Wat gaan aan?

  • 8

Is julle nog aan die gang?

Raed-na-Gael

  • 8

Kommentaar

  • Ek loer ook so af en toe in om te sien of die werf nog loop, lyk maar stillerig hier rond, reken ek so saggies en teer. Maar ek sê dag vir julle twee manne, julle kom al jare met die werf, van doerietyd in sy vergange dae van glorie, toe die bokke vêt was oor Land Rover en evolusie en kerk en so aan. Terloops, ek het uitgefigure wat evolusie is, dis blykbaar daai proses wat opstart as jy nie jou groceries in 'n koel, droë plek bêre nie.

  • Duitswester, ek is nie 'n evolusionis nie, weet te min daarvan. Soos ek die prentjies sien van die mens se ontstaan is dit van die sekelsterte. Indien dit nou so is sien ek die "reverse" van evolusie op die kontinent onder die volk plaasvind.

  • Duitswester/Reusedwerg
    Jy kom deesdae nie ver as jy hardegat briewe skryf nie!
    Oor koeitjies en kalfies is die kind se naam "Wit Willem"

    Mooitjies wandel

    Raedie

  • In Prediker 3 : 1 - 9 (Die Boodskap) lees 'n mens
    Alles gebeur op 'n bepaalde tyd. Alles in die lewe is vooraf bepaal:
    daar is 'n tyd om gebore te word en daar is 'n tyd om dood te gaan;
    daar is 'n tyd om te plant en daar is 'n tyd om weer die plante uit te trek;
    daar is 'n vasgestelde tyd om dood te maak en daar is ook 'n tyd om gesond te maak;
    daar is 'n tyd om dinge af te breek en 'n tyd om dit te herstel;
    daar is 'n tyd wanneer 'n mens hartseer is en dan is daar ook weer 'n tyd vir vreugde;
    daar is 'n tyd om te huil en 'n tyd om weer gelukkig te wees;
    daar is 'n tyd om mekaar lief te hê en 'n tyd om weg van mekaar te wees;
    daar is 'n tyd om mekaar te liefkoos en 'n tyd wanneer liefkosing nie pas nie;
    daar is 'n tyd om te soek en 'n tyd om goed te laat wegraak;
    daar is 'n tyd om op te gaar en 'n tyd om weg te gooi;
    daar is 'n tyd om iets te skeur en 'n tyd om dit heel te maak;
    daar is 'n tyd om te praat en 'n tyd om stil te bly;
    daar is 'n tyd vir liefhê en 'n tyd vir haat;
    'n tyd vir oorlog en 'n tyd vir vrede.
    Watter voordeel kry 'n mens dan op die ou end uit al sy harde werk?

    • FC, lees net bietjie verder, vers 12 in my Bybel sê: " Thus I realized that the only worthwhile thing there is for them is to enjoy themselves and do what is good in their lifetime."

      • Beste Duitswester,
        Dankie vir jou kommentaar.
        Prediker het dit geskryf nadat hy tot die besef gekom het dat 'God se werk' onverstaanbaar is, want hy het in vers 10 tot die volgende slotsom gekom:
        10.God het vir die mens 'n baie moeilike werk gegee. Hulle moes probeer om God se werk te verstaan.
        11,God het alles mooi en op die regte tyd gemaak. Toe het Hy die mense iets laat verstaan van hoe sy soort tyd werk, maar die mense kon niks daarvan verstaan nie, absoluut niks nie.
        Dit is toe dat hy tot die besef gekom ,soos dit in vers 12 staan: "Toe het ek besef al wat die mens moet doen, is om gelukkig te wees en die lewe te geniet.”
        Hy hou egter nie met die besef op nie want in vers 13. sê hy: "Om tussen al die harde werk deur nog te kan eet en drink en gelukkig te wees is 'n geskenk uit die hand van God.”
        Hy besef dan dat die mens se 'werk' ,soos hy dit opsom in verse 1 tot 9 tydelik is, maar dat God s'n ewig is.
        Dat besluite van God maar duister is vir die mens en moeilik verstaanbaar, kom
        duidelik uit in die "Die Godsbesluit" van Totius
        Voor die onheilswoning en
        tussen die skaars-beblaarde
        soetdorings staan, in droë aarde
        maar lowergroen en blink van blad,
        die wag-’n-bietjie langs die pad.
        Wanneer ek naderkom dan sien
        ek dorings krom en reg;
        ‘k sien takke inmekaar gedraai
        en deurmekaar gevleg.
        En wil ek in die blare gryp
        of aan die takke breek,
        dan tas ek in ’n doringnes
        wat vreeslik haak en steek.
        *
        Bo al u donker bome, o Heer,
        groei my ’n enk’le reusboom uit
        dit is die wag-’n-bietjie-bos
        van u besluit.
        Van ver so skoon, so groen, so blink…
        maar hoe verward
        wanneer ek dieper kyk en dink
        as wat ’n sondaar pas.
        En steek ek dan my hande uit
        na u besluit,
        dan gryp ek in die dorings vas.

  • Hans Richardt

    Wie gee om om oor kritiek teen politieke oorkorrektheid ideologie verban te word op Litnet?

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top