vyeboom

  • 4

vyeboom

[ons het die boom
laatdag in die agterplaas gaan plant
en onbesonne oor die breek van brood
en suikervrug gedroom]

jy:

jou oë, melkerig groen soos die sap
van ’n afgeknakte tak, het bitterheid bely

jou mond ’n oorryp vy
wat suurstroop drup

jou lyf ’n koue klip
wat deur my honger hande glip

ek:

ek, die troupandvrou
wat getrou die wortels voed
en desperaat na botsels soek

[met jou vlugvertrek
het swart vlinders die boom bedek]

en ek wou nog vir jou sê:

daar bloei groen vruggies, my lief
aan ons somervyedroom

  • 4

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top