Vakature: Lektor/senior lektor/medeprofessor/professor in Afrikaans en Nederlands by Noordwes-Universiteit

  • 0

Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus)
Fakulteit Lettere en Wysbegeerte                                
Skool vir Tale

Vakature: Lektor/senior lektor/medeprofessor/professor           

PEROMNES: A7/A6/A5
POSNOMMER: PC05350

Doel van die pos:

Onderrig van Afrikaanse en Nederlandse taalkunde

Verantwoordelikhede:

  • Onderrig van Afrikaanse Fonetiek en Fonologie en Sosiolinguistiek/Variasietaalkunde
  • Voortgesette navorsing in en oor Afrikaanse Fonetiek/Fonologie/Sosiolinguistiek/Variasietaalkunde
  • Nagraadse studieleiding in Afrikaanse Fonetiek en Fonologie en Sosiolinguistiek/Variasietaalkunde
  • Aanbieding van en studieleiding in ander taalkundemodules (op voor- en nagraadse vlak) soos vereis mag word
  • Administratiewe en vakverwante take soos opgedra en ooreengekom

Minimum vereistes:

  • Lektor: MA in Afrikaans, Afrikaans en Nederlands, Algemene Taalwetenskap (lektor)
  • Senior lektor/medeprofessor/professor: PhD in Afrikaanse taalkunde of in Algemene Taalwetenskap (met spesialisering in Fonetiek en Fonologie/Sosiolinguistiek/Variasietaalkunde (of ver­wante dissipline)
  • ’n NNS-gradering sal ’n sterk aanbeveling wees vir medeprofessor en professor

Ander bevoegdheidsvereistes:

  • Lektor: Een jaar toepaslike ervaring
  • Senior Lektor: Drie jaar toepaslike ervaring
  • Medeprofessor: Agt jaar toepaslike ervaring
  • Professor: Tien jaar toepaslike ervaring
  • Die vermoë om punte akkuraat te bereken
  • Uitstekende taalbeheersing (mondeling en skriftelik)
  • ’n Sterk navorsingsingesteldheid en goeie navorsingsvaardighede
  • Tegniese vakkundigheid in Afrikaanse Fonetiek en Fonologie/Sosiolinguistiek/Variasietaalkunde
  • Goeie onderrigvaardighede en kommunikasievermoë
  • Publikasies in geakkrediteerde tydskrifte en kongresdeelname (nasionaal en internasionaal)
  • Kennis van innoverende onderrigmetodes, multimedia en klaskamerpraktyk
  • Rekenaarvaardigheid in MS Office, internet en e-pos
  • Goeie organisasievermoë, administratiewe vaardighede en ’n goeie kliëntediensingesteldheid
  • Demonstrasie van taalvaardigheid om optimaal in die verskeie veeltalige omgewings van die NWU te funksioneer

Navrae: Prof Thys Human 018 299 1559 of thys.human@nwu.ac.za
Sluitingsdatum: 15 Februarie 2017
Diensaanvaarding: 1 Junie 2017 of so gou moontlik daarna
Voordele: Aantreklike studievoordele sowel as die normale byvoordele geld
Om aansoek te doen: Besoek ons webwerf www.nwu.ac.za/vacancies

Let wel: Slegs elektroniese aansoeke word aanvaar.

Die Universiteit onderskryf en pas die beginsels van die Wet op Gelyke Indiensneming toe en is verbind tot transformasie.

Die Universiteit behou hom die reg voor om geen aanstelling te maak nie. Indien u nie binne twee maande vanaf die sluitingsdatum van hierdie advertensie gekontak word nie, aanvaar asseblief dat u aansoek onsuksesvol was.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top