Vir Niekie van den Bergh

Met die dat daar nou so plase afgebrand word in die Kaap, en dit benewens die korrupsie, misdaad, plaasaanvalle en –moorde, tolpaaie, elektrisiteit wat verander het van goedkoop na duur, onderwys en volksgesondheid in hulle peetjie, die heksejag op Afrikaans, verengelsde universiteite, onveilige parke, onrustige strande, vervalle paaie, voorstadstrate vol onooglike valhekke, elektriese en lemmetjiesdraadheinings, die soort van ding, dink ek weer aan Niekie wat op sy stugge manier vir 'n inbeller gesê het, "julle moenie nóú kom en sê 'ons het julle mos gesê nie' "!

Maar Niekie, ons hét julle mos gesê. Die bal is nou in jou kant van die baan so wat sê jy nou?

Jan Rap

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top