Voorleggingsriglyne: gedigte

  • 3

Stuur jou gedigte vir keuring aan gedigte@litnet.co.za – hoogstens vyf gedigte per voorlegging. Sluit asseblief jou naam en kontakbesonderhede in. Maak asseblief duidelik of jy reeds voorheen gedigte op PoësieNet gepubliseer het.

Plaas elke gedig in ’n afsonderlike word.doc wat jy aan die e-pos heg en nie as deel van die e-pos-teks stuur nie. Moet asseblief nie clip-art of ander beelde aanheg nie, tensy dit deel van die gedig vorm.

Proeflees jou voorlegging noukeurig. Voorleggings wat vol spel- en taalfoute is sal outomaties afgekeur word.

Wees asseblief bereid om ’n paar weke op ’n antwoord te wag. Ons lees alle voorleggings dadelik, maar lees dit graag na ’n week weer deeglik voordat ’n besluit geneem word.

Slegs gedigte wat op publiseerbare standaard is, word gekeur vir plasing op PoësieNet.  Lees asseblief eers van die gedigte wat hier verskyn voordat jy gedigte voorlê. Gedigte wat nie gekeur word vir plasing op PoësieNet nie, sal op LitNet se gedigteblog gepubliseer word. Maak dit asseblief in jou e-pos duidelik indien jy nie op die gedigteblog gepubliseer wil word nie.

Kopiereg op die gedigte bly joune. Ongelukkig kan geen terugvoer gegee word nie. Vir raad van skrywers en uitgewers om jou skryfwerk te verbeter, klik hier

 

  • 3

Kommentaar

  • sampie strydom

    Ek stuur die gedigte, dalk kan daar iets van kom. Dit kom uit my kinderboekies wat ek skryf, my publiseerder weet nie wat om daarmee te maak nie. So het ek ook liedjies. Die renoster een is nog nie gepubliseer nie, daar is nie finansies nie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top