Vir Brianvds steeds oor die maan kan jy glo

  • 2

Brianvds ek het nou weer gedink (oukei laat sak daai oë; ek sien sommer jy slaat hulle op na die plafon laat mens net wit sien soos 'n ou se vrou maak as 'n ou vir hom en sy broers nog 'n dop kom skink vir waar hulle buite sukkel om die braaivleisvuur aan die gang te kry).

Soos ek laas uitgewerk het is dit hier by die 40 000 km rond waar 'n maan (sê een presies so groot soos ons s'n) wat om Jupiter wentel, aan dieselfde swaartekrag onderworpe is as waaraan ons maan is. Aangesien die kwyntempo van Jupiter se swaartekrag kleiner as dié van die aarde is, is ons maan aan 'n groter differensiële swaartekrag onderworpe.

Ons maan behoort dus meer gebrei te word, dus 'n groter kans om deur swaartekrag verniel te word as wat hy sou wanneer hy met 'n straal van 40 000 km om Jupiter wentel. Of hoe?

Groetnis

Jan Rap

  • 2

Kommentaar

  • Jan Rap: Hier trek jou gedagtes nou verder as die grens van my eie kennis. Ek het boonop op die oomblik min tyd want vriende van my uit Amerika kuier en ek moet gids speel (ek is al behoorlik siek van toeriste-attraksies en restaurant-etes!) en dan mors ek ook nog tyd om op verskeie ander plekke met ouens soos Kobus de Klerk te redekawel.

    As ek tyd het sal ek kyk of ek met een of ander betekenisvolle antwoord vorendag kan kom. Om die waarheid te sê, jou vraag is sodanig meer interessant en sinvol as die twak wat party ander hier praat, dat ek dit nou oorweeg om my laa-a-ng stryerye met hulle so gou moontlik af te sluit en liewer te fokus op die meer interessante gesprekke hier.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top