Vir Neef Ontleder

Dag neef,

Ek is bly Pietie gaan nog goed aan; daar is darem nog rede vir die onderhoud wat ek maandeliks vir jou ma stuur. Ek hoop nie julle verniel die mannetjie nie; op die agterkop geslaan of iets, dié dat hy skeel is. En moenie vir my sê Pietie is vertraag nie; hy's seker net in sy dop gekruip en word sleg behandel oor hy so baie na my lyk. Ek hoor juis om 'n draai hy moet elke oggend vuuropmaak.

Jou ma vra maar net of ek nog so suip om haar ware gevoel vir my te verberg anders slaat jou pa haar weer met die nou dat Pietie so baie na my lyk. Tussen jou en my gesê, kyk bietjie mooi na Katrien, Ben en Japie se gelaatstrekke. Moet net nie jou pa daarop wys nie, netnou moet ek nog onderhoud stuur en mishandel hy hulle ook nog in 'n vertraagde skeelte in soos vir Pietie.

Nee, jou ma weet ek suip nie, dat ek net per geleentheid drink. Seker oor daar so baie geleentheid dat mense my vals beskuldig. Maar van jou ma gepraat: Is dit nie vir jou snaaks dat ek nie seergekry het toe ek kamtig in die vuur geval het nie? Dit was 'n gereelde ding dat jou ma my in die kamer gaan lawe want lawe kon jou ma lawe. Ek het elke keer in die vuur geval as jou pa uitpaas en dit was gereeld. Ek dink nog so baie aan haar. Sê vir haar groete as jou pa nie by is nie.

Nou ja neef, op die manier dan

Jou oom

Jan Rap

Kommentaar

  • Jan Rap,

    Liewe aarde!  Wonder wie het die sterkste verbeelding – jy of Neef ontleder?  As ek darem nie geweet het van jou eie gegoede vroulief nie ... 

    Trienie

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top