The Vanilla: "Ons is nie daai band wat rustige pop tunes speel nie"

Die jong indie popgroep The Vanilla word reeds hoog aangeskryf en hulle het pas ’n Bok Radio-toekenning vir Engelse liedjie van die jaar ontvang. Tyan Odendal, voorman van die band, beantwoord ’n paar vrae.

Goeiedag, Tyan. Hoe's dinge?

Hallo! Baie goed dankie, en daar?

vanilla1grootweb

Ag lekker, man, dankie. Geluk met The Vanilla se jongste single, "Canopies", en ook die ander drie heerlike songs wat julle tot dusver vrygestel het. Daar's ’n aansteeklike genotsoeking wat loop deur al julle musiek – ek moet bieg, terwyl ek luister en vrae opmaak wieg en bons ek so hard in my stoel dis moeilik om akkuraatyu te tikjhhjkn. Waar kom die dryfkrag en soeke na dié musiek vir julle vandaan? Die feit dat dit "lig" voel, beteken natuurlik nie dit is eenvoudig of maklik om te maak nie. Hoe hard moes julle dink en skaaf aan hierdie spesifieke sound tot dit gevoel het julle het die regte pad vorentoe vir The Vanilla gevind?

Hahaha, baie baie dankie, baie bly om te hoor ons musiek het so ’n effek op jou! Man, die hele vibe en styl van ons musiek het baie natuurlik gekom. Ons almal in die band het ’n liefde vir feel-good rhythmic music. Ek persoonlik love dit as ’n song my laat voel of ek wil begin dans. So dit was ’n baie natuurlike process om musiek te maak waarvan ons hou, aangesien ons natuurlik in daardie rigting skryf.

Die tunes is kraakvars en oorspronklik, en daarmee saam voel dit of mens ’n besliste paar invloede kan identifiseer ... Paul Simon se Graceland-klanke (en natuurlik die talle groepe/kunstenaars wat op dié reus se skouers geklim het), byvoorbeeld, en ook die meer direkte throwbacks soos die ‘80's synth-klanke wat hier en daar opduik (vernaam op "Out of here"). ’n Gedeelte van jul biografie op Facebook lui: "JP and Tyan always had an immense love for radio pop and figured their new project should be a natural extension of something they cherish." Uiteraard is daar ’n delikate balans om te handhaaf in terme van musiek wat dien as ’n tribute of ’n soort uitvloeisel van dit waarvoor mens lief is, maar wat ook in alle opsigte oorspronklik moet wees. Hoe maak The Vanilla seker hierdie balans word behou? Is daar ’n spesifieke filosofie binne die band (of by jou persoonlik) oor hoe mens daardie eie stem vestig? En wanneer die filosofie daar is, hoe maak ’n mens seker dit word prakties uitgevoer?

Ek dink dis daai tipiese cliché statement van “Stay true to yourself.” Dis maar by ons ook so. Die oomblik wat jy musiek wil maak vir die verkeerde rede, stel jy jouself op vir failure. Die ander kant is natuurlik om wel seker te maak jy bly relevant en maak musiek waarvan jou fans sal hou. Daar is baie faktore by betrokke, want ’n mens wil byvoorbeeld baie graag op radio kom, maar jy wil nie jou eie stem en feel vir die musiek verloor nie. So ons al vier het dus ’n rol wat ons speel in die process van creating as dit kom by ons musiek. Elke ou dra gewig en gee input en dan aan die einde van die dag kom ons hopelik uit die rehearsal room uit met ’n killer tune.

In dieselfde asem: die indie pop genre waarin The Vanilla werk, is natuurlik een wat beide plaaslik en internasionaal dig bevolk is. Op ’n meer eksterne vlak as met die vorige vraag – met ander woorde, meer aan die blootstelling- en "persona"-kant (as mens dit nou so wil noem), hoe maak julle seker jul musiek staan uit bo die res? Wat het The Vanilla se musiek om te bied wat ’n mens nêrens anders kry te midde van ’n oorvloed indie pop nie? En hoe wil julle seker maak mense wéét waar om dit te kry?

Indie pop is oral in die music scene, plaaslik en internasionaal, en dit is dan moeilik om uniek te wees en uit te staan. Ek dink nie ons is heeltemal uniek in die sin van ons het iets wat niemand anders het nie, want daar is net soveel bands en soveel influences. Ek dink wel die Paul Simon African pop sound wat nou en dan in ons musiek uitdop is iets wat ons laat uitstaan, en dan hou ons daarvan om loud en energetic te wees. Ons is nie daai band wat rustige pop tunes speel nie, want Bartho (ons guitarist) slaan sy kitaar behoorlik met klipharde solo’s, en Keyser (ons drummer) laat sy drums uitstaan met sy insane grooves. ’n Fan het een keer ná ons show vir ons kom sê: “Julle het die coolste pop sound, maar met balls!” So daai is ’n goeie manier om ons te beskryf ten opsigte van ons wat uitstaan van ander bands.

The Vanilla het tot dusver vier snitte aanlyn vrygestel, so ’n paar maande uit mekaar uit. Dis ’n interessante strategie – heelwat jong bands mik nog eerder vir die aanslag van ’n volledige EP of album; andere mik, soos julle, vir die single wat elke nou en dan vrygestel word. Wat is die waarde van hierdie onderskeie benaderings? Wat wen en verloor ’n mens met die een of die ander? Sal The Vanilla nog een of ander tyd die volle-album-benadering wil volg, of is daai dae verby?

Albei van daai paaie het baie voordele, en albei het ’n paar nadele. Die hoofrede hoekom ons tot dusver die single approach gevat het, is dat die digitale era heeltemal besig is om oor te vat. So baie mense download liewer net enkele tracks op iTunes of stream die tunes wat hulle miskien iewers gehoor het, soos op radio. So baie mense het al vir my gesê hulle sal nooit geld spandeer op CD’s nie, want dis net te veel geld. So vir ons wat nog redelik nuut op die scene is, is dit ’n baie slegte move om ’n album uit te bring, financially anyway. Om elke nou en dan ’n single te release create lekker hype, veral as radio dit optel, en nog beter, as dit begin chart. Ons main objective is om ons musiek by soveel as moontlik mense uit te kry – soos Jimi Hendrix gesê het: “I just want to be heard.” Maar ons sal definitief in die toekoms ’n album uitbring, die timing moet net reg wees, en ’n EP is maybe in die pyplyn iewers volgende jaar.

As ’n mens die jongste single, "Canopies", met die vorige snitte vergelyk, voel dit of daar buite musikaal en in terme van vervaardiging ’n skuif vorentoe was wat betref die kompleksiteit en veelvlakkigheid daarvan. Is dit ’n akkurate waarneming? Hoe sou jy The Vanilla se groei as (relatief jong) groep tot dusver beskryf, in terme van musikaliteit en ook hoe julle jul eie grense toets en verken?

Ja, daai is ’n baie akkurate waarneming. Ek het "Canopies" saam met Tristan Coetzee geskryf (die lead singer van December Streets). Die feit dat dit ’n collaborative process was, het die dynamics van die song en skryf process baie verander. Byvoorbeeld, ek het nog nooit vantevore ’n song saam met iemand geskryf nie, en dit het ongelooflik goed gewerk. Ek voel ons as band het die afgelope jaar en ’n half verskriklik baie gegroei, musically en as vier broers in ’n band ook – ons is baie close as vriende ook. Ek self het baie gegroei as ’n songwriter. Dit is ’n ongelooflik moeilike ding vir my om songs te skryf, want ek is baie krities oor my eie werk en ek is bang vir eenvoud en om ’n “average” song te skryf, maar dis ’n baie rewarding process.

Volgens jul biografie op Facebook het drie lede van die band (jy, JP en Francois) saam grootgeword en saam skoolgegaan. Dit skep seker ’n interessante dinamiek in ’n band – ouens wat nou basies kollegas is, maar ook van kleintyd af mekaar se sterk punte én nukke ken. Hoe voordelig is dit vir julle, en hoe spoel daai bekendheid oor in julle skryfprosesse en performances? Moet julle soms geduldig wees met mekaar, soos getroude paartjies wat saam in bands is, of gee dit julle ’n voorsprong op ander mense wat mekaar eers moet leer ken? Wat sou jou raad wees aan ander jong bands wat hulle in ’n soortgelyke situasie bevind?

Dit is die grootste blessing om so close te kan wees. Soos ek genoem het, is ons al vier baie baie close, soos vier broers, of vier beste vriende, hoe ook al mens dit wil noem. Dit kom met sy nukke ja – soms verskil ons van opinie en ons verstaan mekaar soms verkeerd, maar aan die einde van die dag sort ons dit uit en dit bring ons net nader aan mekaar. Die feit dat ons mekaar so goed ken, en dat ons al vier dieselfde vision en drive het vir die band, beteken ons kan ook eerlik met mekaar wees en sê wat jy wil sê as iets jou pla. My raad vir ander bands is dat julle mekaar moet aanvaar soos julle is, en dat julle daai closeness moet koester en behou – dit maak of breek ’n band. En moet NOOIT dat ’n meisie tussen julle kom nie – hahaha, dis die domste ding wat jy kan doen.

The Vanilla is dalk ’n jong band, maar julle het al ’n swetterjoel vertonings in, om en buite die Kaap agter die blad. Wat staan vir jou tot dusver uit as hoogtepunte? Watter ervaringe sal julle eerder nie wil herleef nie? Enige gebeure so vreemd dat mense jou nie sommer glo as dit oorvertel word nie? En watter mikpunte of drome het julle vir optredes?

Ons is en was tot dusver so bevoorreg met alles wat na ons kant toe kom en gekom het. Daar is so baie hoogtepunte vir ons, te veel om op te noem, maar ’n paar wat vir seker uitstaan is ons Kirstenbosch show wat in April plaasgevind het, toe ons saam met ons goeie vriende December Streets die verhoog gedeel het. Verder was ons Oppikoppi-trip ’n groot avontuur en eer om by so ’n groot fees te kon speel verlede jaar. Dan moet ek ook sê dat ons die verhoog talle kere gedeel het met van die land se grootste musikale reuse, soos Francois Van Coke, Karen Zoid, Die Heuwels Fantasties, Shortstraw, December Streets, New Holland, Desmond and the Tutus, Al Bairre, Thieve, en ander. Al daai mense het hulself oor ons ontferm en vir ons al so baie geleer van die musiekindustrie, en ons is oneindig baie dankbaar daarvoor. Ons mikpunte en drome is vir seker om net groter te gaan, groter shows, feeste, groter crowds, toer oor ons land, en die groot droom is toer oorsee.

Wat hou die nabye en verre toekoms in vir The Vanilla, in so verre julle dit kan beheer?

Ons beplan om altyd musiek te maak as ’n band. Ons is baie passievol en lief vir die band. Ons beplan om aan te hou nuwe musiek uitbring en groter shows te speel en natuurlik, soos ek genoem het, om oorsee te gaan toer.

Wat is die sin van die lewe?

Die sin van die lewe, dink ek, is om elke dag jou beste te gee, om ’n positiewe invloed op mense te hê om jou oral waar jy gaan. My pa het eenkeer vir my gese: “As jy die aand na ’n dag se harde werk by die huis aankom en voel jy het jou beste gedoen, is dit genoeg, streef altyd om jou volle potensiaal te bereik.”

vanilla2grootweb

 

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top