Vir Jaco oor sy opsie 3

  • 2

Hallo Jaco

Dankie vir die skakel. Ek het toe jou opsie 3 gelees en sommer toe ook weer jou brief met opsies 1 en 2. Ek moet sê, ek vind jou poging prysenswaardig; jy het die probleem identifiseer en jy wil graag oplossings bespreek. Daar is beslis 'n kentering by jou te bespeur.

Ek weet egter nie of ek jou reg verstaan nie. Onder die opskrif 'Afrikanerselfbeskikking' gee jy drie opsies. Nommer 1 is die status quo, met ander woorde geen selfbeskikking nie; die Afrikaner is persona non grata en word uitgewerk. Is dit wat jy sê?

In nommer 2 vertel jy hoekom jy dink 'n onafhanklike staat, 'n Afrikanertuisland, nie moontlik is nie. Is dit wat jy bedoel?

In nommer 3 doen jy die daarstel van kantontipe gebiede aan die hand, soos Orania byvoorbeeld, of hoe?

Laat weet of ek jou reg verstaan; ek sal graag hierdie goed met jou bespreek.

Groetnis

Jan Rap

  • 2

Kommentaar

  • Beste Jan

    Ek sal jou oor die naweek be-antwoord.  Tans is ek besig met laaste besoeke aan my Vrystaatse boerekliente om die jaar met elkeen af te sluit, en ry van een plaas na die ander heeldag, en te moeg in die aan om behoortlik te respondeer.  Hopelik is ek Sat weer in die Vaaldriehoek waar ek woon.

    Jaco Fourie

  • Indien nie ’n teevoeter aan te bied nie, trek aandag af van die hooftema soos hierbo, deur te kibble  oor wat hy eintlik bedoel het.  (smokescreen tactics). 

    Meester / slaaf verwantskap.  Deur sy volgehoue aanbidding van Roodt, selfs wanneer die man sê dat  die gemiddelde Afrikaner is dom; wanneer hy LIEG deur te se Hellen Zille hou nie van Afrikaners nie;  wanneer hy weier om sy bewerings oor Roodt se pro-aksies vir Afrikanerdom vir die leser uit te wys, deur “reverse” redenasie te gebruik om vir my te sê dat ek die teendeel wat Roodt gesê en gelieg het te weerlê (met ander woorde hy insinueer Roodt praat die waarheid en is bo verdenking).  So wanneer ’n mens nie onafhanklik kan dink nie, en alles slaafs opvreet wat Roodt beweer sonder bewyse, dan is sodanige persoon, in hierdie geval Roodt,  sy meester. 

    En wanneer ek die feitlike waarhede uitwys, is dit nou kampig  woede aan my kant.  

    En ja. Thys is sy “sidekick”, want hy ja en amen alles wat Jan skryf, soortgelyk as wat Jan mbt Roodt doen.  

    Jaco Fourie

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top