US Woordfees 2016: Die Suid-Afrikaanse vis- en seekoskookboek deur Susina Jooste en Henk Stander

  • 0

Henk Stander en Susina Jooste

Die laaste Vrydagoggend van die US Woordfees 2016 het afgeskop met ’n glasie vonkelwyn en vars oesters.

Susina Jooste, die direkteur van The Private Hotel School in Stellenbosch, en Henk Stander, ’n baie ywerige visserman en die algemene bestuurder van Maties se akwakultuureenheid, is die skrywers van Die Suid-Afrikaanse vis- en seekoskookboek. Hulle twee het op 11 Maart om 09:00 ’n groep Woordfeesgangers getrakteer met heerlike eetgoed en ’n aantal praktiese demonstrasies.

Klik hier vir nog foto’s van die geleentheid.

Hoe sny ’n mens ’n suurlemoen? Hoe maak ’n mens ’n oester oop?  Hoe gebruik ’n mens seebamboes as ’n drukkoker en seegras vir slaai? Hoe gebruik ’n mens jou selfoon om die status van sekere visspesies vas te stel?

Dit was maar ’n aantal praktiese goed wat Henk en Susina gedemonstreer het. Tussendeur is resepte gedeel en heerlik geëet.

Die Suid-Afrikaanse vis- en seekoskookboek is deur LAPA uitgegee.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top