Vaselinetjie by die kykNET Silwerskermfees 2017: filmresensie

  • 24

Heel eerstens moet ek dit duidelik maak dat Vaselinetjie nie ’n uitmergelende film is nie. Jy gaan nie jou polse sny as jy dit gaan kyk het nie. Inteendeel, dit is ’n lieflike, opbouende film met ’n vars invalshoek in die rassespanning wat ons elke dag voel.

Tweedens: as jy nie die boek gelees het nie, moet nie eers die sinopsis oor die film lees nie. Gaan kyk dit sonder om te weet wat Vaselinetjie se herkoms is, want dan ontdek jy dit saam met haar.

Vaselinetjie het al die onderdele wat ’n besonderse film opmaak. Elke skoot is fyn uitgewerk, geraam en verfilm. Die klankontwerp is so effektief dit smelt weg. Die karakters is volrond en kruip in jou hart in. Die rolverdeling is deeglik gedoen. (Die vervaardigers het uit iets soos 6 000 kinders gekies.) Die akteurs het elk hul beste gedoen. (Arno Greef bly beïndruk. Marguerite van Eeden, Nicole Bond en Elzet Nel is verstommend. Ek brei later uit oor Oumie en Oupie.) Nie een sinnetjie dialoog was oortollig nie. Die harwar van ’n kinderkoshuis is perfek vasgevang. (Waldemar Coetzee het blykbaar die ou hospitaal gevind. Die plek was onder water en hulle moes agt ton vullis wegry.) Die film is nie te lank, of te kort, nie en behou die balans tussen hartseer, drama en humor.

Hollywood-films het ons gekondisioneer om moord en doodslag en verkragting te verwag, veral in ’n film oor ras, weeshuise en probleemkinders. Dit is die maklikste katalisators om die karakters in iets in te dwing. Vaselinetjie gebruik gelukkig nie hierdie goedkoop truuks om dramaties te wees nie. Dit vertel bloot ’n realistiese, dog ongelooflike storie op ’n eerlike manier. Die kinkels en kabels is dus subtiel.

Welgedaan.

Nou kom ek by Oumie (Shaleen Surtie-Richards) en Oupie (Royston Stoffels). Hulle steel elke toneel. Hulle liefde vir Vaselinetjie is so bitter mooi. Hulle sal als vir haar gee. As die toneel waar Oupie haar vertel sy gaan weeshuis toe, nie jou hart breek nie, is jy ’n robot.

Wat ook beïndruk, is die feit dat Vaselinetjie op haar innerlike krag staatmaak. Sy oorleef die kinderhuis. Sy oorleef ’n kêrel wat nie kan vrede maak met sy eie basterherkoms nie. Sy oorleef haar beste vriendin se selfmoordpoging. Ja, hierdie gebeure vorm haar, maar dit is haar innerlike kompas, haar fondasie wat haar beskerm teen hartseer, teen die pad byster raak. En waar kry sy hierdie fondasie? By Oumie en Oupie. Hulle is haar heenkome.

  • 24

Kommentaar

    • Anoeschka von Meck

      Hanno, ek het nog nie Krotoa gesien nie, dus kan ek nie vergelyk nie, maar uit wat jy sê kan ek aflei hoe jy daardie rolprent ervaar het. Ras en rasverwarring is beslis 'n tema in Vaselinetjie, maar dit is eerder soos om na 'n foto te kyk van 'n kinderhuis in Suid-Afrika in die laat negentigs. Jy sien dit soos dit IS. Vir Suid-Afrikaanse kykers wat die fyner nuase sal verstaan sal dit dieper spreek, maar vir oorsese kykers sal dit gaan oor die eg menslike soeke na identiteit. Om te behoort, gekoester te wees, te kan sê: "Ek hoort hier." Het God 'n fout met my gemaak, aldan nie?

    • Wilhelm Fourie

      Beste Hanno,
      Hoekom gaan kyk jy dit nie voor jy oordeel nie? Ek het die film nog nie gesien nie, maar vir my klink dit na die vertelling van 'n verhaal wat beslis moontlik is en nie vergesog nie. Ek hou ook nie van polities-korrekte verdraaiings van die geskiedenis nie. Krotoa kon so 'n goeie film gewees het, maar om byvoorbeeld te beweer dat Jan van Riebeeck 'n verkragter was terwyl daar geen basis daarvoor is nie, is eenvoudig belaglik.
      Die Afrikaners en ander Afrikaanssprekendes het aspekte wat verskil, maar ons het ook 'n gedeelde kultuur en (nog belangriker) 'n gedeelde taal waarvoor ons binnekort saam gaan moet baklei! Indien ons (blankes) meer mede-menslikheid teenoor ons bruin taalgenote bewys het, sou hulle hulself ook as Afrikaners beskou het. Sommige doen dit wel. Miskien gaan alle Afrikaanssprekendes hulself oor 50 jaar Afrikaners noem. Dit gaan egter net moontlik wees as ons mekaar wedersyds respekteer.

  • Hanno Visagie

    Kultuur- en volksverskeidenheid : Die Here het grense tussen nasies en tussen volke gestel, en verwag van ons om dit te eerbiedig (Hand. 17:26). Dit is ‘n voortsetting van die taalverwarring wat tydens die bou van die toring van Babel ingestel is (Gen. 11:5-8). Dit was verkeerd in die oë van die Here dat die Babiloniërs ‘n wêreldstaat met net een taal wou instel, daarom het Hy vir elke groep sy eie taal gegee. Hulle het uitmekaargespat en elkeen in sy eie woongebied onder sy eie regering gaan woon. Hieruit het verskillende volkskulture ontstaan. Die erkenning van hierdie verskeidenheid is die enigste grondslag vir gesonde verhoudings tussen volke. In die evangelisering van die wêreld word ons ook na elke volk en taal gestuur sodat hulle verkieslik in hulle eie taal geëvangeliseer kan word. In die eindtyd gaan daar egter onder die aanstigting van die Satan, die Antichris en die valse profeet 'n wêreldstaat met net een regering, een godsdiens en een ekonomiese stelsel geskep word (Op. 13:1-18). Die opkomende nuwe wêreldorde beywer homself hiervoor. Dit sal ‘n ernstige vergryp teen God se orde van onafhanklike en selfbeskikkende volke wees, daarom sal die Here Jesus die bose lewenswyse en samelewingsorde van die Antichris tydens sy wederkoms vernietig.
    http://www.bibleguidance.co.za/Afrartikels/Fundamentalisme.htm

  • Michele Meyer

    Ek is verstom dat daar nog mense is wat in daardie paradigma leef. Wat 'n jammerte om so bitter deur die lewe te gaan. Vaselinetjie is 'n skitter-prent!

  • Hanno Visagie

    Ai tog, die kruipsugtige Afrikaner-ontkenners en -haters en antichris-humanistiese eenwêreldorde-globaliste ...

    • Wilhelm Fourie

      My vorige kommentaar behoort te bewys dat ek nie 'n Afrikaner-ontkenner of -hater is nie, maar 'n Afrikaner in murg-en-been. Besef jy nie dat hierdie Nostradamus-tipe samesweringsteorie van jou juis die Afrikaner benadeel nie? Jy het klaarblyklik 'n opsessie met rasse-suiwerheid. Ek vind dit bisar. Hoekom gaan kyk jy nie die fliek en besluit dan of dit 'n aanslag op die Afrikaner is nie?

    • Vir wie op aarde is jy so kwaad? Genugtig, soveel woede in EEN mens? Ek voel jammer vir jou. Baie baie jammer.

  • Hanno Visagie

    Staan op die waarheid dat die Afrikaner hoofsaaklik van Europese (hoofsaaklik Nederlandse, Duitse en Franse) afkoms is, Afrikaans as huistaal praat en Christus volg. Mense van ander etniese bevolkingsgroepe soos die Khoi-San en huistaal-Engelssprekers is nie ook Afrikaners nie.
    Die Afrikaner se identiteit lê in sy bewese gemiddeld 93 % Europese gene, eerder as in sy bewese gemiddeld slegs 7 % nie-Europese (San, Khoi, Asies, Swart) gene. Hy het geen behoefte om etnies verder te vermeng en te versmelt nie, hoe polities korrek dit ook al mag wees. Daar is 'n globale links-humanistiese propaganda-poging ter versmelting van veral Europese volke met Asiese en Afrika-volke om alle volksverskeidenheid uit te wis, op pad na die eenwêreldorde van die Antichris.

  • Anoeschka von Meck

    Julle, julle! VREDE, mense. Asseblief. Ek hou daarvan dat mense vurige onafhanklike denkers is, maar dit sal wraggies ironies wees as mense nou aan die stry raak oor Vaselinetjie ALVORENS hulle dit gesien het! Nee, heng, ons mik juis om iets eg Suid-Afrikaanse te vertel wat niemand afbreek ter wille van iemand anders nie, maar ook nie 'n polities-korrekte gatkruip-oefening is nie. Ons soek juis om kinders (en almal wat ooit in SA kind was) van hul eie en besondere identiteit bewus te maak. Nie een word teen die ander afgespeel nie. Sonder om prekerig te wees, poog die regisseur (Corné van Rooyen) om die harde fisiese lewe as iets ondergeskik aan 'n groter en hoër, ewigheidslieflikheid vas te lê. Waar jy ook al gebore is (ashoop of vullisdrom) en maak nie saak wat die omstandighede van jou geboorte of die vel van jou vleispak is nie, die SkepperGod wéét van jou. Jy is Sy droom. Jou lewe hét betekenis.

  • Hans Richardt

    Ons as publiek is vuisvoos vir politieke korrekte retoriek in boeke en flieks. Dit kon dalk 'n individu se verhaal wees, maar klink soos iets gebaseer op 1960's Katriena, met kommingeit in. Dan is daar nie eens temaliedjie om dekades later nog met Heimwee te luister nie, bv Cry to me deur die Staccato's.
    Nee wat, ek sal dit kyk as dit op R30 vir 3 DVD 📀 aanbieding is.. Die voorskou is swak.

  • Anoeschka von Meck

    Hellous Hans! Ek is die skrywer van Vaselinetjie en ek moet bieg ek ken ongelukkig nie die 'Katriena' van die 1960's waarna jy verwys nie. (Sal dit gaan opkyk!) En ja, ek stem beslis saam met jou dat ons almal vuisvoos vir politieke korrekte retoriek is! Maar heng, jy het nog nie eers die rolprent gesien nie? Dit is juis NIE DIT NIE. Ek glo so in hierdié storie wat Corné en René van Rooyen van my boek gemaak het, dat ek persoonlik vir jou twee rolprentkaartjies sal koop as jy my sms waar jou naaste teater is! Hierdie is 'n kunsfliek en dus gebruik ons 'n ander tipe klankbaan wat dalk nie 'n temaliedjie het nie, maar die impak wat ons soek is verby 'n wysie neurie en eerder iets wat jou hart moet ruk. Hoe lyk dit? My nommer is 082 822 3746 of e-pos my by ewigheidswese@yahoo.com. Ek wag jou! Dankie vir jou kommentaar - ons gesels graag. Na jy die rolprent gekyk het sal ek jou terugvoering verwelkom.

    • Michele Meyer

      Jy is 'n bitterlike ordentlike mens, Anoeschka. Dankie dat jy inspireer deur so kop te hou teenoor siele met ernstige bagasie. Vaselinetjie is lieflik en dankie tog die film is gemaak.

  • Hans Richardt

    Wat verstaan jy nie van genoeg is genoeg nie? Genoeg van individuele ervarings van apartheid, genoeg van politieke korrektheid-ideologie?
    Dis soos om fliek oor Grensoorlog te maak, dit voor te stel as wit vs swart oorlog, terwyl grootste persentasie soldate in Bosoorlog swart was! Net om Sonja Herholdt-liedjie as temaliedjie te gebruik, dit terwyl ons Nooit Sonja Herholdt geluister het en GEEN opvangs van Springbokradio of Afrikaanse diens opgevang het in Namibië nie!
    Nee wat, ek spandeer NIE geld nie op politieke korrektheid nie.
    Feitlik het apartheid reeds ophou bestaan in Augustus 1983, met net wit referendum teen apartheid!

  • Hans Richardt

    Wat my grensloos irriteer, is die kollektiewe geheueverlies deesdae in SA-media en onder "bornfrees" oor feitlike geskiedenis. Bv in 1992 het drie etniese groepe na die referendum-stembus gegaan om JA te stem vir die eerste DEMOKRATIESE Grondwet, wat tot 1996 gegeld het.
    Dus, in wese was SA reeds 'n DEMOKRASIE tydens die 1994 verkiesing!
    Gee ons wat ons toekom, ons het twee keer by stembus ons deel gedoen om van apartheid ontslae te raak.
    Verder, ons hoef en wil nie soen om te "versoen" nie. Ek dink tyd van haat gebaseer op HOORSÊ is nou verby. SA se millenniums en "scorned" heroes van vervloë "vryheidstryd" ly aan nie net verbale diarrhea nie, maar depressie en hul obsessie is die witman. Ek herhaal, ek wil nie soen om te versoen nie en fok die res!

  • Anoeschka von Meck

    Hans, ek hoor jou! Hard en duidelik. Jou woede en frustrasie. Ons praat egter nou by mekaar verby, want ek bemark 'n rolprent en jy is briesend oor 'n bestel. Ek het wel WERKLIKE begrip vir wat jy sê en die magteloosheid wat daarmee saamgaan. (En dankie Michele!)

  • Hans Richardt

    Ek weier om verder verbaal geboelie te word, bloot omdat ek nie van hierdie politieke korrekte fliek hou nie.
    Sover, ek aflei gaan die fliek juis oor dieselfde emosionele plakkery boelies.
    Ek sê weer, die tema is voos en in 1969 Katrina-fliek was dieselfde voos tema gebruik. Gaan na YouTube, beide is daar.
    Dit bly nog individu se keuse om te hou of nie te hou van iets nie. Ek is ‘n individu en nie politieke korrektheid ideologie meeloper nie.
    Daar is GEEN woede in vryheid van keuse nie.
    Afrikaanse musiek en flieks is van swak gehalte en oppervlakkig. Die probleem is dat millenniums nie wil hoor hul het lae emosionele intellek en volwassenheid-standaarde.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top