US Woordfees 2017: Fotoalbum 6

  • 1

In gesprek met Eugène Marais oor ... plagiaat

Jean Oosthuizen gesels met Carel van der Merwe, Daniel Hugo en Lina Spies oor die slagysters van plagiaat. Marissa von Mollendorf sing van Marais se bestes.

Carel van der Merwe, Daniel Hugo, Lina Spies en Jean Oosthuizen

Die meisie Marissa sing oor Di Meisies

'n Glasie na die show op Marais, sonder plagiaat.

 

In die Bib-saal

Nanette van Rooyen gesels met Kobus Geldenhuys oor Boudebiljoenêr en ander vertaalkontrakte.

Kobus antwoord meertalig.

 

En so loop die fees ...

 

Marga Stoffer kondig met trots aan: Francois Smit gesels met debuutskrywer Naomi Meyer oor haar skepping Web 

Isabeau Botha en Gaireyah Fredericks gesels met 'n eindelose Woordfees-ondersteuner

Peter Veldsman en Kerneel Breytenbach kook in die ATKV-boeketent.

Bettina Wyngaard praat en Theo Kemp luister. Aandagtig.

Koukustyd met Theo en Magdel Kemp, Jean Oosthuizen, Leon Coetzee, Daniel Hugo, Kerneel Breytenbach, Louis Esterhuizen en Blou Willem. Beter woordenaars gaan jy nie sommer kry nie ...

Erns Grundling is gewoonlik weg op agterpaaie of elders, maar hier is hy in gesprek met Danie Marais oor sy staptog langs die Camino. Soos weergegee in sy boek ... Elders.

Johan Bakkes praat oor Ma Margaret Bakkes terwyl dogter Cara luister.

Annetjie Melck en Kato Hofsta kook Karookos in die Khaya.

"So hou jy skaap se kop vas," sê Kato.

En so hou jy kop by die Woordfees. Groetnis tot 2018.

  • 1

Kommentaar

  • Susann Viljoen Vlok

    Wat 'n fees! Nie genoeg tyd om alle te kon bywoon nie. Hierdie fees moes sommer vir 'n maand aangehou het. Baie geluk Saartjie Botha, jy en jou span!

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top