Waarmee boer ek?

  • 0

Die mens self besluit of hy varke op hok wil hou, al dan nie. Dit is nie varke wat die probleem is, maar wel die krag van eie keuse daartoe. Varke bevuil my lewe.

Baie keer verklaar ons dat iemand ‘n slegte gesindheid het. Het jy dit al ondervind? Dat iemand jou koud behandel of afjakkerig is? Waarom tree hierdie persoon so op? Omrede van keuse.

Ek kan besluit of ek dikbek wil rondloop. Maar ek kan ook besluit om ‘n verdraagsame gees teenoor ander te openbaar. Ek kan besluit of ek ‘n “teken” gaan wys vir die Taxibestuurder, maar ek kan ook besluit om dit te ignoreer en rustig aan te gaan met my daaglikse lewe.

Niemand hou van iemand met ‘n norse geaardheid. Niemand hou ook daarvan dat sy lewensmaat heeldag beduiweld rondloop. Geluk is ‘n keuse. Ek kan besluit om ander te respekteer, en ek kan ook besluit of ek gelukkige verhoudinge wil bou, al dan nie.

Besluit om nuut te bou in 2013, dood die varke.

Trienie

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top