Versoen se gat 

  • 3

Versoen se gat 
Ôs skarrel torrie dood, 
Vir twee rand vir ’n brood.          

Ôs lê oppie wal, 
Ôs watch almal val, ôs almal word mal. 
Siek en sat virrie oppressor se kak. 

Mense soek vir waar pas hulle in 
Maar daai’s ’n ding. 
Want deur ôs te confuse, 
Issit maklik om ôs te use 

Deur vi ôs te lieg maak hulle ôs vrek soos ’n vlieg 
Vermoor en getoor maar niemand wil hoor, 
Hulle se geld is ôs se held.

En ôs sien nie die pyn, want ôs pyn het pyn. 

En ôs maak mekaar seer, keer op keer, 
Wat moet gebeer voor ons mense leer?

In trane kom ôs te stane voor ôs diewe, 
Ennie os se bloed spat tot binne-innie argiewe. 

Ons staan kaal sonner ’n taal, sonner ’n kraal.

Wat moet ôs tog doen om te versoen, 
Wat is die dag as almal nog once vir ons lag?

  • 3

Kommentaar

  • Alex Marshall

    Ek hoor jou, Denver, en ek laaik 'it!
    Hou aan met skryf, en moetie jou an negative comments stuu' rie!

  • Bokkie van der West

    Ek hoor jou pyn, vrae en confusion, Denver. Dankie vir jou eerlikheid. .. dit ruk my hart en laat my dink aan hoe en waar ék dalk die rol van die opressor vervul en hoe ek dalk kan help om versoening te bring.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top