honoured to have that MJ story out there. Although some of it is news to me. It's not important - I like the stories as they are - but to keep the record straight (pun intended) as it were & because I am learning about archiving & research... here are a few other views: if you don’t mind, it’s a lengthy cut ‘n paste from a previous missive.
I have heard say that the name, Master Jack, is now used as a title or a term underground, which makes me awfully proud... because it did not exist before. I just liked the name for my song.
(BTW. I'd forgotten about the 'Ship of Fools' story. That's the truth... I was moved by the movie, which I saw in the 'bioscope' in Welkom)
According to my 'underground' notes it was only after the killing of Verwoed in parliament that I completed the song (in my survey log book at St. Helena 26 September 1966) & gave it that title. But I hasten to add... It was not about Verwoed or John Vorster, who was after all the minister of police; security was his job. In my fertile imagination I thought JBV may have been behind the killing).
Point is, these ‘masters’ may have been some sort of a 'catalyst' but the ditty was not about them. (As Bob Dylan so famously said, around that time - when asked what 'Subterranean Homesick Blues' was about - his wry reply "... it’s about 3 minutes.")
Most songwriters have no idea what their songs are about. No matter how they theorise it after the fact. Besides, the song should do the talking; the essence of a popular song is whatever people interpret it to be.
So many people named Jack have claimed that I composed MJ for them. We have a ‘collection of theories’ here in the HY Archive & we’re getting new ones all the time. And that's cute & cool; it means that the old bugger is still alive: Jack Kennedy, Jackie Onassis, our mine manager, my English teacher at Witbank Tech & a new one... the ‘Union Jack’? I heard that some hippies & bands say it’s about drugs & a Nashville Church Choir claimed, it’s an anti-drug song. I’m flattered... but it was 'about' nobody & nothing in particular. But perhaps it does come out of the mouth or mind of a young Afrikaner who was busting out of being told what to do. That was after an ‘altercation’ in the change-house at St. Helena on the morning of the Verwoed assassination. That’s my story – so far. DM for MJ.
For Jan JP: I am not Greek. The name Markantonatos was from my step father (a Greek engineering student) that my mom married when I was about 5. I was born David Holland in Cape Town in 1944. My dad was a sailor from Texas; he married my mother (Irish / SAfrican) Rose Lovell in 1942. My father, Needham Pierce Holland, was a CPO on an oil tanker that was sunk by a U Boat in 1945. He went missing, presumed dead. Master Jack? Namaste
David,
Thank you for your comment. It sheds more light and is definitely the best to hear it "uit die perd se bek".
It always amazes me how little people read and then comment ...
What I find interesting is your statement that most songwriters don't know what their own songs are about either. I always thought there is some kind of story, some incident, which wants to be published.
Anyways, thank you.
Fantastiese storie ,baie dankie. Daai musiek is brandhout vir die ouderdom.
Dankie Jan van der Merwe vir jou speurwerk en opskryf van die verhaal ... moet sê vir my ook 'n juweel!
Probeer om die vertolking van Jennifer Ferguson in die hande te kry en luister daarna ... 'n absolute beautiful song ... gek daarna!
Wonderlik gedelf/gemyn in die verlede.
Ag dankie Jan. Luister nou al die afgelope paar maande aan en af Piet Botha se nuwe CD met die liedjie op en wou al hoeveel keer gaan soek wie/wat Master Jack nou eintlik was. Nou weet ek thanx.
Dankie, die storie geniet. Interessant beslis.
Ek het iewers gelees dat die liedjie gaan oor Dr HF Verwoerd. Dankie vir die artikel. Die betekenis van die liedjie uit die perd se bek.
Dankie Jan en David, julle het baie vrae uit die verlede beantwoord. David ons wil jou op 'n verhoog sien en meer van jou hoor.
Janneman, jou stuk het note gekry en met die legende David Marks se verrassende toetrede self is dit kompleet soos 'n nuwe liedjie wat weer die lig sien ... met die pragtigste lirieke, in literatuurterme. Om te boks met nostalgie bring dikwels onverwagte plesier en hierdie storie wat jy opgediep het, het duidelik onder die vel van 'n klomp van ons gaan lê. David Marks bring 'n warmte, kompleet soos vuurmaak op die strand waar mense weer saamkom, musiek maak en stories vertel. 'n Klompie sip aan druiwe in verwerkte vorm en ander suig aan hulle pyp... die swinging sixties toe aardse mensies begin dink het en genoeg gehad het van 'n "establishment" wat alles geweet het en aan almal wou voorskryf. Hierdie is een van daai lekker stories wat die lewe weer kleur gee. Welgedaan aan beide van julle! EN; wat verby is, is nie verby nie, soos ons hier kan sien ...
Dis nou oulik.Ons bly hier in Swartvlei langsaan die time share ... Wonder of dit deur 4 Jack's en Jill gestig is?
Hi David .
Thanks for your response. Jou insette gee geloofwaardigheid aan die Master Jack storie. Die sin ...." no hard feelings if I never come back, Master Jack " ... het vir my altyd 'n hartseer impuls gegee op 'n baie great song! Mag die lied sy glans vir die volgende 50 jaar behou.
Groete
Jan van der Merwe
So lekker om elkeen se bespiegeling te lees en veral van David Marks self! Soveel herinneringe van "Iive" opvoerings in 1968 by die Ilikai in Pretoria op vrydagaande🎶 Duidelik het die woorde vir baie laat wonder en veral bygebly tot nou toe. Dit herinneringe aan die tydsgees van die jeug van die sestigs internationaal en plaaslik. Almal het onbewustelik dieselfde ongemak aangevoel oor die status quo?
Is hy nou in Februarie of Junie gebore, goeie storie.