Wen ’n prys met Kaaps!

  • 2

LitNet is al ’n geruime tyd besig met ’n projek om dele van die Bybel in Kaaps te laat vertaal.

Indien jou huistaal Kaaps is, nooi ons jou uit om die onderstaande bekende gedeelte uit die Bybel in jóú Kaaps te vertaal. Die eerste prys is R3 000 en die naaswenner verdien R1 000.

Hier onder is die gedeelte uit die Bybel wat ons vertaal wil hê. Dit is die 1983-vertaling van die Bybel – maar jy kan ook enige ander weergawe van die Bybel gebruik, ook die Bybel in Engels.

Genesis 1     

1 In die begin het God die hemel en die aarde geskep.

2 Die aarde was heeltemal onbewoonbaar, dit was donker op die diep waters, maar die Gees van God het oor die waters gesweef.

3 Toe het God gesê: “Laat daar lig wees!” En daar was lig.

4 God het gesien die lig is goed, en Hy het die lig en die donker van mekaar geskei.

5 God het die lig toe “dag” genoem, en die donker het Hy “nag” genoem. Dit het aand geword en dit het môre geword. Dit was die eerste dag.

6 Toe het God gesê: “Laat daar ’n gewelf wees tussen die waters om die waters van mekaar te skei.”

7 So het dit gebeur. God het die gewelf gemaak en die waters onder die gewelf geskei van die waters bo die gewelf.

8 God het die gewelf “hemel” genoem. Dit het aand geword en dit het môre geword. Dit was die tweede dag.

LitNet glo dat die beste vertaling gedoen word as die vertaler ’n moedertaalspreker is van die taal waarin vertaal word (die doeltaal). Die doeltaal van hierdie kompetisie is Kaaps, en die geleentheid word aan moedertaalsprekers gegee om die Bybelgedeelte in Kaaps te vertaal. Jy mag egter enige teks, in enige taal, as bronteks (die taal waaruit jy vertaal) gebruik. Ons aanvaar dat daar baie variante van Kaaps is, en sal die verskeidenheid eerbiedig. Kopiereg bly by die individuele deelnemers.

Die beoordelaars is Olivia Coetzee, Shirmoney Rhode en Peter Snyders.

Olivia Coetzee

Ek is Olivia M Coetzee, bekent as Livy of Liv depending op wie djy is in my liewe. Ek's biesag om my Meester's graad, in Creative Writing, te voltooi by UCT. Ek hou van sense maak van 'ie liewe rondom groot vure met vriende en oek op skoon A4 blaaie.

Shirmoney Rhode

Shirmoney Rhode is ’n Kaapse Afrikaanse digter en hoërskoolonderwyseres in Kaapstad. Haar debuutdigbundel, Nomme 20 Delphistraat, is in 2016 gepubliseer. Sy is passievol oor die vooruitgang en groei van Afrikaans as taal wat spasie maak vir al sy variante en daarom is hierdie kompetisie veral vir haar opwindend om te beoordeel. 

Peter Snyders

Peter James Snyders is op 14 November 1939 in Wynberg in die Kaap gebore. In 1980 debuteer hy in Uitgewery Skoppensboer se versamelbundel Brekfis met vier saam met Daniel Hugo, Etienne van Heerden en André Le Roux du Toit wat in 2005 weer deur Human & Rousseau uitgegee word. Uit sy pen verskyn ook:

’n Ordinary mens
Poltical joke: ’n gesprekdrama
’n Waarskynlike mens
Verzachtende omstadigheden = Versagtende omstandighede
Political joke 2 (Daai’s nou politiek): ’n gespreksdrama
Brunch met twee
saam met Clinton V du Plessis
Tekens van die tye

Riglyne en reëls

  • Elke persoon mag net een inskrywing instuur.
  • Deur in te skryf stem jy daartoe in dat jou inskrywing op LitNet gepubliseer mag word, alhoewel LitNet die reg voorbehou om nie alle inskrywings te publiseer nie.
  • Jou inskrywing moet jou eie oorspronklike werk wees en mag nog nie voorheen elders verskyn het nie, insluitend op sosiale media.
  • Die sluitingsdatum is 21 November 2017.

Hoe om in te skryf

Stuur ’n e-pos na wen@litnet.co.za wat die volgende bevat:

  • Jou naam en van
  • Jou kontaknommer
  • Jou posadres
  • Jou vertaling (in die e-pos self of in ’n Word-dokument).

’n Kortlys van inskrywings sal ná die sluitingsdatum op LitNet gepubliseer word.

Kaapsskrywers Adam Small, Leonard Koza en Peter Snyders saam met Robert Pearce (bibliotekaris), tweede van regs (foto verskaf deur NALN)

Lees ook:

“poetry oo die liewe annie anne kant” – Ronelda Kamfer gesels met Nathan Trantaal oor Chokers en Survivors

Ronelda Kamfer, Nathan Trantraal
Onderhoude

"As daa een ding is wat ek gelee et van opgroei in Bishop Lavis issit dié: daa is niks meer unimportant as die liewens van arm mense nie. As arm mense doodgan los hulle niks agte nie, niks trace dat hulle exist et ie. Vi my is my writing history as told by the losers."


Ons kom van vêr: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Gunther Pakendorf
Resensies

"Ons weet dat taal, enige lewende taal, aan ’n gedurige verandering onderworpe is; dat dit, om met Bakhtin te praat, in sy wese 'karnavalesk' is, bont en middelpuntvliedend aan die beweeg, sonder te veel bekommernis oor reëls en voorskrifte."


LitNet Akademies-resensie-essay: Kaaps in fokus

Gerda Odendaal
Resensies

"Kaaps in fokus gaan ten slotte oor mense, want '[d]ie soppangheid van Kaaps is in die laaste instansie nie net ’n linguistiese kwessie nie, maar wesenlik een van die waardigheid van alle sprekers van Afrikaans' (Willemse, 81). En dit is juis hierdie kenmerk van Kaaps in fokus wat dit so ’n tydige en relevante publikasie maak."


Adam Small (1936–2016)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum

"“Ek twyfel nie aan die toekoms van Afrikaans nie, solank daar mense is wat Afrikaans praat, sal die taal bestaan.” Lees oor Adam Small se lewe en werk.


  • 2

Kommentaar

  • Gienesis 1
         
    1 Ini begin het Gor' ie hemel enni earth ge-shape.

    2 Die earth was helemal onbewoenbar, it was dark oppi diep wates, mah die Gies van Got het oorie wates geswief.

    3 Toet Got gesay: “Lat haa lig wies!” En haa was lig.

    4 Got hit ge-notice die lig is goet, in Hy het die lig ennie donke van mekaa gesky.

    5 Got het' tie lig “day” genoem, enni donke het Hy “nag” genoem. It het aand gewot ennit it môre gewot. It was die ieste day.

    6 Toe it Got gesay: “Lat ha ’n gewielf wies between ie wates om ie wates van mekaar te sky.”

    7 So het it ge-happen. Got het'ie gewielf gemak en ie wates onner ie gewelf gesky vannie wates bo-oppi gewielf.

    8 Got het' ie gewielf “hiemel” gecall. It h't ant gewot en irit môre gewot. It wassie twiede dag.

  • Nee. God moet nie as Got uitgespel word nie, want dan gee die skrywer eer aan 'n ander wese. Effens te veel oordoen.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top