Wat is op jou bedkassie? Nadia de Kock antwoord

  • 0

LitNet het aan ’n paar lesers gevra watter boek of boeke wag op hul bedkassie vir die rustyd tussen Kersfees en Nuwejaar.

Nadia de Kock antwoord:

One hundred years of solitude deur Gabriel Garcia-Marquez. Ek het Love in the time of cholera lank terug gelees en baie daarvan gehou. Toe bespreek ons boekklub Chronicle of a death foretold en besluit ek die tyd is ryp vir nog ’n ryk werk uit Marquez se pen. Hy betower my met sy kleurvolle beelde, sy aanslag op die sintuie, sy sterk karakters, en die magic wat hy deur die werklikheid strooi.

 

My name is Red deur Orhan Pamuk. Hierdie boek handel oor ’n miniaturis in die Ottomanse Ryk. Dit is ’n misdaadroman, ’n liefdesverhaal en neem die krag van kuns in oënskou. Ek het Istanbul: Memories and the city deur dieselfde skrywer waardeer en het my voorgeneem om ’n hele paar van sy romans te lees voordat ek die stad weer in Maart 2018 besoek.

 

The break deur Marian Keys. Ek het die vroeë boeke deur Keys vreeslik geniet en het haar werk nou vir ’n paar jaar nie gelees nie. Ek hoop hierdie boek is die regte plek om weer te begin. Ek hou van die skrywer se humorsin en die feit dat sy nie wegskram van ernstige tema’s nie. Dis terselftertyd maklike leesstof sowel as betekenisvol. Net reg vir die vakansie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top