Vir ’n sterfling

  • 3

Nou aan die einde van ’n lewe
vol swoeg en sonde
moet jy die drumpel oorsteek,
deur die maanhek gaan,
net jy en
dit wat ’n mens oorhou van die ondermaanse –
’n vrag wonde.

Daar sal jy jou lot mag neersit
en vertoef,
jy sal rus anderkant die rusteloosheid aantref
en jou Here jou Grootheid
sal jou soos ’n afgetrede vader uiteindelik te woord staan.

Ek wens jou die rus van die profeet toe,
wanneer die profesie bevestig is –
of gering bewys is, maak dit saak? Dis verby –
wanneer die werk dan klaar is.
Die afstand afgelê is ook die prys gekry.

  • 3

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top