Wie was die gemeenskaplike voorouers van mens en ape?

  • 29
Is hierdie gemeenskaplike voorouer dan 'God' na wie se 'beeld' ons geskape was?
Hierdie is dan die ewolusie 'God' na wie beeld ons geskape was. 
 
http://www.bbc.com/earth/story/20170517-we-have-still-not-found-the-missing-link-between-us-and-apes
  • 29

Kommentaar

  • Jy verstaan "beeld" verkeerd. Die Bybel verwys na beeld as die sondeloosheid of sondelose geaardheid van Ons (Gen1:26, Ps 8:6, Heb 2:7). Was dit nie vir sy ongehoorsaamheid nie, sou die mens verewig leef.

  • Hans Richardt

    Palenteoloë kan nie Neanderthal en moderne mens se amalgamasie presies dateer nie. Die vermiste skakel bly dus 'n raaisel. Sal wetenskaplikes wel die 'vermiste skakel' tussen aap en mens kan identifiseer, sou hul dit al raak geloop het?
    Baie spekuleer dat 'buitenste ruimte wesens' dalk die vermiste skakel tussen die primitiewe mens en moderne mens was. Geen wetenskaplikes het al ooit oorweeg of die Neanderthal nie direk met aap sou kon voortplant nie, synde meeste Europeers ongeveer 2% Neanderthal-genoom bevat. Is wetenskaplikes werklik so seker van hulself of is daar iets soos feitlike spekulasie ook?

    • Hans Richardt

      Angus, jy slaan spyker op sy kop. God is gevangene van menslike godsdiensdogma.
      As beeld letterlik is, kan dit net skeppingsdaad van mens wees, met sy meerderwaardige houding teenoor die skepping/natuur is. Mens is verantwoordelik vir aardverwarming, waarom sal God so destruktiewe wese na sy beeld skape?

  • In Darwinistiese evolusieteorie bestaan daar nie so iets as 'n "vermiste skakel" nie. Dis 'n foefie wat kreasioniste uit hulle duim gesuig het, en diegene wat nie die evolusieleer verstaan nie, val daarvoor.

    • Waar kom jy daaraan (dat daar nie so iets bestaan nie)? Hulle is dan nog steeds besig om na hierdie vermiste skakel te soek?
      Terloops, hulle soek verniet; die mens is van 'n ander planeet van 'n ander sonnestelsel af.

  • Daar bestaan twyfel oor die "Wieg van die mens". Veel ouer fossiele is in Griekeland ontdek!

    • Raed-na-Gael, soos ek al lankal gesê het - hierdie 'wieg van die mensdom' is 'n klomp tjol, dié dat ek se Dawkis moet redelik in die verleentheid wees met sy T-hempie wat sê "We are all Africans".

  • Beste Raed-na-Gael,
    Die woord 'fossiel' het nie net betrekking op 'mens' nie. In Quebec, Kanada , is fossiele gevind wat 4.2 miljard jaar oud is.
    Groete,
    Angus

  • Hans Richardt

    My idee is dat Europese aap-tipe mens na Afrika getrek het tydens klimaatsverandering en in Groot Rif-vallei met Afrika aapmens vermeng het. Daarom die genetiese geheue om later weer noord te migreer.
    Europese groot primate het nie net verdwyn nie. Hul het vermeng soos Neanderthal. In al die paleontoloë-gissings, sien man geen oorweging dat Europese groot ape na Afrika getrek het nie, hul het net onverklaarbaar verdwyn ...
    Ek glo die skepsel het skepper geword in geloofsdogma.
    Verder, het mens nog steeds die instinktiewe primate se destruktiewe gedrag en dus is mens ewolusie-produk van planeet aarde.
    In ag geneem dat daar net vier groot aapsoorte oor is, van meer as 100 tipes, kan baie ongeïdentifiseerde ape as 'mense' voorgehou word as pre-historiese mense.
    Daar was nie net een oomblik van skep en weer skep nie. Dit was natuurlike seleksie oor millennia. Bv blou oë en blonde hare, nooit brunette en bruin oë nie ...

  • Hans Richardt

    Om kreoniste af te maak en voor te gee ewolusie is jou fortè, is soos om Gutenberg se invloed in ewolusie te ontken.
    Die ewolusieteorieë verduidelik nie pre-historiese eksotiese geboude strukture nie.
    Ewolusie is 'n konstante proses en kan nie in dogma van 'n teorie vasgekluister word nie.
    Selfs Bonobos ontwikkel nog steeds.

  • Hans Richardt

    Raed-na-gael, dis die Italiaanse groot mens-aap wat skynbaar oor landbrug is na Afrika ...

  • Hans Richardt

    Raed-na-gael, jy was reg oor Griekeland en Bulgaria. Kyk ook na wat in grotte in Altai-berge ontdek was.

  • Beste Hans,
    Aan jou skrywe lyk dit my, jou kop is ʼn bietjie deurmekaar. Jy hap-hap hier en hap-hap daar, gooi hoogklinkende woorde saam, vermeng vergelykings en dan dink jy dat dit nou wragtag uiters geleerd klink.
    Wie die kreoniste is waarvan jy praat, weet ek nie. Ek het gesê kreasoniste verwys graag na die missing link omdat hulle en almal wat van vermiste skakels in die evolusieleer praat, onkundig is. Sover dit die evolusieteorie aangaan, bestaan daar nie so iets nie.
    Die evolusieteorie is my passie, en as jy daaroor wil gesels moet jy jou storie ken, en nie so baie stront skryf nie. Darwinistiese evolusieteorie het te make met plant- en dierelewe punt. Al invloed wat Gutenberg gehad het daarop, is dat hy die drukpers uitgevind het, en sodoende kon Darwin se kennis van sy navorsing vinnig deur die wêreld versprei.
    Geen wetenskaplike teorie is ʼn dogma nie, en ook nie die evolusieteorie nie, bloot omdat dit toetsbaar, verifieerbaar, falsifiseerbaar, en aan verandering blootgestel is. ʼn Dogma is ʼn onomstootlike leerstelling in dié sin dat daar nie toegelaat word om dit enigsins korrek of verkeerd te bewys nie.
    Die evolusieteorie het niks te make met “eksotiese geboude strukture” nie, behalwe miskien indirek omdat dit die skepping van die menslike brein is.
    Niemand ontken dit dat Bonobos nog steeds evolueer nie, trouens alle lewende spesies op aarde ondergaan nog steeds gedurige verandering om aan te pas by omgewingstoestande. Natuurlike seleksie is die dryfkrag van evolusie, so leer die evolusieteorie ons mos.
    Evolusie is alles behalwe konstant, soos jy beweer. Hoe verklaar jy dan die evolusie van die mens teenoor dié van die coelacanth, of hoe verklaar jy die Krytperiode (Cretaceous Period)?
    Groete,
    Angus

  • Die sogenaamde "paleontoloë-gissings" is darem gebaseer op navorsing. Heel anders is idees en gissings wat uit die duim gegoogle word terwyl jy van jou derde bier mors oor jou rekenaar daar waar jy in jou studeerkamer sit en peins oor die lewe.
    DNS-toetse en die bestudering van duisende kopbene het bewys dat die moderne mens, Neanderthalloos, slegs uit Afrika kom.

  • Angus,
    Ek verskoon jou - jou huistaal is mos Engels.

    Jan,
    eienaardig dat Afrikane niks wil weet van Naledi nie.

  • Ons baklei al weer lustig. Evolusie is Angus se passie. Hy weet wat daar aangaan sê hy en praat van kreoniste. In die stuk hier langsaan [Wat moet ons met ons kerk maak, (Meeste gelees)] skryf Dr Gaum dat die Kerk nie die evolusieteorie afskryf nie. Die 'Groot Kreonis' het wel oor miljoene jare geskep en so is die Kerk en die Wetenskap dit eens. En dis my oortuiging ook.
    Dit bring my by Conway se 'Game of Life'. 'n Mens kan maklik die 'Game of Life' met die evolusieteorie integreer, daar is baie raakpunte, maar ek is daarvan seker dat Angus-hulle moeilik hieraan sal sluk, want sien die 'Game of Life' het 'n oorsprong 'n begin, dit het 'n "creator" - Conway.
    Nou hoekom sou evolusie nie 'n "kreonis" hê nie?
    Dan onthou ek van die wetenskaplikes D'Espagnat en Martin Rees (beide agnosties), ontvangers van die Templeton-prys.

  • Hans Richardt

    Angus, een probleem met jou antwoorde, jy speel die man. My vraag is, waar is die argeologiese opgrawings van spesies in halwe proses van ewolusie, synde dit proses is?

  • Hans Richardt

    Angus, ek vra weer. Gee verwysings van argeologiese of paleontologiese opgrawings van sg intermediêre spesies asb. Ek stem saam dat as ewolusie verifieerbaar is, moet daar tog iewers iets/fossiel opgegrawe gewees het van vis wat halfpad ontwikkel was as landdier ...
    Is die opgrawings van hominiede-soorte dan deel van 100 groot primate van aarde wat net verdwyn het en slegs vier tipes oorgebly het nl gorilla, twee chimpanzee-spesies en orangoetang. Fossiele moet tog ewolusie verifieer met intermediêre spesies as bewyse.

  • Hans Richardt

    Raed-na-gael, die probleem met kreoniste is dat die skepsel die oneindige skepper word, as gevangene van menslike godsdiensdogma. Daar was ook nooit spesifieke diere van paradys-era opgegrawe nie, want die diere is nie beskryf nie. Verder, gebeur Bybelstorie net in era na die dinosourusse, wat die skepper dan jonger maak as die aarde.
    Met die verhouding geskep in hemel van Adam en Eva, neuk dit nog as daar nog 'n slang van soort Eva se appel wil eet. So, die begin is nie die argeologiese bewese begin nie ... Dit is sirkel-argument. Hoe weet sg wetenskaplikes dat daar meer as 100 groot aapspesies was, terwyl hul nog gee fossiele daarvan opgegrawe het nie? Verder, speel ystydperke byna geen rol in paleontoloë se familie-stamboom van mens nie en ook gee hul geen verduideliking hoe migrasie agv klimaatsverandering gebeur het nie. As Europa en Suidelike Afrika onder pakys was, waarvan daar gletsermerke is, was die Grootrif-vallei dan die samekoms (meltingpot) van groot aapspesies? Die hele affêre is in lug, so asof elke hominid in afsondering was.

  • Hans Richardt

    Socrates, Plato et al het nie veel gedink van bv demokrasie nie. Ek dink nie veel van een persoon wie glo dat hy al die meerdere kennis het nie, want dis 'n leuen. Waar daar 'n vraag bestaan, bestaan daar leemte aan kennis en geen enkele mens het al die regte antwoorde nie. Ek dink dat sg kenners soos onopgevoede kiesers in demokrasie stem. Dus Angus, jy is nie noodwendig die ekspert nie, synde wetenskaplikes in ander dele van wêreld ook voel op grond van argeologiese fondse met menslike genoom vergelyking, dat die Wieg-van-die-mensdom net een deel van groter geheel is en dat Afrika nie feitlik moderne mens se oorsprong is nie. So, vang 'n haan ...

  • Beste Hans,
    Om die geldigheid van die evolusieteorie te bewys is fossiele nie nodig nie. Darwin het nie fossiele gehad toe hy sy teorie ontwerp het nie. Fossiele is maar net daar ter bevestiging van sy teorie, en so ook later, die genetika.
    Kreasioniste (pseudo-wetenskaplikes wat glo dat God elke organisme na sy soort geskape het, en wat die evolusieteorie hand en tand beveg) sien ʼn gevaar in die fossielrekord vir die Bybelse skeppingsverhaal, en herhaal oor en oor: “Waar is die vermiste skakel?” of “Waar is die intermediêre skakel?” Hulle dink dat hier sogenaamde gapings in die fossielrekord ʼn groot verleentheid is vir die evolusionis. Wat hulle nie besef nie is dat ons uiters gelukkig is om fossiele te hê, en dat die evolusieteorie nie op fossiele of fossielrekords gebaseer is nie. Fossiele is vir die evolusieteorie net ʼn bonus, want al het nie ʼn enkele organisme gefossileer nie, is die bewyse van evolusie nog daar. Eintlik het ons ook meer as genoeg fossiele om die evolusionêre geskiedenis van die mens te dokumenteer. Soos te verstane is daar wel gapings, want fossiele krap jy nie agter elke bossie uit nie.

    Fossiele verifieer dus die evolusieteorie. Oor die hele wêreld is daar al duisende der duisende ontdek. Het jy nog nie van hulle gehoor of gelees nie?

    Groete,
    Angus

  • Beste Hans,
    Ek het geen lus om 'n haan te vang, soos jy versoek nie. Ek wil eerder liewer 'n haan tussen die henne wees. Dit pas my beter.
    Nêrens het ek te kenne gegee dat ek die wysheid in pag het, soos dit my lyk, jy insinueer nie. En wat het Socrates en Plato se filosofie oor demokrasie met die prys van eiers te make? (aangesien jy nou so lief is vir hoenderidiome.)

    Ek verstaan nie wat jy met hierdie skrywe bedoel nie. Al wat ek kan uitmaak is dat jy met hoenders, demokrasie, die filosowe, argeologiese fondse, die menslike genoom en die Wieg-van-die-mensdom deumekaar geraak het om so jou meerdere kennis hier op SêNet te kom vertoon.
    Groete,
    Angus

  • Angus
    So van die os op die jas: Die evolusieteorie is nog vol gate maar ek glo van hierdie gate sal mettertyd gevul word en sekere aannames sal seker ook nog oorboord gegooi word. Jy sal nou by my wil weet nou maar wat dan en as ek jou nie kan antwoord nie sal jy dit natuurlik as bevestiging van hierdie halfgebakte teorie aanvaar wat natuurlik absurd is; hoe kan my gebrek aan kennis nou die evolusieteorie staaf.
    Ek kan jou egter dít sê: Alle organismes is NIE bloot 'n resultaat nie - daar kom ontwerp ook by.
    Groetnis
    Jan Rap

  • Die skeppingsverhale is geskryf deur Joodse bannelinge wat net soos vandag ingesprek was met die Babiloniers oor hul skeppingsverhale.Die eerste een is geskryf so tussen 586-539 vC.
    Die 2de kom in 'n landelike gemeenskap voor die ballingskap ,dus die tyd van die konings.
    Dit het dus niks te doen met hoe alles tot stand gekom het nie,maar wel deur WIE
    een teen baie.
    En dit is net hier waar baie Christene en ateïste en voormalige Christene soos bv Angus uit die bus val.As mense soek ons na verklarings ,postuleer ons, skep en toets teorieë.

    Sou bly die 'Big Bang' wat 'n spotnaam is en die evolusieteorie die beste en mees
    aanvaarde teorieë oor hoe dit begin en alles onstaan het, maar dit sê niks oor
    die Oorsaak waardeur alles beging en ontstaan het.Gebruik dus die Bybel om dit te ontdek en 'n wetenskaplike handboek vir die res.

    As nagedagte iets wat onsterflik is kan nie sterf nie,want dit het geen begin en geen einde nie.Ons sterf dus nie om dat ons sondig is nie.Sonde het niks met ons sterwe te doen nie.Ons sterf omdat ons 'n begin en dus ook 'n einde het.

    Dit is was ons doen en glo en aanvaar tussen die begin en die einde wat bepalend is vir ons eindbestemming.Oor dit moet jy die Bybel lees en vergeet van 'n vlug na 'n ander planeet,want soos ons heelal 'n begin het ,het dit 'n einde en kan dus ook net 'n tydelike uitkoms wees.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top