US Woordfees 2018: Foto's – Afrika my verlange | Afrique mon désir

  • 0

Laurinda Hofmeyr is deur die Cape Town Music Academy genader om gedigte van Suid-Afrikaanse digters sowel as digters uit Franssprekende Afrika-lande te toonset.  Die uitkoms was Afrika my verlange / Afrique mon désir, 'n multimedia-wêreldmusiekproduksie met David Kramer as regisseur, en met musikante Laurinda Hofmeyr, Schalk Joubert en die Afrique mon désir Ensemble. Die produksie word afgerond deur animasie deur Diek Grobler.

Die produksie sluit Afrikaanse gedigte van onder meer Breyten Breytenbach, Antjie Krog, Sheila Cussons en Eugéne Marais in, terwyl Franse digters soos JJ Rabearivelo, Patrice Nganang, Ousmane Moussa Diagana en Véronique Tadjo se werk getoonset is. Dit ondersoek temas soos identiteit, verplasing en verlange wat deur mense uit Afrika gedeel word.

Laurinda Hofmeyr en die Afrique mon désir Ensemble, bestaande uit Schalk Joubert (baskitaar), Kevin Gibson (tromme en perkussie), Malako Wekuna Soba (sang), Yamamoto Bonkuta Loyeke (sang), Dea Kinzungu-Walo (sang), Kayembe Illunga (kitaar) en Dylan Roman (Trekklavier en klavier)

Dea Kinzulu-Walo en Laurinda Hofmeyr

Malako Wekuna Soba en Yamamoto Bonkuta Loyeke

Dea Kinzulu-Walo

Dea Kinzulu-Walo en Kayembe Illunga

Schalk Joubert

Dylan Roman

 

Afrika my verlange | Afrique mon désir is nog Sondag 11 Maart om 16:00 in die Stellenbosch-stadsaal te sien. Daar is ook 'n CD beskikbaar.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top