Wenners van die ATKV-SA Akademiepryse 2016

  • 0

Een van die vier ATKV-SA Akademiepryse vir geesteswetenskaplike artikels is vanjaar aan ’n LitNet Akademies-artikel toegeken.

Adéle Nel
Spel en die spelende mens in Die sneeuslaper (Marlene van Niekerk), Klimtol (Etienne van Heerden) en Wolf, Wolf (Eben Venter)

nel650

Hier volg die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se volledige aankondiging:

sa-akademie-logoAl die artikels wat deur redakteurs voorgelê is, was van hoogstaande gehalte. Groot dank vir u aandeel om die beste artikels wat in 2015 in u tydskrif verskyn het, voor te lê vir beoordeling. U word hartlik aanmoedig om voort te gaan en in die toekoms steeds artikels voor te lê.

Die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) stel ’n jaarlikse prysgeld van R60 000 beskikbaar vir die bekroning van ses gepubliseerde Afrikaanse artikels wat in ’n betrokke jaar in ’n geakkrediteerde tydskrif verskyn het, dus R10 000 per artikel. Vier pryse is bestem vir artikels in die geesteswetenskappe en twee vir artikels in die natuurwetenskappe. Die Suid Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns hanteer die keuringsproses.

Die pryswenners is soos volg:

Geesteswetenskappe:

  • Adéle Nel, Vakgroep Afrikaans en Nederlands, Noordwes-Universiteit (Vaaldriehoekkampus) vir haar artikel "Spel en die spelende mens in Die sneeuslaper
    (Marlene van Niekerk), Klimtol (Etienne van Heerden) en Wolf, Wolf (Eben Venter)" wat by LitNet Akademies, 12 (1) April 2015 verskyn het.
  • Nerina Bosman, Departement Afrikaans, Universiteit van Pretoria vir haar artikel "EET en DRINK in Afrikaans – ’n leksikaal-semantiese ondersoek" wat in die Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 55 (1), Maart 2015 verskyn het.
  • Andries G van Aarde, Fakulteit Teologie, Universiteit van Pretoria vir sy artikel
    "Vredemakers as kinders van God (Matt 5:9): ’n Pragmatieslinguïstiese lesing" wat in
    HTS Teologiese Studies/Theological Studies, 71 (1), 2015 verskyn het.
  • Ernest van Eck, Faktulteit Teologie, Universiteit van Pretoria vir sy artikel "Die
    gelykenisse van Jesus: Allegorieë of simbole van sosiale transformasie?" wat in HTS
    Teologiese Studies/ Theological Studies, 71 (3), 2015 verskyn het.
    Die prys word gedeel met Willie Burger, hoof van die Departement Afrikaans,
    Universiteit van Pretoria vir sy artikel "Historiese korrektheid en historiese fiksie: ’n
    respons" wat in Tydskrif vir Letterkunde, 52 (2), 2015 verskyn het.

Natuurwetenskappe:

  • Adriaan J Reinecke, Sophia A Reinecke en Mia van Wyk, Departement
    Plant- en Dierkunde, Universiteit van Stellenbosch vir hulle artikel "Kan die gevoeligheid
    van grondlewende organismes bydra om die volhoubaarheid van landbewerking van
    olieraffinadery afval te beoordeel?" wat in die SA Tydskrif vir Natuurwetenskap en
    Tegnologie, 34 (1), 2015 verskyn het.
  • Peet du Toit, Nicoleen Coetzee, Ernst Krüger, Ronél Ferreira,
    Evangeline Nortje en William Fraser van die Universiteit van Pretoria en
    Elizabeth Rudolph en Yvonne Joubert, Unisa, vir hulle artikel "Kardiovaskulêregesondheidsrisiko onder universiteitstudente in Suid-Afrika" wat in die SA Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie, 34 (1), 2015 verskyn het.
  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top