Verstedeliking in SA

  • 2

Twee derdes van SA se bevolking woon tans in stede wat 75% van die land se arbeid-mark verteenwoordig.  Projeksies op huidige tempo verstedeliking is dat teen 2030, 71% van SA se bevolking verstedelik gaan wees, en 80% teen 2050.  http://www.sanews.gov.za/south-africa/south-africans-flock-urban-areas

Die aantal plaasarbeiders het sedert 1970 tot die hede met die helfte gedaal. http://www.nationmaster.com/country-info/profiles/South-Africa/Agriculture

Die gemiddelde ouderdom onder blanke plaasboere is vandag ver oor die 50 jaar, met al hoe meer blanke boerekinders wat nie wil boer nie, en eerder verstedelikte werk wil verrig.

GEVOLGTREKKING:
Individuele blankes wil nie meer boere-entrepreneurs word nie, asook nie swartes nie.  Die toekoms in boerdery in die vorm van plaasboer kommersiële maatskappye sal moet berus om die landbou aan die gang te hou,  met aandeelhouers as eienaars, hetsy wit of swart.

Vandag se groot politieke bohaai oor swart oornames van blanke plase, gaan in die toekoms ’n “non-issue” word.  Al wat vandag se herrie dit regkry is om ras te polariseer, moontlik onherstelbaar vir die toekoms!

 

  • 2

Kommentaar

  • Jaco
    Die dalende getalle op die plase is hoofsaaklik daaraan te wyte dat die kleiner plase en boere (oppervlaktegewys) eenvoudig deur die grotes uitgekoop word. Insetkoste het, regoor die landbousektor, só hoog geword dat die kleiner boer/plaas net nie meer volhoubaar en winsgewend kan boer nie. Dit is dus in meeste gevalle nie ’n kwessie van “nie wil boer nie” maar eerder ’n kwessie van “nie meer kan boer nie”. Daarbenewens speel toenemende meganisasie en outomatisering ook ’n rol in die vermindering van plaaswerkers.
    Die KykNet program “Megaboere” wys hoeveel groot boerebesighede reeds reg oor die land tot stand gekom het. Meeste reeds reusagtige kommersiële landboumaatskappye wat reeds op die een of ander manier swart bemagtiging geïmplementeer het.
    Jou laaste paragraaf is heeltemal in die kol. Swart mense wil nie grond iewers op die platteland hê nie, hul wil werk in die stede hê. Grond is nie die probleem nie, werkloosheid is die probleem.

  • Dirk
    Jou analitiese bydrae word waardeer, wat grotendeels my argumente hierbo onderskraag.
    Tereg, insetkoste het tot sodanige mate toegeneem, dat non-kommersiële boerdery, asook ander besighede (sien my briewe oor die hoenderbedryf) vanuit hul bedryf uitgestoot gaan word.
    Die grootste vabond mbt insetkoste is die onrealistiese koste van arbeid, vergeleke met ander ontwikkelende lande op vergelykbare ekonomiese vlak as SA (bv Brasilië). Indien die koste van arbeid nie in lyn met SA se vermoëns om daarvoor te kan betaal inval nie, gaan die ekonomie begin krimp met duur invoer-aanvullings en uiteindelike grootskaalse werksverliese as gevolg van besighede wat gaan sluit of ondergaan. Die vakunies in hierdie land tree onverantwoordelik op tot beide die nadeel van die land se ekonomie, asook in die langer termyn tot hulle lede wat mettertyd hulle werk gaan verloor.
    Soos Sjina, glo ek dat SA se heil in 'n tweeledige ekonomiese stelsel lê. Deels kapitalisties en deels sosialisties (laasgenoemde 'n sentrale beplande ekonomie in seker sektore).

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top