Vir Angus oor kwyntempo

  • 4

Sorrie man, ek sien nou eers jou kommentaar. Nou dat ek die word so alleen sien lyk hy vir my ook maar lomp maar wat ek daarby bedoel is die tempo waarteen die swaartekrag van 'n hemelliggaam afneem met afstand.

Die formule is gh=g0*(r/{r+h})^2 waar gh die swaartekragversnelling op hoogte h is, g0 die swaartekragversnelling op die hemelliggaam se oppervlakte, r die radius van die hemelliggaam en h die betrokke hoogte waar jy die swaartekragversnelling wil bepaal (die h en die 0 langs die g moet eintlik onderskrifte wees).

So dis nie die kwyntempo van die planeet nie maar die kwyntempo van die swaartekrag van die planeet.

Groetnis

Jan Rap

  • 4

Kommentaar

  • Dag Jan,

    sorrie man, maar kan jy dit weer vir my verduidelik, stadiger die keer?

     

    Duitswester

  • Dag Duitswester
    Die stadige verduideliking is ’n piesang van hierdie kleur.
    Die bietjie langer een is dit is soos ’n braaivleisvuur; hoe verder weg jy van hom af is hoe minder hitte kry jy.  So, hoe verder weg jy van ’n planeet wegbeweeg hoe minder is die krag waarmee jy na hom toe aangetrek word.
    Geseënde Kersfees vir julle!

  • Beste Jan,

    Amasing, is dit nie? Ek bedoel nou om die woord "Sorrie" uit jou mond te hoor. Ek bedoel nou nie dat ek dink jy is hooghartig nie. Ek bedoel dat jy dit as ’n leenwoord uit Engels sien en dus Afrikaanse burgerskap kry, en nie sommer ’n lelike Angilsisme wat uitgeroei behoort te word nie. (Amasing is darem wragtig vir jou lelik!)

    Sorrie, Jan ek het jou eerste brief bietjie vinnig gelees, maar nou verstaan ek wat kwyntempo beteken. ’n Pragtige nuutskepping van jou. Kwyn beteken egter verandering van toestand, en as ek met jou formule werk, kry ek net ’n statiese antwoord, want h (hoogte) is ’n enkele punt. Het jy ’n formule vir tempo? Miskien kan jy reghelp.

    Groete

    Angus 

  • Jaak, die definisie van ’n intellektueel is juis iemand wat geleerd is bowens sy eie intelligensie ... shaaim ... duidelik ...

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top