Week van de Afrikaanse roman 2017: video's en foto's (2)

  • 0

Die Week van de Afrikaanse roman 2017 het van 29 September tot 8 Oktober plaasgevind. Hanné Koster deel nog video's en foto's van geleenthede in Amsterdam, Den Haag, Culemborg en Utrecht.

Hier is ook die eerste klompie video's wat verskyn het: Week van de Afrikaanse Roman 2017: eerste video’s

Amsterdam

Die eerste dag van die Week van de Afrikaanse roman het die groep skrywers die Stedelijk museum in Amsterdam besoek, en spesifiek die uitstalling van Zanele Muholi.

Rudie van Rensburg en Amy Jephta tydens die openingsaand

Die groep skrywers by die Stedelijk museum in Amsterdam

In die Stedelijk museum

In die Stedelijk museum

Den Haag

In Den Haag is die groep skrywers deur die Suid-Afrikaanse ambassadeur, Bruce Koloane, ontvang. Daarna was dit die amptelike opening van die fees, wat gehou is by die Centrale Bibliotheek in Den Haag. Die Nederlandse skrywer, musiekjoernalis en teatermaker Christine Otten het onderhoude met Ingrid Winterbach, Willem Anker en Rudie van Rensburg gevoer. Andries Bezuidenhout het ’n paar liedjies gesing, Amy Jephta het ’n voorlesing gedoen. Suzie Matlhola en Karien Brits (albei verbonde aan die ATKV) het vertel van die werk wat hulle doen onder kinders in Soweto wat Afrikaans wil leer praat.

Christine Otten

Ingrid Winterbach en Christine Otten

Rudie van Rensburg en Christine Otten

Willem Anker en Christine Otten

Suzie Matlhola en Karien Brits

Culemborg

Die restaurant in Culemborg se naam is Andries Eten en Drinken. Dit is deur die eienaar, Bert van der Kamp, vernoem na die Suid-Afrikaanse kunstenaar Andries Botha. Een van Andries se beeldhouwerke is in die binnehof: ’n olifant wat 200 kg weeg. Een van die organiseerders van die Week van de Afrikaanse roman, Ingrid Glorie, het onderhoude met Willem Anker, Rudie van Rensburg en Ingrid Winterbach gevoer. Andries Bezuidenhout het ’n paar liedjies gesing.

Willem Anker en Andries Bezuidenhout in die strate van Culemborg

Andries Eten en Drinken

Bert van der Kamp

Ingrid Glorie

Ingrid Glorie en Ingrid Winterbach

Ingrid Glorie en Rudie van Rensburg

Rudie van Rensburg

Utrecht

In Utrecht was Amy Jephta, Ingrid Winterbach en Andries Bezuidenhout by die Hogeskool voor de Kunsten vir ’n werkwinkel. Amy het met die studente oefeninge gedoen wat nuttig kan wees wanneer ’n mens skrywersblok het. Andries en Ingrid het met die studente gesels oor hoe dit is om in sowel beeldende kuns as woorde te werk, en hoe die twee dissiplines mekaar kan aanvul. Die dosent wat hulle ontvang het, was Mathijs Verboon.

Andries Bezuidenhout, Amy Jephta en Ingrid Winterbach

Amy, Ingrid en Andries saam met Mathijs Verboon

Afrovibes

Die Afrovibes-fees word in Amsterdam, Den Haag, Rotterdam en Utrecht gehou. Dit vorm deel van Black Achievement Month. Die Suid-Afrikaanse kunstenaars wat daaraan deelgeneem het, het ingesluit Amy Jeptha en die digter Koleka Putuma. 

(Meer inligting hier: https://www.afrovibes.nl/nieuws.)

Koleka Putuma

Amy Jephta

Lees ook:

Week van de Afrikaanse Roman 2017: eerste video’s 

Hanné Koster 
Boeke en skrywers 

Die Week van de Afrikaanse Roman 2017 het op 29 September 2017 afgeskop. Hanné Koster deel videogrepe uit die eerste paar dae.


Week van de Afrikaanse roman 2017: fotoblad deur Maurice Jörissen 

Maurice Jörissen 
NeerlandiNet 

Die Week van de Afrikaanse roman 2017 het van 29 September tot 8 Oktober plaasgevind. Maurice Jörissen deel sy foto's van die Zuid-Afrikahuis en die restaurant Andries in Culemborg.


Week van de Afrikaanse roman 2017: Jannie du Toit maakt Jacques Brel en Koos du Plessis springlevend in Gent 

Herman Meulemans 
Musiek 

"Jannie du Toit is niet alleen zanger en woordkunstenaar, maar wanneer hij zijn gitaar ter hand neemt, wordt de Bonbonnière-zaal nog een stuk gezelliger."

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top