Verrotte standaarde

  • 0

Ure en dae wat verby kruip,
want weke en maande loop uit
met jare se verloop in tyd
terwyl hul ongeroerd toekyk.

Vergete rus dit in ons jeug se begrip,
presies wat belangrik of nodig is
en so word hul witter geskilder
deur mis van gevleuelde vergetelheid.

Opspraakwekkend is die mediasaak,
waar iemand ‘n beeld met verf rooi maak
en tog is die rooi bloed op plase ‘n bysaak
solank standbeelde net pryk, ongeskaad!

Prioriteite van morele standaard is vervalle
tot ondenkbare ranglys vir lewe se tel
want ‘n beeld kan herbou word
maar ‘n lewe en siel, is vir goed vort ...

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top