Vraestelle met antwoorde

  • 5

Antwoorde verskyn onder die vraestel, moenie loer nie.

Vraestel 1

1) Wie het gesorg dat die Romeine 'n ryk gehad het wat vir eeue geduur het?
2) Wie was die oorsaak dat die Mongole 'n byna onstuitbare veroweringsmag was?
3) Wie het gesorg dat die Sjinese op 'n stadium tegnologies ver voor die Weste was?
4) Wie was verantwoordelik daarvoor dat die Antieke Grieke 'n navolgingswaardige beskawing gehad het?
5) Wie het gesorg dat die Antieke Egiptenare sulke fantastiese tempels en ander strukture gebou het?

Antwoorde (Vraestel 1)

1) Die Romeine
2) Die Mongole
3) Die Sjinese
4) Die Antieke Grieke
5) Die Antieke Egiptenare

Vraestel 2

1) Wie was die oorsaak dat die Romeinse Ryk tot 'n val gekom het?
2) Wie was die oorsaak dat die Mongole se invloed getaan het?
3) Wie was die oorsaak dat die Sjinese nie hulle voorsprong behou het nie?
4) Wie was die oorsaak dat die Antieke Grieke se beskawing tot 'n einde gekom het?
5) Wie was die oorsaak dat die Antieke Egiptenare se beskawing tot 'n einde gekom het?

Antwoorde (Vraestel 2)

1) Die Romeine
2) Die Mongole
3) Die Sjinese
4) Die Antieke Grieke
5) Die Antieke Egiptenare

Vraestel 3

1) Wie was verantwoordelik dat Afrikaans 'n amptelike taal geword het in 1925?
2) Wie was verantwoordelik daarvoor dat Afrikaans die lingua franca in SA, selfs Suider-Afrika, was?
3) Wie was trots op Afrikaans, kon sy woorde spel en het hom ordentlik gepraat?
4) Wie het Afrikaanse dorps-, straat- en plekname vir Suid-Afrikaanse dorpe, strate en plekke gegee?
5) Wie het altyd vir hulle kinders, besighede, vakansiehuise en bote Afrikaanse name gegee?

Antwoorde (Vraestel 3)

1) Die Afrikaners
2) Die Afrikaners
3) Die Afrikaners
4) Die Afrikaners
5) Die Afrikaners

Vraestel 4

1) Wie se skuld is dit dat Afrikaans nie meer 'n amptelike taal is nie?
2) Wie se skuld is dit dat Afrikaans nie meer die lingua franca is nie, trouens, dat die taal aan die verdwyn is?
3) Wie kan nie meer Afrikaans spel en ordentlik praat nie?
4) Wie is verantwoordelik vir die feit dat Afrikaanse dorps-, straat- en plekname van Suid-Afrikaanse dorpe, strate en plekke verdwyn?
5) Wie gee nou vir hulle kinders die eienaardigste saamgestelde name met akuut en gravis oral op die naam rondgestrooi en Engelse name vir hulle besighede en vakansiehuise?

Ek wou die antwoorde as huiswerk vir julle los maar het besluit om dit maar te gee:

Antwoorde (Vraestel 4)

1) Die Afrikaners
2) Die Afrikaners
3) Die Afrikaners
4) Die Afrikaners
5) Die Afrikaners

Jan Rap

  • 5

Kommentaar

  • Beste Jan,

    Laat my mos nou dink aan ’n vraag wat ’n hele matriekklas nie kon beantwoord nie. 

    Wie het Shakespeare se Hamlet geskryf?

  • Dag Jan, ek stem saam met die eerste 3. Wat vraag 4 betref moet ons in gedagte hou dat die Afrikaner se probleem is die feit dat hy gedink het die minderheid kan bly staan in ’n demokrasie. Een arend tussen tien aasvoëls gaan steeds sy gat sien in ’n demokrasie. Snaaks dat die Afrikaner se groot held, De Klerk sy mense met so ’n soet ou stemmetjie so kon "bullshit".

    Goeie ding die koningkryk van G_d gaan ’n diktatorskap wees.

    Wees gegroet

    Duitswester

  • Moet nou nie mal wees nie Jan. Beide my kinders (Juandré-Jean en Clarissomé) se Afrikaans is eintlik nog heeltemal okay. En hulle skool het juis die ander dag so great show gegee, in Afrikaans! So om hulle te reward vat ek hulle hierdie jaar twee keer na ons vakansiehuis, Forever Myself, daar in eMalahleni se wêreld... 🙂

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top