WF 2015: Die organiese waterstofbinding van orgaandiefstal

  • 0

Hy staan voor die klas. Hy is lank en lenig met ’n bos grasserige grys hare. Sy oë diep gate waaruit net haat kan vloei. Hy het dun lippe met ’n lang, vlymskerp neus wat jou siel kan deurboor. Met sy aktetas en groot swartraambril dwaal hy deur die universiteit se lang gange en gaan sit in die verskillende lokale. Tog is hy nie ’n student nie; hy is die professor, ’n stil man met ’n eienaardige persoonlikheid.

Reanike en Frederick studeer albei BSc (Wetenskap) aan die Universiteit van Akadamia in Belville, en kry klas by hierdie professor. Hy het sy liefde vir die wetenskap ontwikkel toe hy as jong seun begin het om met veskillende stowwe te eksperimenteer. Hy het professor geword in die laat 2020’s met ’n uitstekende tesis, geskryf deur ’n ander persoon, ’n waterstofbinding. Die studente sit in die lokaal soos dassies op Tafelberg. Tertius sit en analiseer ’n grafiek op Wolkabesente. Reanike vyl haar naels en Anjonette rits rond op Loogle.

Francois sit en droom oor die laatnag van gisteraand en soos hy droom, raak hy stadig maar seker aan die slaap. Hy raak ’n rukkie weg – en ewe skielik word hy wakker in ’n bad vol formalien. Hy kan nie beweeg nie, en raak stadig maar seker weer aan die slaap met die narkotiese middel wat deur middel van ’n masker oor sy mond toegedien word. Hy kan nie die persoon herken nie, maar dit is ’n donker figuur met ’n spierwit labratoriumjas aan en die lyfvorm lyk bekend. Voor hy verder kan dink, word sy siel deursoek soos ’n skalpel deur ’n lyk soek. Op soek na die regte orgaan, die een wat gaan inpas.

Vanaand is slegs nog ’n aand waar Frederick en Reanike afsonderlik in hulle koshuiskamers sit, sonder enige steurnisse. Die gewone, geroetineerde bestaan van ’n student. Soos enige ander aand glip ’n student laat in, maar ewe skielik hoor jy net ’n bloeddorstige snik en dan absolute stilte. Die verliefdes is verlief en verlore. Reanike vlieg uit haar kamer en die lang meisie met haar sigarette en knipmes loop verby haar kamer. Haar stuitbare hart sink in haar swaar voete.

Later daardie nag word die respiratoriese en kardiovaskulêre sisteem versigtig verwyder en aan ’n hart-en-longmasjien gekoppel. Die hart begin stadig klop en klop en klop.

Die volgende oggend in klas is Francios nêrens te sien nie en die klas is een siel kort. Professor Darpeol is ongewoon energiek en begin met sy lesing. Die lesing handel oor die gevare van palseter, forfos, tous en ratterbysuur. “Klas, julle skryf more ’n formele toets oor hierdie werk, dit lyk nie of julle dit mooi snap nie.” Soos die professor aangaan oor alkene, aldehiedes, alkyne en esters, slaap Tertius deur die hele lesing. Hy skrik wakker toe die Prof teen die bord kap met sy staalliniaal en in duisende stukkies breek. Een van die stukkies tref Tertius teen sy wang en sny diep. Die klas verdaag, maar Tertius is al lankal by die deur uit. Hy kom uit die badkamer en word weer teruggeruk en met ’n snik hoor Reanike die geluid en draai om. Sy sien hy is om die hoek, maar tog is sy nie bekommerd nie, omdat sy weet meeste van sy klasse is aan daardie kant van die gebou. Hand aan hand stap Reanike en Frederick na ’n grasperk op die Kampus. Die aand gaan drink hulle iets by Alkiehaliede Vogter.

Tertius word stadig wakker en hy hoor hoe iemand fluister. Hy kan nie kop of stert uitmaak wat gesê word nie, maar hy herken tog die stem. Dis iemand wie hy ken, maar hy het sy kosbaarste vermoë verloor, die vermoë om te onthou. Met ’n koue hand wat op hom rus, raak hy rustig met die inspuiting in sy are. Hy word teen sy sin tot stilstand gedwing, sy lewegewende spier hou op klop en stadig word hy oopgesny met ’n mes so groot soos die muur van Jerigo. Sy senuweestelsel en denker van die menslike liggaam word verwyder en iemand is uit hulle vel van blydskap, want die legkaart is amper voltooi. Franzomlia is amper voltooi. ’n Donker figuur sluit die deure en stap na die motor.

Later daardie aand stap die lang meisie by Alkie in en Reanike kyk verstom na haar. Sonder om twee keer te dink tree sy haar aan en vra haar uit oor Tertius. Sy antwoord dat sy wel laat klas gehad het, maar Tertius het addisionele klas by prof Darpeol gehad.

Reanike en Frederick is verbaas. Hulle weet dat daar wel middernagklasse by die Teologiefakulteit is, en vra vir ’n loper om die lokaal oop te sluit. Hulle sit die ligte aan en stap deur na die laboratoriums. ’n versameling lyke lê onbeskaamd op teatertafels, en al geluid wat Reanike se droë keel kan ontwyk, is ’n klein gilletjie. Hulle is wasbleek en kyk verstommend na hulle vriende wat net daar lê, sonder enige ingewande en bewegingloos. Darem dink Frederick dadelik op sy voete en meng palsetersuur met ratterbysuur en gooi dit in ’n Solcon-bottel en sit dit onder sy stoel vir die volgende lesing. Hulle sluit die deure en daardie aand glip Reanike by die manskoshuis in en slaap oor by Frederick.

Vroeg die volgende oggend sluip hulle albei by die lesingsentrum in en sien dat die professor besig is om Franzomlia te voltooi, sy dame op wie hy versot verlief is. Frederick gaan haal sy Solcon-bottel en sluip in by die laboratorium. Hy bied dit aan dat die Proffie moet drink, en hy drink dit ewe gretig en begin hartstogtelik te skree, soos ’n besetene, en roep uit: “Kode vier!” Franzomlia staan op en wil die waterstofbinding breek, maar met die vernietigende krag waarmee net temieletanoëaat kan ontplof, val die houer om. Die labratorium-inverno, met die waterstofbinding wat net in tyd ontsnap het en als was stil.

Lees nog oor die LitNet Akademies WF-skryfkompetisie

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top