Jou skakel het my laat verlang na my kinderdae.
Hans, weet jy hoe om ʼn donkie te ry? Vergeet maar wat jy omtrent die onderwerp sal google; die goed wil om die dood nie so gery word nie. ʼn Mens ry donkies presies soos jy jong kalwers ry, en jy gebruik die bok-bok-tegniek. Jy het darem seker in jou jong dae bok-bok gespeel, nie waar nie? Dit werk so:
Jy bekruip die donkie van agteraf. As jy so vyf tree agter hom is, hardloop jy en spring met so ʼn boog dat jou hande op sy rug beland. Dan swaai jy jou bene weerskante van die donkie verby sodat jy met jou boude op sy kruis beland. Nou moet jy vinnig speel; terwyl jou linkerhand nog op sy rug is, gryp jy met jou regterhand na daar waar jy sou gegryp het indien jy ʼn stert gehad het. Aangesien jy geen stert meer het nie, gryp jou hand nou die donkie se stert so by sy wortel, en dan moet jy klou, want donkie se kind gaan spring en onder jou probeer uithardloop. As jy die stert goed vashou, sal jy nie agter afval nie.
ʼn Donkie wil nie soos ʼn perd gery word nie. Dis dié dat ek die Bybelse storie van Jesus wat Jerusalem binnery op ʼn donkie met ʼn knippie sout neem.
Geniet jou volgende donkierit.
Groete,
Angus
Kommentaar
Donkie ry ... Ek het dekades terug in 60's swartes se donkies gery in bloekkombos langs die toe standhoudend lopende Dorpspruit. Die donkie stink, is vuil en hare steek die hel uit jou kaal bene. Behalwe dat die donkie heeltyd gespring het, wou sy nog byt ook. Die swarte was gou-gou daar met sy sweep ... Onthou, ek het eers in standerd vyf eerste onderbroek gekry, so my boude was ook gesteek deur hare.
Die swartes het vanaf die Tradisionele gebied gery vir hul inkopies, dokterbesoeke ens.
Ja, ek is ook al bejaard ... Daar was busse, maar dit was Trichardt se busdiens. Vriende van my se pa het donkiekarre gebou uit staal en het dit in wilde boendoes ingery, agter op sy VW bakkie.
Angus, jy weet natuurlik die storie van Chinese wat glo dat hul ook so sambok soos donkiehings sal kry, as hul die vel verpoeier en snuif ...
Die analogie is onnosel.
Dan, natuurlik die storie van windpomp wat net altyd op een gat pomp, al is die gat kurkdroog. Al waai daar ligte windjie ...
Ek ken 'n ou wat my vertel het van iemand wat glo donkies kan agter hulle sien sonder om om te kyk. Die ou het het te vertelle dat hy al baie keer donkies gery het. Elke keer raak die die donkie half steeks of luier en loop stadiger. Hy vertel dan slaat hy die donkie agter die ore met sy kierie. Op die betrokke dag is dit weer sulke tyd. Die donkie stap stadiger en hy laat waai met die kierie om die donkie agter die oor te slaan, maar die donkie ruk net sy kop weg en hy slaan homself op die maermerrie. Van daardie dag af sweer hy donkies het oë in hul agterkoppe.