US Woordfees 2014: Volledige program

  • 0

Kuns hier, kultuur daar – siedaar 15 jaar!

6-16 Maart 2014

GEBRUIKSAANWYSINGS: Hierdie program is alfabeties, soos in die programboekie, terwyl die program vir beprekings alfabeties en chronologies gegee word per dag. Dié PDF-program gee ook die meeste van die addisionele informasie, maar kyk asb afsonderlik vir verblyf, die pendeldiens, die Burgeroorlog en Woordfeespakkette. Kopieer gerus wat jy wil bywoon en stel dit vir jouself saam in ’n persoonlike magiese Woordfeesprogram!

Skakel gerus 021-886 1582 vir enige navrae. Tensy anders aangedui, is alle besprekings by Computicket.

BESPREKINGS BY COMPUTICKET: Besprekings open op 3 Desember 2013. U moet asb. altyd die titel van die produksie, korrek gespel, aan die Computicket-operateur verskaf. Vir flink diens in Afrikaans skakel Oude Libertas se Computicket-kantoor by 021-809 7473 tussen 09:00 en 17:00 op weeksdae, of koop u kaartjies fisies by twee Computicket-verkoopspunte op Stellenbosch, naamlik vanaf 3 Desember 2013 by Oude Libertas en vanaf 3 Februarie 2014 by Erfurthuis.

PROGRAM ONDERHEWIG AAN VERANDERINGE

Klik telkens op die hoof-afdeling van die inhoudsopgawe direk hieronder (bv Skrywersfees) om outomaties na daardie betrokke afdeling te spring.

Klik hier om by Computicket te bespreek en seker te wees van jou plek!

 

Inhoudsopgawe:  Hoof-afdelings
Kulkunsies – spesiaal vir ons 15de jaar!
Skrywersfees
Profiele
In Memoriam
Skrywers
NB-Fees
Stories agter stories
Woord-ure
Woordkuns
Woordmusiek
Diskoers
Geloof op die markplein
Van Zyl Slabber-diskoersreeks
Nog gesprekke
Kulinêre kunsies
Beste professor…
Wat sê die sterre
Aan tafel by Knorhoek
Aan tafel by Erfurthuis
Aan tafel by Kleine Marié
Woord en wyn
kykNET Silwerskerm kortfilmfees  
Dramafees
Kabaret en konsert
Aan de Braak-fees
Klassieke musiek
Kontemporêre musiek
Piekniekkonserte@Neethlingshof
Spier Amfiteater
Oude Libertas Amfiteater
Drostdyhof Blues@De Vette Mossel
Kunsroete
Studentefees
Kinderfees
WOW fees

 

Kulkunsies spesiaal vir ons 15de jaar!

Trieks en Toertjies
In samewerking met Cape Magician Circle

Wat is ’n towerfees sonder kulkunstenaars?  Kyk gedurende die fees (reeds vanaf die Lang Tafel) uit vir trieks en toertjies deur hierdie verbysterende towenaars. Kul jou hier, kul jou daar – en siedaar!

Abra!
Met Jacques le Sueur en Alexander May.
Kom kyk wat en wie verdwyn… Internasionale kulkampioen Jacques le Sueur is bekend daarvoor dat hy Madiba se horlosie laat verdwyn (en darem ook later laat verskyn) het. Die twee top kulkunstenaars sal jou laat snak na asem met hulle verbluffend towerspel!
8 Maart 20:30 | Die Voortrekkers PJ Olivier Kunssentrum | 60min | R100

Die kuns en kultuur van kulkuns
Met Wayne Abrahamse (President: CMC), Alexander May en Jacques le Sueur.
Waar kom kulkuns vandaan? Is dit blote oëverblindery? Kom luister wat kenners op die gebied te sê het. Interessante historiese hase word hier uit hoede getrek, soos stories oor hoe die Geallieerdes tydens die Tweede Wêreldoorlogs kulkuns gebruik het!
12 Maart 09:00 | kykNET Erfurthuis | 50min | R40

Magiese Markee-tjie Die Mirakeltentjie (Magic Gazebo)
Top kulkunstenaars van Suid-Afrika span saam om feesgangers te betower met toertjies! Besoek die Magic Gazebo by die Erfurtkafee. Pasop: soms is dit daar – siedaar! En soms nie.

 

Bome vir Woorde 3
Om die Woordfees se 15de verjaarsdag te vier, plant ons saam met Woordfeeskunstenaars en vriende 15 inheemse bome by die Erfurthuis.
10 Maart 17:00 |kykNET Erfurtkafee | 60min | Gratis

Bygelowe en skelm woorde
Anton Prinsloo tree in gesprek met Johannes de Villiers oor sy nuutste twee boeke by Pharos. In ’n Dief aan die kers – Skelm woorde deur die eeue bespreek Prinsloo hoe die oorspronklike betekenis van party woorde mettereeue erg prettig skeefgetrek is. Bygelowe en waar hulle vandaan kom bekyk bygelowe wat wêreldwyd bestaan en werp lig op die herkoms daarvan.
11 Maart 11:00 | kykNET Erfurthuis | 50min | R40

Die goëlaar
Met Geon Nel. Vervaardiger: Hugo Theart / TEATERteater. Regie: Christine Trüter
‘Dames en here, kom verwonder jou aan die toorkuns, kulkuns en illusies van Daniël die Goëlaar! Net drie vertonings! Koop jou kaartjies nou! Hy verdwyn so vinnig soos wat hy verskyn het!’ Die goëlaar is die verhaal van Daniël wat die onmoontlike probeer vermag. Vir hoe lank sal hy die onheilspellende gebeure in sy eie lewe kan ignoreer… 'n Magiese verhaal vol truuks en illusies, met kulkunstenaar Geon Nel.
8 Maart 20:30 | 16 Maart 17:00 | Radio Helderberg Klein Libertas Teater| 60min | R90

Elders aan diens – Opgedra aan Jeanne Goosen
Met Nicole Holm, Luna Paige en Frieda van den Heever. Regie: Albert Maritz
Dié kombinasie van teater, musiek en poësie bied hoë kwaliteit en baie variasie – ’n uitstekende manier om die verskillende verrassende fasette van die veelsydige Jeanne Goosen se woordkuns te belig. Jeanne het nie alleen gedigte, kortverhale, romans, toneelstukke, kabarettekste en talle rubrieke agter haar naam nie, maar ook ’n lisensiaat in klavier.
9 Maart 14:30 | 12 Maart 12:00 | 16 Maart 13:00 | Radio Helderberg Klein Libertas Teater| 60min | R90

Geliefde TV-sterre!
Iets heel besonders! Kom ontmoet 200 marionette, staaf- en handpoppe wat oor die afgelope 39 jaar deur die Klein Marionette-geselskap en die eertydse modelbou-afdeling van die SAUK-televisiediens ontwerp en vervaardig is. Maak van naderby kennis met die geliefde eerste poppekarakters wat op Suid-Afrikaanse televisie kom praat en kykers betower het, soos ’n gerestoureerde Liewe Heksie, Karel Kraai, Sarel Seemonster, Bennie Boekwurm, Knersus en Oscar. Karakters uit teaterproduksies, soos Die Sielehandelaar, Die Reëngodin, Bang vir ’n Slang, Die Klein Prinsie, Repelsteeltjie en ’n hele paar ander wat gebruik is vir nasionale en internasionale opvoerings, word ook uitgestal.
7 - 16 Maart vanaf 09:00 | Radio Helderberg Klein Libertas Teater | Gratis

kykNET Deurnagteater
Verversings verskaf deur Mugg & Bean
Volledige beskrywings onder Dramafees.
22:30 – ddbb ... Dowwe Dolla betaal belasting
00:15 – Lykgeskil
01:45 – Meervoud
03:30 – Die goëlaar
05:00 – Tee
7 Maart | Radio Helderberg Klein Libertas Teater| R400 | Kaartjies ook beskikbaar vir afsonderlike produksies

Lang Tafel
Aangebied deur Stellenbosch 360, in samewerking met die US Woordfees
Kom sit aan by die lang straattafel! ’n Straatkuier met topkunstenaars en kulkunstenaars. Die 15de Woordfees word ingelui met ’n feestelike viering deur 1 000 mense! Kom kyk gerus watter hase word hier uit die towerkeil gepluk!
6 Maart 18:00 | Ryneveldstraat | 240min | R100 | vir groepsbesprekings kontak 021 883 3584. Bring jou eie piekniekmandjie en drankies.

Richard van der Westhuizen – Die towertrein toer voort
Die gewilde sanger, akteur en liedjieskrywer se reis sedert die groot treffer ‘Tussen treine’ (1991, saam met Lochner de Kock) wys daar is geen leë spore tussen Richard en sy talle aanhangers nie – sy woorde en wysies betower steeds. Kom geniet ou gunstelinge, spesiaal vir die 15de Woordfees!
8 Maart 18:00 | De Vette Mossel | 60min | R100

Schalk Joubert - Die wêreld is my woning
Met Schalk Joubert, Melissa van der Spuy, Heather Roth en Kevin Gibson
Dié bekroonde en gesogte baskitaarspeler verskil van Totius se ‘Die wêreld is ons woning nie’, want hy gaan juis op in ’n wêreld vol musiek wat hy kan ontgin. Kom raak weggevoer deur die ritmes en klanke in sy virtuose verkenning van wêreldwye musiekvorms en -style  - dis uit ’n ander wêreld!
9 Maart 20:30 | Eikestadnuus Klank-kamer: Boektent | 90min | R110

Stellenbosch – affer innie pad
Aangebied deur Stellenbosch 360
Klim innie taxi samit Leatitia en Hilton en gan op ’n joyride deerie dorp na ’n hys in Cloetesville. ‘Matilda en Henrikkie’ sil stories vertel vannie community wat jou sal laat hyg.
R125 virrie entertainment ennie taxi se geheneweer. Nogge paa sente vi Kabous se basaartafel.
12 -16 Maart 14:00 | bussies vertrek vanaf Markstraat 36 (Toeristeburo)| 120min | R125

Towersade Vriendskapsprojek:
Ondersteun deur die Stellenbosch Botaniese Tuin
Leerders van Rachel's Angels-, die WOW projek, US koshuise se Groen komitees en Stellenbosse skole neem deel aan ’n groen inisiatief deur inheemse sade van vriendskap en hoop in selfgemaakte koeverte van herwinde koerante aan mense te stuur. Kyk uit vir hierdie geheime boodskappe!

WOW KARNAVAL 2014
In samewerking met SON en Sanlam
Weer ’n towerspel met stalletjies, mallemeulens en talle kunstenaars – heerlike hase uit WOW se feeshoed! Kom luister na Emo Adams, Jimmy Nevis, plaaslike orkeste, Salome, die immergewilde Tururu en veel meer! Gesonde en veilige gesinsvermaak. Vir grootmense bied die biertent lafenis teen die hitte.
14 Maart 16:00 – 23:00 | 15 Maart 12:00 – 23:00 |Van der Stel Sportterrein| R30/R20 leerders en studente

 

Skrywersfees
Ondersteun deur Naspers, tensy anders aangedui.

ATKV-Boekwinkel by die US Woordfees 2014
Die ATKV is vanaf vanjaar sterk teenwoordig by die Woordfees rondom boeke, skrywers en lees. Die ATKV-Boekwinkel is ’n bielie van 'n boekwinkel vol verrassings waar alle uitgewers se boeke beskikbaar sal wees, asook ’n Boeke-bistro waar skrywers en lesers kan ontmoet rondom ’n lekker koppie koffie of 'n glas wyn en heerlike eetgoed.

Profiele

Corlia Fourie, 70
As dogter van Mikro is Corlia Fourie se liefde vir stories reeds vroeg vasgelê. Na jare as joernalis het sy haar hand aan fiksie gewaag – en daarna was daar geen keer nie. Haar verhoogstukke, radiodramas, kinderverhale, kortverhale en romans is verskeie kere bekroon. As Rooi Rose se verhaleredakteur ploeg sy nou haar kennis terug in jong skrywers. Amanda Lourens en Stephanie Nieuwoudt gesels saam met dié gewilde skrywer oor haar werk en lewe.
13 Maart 16:00 | Boektent | 50min | R50

Dan Sleigh, 75
Hierdie grootse skrywer, wat sy 75ste verjaarsdag in 2013 gevier het, is veral veelvuldig bekroon vir sy roman Eilande, maar ook vir sy digkuns en vir Wals met Matilda. Kom luister gerus hoe sy skrywersloopbaan tot dusver verloop het, na die groot rol wat sy kundigheid oor die geskiedenis daarby gespeel het en na die kreatiewe manier waarop hy vars gedagtes en woorde uit sy hoed pluk. Dan Sleigh gee saam met Wium van Zyl en Petra Müller vars perspektiewe op sy lewe en werk.
11 Maart 16:00 | Boektent | 50min | R50

Engela van Rooyen, 75
‘Sy skryf met eerlikheid en gevoeligheid, sonder ’n greintjie sentimentaliteit. En daarvoor kan sy nie hoog genoeg aangeprys word nie.’ – Cecile Cilliers. Danie Botha en Linda Rhode vier saam met Engela haar uiters suksesvolle loopbaan en lewe. Sy het reeds as student begin skryf aan ’n oeuvre van kortverhale en radiodramas, jeugboeke en romans, asook talle ligter tekste onder verskillende skuilname. Haar werk is verskeie kere bekroon en jare lank op skool voorgeskryf. Die gewilde Vuur op die horison was haar honderdste roman! Kom maak mee waarom sy so geliefd is.
12 Maart 16:00 | Boektent | 50min | R50

Lina Spies, 75
Lina Spies is nie alleen alombekend op Stellenbosch nie, maar het met haar herkenbare digterstem ’n wye aanhang verwerf by sowel leerders en studente as by die breë publiek. Die afgelope jare het bekronings gebring vir haar vertaling van Anne Frank se dagboek uit Nederlands. Kom luister hoe Murray La Vita haar uitvra oor haar beskouings. Alida Potgieter gesels oor haar werk en Hendrik Hofmeyr lewer saam met Minette du Toit-Pearce ’n gloednuwe toonsetting van Lina se verse, geskryf in opdrag van die US Woordfees!
10 Maart 16:00 | Boektent | 50min | R50

Gerrit Brand (1970-2013) – in memoriam
Met Johan du Toit, Nico Koopman en Johann Rossouw
Gerrit Brand het as gerespekteerde joernalis en boekeredakteur, stryder vir meertaligheid, wydgelese rubriek- en blogskrywer, diepsinnige filosofiese teoloog en Woordfeesvriend, ’n groot invloed uitgeoefen as openbare intellektueel. In ’n huldigingsgesprek reflekteer Johan du Toit, Nico Koopman en Johann Rossouw oor sy bydrae as mens en skrywer. ’n Huldigingsbundel, Godvanger: ’n keur uit die skrywes van Gerrit Brand (met Willem de Vries en Robert Vosloo as redakteurs), word bekendgestel.
14 Maart 16:00 | Boektent | 50min | Gratis

33 Jaar van boekverkope
Met Lana Barnett, Kerneels Breytenbach, Melt Myburgh en Nèlleke de Jager
Hoe het die publiek se leesvoorkeure in 33 jaar verander en watter impak het dit op die boekindustrie? En wat hou die toekoms in? Lana Barnett, HUB van Leserskring, gesels met Kerneels Breytenbach, ’n oud-uitgewer en skrywer, met Melt Myburgh (digter en Leserskringlid), en met Nèlleke de Jager, ’n digitale uitgewer.
15 Maart 14:00 | kykNET Erfurthuis | 50min | R40

E-boeke en selfpublikasie: kuns of kulkuns?
Met Madri Victor, Suzette Kotze-Myburgh en Nèlleke de Jager
Is e-boeke die haas uit die hoed en toekoms van die boekbedryf? Is dit wys om as skrywer slegs e-boeke te publiseer? Wanneer is selfpublikasie ’n beter opsie as tradisionele of e-boek-uitgewers? Madri Victor gesels met Suzette Kotze-Myburgh en Nèlleke de Jager oor die uitdagings vir beide uitgewer en skrywer in die nuwe digitale sfeer waarin ons ons bevind.
14 Maart 15:00 | kykNET Erfurthuis | 50min | R40

Lina Spies: Sonder woorde en musiek is die hemel hel
Aangebied deur die Dokumentesentrum, JS Gericke Biblioteek
Die bekroonde digter deel interessante gegewens oor haar skrywersloopbaan, waarna items uit die Lina Spies-dokumentversameling in die Dokumentesentrum besigtig kan word.
7 Maart 12:00 | JS Gericke Biblioteek: Ouditorium | 120min | R50

Mengelmoesdigters
Diana Ferrus, met Gaireyah Fredericks, Nazlee Jeppie, Merle Danhouse, Annelize Laban, Theresa Carstens, Fiona Fertyn en Edroy Kyster
Kom maak kennis met hierdie opwindende groep digters wat hul kreatiwiteit gereeld by die Breytenbach-sentrum in Wellington slyp onder die bekwame leiding van die bekende Diana Ferrus. Hulle kriewel rond in Afrikaans en is ernstig op pad om ’n duidelike merk te maak in die Afrikaanse literêre wêreld.
13 Maart 09:00 | kykNET Erfurthuis | 50min | R40

My roman, my memoir
Met Estelle Kruger, Wilna Adriaanse, Annelie Botes en Dominique Botha
Die memoir is tans groot nuus in Amerika, maar dié genre is nog nie behoorlik ontgin in die Afrikaanse letterkunde nie. Onlangs het daar boeke verskyn met ’n onmiskenbare outobiografiese inslag. Estelle Kruger gesels met Wilna Adriaanse (’n Klein lewe), Annelie Botes (Swart op wit) en Dominique Botha (Valsrivier) oor die aard van die memoir en die mate waarin hulle tekste daarby aansluit.
13 Maart 09:00 | Boektent | 50min | R50

Nederlandse skrywers op besoek
Ondersteun deur die Nederlandse Taalunie, Kaapse Forum vir Neerlandistiek, Van Ewijck-stigting en Fonds Neerlandistiek
Die dinamiese en veelsydige Vlaamse Bart Moeyaert, wat sy 50ste verjaarsdag in 2014 vier, lees uit sy werk saam met die Nederlandse topdigter Naomi Perquin. Moeyaert, wat o.m. stadsdigter van Antwerpen was, is al veelvuldig bekroon vir sy jeugverhale, poësie, toneel en vertalings. Sy werk word ‘gebruikersvriendelik’ maar tog diepsinnig genoem. Die jong Nederlandse digter Naomi Perquin, ook skrywer van rubrieke en radioverhale, word as ’n ster beskou. Haar eerste drie digbundels het talle pryse verower (o.m. van die tydskrif Het Liegend Konijn!), sy was redakteur van die bekende tydskrif Tirade en stadsdigter van Rotterdam. ’n Gedig deur haar is in al 23 tale van die Europese Unie vertaal.
10 Maart 13:00 | kykNET Erfurthuis | 50min | R20 by die deur

Neerlandistiekdag
Ondersteun deur die Nederlandse Taalunie, Kaapse Forum vir Neerlandistiek, Van Ewijck-stigting, Vlaamse verteenwoordiger in Suid-Afrika, Vlaamse Kultuurstigting en Fonds Neerlandistiek. Aanbieder: Wium van Zyl
As jy oopkop is vir nuwe ervarings en verrassings, staan nader om die bekende skrywers Bart Moeyaert uit Vlaandere en Naomi Perquin uit Nederland beter te leer ken, saam met studente van ses verskillende universiteite. Die populêre sanger Wannes Cappelle uit Vlaandere en Emma Lesius van deBuren kom maak ook ’n draai, sprekers praat oor interessante onderwerpe soos vertaling en almal eet gesellig saam. Kom geniet ’n boeiende, verrykende dag saam met ons, vir die eerste keer in die Woordfeestuiste, Erfurthuis!
8 Maart 09:00 – 14:00| kykNET Erfurthuis | 300min | R90 (ligte ete ingesluit)

Nostalgie van die jeug
Aangebied deur LAPA
Riana Scheepers en Leti Kleyn, samestellers van Spoorvat: jeugherinneringe van Afrikaanse skrywers, het skrywers gevra om hul kinder- of jeugervarings te woord te stel. Die resultaat is ’n towermooi bloemlesing van 36 stories. Ons vat die spoor terug na die verlede; ’n verlede so kleurvol, vrolik, hartseer en uiteenlopend soos die mense van hierdie land. Riana Scheepers gesels met van die skrywers oor hul bydraes.
15 Maart 15:00 | Boektent | 50min | R50

Personas uit die hoed
Aangebied deur LAPA
’n Gesprek tussen Izak de Vries en Chanette Paul oor Raaiselspieël en Siende Blind. Hulle fokus op die spel tussen werklikheid en fiksie, want hierdie tekste gaan oor die kulkuns van skryf, oor vals persoonlikhede en die werklikheid wat soms veel meer betowerend is as die haas in ’n hoed.
11 Maart 10:00 | Boektent | 50min | R50

Sanlam | LitNet Storie-slypskool
Ondersteun deur Sanlam, in samewerking met LitNet
Hoe betower jy met jou storie vir ’n tydskrif sodat lesers dit wil lees, verhaleredakteurs dit wil publiseer en jy geld daarmee kan verdien? Kom leer die towerformules van tydskrifverhaal-skryf by die meesters: Corlia Fourie, Elize Parker, Alta Cloete en Madri Victor. Om deel te neem, kontak LitNet voor 19 Februarie, by skryfskool@litnet.co.za.
11 Maart 09:00 | Stellenbosch Hotel | 210min | R300

Toneelskrywers
Met Adam Small, Chris Barnard, Saartjie Botha en Nicola Hanekom
Kom luister na teksskrywers oor generasies heen. Die uitgelese paneel gesels oor die stand van teaterteksskryf, tendense en die oorlewing van toneel. Wat maak ’n teks tydloos en ’n wenner?
15 Maart 13:00 | Boektent | 50min | R50

Vertalings: Afrikaans en Engels, hand aan hand
Aangebied deur Umuzi
Met Fourie Botha, Kirby van der Merwe, Jaco Botha en Dominique Botha
Die afgelope jaar of wat is verskeie romans gelyktydig in Engels en Afrikaans uitgegee. Maar is daar in die Suid-Afrikaanse letterkunde plek vir beide? En wat behels die vertaling van dié tekste? Die sprekers bekyk dié kwessies van verskillende kante.
15 Maart 10:00 | kykNET Erfurthuis | 50min | R40

Wat die oog eerste sien: ’n kykie na boek-omslae
Die omslag van ’n boek trek heel eerste ’n voornemende koper se aandag. Madri Victor gesels met ontwerper Mike Cruywagen; Linda Nell, streeksbestuurder van Bargain Books, en Theo Kemp, voormalige bemarker van NB-uitgewers, oor hoe ’n omslag ontwerp word, waarna bemarkers en boekhandelaars soek, watter tendense oor die jare gewild was en waarom dié deel van ’n boek so belangrik is.
10 Maart 12:00 | Boektent| 50min | R50

Woordkaros
Met Basil Kivedo, Dianne Ferrus en Elias P. Nel. Musikant: Joey Erasmus
’n Geliefde Woordfees-aanbieding keer terug! Dis ’n lappieskombers uit die hoed, noukeurig aanmekaargestik met uitgesoekte woorde. Dis grootlieg- en lekkerlagstories. Dis emotiewe gedigte. Dis lekker musiek. Alles met sorg byeen gelas om jou te laat skater, te laat wonder en te laat nadink.
15 Maart 09:00 | kykNET Erfurthuis| 50min | R40


 

NB-Fees
Aangebied deur NB-Uitgewers

Abraham H. de Vries – Maar wie snoei die rose in die nag?
Wium van Zyl gesels met die meester van die kortverhaalskryfkuns, Abraham H. de Vries, oor sy jongste kortverhaalbundel. In ’n vertroude vertellerstem, ’n stem byna uniek in Afrikaans, word die leser in dié verhale herinner aan die verstrengeldheid van die magiese en aardse van ons lewens.
11 Maart 14:00 | kykNET Erfurthuis | 50min | R40

Abraham Phillips – Die hart van ’n ma
Willemien Brümmer praat met Abraham Phillips oor sy ontroerende en aktuele roman oor die mens se uitgelewerdheid aan magte buite homself, en sy stryd om geregtigheid. Die roman vertel die storie van ’n arm gemeenskap waar tik al hoe meer verwoesting saai en drie ma’s desperaat laat vra: wie is skuldig en wie staan dan vir geregtigheid? Phillips is ook die skrywer van die opsienbarende Die verdwaalde land en Die evangelis van Kaggelsberg.
13 Maart 12:00 | kykNET Erfurthuis | 50min |R40

Bygelowe en skelm woorde
Anton Prinsloo tree in gesprek met Johannes de Villiers oor sy nuutste twee boeke by Pharos. In ’n Dief aan die kers - Skelm woorde deur die eeue bespreek Prinsloo hoe die oorspronklike betekenis van party woorde mettereeue erg prettig skeefgetrek is sodat die huidige betekenis byna onherkenbaar is. Bygelowe en waar hulle vandaan kom bekyk bygelowe wat wêreldwyd bestaan en werp lig op die herkoms daarvan. Mooi in pas met die feestema!
11 Maart 11:00 | kykNET Erfurthuis | 50min | R40

Dana Snyman – Onder die radar: Stories oor ons land en sy mense
In sy nuwe bundel vertel Dana Snyman stories van ons land se mense, die gewone mense. Eg en met deernis, soos ons Dana leer ken en leer liefkry het. Hy skryf – en praat – met nederigheid en respek oor die mense wat andersins ongesiens lewe, en in die proses verryk hy ons.
15 Maart 14:00 | Boektent | 50min | R50

Deon Meyer – Kobra

Bennie Griessel is eerste op die toneel: ’n bloedbad in ’n luukse gastehuis op ’n Franschhoek-wynplaas. Drie slagoffers van ’n geheimsinnige, blitsige, meedoënlose huurmoordenaar genaamd Die Kobra. Kan Griessel hom keer voordat hy weer toeslaan? Want daar was boonop ’n ontvoering. Huisgenoot se Elna van der Merwe praat met die internasionaal bekende Deon Meyer oor sy nuutste krimi.
14 Maart 10:00 | Boektent | 50min | R50

Deon Opperman – Donkerland
Kerneels Breytenbach gesels met Deon Opperman oor die roman Donkerland – ook een van die grootste TV-gebeurtenisse van 2013, die epiese kykNET-reeks wat 158 jaar van Afrikaner-geskiedenis in 13 episodes teleskopeer. Een van die mees ambisieuse skeppings in Opperman se loopbaan as dramaturg en draaiboekskrywer is deur Breytenbach herskryf in romanvorm. Hoe werk dit?
15 Maart 11:00 | kykNET Erfurthuis | 50min | R40

DF Malan en die opkoms van Afrikaner-nasionalisme
Die jong, dinamiese historikus Lindie Koorts bring vir ons ’n treffende stuk sosiale geskiedenis – ’n biografie van DF Malan, maar terselfdertyd ook van die Afrikanervolk. Die geskiedkundige Albert Grundlingh lig boeiende kwessies uit in ’n gesprek met haar.
13 Maart 10:00 | kykNET Erfurthuis | 50min | R40

Die oorlog kom huis toe – drie kenners van die geskiedenis in gesprek
Fransjohan Pretorius praat met die redakteurs en historici Bill Nasson en Albert Grundlingh oor konsentrasiekampe tydens die Anglo-Boereoorlog en hoe hul boek vars perspektiewe bied op wat as ’n bekende verhaal beskou word. Dit ondersoek die sonderlinge krag van die Boerevroue en hul bydrae om Boerekrygers in die oorlog te ondersteun.
13 Maart 11:00 | kykNET Erfurthuis | 50min |R40

Digtersparadys
Met TT Cloete, Adam Small, Wilma Stockenström en Hennie Nortjé
Kom luister saam na baie spesiale voorlesings uit hul jongste bundels deur drie van die grootste digters in Afrikaans: Hierdie mens – Wilma Stockenström; Klawerjas – Adam Small, en Karnaval en lent – TT Cloete. Hennie Nortjé sluit by hulle aan met In die skadu van soveel bome, sy dubbelbekroonde debuutbundel. ’n Hoogtepunt op die feesprogram!
15 Maart 16:00 | Boektent | 50min | R50

Etienne van Heerden – Klimtol
Bibi Slippers in gesprek met Etienne van Heerden
Ludo Loeloeraai, die yo-yo-kampioen wat afgetree het op Paternoster, mymer oor sy verlede as yo-yo-speler wat van dorp tot dorp gery het om mense te vermaak in skoolsale en skure. Sy lewe word omvergewerp wanneer sy verlede hom inhaal. En dan vind daar ’n opspraakwekkende moord plaas…
10 Maart 10:00 | Boektent | 50min | R50

Hans du Plessis – As die wind kom draai
Die geliefde skrywer Hans du Plessis gesels met Bart de Graaff oor sy nuwe historiese roman. In As die wind kom draai loop Du Plessis op die spore van die vroeë Voortrekkers die onverkende tegemoet en bring ’n verhaal wat soos ’n rosyntjiebos opspruit uit hierdie land se harde grond.
11 Maart 14:00 | Boektent | 50min | R50

Jacqueline Leuvennink – Op die spoor van hoop
Die bekende Jacqueline Leuvennink voer ’n gesprek met Gerard Scholtz oor haar debuutbundel. Op die spoor van hoop is ’n inspirerende dokumentering van die lewens van mense wat in hul pyn steier, maar hul hoop behou en bly getuig dat God jou nie verlaat nie. Ons moet soms ons siel laat gaan waar die oë nie kan sien nie.
11 Maart 15:00 | kykNET Erfurthuis | 50min | R40

Joan Hambidge – Meditasies
Uitgewer Etienne Bloemhof gesels met die bekende literêre figuur Joan Hambidge oor haar jongste digbundel, Meditasies, ’n ryk geskakeerde bundel wat ’n beduidende bydrae tot die breë Afrikaanse digterlike leksikon lewer. Humor en satire tree dikwels op die voorgrond, en so ook besonder skerp herinneringe. Haar bundel Visums by verstek is in 2012 met die ATKV-prys vir poësie bekroon.
15 Maart 12:00 | kykNET Erfurthuis | 50min |R40

Joernaliste pleeg moord
Elmari Rautenbach praat met die joernaliste Ilza Roggeband en Irma Venter, en oudjoernalis Rudie van Rensburg, oor die boeiende misdaadfiksie wat hulle pleeg, die uitdagings wat die genre bied, en die oorgang van joernalistiek na romanskryf. Roggeband en Van Rensburg se debuutromans, Noot vir dood en Slagyster, en Venter se tweede misdaadroman, Skrapnel, het laasjaar verskyn.
14 Maart 12:00 | Boektent | 50min | R50

Christiaan Bakkes Krokodil aan my skouer: Stoffel toe en nou
In Christiaan Bakkes se boeiende vertelling oor sy vormingsjare vertel Stoffel die verhaal van sy grensdiens en ontbloot ’n stuk geheime geskiedenis uit die bosoorlog. Nou voer hy ’n oorlog teen renosterstropery. Dit is Bakkes se eerlike en openhartige blik op homself en die lewe wat van hom so ’n gewilde skrywer maak. Erns Grundling van die tydskrif WEG gesels met Christiaan.
12 Maart 15:00 | Boektent | 50min | R50

Leon van Nierop – Plesierengel
Die bekende radio-, televisie- en romanskrywer Leon van Nierop gesels oor sy gewaagde nuwe roman – ’n aangepaste weergawe van sy 1998-blitsverkoper. Dié slag word die verhaal kookwaterwarm, onbevange en onbevrees vertel. Soos dit regtig daagliks gebeur... Dit is Van Nierop soos jy hom nog nooit gelees het nie. Leon, skrywer van die radiovervolgverhaal en rolprent Wolwedans in die skemer, is ook bekend as rolprentresensent.
15 Maart 10:00 | Boektent | 50min |R50

Louis Esterhuizen – Die afwesigheid van berge
Francois Smith gesels met Louis Esterhuizen oor sy heel persoonlike, maar baie aktuele digbundel. Die drie uitgesponne gedigte wat die kern van dié bundel vorm, slaan die leser met die een kragtige golf van poëtiese besinning na die ander. Dit is die spreker se reis onderweg na die dood – die gedagtevlugte, die besinnings, die fantasieë waartoe die bewussyn geskok word. ’n Ander faset van die feestema.
11 Maart 12:00 | kykNET Erfurthuis | 50min | R40

Mamphela Ramphele – A Passion for Freedom
In haar outobiografie gee Mamphela Ramphele kleurvolle beskrywings van haar kinderjare, uitgebreide familie, haar eerste liefdes en verliese, asook haar suksesvolle loopbaan in die politiek en sakewêreld. Rapport-redakteur Waldimar Pelser se gesprek met Ramphele belig sowel haar boek as haar visie.
14 Maart 09:00 | Boektent | 50min | R50

Marié Heese– Vuurklip en Karoo-Kantate
Amanda Botha praat met die skrywer van Die uurwerk kantel, Marié Heese, oor haar jongste jeugroman Karoo-Kantate. Heese vertel ook van haar eerste Afrikaanse roman in 30 jaar, Vuurklip – ’n magiese verhaal oor die lotgevalle van die land- en die seestamme aan die suidkus van Afrika 100 000 jaar gelede.
10 Maart 14:00 | Boektent | 50min | R50

Mariël le Roux – Klara
Nanette van Rooyen vra Mariël le Roux uit oor haar roman,’n verhaal met ’n onweerstaanbare aardsheid. Klara is snaaks én hartverskeurend – dis nie aldag dat ’n mens jou so kan verlustig in die vreemde draaie wat die lewe gooi nie. Mariël is ook die skrywer van die topverkoperroman Die naamlose.
12 Maart 10:00 | Boektent| 50min |R50

Sampie Terreblanche Die kloof tussen ryk en arm
Tafelberg stel die bekende ekonoom Sampie Terreblanche se jongste boek bekend. Terreblanche deel sy uitgesproke en onverskrokke standpunt oor die stand van Suid-Afrika as land met van die grootste gapings tussen arm en ryk – ’n tendens wat sedert die ANC se oorname net vererger het. Dat dié onrusbarende gaping steeds vergroot, voorspel vir hom niks goeds vir Suid-Afrika se stabiliteit en toekoms nie. Kom hoor of jy saamstem!
14 Maart 11:00 | kykNET Erfurthuis | 50min | R40

Wilna Adriaanse: Dubbelspel
Hulle is almal in die land, van die Chinese triades tot die Russiese mafia. En geld is die enigste God wat aanbid word. Toe Ellie McKenna instem om hierdie wêreld te infiltreer, het sy gedink sy weet waarvoor sy haar inlaat. Maar soos haar pa altyd gesê het, die duiwel deel nie visitekaartjies uit nie. Wilna Adriaanse gesels met Madri Victor oor haar nuutste roman.
14 Maart 14:00 | Boektent | 50min | R50


Stories agter stories – Tweegesprekke met skrywers

Albert Grundlingh – Potent Pastimes: Sport and leisure practices in modern Afrikaner history
Aangebied deur Protea Boekhuis
Hierdie ongewone blik op die Afrikaner se geskiedenis betrek areas wat die konvensionele geskiedskrywing oor die hoof sien, soos die obsessie met rugby, die ondergang van hondewedrenne in Johannesburg in die 1940’s en die aantrekkingskrag van die strand by Hartenbos in die 1930's. Kom luister na die skrywer se gesprek met Hermann Giliomee.
12 Maart 11:00 | kykNET Erfurthuis | 50min | R40

Aletté-Johanni Winckler – Môre is Maandag
Aangebied deur CUM
Elize Parker gesels met Aletté-Johanni Winckler – ’n gewilde blogger, voorkomskonsultant en stilis. Pragtig, stylvol en dinamies, ’n towerbestaan. Maar net soos ander vroue het sy ook issues met gewig, voorkoms en balans in ’n besige lewe. In haar boek gee sy nie nét styling tips nie, maar wys sy hoe belangrik dit is om lief te wees vir jouself, issues en al!
10 Maart 10:00 | kykNET Erfurthuis |50min | R40

Amore Bekker – Tjailaresepte 2
Aangebied deur RSG en Naledi
Die geliefde RSG-aanbieder Amore Bekker deel staaltjies en kosmaakgeheime in haar tweede kosboek Tjailaresepte. Sy lig die sluier oor die hart-en-kopreis wat sy daagliks saam met RSG-luisteraars onderneem tot in die volk se kombuise. Kom ontdek die mens agter die stem – ewe tuis op die pad as in die kombuis.
15 Maart 11:00 |Boektent | 50min | R50

Asterix in Afrikaans
Aangebied deur Protea Boekhuis
Getafix is nou Kasterolix, Cacophonix is Liederlix en Dogmatix herdoop na Witblix. Maar Astrix en Obelix se streke bly dieselfde – en lesers kan dit geniet in sprankel-Afrikaans, danksy die vertalings van Sonya van Schalkwyk-Barrois. Sy het ook al Kuifie (Tintin) Afrikaans laat praat. Zandra Bezuidenhout en Johanna Steyn praat oor die uitdagings van dié vertaling en die towerkuns wat dit verg.
15 Maart 09:00 |Boektent | 50min | R50

Christina Landman en Nicki Spies – Die ritmes van ons lyf
Aangebied deur Naledi
In hierdie boek verken Christina Landman en Nicki Spies die pad van passie, lyflikheid en intimiteit in leefstyl-stories oor die lyf en gees wat jou help om sin te maak van dinge wat ontspoor. Besin saam met die twee skrywers oor hoe om saam met jou liefdesmaat die ritmes van die lyf – én van die hart – te koester en te geniet.
13 Maart 15:00 | Boektent | 50min |R50

Chris van der Merwe – Die wonder van die goddelike liefde
Aangebied deur Lux Verbi
Chris Jones praat boeiend met die bekende ouddosent en bekroonde radioresensent Chris van der Merwe oor leidrade om die misterie van die goddelike liefde beter te kan verstaan. Van der Merwe ondersoek in hierdie wonderlike boek ses perspektiewe op die liefde, naamlik geloof, hoop, geregtigheid, nederigheid, waarheid en vreugde.
11 Maart 10:00 | kykNET Erfurthuis | 50min |R40

Die betowering van Martie Preller
Aangebied deur LAPA
Die legendariese kinder- en jeugboekskrywer Martie Preller se 38ste kinderboek Ons kan! is onlangs gepubliseer. Amanda Botha gesels met die ‘ma’ van geliefde karakters soos Babalela, Balkie en Jamie & Sebastiaan, oor die unieke en betowerende skryfwerk waarmee sy oud en jonk reeds dekades lank vermaak.
10 Maart 15:00 |Boektent | 50min |R50

Dominique Botha – Valsrivier, ’n elegie van die lewe
Aangebied deur Umuzi
Petra Müller vra Dominique Botha uit oor haar roerende debuutroman, gebaseer op ware gebeure – ’n elegie vir die lewe van haar kleintyd en haar verlore broer.
10 Maart 15:00 | kykNET Erfurthuis | 50min | R40

Elaine Bing – Ek het gemartel/Unmaking of the torturer
Aangebied deur LAPA
Stories oor mense wat gemartel het, is nog nie voorheen gedokumenteer nie. Dié boek belig die gruweldade van drie polisiemanne tydens die apartheidsjare, maar ook hulle pyn in die helingsproses. Anna-Marie Mischke gaan saam met die skrywer, die sielkundige berader Elaine Bing wat haar doktorsgraad behaal het oor dié onderwerp, in op die pad wat sy met die martelaars gestap het.
11 Maart 12:00 | Boektent | 50min|R50

George Claassen – Kwakke, kwinte en kwale
Aangebied deur XLIBRIS Publishing
Alternatiewe medisyne bestaan nie, net medikasie wat werk, of nie. Maar as Oprah Winfrey, prins Charles en kruiekoningin Antoinette Pienaar ‘waarhede’ oor alternatiewe terapieë verkondig, hoe skei jy die kaf van die koring? Cobus Bester van RSG praat met George Claassen oor Hoe jou onsinverklikker die keisers van pseudowetenskap kan ontbloot.
12 Maart 09:00 | Boektent | 50min | R50

Helena Hugo – Haar naam is Ragel, en Marta
Aangebied deur Lux Verbi
Die bekende Helena Hugo besin saam met Wendy Maartens oor die aantrekkingskrag van eg-Afrikaanse fiksie met 'n inspirerende tema, na die wegholsuksesse van haar twee boeke Haar naam is Ragel asook Marta.
11 Maart 11:00 | Boektent | 50min | R50

Jo van As en Johann du Preez – Die verhaal van lewe en die omgewing
Dave Pepler gesels met skrywers Jo van As en Johann du Preez oor hulle boek se besondere blik op die mens se ontstaan in Afrika en op ons ontwikkeling tot moderne mens. Afrika bied ’n ryk natuurerfenis, ’n wonderbaarlike verskeidenheid en ’n merkwaardige herstelvermoë. Maar wat doen ons aan hierdie brose kontinent, wie se hulpbronne ons so gebruik én misbruik?
14 Maart 13:00| kykNET Erfurthuis | 50min |R40

Johann Nell – Sondag op ’n voëlplaas
Johann Nell gesels met Francois Bloemhof oor sy debuutroman, ’n heerlike holderstebolder vertelling van 'n plaasseun se grootword op 'n volstruisplaas, maar ook 'n diepsnydende ondersoek na manlike identiteit en hoe dit deur 'n plaasverlede gevoed word. Kom deel in 'n boeiende gesprek oor die interessante lewens in die Kangovallei.
10 Maart 18:00 | Die Voortrekkers PJ Olivier Kunssentrum | 50min | Gratis

Karina Magdalena Szczurek – Invisible Others
Presented by Protea Boekhuis
Writer, critic and editor Karina Magdalena Szczurek discusses her first novel Invisible Others (Protea, 2014) with novelist and painter Ingrid Winterbach. The novel, set in Paris, tells the story of a South African writer running away from the aftermath of a scandal and a Polish academic recovering from a deep personal loss.
13 March 14:00 | kykNET Erfurthuis | 50min | R40

Pieter Kapp – Maties en Afrikaans
Aangebied deur Protea Boekhuis
In die geskiedenis van Suid-Afrika was daar vyf groot taaldebatte oor die plek en rol van Afrikaans. Twee het op Stellenbosch afgespeel: die eerste debat was tussen Hollands en Afrikaans en die erkenning van Afrikaans as die nuwe universiteit se onderrigtaal; die tweede debat tussen Afrikaans en Engels as onderrig- en gebruikstaal. Pieter Kapp gesels met Jacques du Preez van die FW de Klerk Stigting oor sy besondere boek Maties en Afrikaans.
14 Maart 09:00 | kykNET Erfurthuis | 50min | R40

Michael Hammond – Orania: Afrikanervolkstaat deur die oë van die lens
Aangebied deur Umuzi
Die fotograaf Michael Hammond praat met die bekende joernalis en veteraan-onderhoudvoerder Hanlie Retief oor sy aangrypende fotoboek van Orania, die kontroversiële en komplekse Afrikanervolkstaat, en sy gemeenskap.
12 Maart 12:00 | KykNET Erfurthuis | 50min | R40

Neels Jackson – Op soek na Jesus
Aangebied deur CUM
Wanneer ’n ondersoekende joernalis gerugte hoor van ’n man wat wonderwerke doen, wil hy hom ondersoek en ontmasker, maar hý word verras en verander. Die bekende en bekroonde senior joernalis van Beeld, Neels Jackson, beskryf die wonderbaarlike verhaal van Jesus soos nooit tevore. Hy vertel vir Elize Parker meer oor sy soektog en die boek.
10 Maart 12:00 | kykNET Erfurthuis | 50min | R40

Niq Mhlongo – Way Back Home
Presented by Kwela Uitgewers
Soweton-born author Niq Mhlongo discusses his novel – a caustic critique of South Africa’s political elite – with James Woodhouse. Kimathi Tito has it all, but things are far from perfect. After a messy divorce, accelerated by his gambling habit and infidelities, he is in danger of losing everything. And now, to top it all, he’s seeing ghosts. Mhlongo’s first novel, Dog Eat Dog, was translated into Spanish and was awarded the Mar des Lettras Prize.
14 March 12:00 | kykNET Erfurthuis | 50min | R40

Shaun Viljoen – Richard Rive: A deeply intriguing life
Presented by Wits University Press
Amanda Botha and Basil Appollis talk about this sensitively crafted biography of the life and times of Richard Rive, one of South Africa’s most intriguing figures. An enigmatic closed book ánd a supreme show-off, a poor District Six kid who wanted the world to know of him – and triumphed. According to Chris van Wyk: ‘A feast to be savoured’.
15 March 13:00 | kykNET Erfurthuis| 50min | R40

Simon Bruinders– Die sideboard
Aangebied deur Naledi
Die bekende akteur Simon Bruinders maak sy buiging as skrywer! Sy aangrypende debuutroman vertel die verhaal van Suid-Kaapse bruinmense wat in die Tweede Wêreldoorlog die wapen vir Suid-Afrika opgeneem het, en grond as beloning beloof is. Rachelle Greeff vra die skrywer uit oor dié belofte wat nooit nagekom is nie.
10 Maart 11:00 | kykNET Erfurthuis | 50min |R40

Steve Hofmeyr – Laaste dans, Drienie
Aangebied deur Zebra Press
Toe Oscar Pistorius blosend in die gange van die Brooklyn-polisiestasie by luitenant Muller Joubert verbyloop, was Muller seker dat daar in jare nie so ’n bisarre saak was nie. Hy was verkeerd. Daar was reeds. En hy was in die middel daarvan. Steve Hofmeyr praat met Deon Meyer oor sy plek as skrywer binne die Afrikaanse letterkunde.
12 Maart 14:00 | Boektent | 50min |R50

Yolanda Barnard – Het jy gehoor? Sondag se stories agter die stories.
Aangebied deur Naledi
Sondag se Yolanda Barnard word deur Koos Kombuis onder hande geneem oor haar dikwels omstrede loopbaan by dié poniekoerant wat verlede jaar sy deure gesluit het. Kom hoor wat is die skinderstorie agter die storie in dié vermaaklike 50 minute.
15 Maart 12:00 | Boektent | 50min | R50

Woord-ure

Abel Pienaar – God se oë is blou
Aangebied deur Naledi
Jean Oosthuizen, voormalige nuusredakteur van Kerkbode, besin saam met die omstrede filosoof Abel Pienaar, wie se Rapport-godsdiensrubrieke saamgestel is in dié bundel, oor die moderne mens se omgang met geestelike kwessies.
14 Maart 15:00 | Boektent | 50min |R50

Benescke Janse van Rensburg – God was dáár
Aangebied deur CUM
Bekende radiopersoonlikheid Benescke Janse van Rensburg skryf oor wonderwerke wat bekendes en gewone mense se lewens verander het. Sua du Plessis praat met Benescke oor dié boek se inspirerende geloofstories van mense soos Juanita du Plessis, Michael Mol, Johan Stemmett, Allister Coetzee en baie ander.
12 Maart 10:00 | kykNET Erfurthuis |50min | R40

Grieks word abrakadabra Afrikaans
Aangebied deur die Vriende van Afrikaans. Met lede van die Boekwurm-leesklub
Die Ilias van Homerus is kuns van toentertyd, maar siedaar, danksy JPJ van Rensburg se hoogstaande Afrikaanse vertaling, sowaar nog toeganklik vir ons. In versvorm word helde soos Blinkhelm-Hektor en Snelvoet-Achilles, en vroue soos die goddelike Helena en witwarm-Andromachê besing; in klaagliedere word die verlies van geliefdes bekla, vertel van wapen en kuns, van Achilles se
skild – en (hak)skeen.
14 Maart 10:00 | kykNET Erfurthuis | 50min | R40

Historiese hase uit die Anglo-Boereoorloghoed
Carel Stander, Martiens van Bart en Andries Domburg deel die boeiende geskiedenis van ’n dalk minder bekende Anglo-Boereoorlogmonument met Dorothea van Zyl. Waarom is die monument in die Paarl? Om watter simboliek gaan dit en hoe het dit gestalte gevind? Wat was die destydse rol van nie-vegtende rebelle? Interessante wetenswaardighede oor die Kaapse aandeel in die noordelike stryd.
12 Maart 14:00 | kykNET Erfurthuis | 50min | R40

Johann Rossouw – Verwoerdburg
Aangebied deur Umuzi
Tydens ’n skoolreünie kom die lewe van ’n groep Suid-Afrikaners onder die loep. Dit is twintig jaar ná demokrasie, wat vryheid vir baie beteken, maar vir hierdie groep ook die verdwyning van ’n lewe waarop hulle voorbereid was. Pieter Duvenhage voer gesprek met Johann Rossouw en Francois Smith oor sake wat dié roman aanroer.
14 Maart 14:00 | kykNET Erfurthuis | 50min | R40

Koebaai James Bond!
Aangebied deur Naledi
Wat gebeur met die liggaam wanneer mens op ’n sianied-kapsule byt? Hoe lank duur dit om te sterf nadat jy haaikos word? In dié prettige aanbieding verklap die bekende medikus en skrywer Heinz Mödler presies wat op mediese vlak gebeur wanneer skurke in James Bond-rolprente aan hul einde kom. Lise Swart stel die vrae.
13 Maart 11:00 | Boektent | 50min | R50

Kul jou gesig? Nee! Wat sê jou gesig?
Aangebied deur LAPA
Kom luister hoe Marthie Maré, stigter van www.faceprofilesa.co.za en kenner van gesigsprofiele, bekendes en berugtes se gesigte analiseer. Watter geheime verklap jou gelaatstrekke oor jou persoonlikheid? ’n Interaktiewe aanbieding, met multimedia wat ingespan word. Kulkunstenaars wees gewaarsku – Marthie kan jou gesig lees!
10 Maart 11:00 | Boektent | 50min | R50

Max du Preez – A Rumour of Spring: 20 years of democracy
Presented by Zebra Press
Democracy in South Africa turns 20 on the 27th of April 2014. Max du Preez investigates and analyses the country’s progress and/or lack thereof. An honest and balanced account, the book tackles questions asked by ordinary South Africans every day: What is really going on? How should we understand what is happening in our country? Hear what Max has to say
12 March 12:00 | Boektent | 50min | R50

Oud en nuut in die argitektuur
Met Wilhelm Kruger en Dolf Wieërs
Kan historiese en nuwe geboue só sinvol by mekaar aanpas dat geskiedkundige buurte optimaal tot hulle reg kom? As argitek en Stellenbosser spreek Wilhelm Kruger sy kommer uit oor sommige ontwikkelinge op ons dorp. Dolf Wieërs, ’n bekende argitek van België, bespreek watter hase hulle daar uit die hoed haal om die beste van albei wêrelde te maak.
11 Maart 13:00 | kykNET Erfurthuis | 50min | R40

Poppe wat kan dans
Met Hansie Visagie, Carel Trichardt, Tobie Cronjé, Lochner de Kock, Magda van Biljon en Petrus du Preez
Daar is gewone poppe, en dan is daar dié ou bekendes wat ’n historiese rol in die maatskappy gespeel het. Kom hoor die verrassende stories agter ikoniese televisie-persoonlikhede soos Liewe Heksie, Karel Kraai, Sarel Seemonster, Bennie Boekwurm, Knersus, Mannemarak en Mina Moo uit die begindae van Afrikaanse TV. Watter rolle is voor én agter die skerms vertolk en deur wie?
13 Maart 14:00 | Boektent | 50min | R50

Terug na die tagtigs
Aangebied deur LAPA
Met Irma Joubert, Izak de Vries, Jan-Jan Joubert en Andries Bezuidenhout
Irma Joubert se roman Tolbos fokus op die belewing van ’n rebelse jong Afrikaner in die 1980’s. Sy ontdek die Voëlvry-beweging en werk saam met Helen Zille en Max du Preez in die Spartaanse kantore van Vrye Weekblad. Wat sê dit vandag vir ons? Die paneel beskou verskillende sake, van persoonlik tot politiek, op die keper.
14 Maart 11:00 | Boektent | 50min | R50

Wandeling oor argitektuur
Wil jy sien en hoor hoe opwindend en interessant argitektuur is? Hoe geboue die storie van ’n dorp vertel? Kultuurhistorikus Matilda Burden laat jou met ander oë kyk na die Eikestad se argitektoniese juwele. Vanjaar is daar twee roetes: Maandag, Woensdag en Vrydag na die middedorp; Dinsdag, Donderdag en Saterdag na die Braak.
10 – 15 Maart 17:00 | vertrek van kykNET Erfurthuis | 60min | R40


Woordkuns

15 Verse
Met Stellenbosch Universiteitskoor o.l.v. Andre van der Merwe. Margot Luyt, Anna-Mart van der Merwe, Antoinette Kellermann, Chris van Niekerk en andere. Regie: Juanita Swanpoel
Kom vier die Woordfees se 15de verjaarsdag saam met die internasionaal bekroonde Universiteitskoor en 15 kunstenaars wat hul persoonlike gunsteling-gedigte voorlees. ‘n Viering van vers en klank se towerkrag!
12 Maart 17:30 | kykNET Endler | 80min | R80

Aan stille waters
Moontlik gemaak deur RSG. Met Jannie Hofmeyer (Neelsie) en Suzanne Beyers (Vroutjie).
Samestelling en regie: Juanita Swanepoel.
‘Loop maar deur Hoogstraat, Oudtshoorn, kyk regs op in die besigste gedeelte, gebruik jou verbeelding en jy sal die Koffiehuis sien waar Langenhoven (…) elke môre met ’n swierige kierie en magnolia vasgesteek aan sy lapel sy intrede maak, omring deur bewonderaars wat wag vir die kwinkslae en aforismes gerig teen sy geliefde vyande (…) ’n Man met die voorkoms van ’n romantiese poëet, met die eensaamheid van iemand wat sy jare vooruit is... Altyd omring deur bewonderaars wat dikwels nie die nuanses van sy verset begryp het nie.’ – Etienne Leroux, Langenhoven se peetseun.
7 Maart 11:00 | 9 Maart 10:00 | Radio Helderberg Klein Libertas Teater| 60min | R80

Mits dese wil ek vir jou sê…
Samestellers: Juanita Swanepoel en Johann Nel. Met Johann Nel en Andre Terreblanche.
Regie: Juanita Swanepoel
Uittreksels uit sy verhale, dagboeke, briewe en kabarette stel die geliefde skrywer Hennie Aucamp aan die woord. ‘Mits dese’ sê ons dankie dat hy vir die grootste gedeelte van sy 80 jaar onverpoos so mildelik van homself gegee het. Vir ’n voyeur de la vie is die ganse lewe onwettige teater. Hy sou dit nie anders wou hê nie. Want dan sou hy toegang moet betaal.
9 Maart 17:00 | 10 Maart 11:00 | Radio Helderberg Klein Libertas Teater| 75min | R80

My mense
’n ABSA KKNK-produksie. Ondersteun deur die LW Hiemstra Trust
Teks: Dot Serfontein. Met Antoinette Kellermann.
Samestelling en regie: Juanita Swanepoel
Madeleine van Biljon het gesê: ‘Wanneer jy aan jouself twyfel, bied dit groot vertroosting om die vastigheid van ’n Vrystaatse agtergrond te deel met Dot Serfontein. Dit is werk wat lewensblyheid bevorder en jou elke keer by die lees daarvan laat wens jy het iemand naas jou om dit mee te deel.’ Hier is nou jou kans!
10 Maart 20:30 | 11 Maart 14:30 | Radio Helderberg Klein Libertas Teater| 70min | R80

Tweesprong
Deur Sanet Taljaard, met gedigte van Susan Smith. Met Sanet Taljaard; Alma Nel en Karli Heine.Oorspronklike musiek en regie: André Gerber. Produksiehuis 95c
Ons dek saam feëtjie-tafeltjies, hou later moeder-en-dogter-tee’s, glimlag hartlik vir die w?reld en byt mekaar agteraf. Kry ’n glas wyn en kom giggel saam met dié aktrises. Teug diep aan jou glasie oor die plofbare, maar altyd nimmereindigend liefdevolle verhoudings tussen ma’s en hul dogters.
13 Maart 20:30 | 16 Maart 11:00 | Radio Helderberg Klein Libertas Teater| 60min | R80

 

Woordmusiek

Boerneef sing – Ek het ’n vreemde voël hoor fluit
Samesteller: Gerrit Loots. Toonsettings: Ansie Loots. Sangers: Jannie du Toit, Tinarie van Wyk Loots, Gerrit Loots en Clinton Zerf. Musikante: Clinton Zerf (pianis), Susan Mouton (tjellis), Mia Martens (klarinettis). Musiekregie: Clinton Zerf; Regie: Albert Maritz
Boerneef kon sy taal betowerend laat sing, maar op ’n deuntjie wat vandag vir baie onbekend is... Want dit was die taal van die Koue Bokkeveld wat hy in sy grootwordjare met die boorlinge van sy kontrei sy eie gemaak het. Sy verse sing van sy verlange na sy Boplaas, van liefde en van oud word.
14 Maart 10:00 | kykNET Endler | 60min | R100

God die digter
Met TT Cloete, Olga Leonard, Babette Viljoen
Regie: Lize Beekman
‘Daar is meer poësie in die sneeuvlokkie en toktokkie, as in die letterkunde, want die aarde is deur ’n digter gemaak...’ Die skeppingsverhaal word oorvertel met poësie en toonsettings van die bekroonde TT Cloete (90) wat self sy gedigte voorlees. Toonsettings deur Babette Viljoen en Olga Leonard. ’n Viering van die digter se 90ste verjaarsdag!
16 Maart 18:00 | Eikestadnuus Klank-kamer: Boektent | 60min | R100

Kraaitjie Melaaitjie en ander toonsettings
Met Herman van den Berg, Nathan Smith en David Klassen
Herman van den Berg, alombekend vir sy besondere toonsettings van gedigte, se ‘Kraaitjie Melaaitjie’ is in die FAK opgeneem. Sedertdien het elkeen van sy vier oorspronklike albums (o.a. 2 SAMA-finaliste) toonsettings bevat. Kom luister hoe N.P. van Wyk Louw, Antjie Krog, Elisabeth Eybers en vele ander klink op die maat van musiek!
9 Maart 18:00 | Eikestadnuus Klank-kamer: Boektent |50min | R100

Lied van die langpad
Met Valiant Swart en Johan Bakkes
Die blues-rocker en die reisskrywer span saam vir dié vertoning waarin die gehoor meegevoer word deur Bakkes se stories oor sy tallose reise, aangevul deur Valiant se beminde langpad-liedjies. Die informele trant en gesellige dinamika van die twee reisvriende wat om ’n vuurtjie sit en kuier.
9 Maart 12:30 | De Vette Mossel | 60min | R100

Storielied III: Ons stories
Met Luna Paige, Schalk Joubert (baskitaar), Ronan Skillen (perkussie), Henry Steel (kitaar) en kykNET Hoërskool Stellenbosch Vokale Ensemble
Onder die son volg op Luna Paige se eerste Afrikaanse produksie Storielied. Die Afrikaanse letterkunde is steeds die inspirasie vir haar liedere, maar die klem verskuif na voorgeskrewe jeugliteratuur. Moenie dié magies-mooie uitvoering van hierdie towerstem misloop nie!
13 Maart 19:00 | Eikestadnuus Klank-kamer: Boektent | 80min | R110/R80 skoliere /R60 blokbesprekings

Vier horisonne
Voorlesers: Nic de Jager en Johann Nel. Musiekregie: Wilken Calitz; Regie: Marí Borstlap Calitz
Vier horisonne verwys na die oneindige rigtings waarheen poësie die luisteraar kan neem. Die bekende stemkunstenaars Nic de Jager en Johann Nel vertolk geliefde gedigte wat almal sal betower, oor temas uit die skatkamer van die Suid-Afrikaanse literatuur. Wilken Calitz gee die woorde vlerke met ’n unieke kombinasie van viool- en kitaarbegeleiding.
9 Maart 11:00 & 12 Maart 19:00 | Eikestadnuus Klank-kamer: Boektent | 60min | R100


Diskoers

RSG Nuus en RSG bied weer opwindende regstreekse uitsendings aan, maar vanjaar in Erfurtkafee, by die Woordfees se nuwe tuiste! Kom luister gerus gratis na:

  • Monitor, 10-14 Maart, 07:00 tot 08:00: Die bekende Cobus Bester praat met ’n reeks prominente meningsvormers.
     
  • Praat saam met Lynette Francis. 10-14 Maart, 8:00 tot 9:00: ’n Boeiende reeks gesprekke onder die vaandel van RSG en USB-Ed – kom stel gerus jou vrae!
     
  • Spektrum, 10-14 Maart, 13:00 tot 14:00: Die RSG-span voer interessante onderhoude met ’n verskeidenheid gaste – boeiend en aktueel.
     
  • Naweek aktueel, Saterdag 15 Maart, 12:00 tot 13:00: Die aktualiteitsprogram met ’n verskil! Vir mense wat wil wegbreek en anders na die lewe kyk.

    Kom geniet elke dag ’n heerlike ontbyt en middagete in die Erfurtkafee (vir eie rekening).

Nuwe dekking: Mediese fondse en gesondheidsversekering
Lynette praat met Edwin Hertzog (Mediclinic), Alex van den Heever (mediese kenner by Wits en navorsingsgenoot by Helen Suzman Foundation) en Mohammed Karan (kommissaris op die Nasionale beplanningskommissie)
10 Maart 08:00 | Erfurtkafee | 60min | Gratis

’n Grondwet vol teenstrydigheid
Lynette praat met Pierre de Vos (grondwetkenner), Carl Cilliers (Unisa), (Section 27) en Arnold Smit (direkteur: Sentrum vir Sake in die Samelewing)
11 Maart 08:00 | Erfurtkafee | 60min | Gratis

’n Afrika van die 21ste eeu
Lynette praat met Frik Landman (Bestuurshoof USB-BO), Frans Viljoen en Moeletsi Mbeki.  
12 Maart 08:00 | Erfurtkafee | 60min | Gratis

Tuisgemaak: besigheid wat bling
Lynette praat met Martin Butler (USB), André Roux (Instituut vir Toekomsnavorsing), Iraj Abedian (Hoof uitvoerende beampte Pan-African Holdings) en Maria Ramos.
13 Maart 08:00 | Erfurtkafee | 60min | Gratis

Innovasie en korrupsie: onheilige alliansie?
Lynette praat met Niek du Preez (Indutech), Fred Jacobs (President, Cape Chamber of Commerce), Deon Rossouw (Bestuurshoof EthicsSA) en Russel Botman (vise-kanselier en rektor US)
14 Maart 08:00 | Erfurtkafee | 60min | Gratis

Bio-etiese brandpunte: Wat word van menslike identiteit in die era van nuwe genetiese tegnologieë?
Ondersteun deur Edwin Hertzog en Mediclinic
Met Tinus Kruger (Infertiliteitskliniek, US Mediese Fakulteit) en Anton van Niekerk (Sentrum vir Toegepaste Etiek, US)
Die ‘genetiese wending’ in die hedendaagse geneeskunde bring mee dat al hoe meer siektes, gestremdhede en potensiële lyding geneties geïdentifiseer kan word. Wil ons regtig weet wat ons alles kan oorkom? Watter implikasies het sulke kennis vir ons privaatheid, outonomie en identiteit? ’n Deskundige oor menslike voortplanting en ’n bio-etikus bespreekbespreek die boeiende en relevante vrae.
13 Maart 12:00 | Boektent | 50min | Gratis


Geloof op die markplein

Moederkerk-gespreksreeks

Die huwelik – Goddelike of kulturele instelling?
Met Chris Jones en Nicki Spies
Die tradisionele huwelik is van verskillende kante onder skoot. Enersyds vra baie of die huwelik nog ’n nuttige instelling is. In ontwikkelde lande droom al minder jongmense van kleins af oor hul troudag en dra dit geen stigma om nie te trou nie. Andersyds word ander tipes verbintenisse, soos saamwoon en verhoudings met dieselfde geslag, as geldige alternatiewe vir tradisionele huwelike gesien. Hoe Goddelik is die huwelik?
12 Maart 11:00 | Boektent | 50min | Gratis

Geloofsgenesing of oëverblindery?
MetKay de Villiers en Johannes de Villiers
Bewerings oor geloofsgenesing word smalend deur die ‘ander kant’ afgemaak as oëverblindery, of mense vra sinies hoekom God dan nie mense met amputasies ‘genees’ nie. Bestaan ‘bonatuurlike ingrype’? Staan geloof hier teenoor die rede? Is die wetenskap van Westerse medisyne voldoende? Is daar ruimte vir geloof in genesing? Of bly dit ’n plasebo-effek?
11 Maart 15:00 | Boektent | 50min | Gratis

God en armoede
Met Stan du Plessis en Sampie Terreblanche
Is geloof die opium vir die volk wat armes moet paai met ’n belofte van ’n beter hiernamaals? Of is geloof eerder die kaartjie na voorspoed en rykdom? As God dan ‘op ’n besondere wyse die God van die noodlydende, die arme en die veronregte’ is (Belhar-belydenis), wat vra dit van gelowiges? Het die kerk enige geloofwaardigheid hier?
13 Maart 10:00 | Boektent | 50min | Gratis


Van Zyl Slabbert-diskoersreeks

Aangebied deur die US Studenteraad

Kom hoor hoe die toonaangewers van vandag sake uitpraat met die leiers van môre in ’n opwindende reeks oor kwessies wat relevant is vir jongmense, die US én die groter Suid-Afrikaanse samelewing.

Die rol van bygelowe in die kunste
Met Magdel Venter (Maties Drama Society), Carel Trichardt en Nico Luwes
Die drama-wêreld is berug vir bygelowe en mites, maar dit geld ook vir sport en ander omgewings. Kom lag saam oor die rare dinge waarin mense glo! Maar kom dink ook saam oor die redes vir die behoefte daaraan wat steeds in die 21ste eeu bestaan. Watter gelofies bepaal jou en waarom?
14 Maart 10:00 | Erfurtkafee | 50min | Gratis

Die US – ’n nuwe Hogwarts?
Met Mathew Smorenbur, Llewellyn Stevens, Jannie Gagiano en Pietman Retief
Gegewe die sogenaamde Visie 2030 van die US is Matieland in ’n unieke situasie. Hoe behoort die Universiteit én Stellenbosch dan teen 2030 te lyk? Kom ondersoek die magiese elemente van transformasie, geskiedenis en die toekoms saam met ons!
12 Maart 10:00 | Erfurtkafee | 50min | Gratis

Selfontdekking: ’n delf in fantasie, die bonatuurlike en ondenkbare waarhede
Met Dorothea van Zyl, MJ Dippenaar en Francious Malherbe
Na aanleiding van die 15de US Woordfees: Wat is selfontdekking? Kan die raaisel daarvan opgelos word in ons tyd? Hoekom is ons hier, waarin glo ons en wat is ons? Verskil dit van generasie tot generasie?
13 Maart 10:00 | Erfurtkafee | 50min | Gratis

Watter invloed het fantasie en die magiese in letterkunde op ons samelewing?
Met Fanie Viljoen, Nannette van Rooyen en Christof Odendal
Die bonatuurlike en onmoontlike is dikwels kenmerkend van fiksie. In die hedendaagse letterkunde word fantasie en magiese storielyne toenemend vergestalt. Het hierdie verskynsels ’n positiewe of negatiewe invloed op die samelewing, veral op die jeug?
10 Maart 10:00 | Erfurtkafee | 50min | Gratis

Wetenskap in die wêreld
Met Anton van Niekerk, Kristin Conradie, Jannie Hofmeyr en Rochelle Jacobs
Is wetenskap en tegnologie besig om die wêreld te ontluister? Wat word dan van fantasie en misterie as ons die wêreld slegs wetenskaplik ken?
11 Maart 10:00 | Erfurtkafee | 50min | Gratis


Nog Gesprekke

Koshuise en klusters in 'n Matie se lewe
Met Ludolph Botha en Pieter Kloppers
Om deel te wees van die koshuislewe is 'n belangrike saak vir die meeste Maties en hul ouers.
Kom gesels saam oor die rol van koshuise in Maties se opvoeding en oor die impak van die koshuisplasingsbeleid.
10 Maart 09:00| Boektent|Gratis

My Afrikaans en jou Afrikaans en daar lê die ding...
Aangebied deur die ATR
Hoe kan ons al die dinamiese variëteite van Afrikaans erken sodat almal ingesluit voel en eienaarskap neem vir ons taal se welwees? Gesels saam met bekende persoonlikhede soos Basil Kivedo oor die plek en geldigheid van Standaardafrikaans, oor inklusiwiteit, en oor jou taalregte teenoor ander s’n.
15 Maart 10:00 | Opvoedkunde-gebou lokaal 4029 | 120min | Gratis

Van waar gehasie?
Aangebied deur die Genealogiese Instituut van Suid-Afrika (GISA)
Wat is die genealogie en hoe haal jy jou eie voorsate uit die geskiedenishoed? Kom kyk na GISA se genealogiese bronne en begin al met jou navorsing! Steeds meer mense doen dit. Bespreek vroeg – beperkte sitplekke.
10 – 14 Maart 09:00 | GISA, Banghoekweg 115 | 50min | Gratis, maar bespreek by 021 887 5070

Wêreld Ontwerpstad: Kaapstad 2014
Stellenbosch: kuns, KULtuur – hoe hier gevier?
Aangebied deur Stellenbosch 360
Met Conrad Sidego (burgemeester), Andreas van Wyk, Annemarie Ferns, Martie Meiring, Andi Norton, Alayne Reesburg en Jerome Slamat
Kaapstad het die bod as Wêreld-ontwerpstad 2014 gewen met ’n visie wat die beoordelaars beïndruk het: om deur ontwerp tot ’n volhoubare, produktiewe Afrika-stad te transformeer wat historiese verdelings oorbrug en sosio-ekonomiese inklusiwiteit uitbou. Kom neem deel aan die debat oor Stellenboch as dié kuns-en-kultuurdorp in Afrika.
15 Maart 15:00 | kykNET Erfurthuis | 50min | Gratis

Spooksaam
Pieter Duvenage en Johann Rossouw (Dept. Filosofie VU) was van 1998 tot 2001 aanbieders van die filosofieprogram Spookstasie (saam met Johann Botha). Die span is nou terug in ’n nuwe formaat.

Spookstasie gesels met Hermann Giliomee, bekende historikus, openbare intellektueel en politieke interpreteerder, oor sy loopbaan en die begrip pluralisme.
12 Maart 15:00 | KykNET Erfurthuis | 90min | R40

Spookstasie bied 'n politieke blik, in gesprek met ... oor die idee van Suid-Afrika as vertaling of vertaalde land.
13 Maart 15:00 | kykNET Erfurthuis | 90min | R40

 

Kulinêre kunsies

Aan tafel by De Vette Mossel
Onder die koel bome oorkant Erfurthuis is ’n wonderplek: vir rus, stories, gesprek, sappige seekos, toorsand en skadu.

Beste professor...
Kom geniet ontbyt by die Vette Mossel terwyl Andreas van Wyk, bekende regsgeleerde en oud-rektor van die US, met die Universiteit se gryses en wyses gesels oor aktuele onderwerpe. Hou die media dop vir meer inligting oor hierdie gewilde reeks!
10 – 14 Maart 09:00 | De Vette Mossel | 50min | R30 (ete uitgesluit)

Wat sê die sterre...
Eikestadnuus-middaggesprekke oor toneel
Akteurs in die Dramafees gee ’n kykie agter die skerms oor trefferproduksies waarby hulle betrokke is. Eet sommer gou van De Vette Mossel se heerlike middagetes (vir eie rekening), terwyl jy jou verluister aan ons voorste teatermense in informele luim. Kaartjies net by De Vette Mossel:

As ek reg onthou – gesprek
Brümilda van Rensburg en Louis van Niekerk gesels oor Deon Opperman se jongste stuk by die Oude Libertas Amfiteater, en oor hulle roemryke loopbane.
10 Maart 13:00 | De Vette Mossel | 50min | R30 (ete uitgesluit)

Die-hoe-se-wat-se-wie-nou-weer? gesprek
Die bekende akteurspaar Elize Cawood en Wilson Dunster stem saam én redekawel oor hierdie stuk, hul lewensloop, en oor saamwerk se vreugdes en verdriete.
14 Maart 13:00 | De Vette Mossel | 50min | R30 (ete uitgesluit)

Kanna hy kô hystoe – gesprek
Gerben Kamper (regisseur) en senior lede van die geselskap gesels oor Adam Small se tydlose drama, wat by Spier te sien is.
13 Maart 13:00 | De Vette Mossel | 50min | R30 (ete uitgesluit)

Tango –gesprek
Die bekroonde regisseur Katinka Heyns en haar span akteurs gesels oor Chris Barnard se gewilde komedie.
12 Maart 13:00 | De Vette Mossel | 50min | R30 (ete uitgesluit) 

Easy Cooking from Nina’s Kitchen
Nina from My Easy Cooking will change the way you think about food and cooking forever. She shares a selection of easy recipes, hints and tips that will make your time spent in the kitchen most enjoyable!
8 Maart 12:30 | De Vette Mossel | 60min | R60 (ete uitgesluit)

LitNet middagete
Ondersteun deur Sanlam, in samewerking met LitNet
Met Corlia Fourie, Rooi Rose se verhaleredakteur en skrywer, Alta Cloete, Elize Parker en manuskrip-ontwikkelaar Madri Victor
Kortverhale is 'n kuns – en tydskrifverhale nog meer. Kom kuier oor ’n glas wyn en lekker kos by die Vette Mossel om saam te praat oor die kuns en kulkuns van tydskrifverhale.
11 Maart 13:00 | De Vette Mossel | 50min | R30 by die ingang (ete uitgesluit)

Filosofiekafee
Ondersteun deur Dirk Hertzog
Met Anton van Niekerk, Minka Woermann, Hannes Smit, Louise du Toit, Dirk Louw en Vasti Roodt
Gesoute Stellenbosse filosowe sê mekaar oudergewoonte die stryd aan by die immergewilde Filosofiekafee. Kom kyk hoe die wysgere mekaar mislei, bedrieg en kul oor kuns, kultuur en kulkuns, en stem vir jou gunsteling-bogprater. Bespreek gou – dis altyd vroeg reeds uitverkoop!
13 Maart 19:00 | De Vette Mossel | 120min | R60 (ete uitgesluit)


Aandete-programme in samewerking met ClemenGold

Niel du Bois en Tannie Poppie
De Vette Mossel se kaalvoet seekoskenner en eienaar Niel du Bois en die geliefde Tannie Poppie van Kokkedoor stry oor resepte! Skeidsregter Melt Myburgh besluit saam met die gehoor wie wen!
12 Maart 17:30 | De Vette Mossel | 180min | R220

Storievuur 1
Met Johan Bakkes, Blouwillem Theron, Chris Barnard, Sophia Kapp en Ilse Salzwedel. Musiek deur Victor Wolff en Les Javan
Suid-Afrika se topstorievertellers haal saam husse uit die hoed! Smul aan ’n agtgang seekos-feesmaal, terwyl jy ’n wye verskeidenheid kostelike staaltjies en verhale indrink, geklits met heerlike musiek!
14 Maart 17:30 | De Vette Mossel | 180min | R220

Storievuur 2
Met Johan Bakkes, Amore Bekker, Keina Swart, Albert Maritz en Melt Myburgh
Musiek deur Victor Wolff en Les Javan
Nog gevierde storievertellers vroetel saam met Johan in die storiehoed en pluk allerlei verrassings uit. ’n Toweragtige agtgang seekos-feesmaal, met wonderbaarlike stories en heerlike musiek uit ’n ander wêreld!
15 Maart 17:30 | De Vette Mossel | 180min | R220

Toks en Tjops
Met Toks van der Linde, Breyton Paulse en Janina Oberholzer
Vir die eerste keer by die US Woordfees die bekende informele geselsprogram waar ons drie kenners na sportgebeure kyk – van duikslae tot skeidsregters! Kom gesels en kuier saam met die gewilde TV-span, en geniet die bo-natuurlike lekker 8-gang seekos-feesmaal!
11 Maart 17:30 | De Vette Mossel | 180min | R220


Aan tafel by Knorhoek

Die Japie Basson skrywers-etes

Word betower deur gewilde Afrikaanse skrywers en ’n voortreflike driegang-ete by Knorhoek se Towerbosch Aardkombuis met sy kwinksinnige ouwêreldse interieur en gasvryheid – net die plek vir magiese gesprekke. Twee glase wyn is ingesluit. Koop gerus landgoedwyn en getekende boeke van die skrywers. Vir ’n vegetariese opsie, skakel 021 865 2958 vooraf.

Amanda Botha
In gesprek met Dorothea van Zyl
Amanda Botha is so besig met skrywers, kunstenaars en ander bekendes dat mens haar eie interessante lewe vergeet. Deurdrenk van die kunste; kurator vir tien hoogstaande Woordfees-kunsuitstallings; vriendin van skrywers soos Sheila Cussons en Laurens van der Post; jarelange ervaringe in die toneel-, ballet- en skrywerswêreld; joernalis op internasionale vlak... Hoeveel husse is in hierdie hoed?
7 Maart 12:30 | Towerbosch Aardkombuis | 120min | R220

André P. Brink
In gesprek met Willemien Brümmer lig die alombekende, gevierde en veelsydige André P. Brink, wie se werk reeds in bykans 40 tale vertaal is, uiteindelik die sluier oor die betowering wat ‘die baie selwe’ van die vrou vir hom inhou. Lank reeds word uitgewys dat heelwat vroue in sy werk eienskappe deel, dalk ook met Ingrid Jonker. Kom luister waarom Christina Landman sê ’n ‘Vrouemonument’ behoort vir André opgerig te word!
10 Maart 12:30 | Towerbosch Aardkombuis | 120min | R220

Annelie Botes
Annelie Botes het ’n groot aanhang gehad toe ’n (volgens haar) onnadenkende opmerking ’n storm laat losbars het. In Swart op wit vertel sy hoe sy uit haar verpletterdheid opgestaan het, maar ook (sonder om haar eie aandeel te ontken) van die kragte en magte in die maatskappy – en die huwelik – wat haar help vorm. Kom luister na haar eerlike mening en kry insig in gedagtes uit dié kop.
13 Maart 12:30 | Towerbosch Aardkombuis | 120min | R220

Karen Brynard
Met Karen Brynard en Hanlie Retief
Albei is ondersoekende joernaliste, nuuskierig oor waarom mense is soos hulle is, en albei skryf boeke. Albei werk met feite, maar Karen se joernalistiek het oorgegaan na fiksie. Dit voel verkeerd al is dit lekker, want dis ‘veilig binne feite (...) Met fiksie moet jy alles uitdink.’ ’n Fassinerende gesprek oor die hase wat prosaskrywers uit hoede moet pluk, en hoe dit bepaal kan word deur die joernalistieke kyk na die bínnekant van die hoed.
14 Maart 12:30 | Towerbosch Aardkombuis | 120min | R220

Koos van der Merwe
Vir die kombinasie van woordkunstenaar, digter, liedjie- en rubriekskrywer vir Sarie het Koos van der Merwe min gelyke in Afrikaans. Kom luister na van sy bekendste gedigte en stories, pas uitgegee in 'n versamelbundel en meesterlik deur Koos voorgedra by dié magiese middagmaal.
11 Maart 13:00 | Towerbosch Aardkombuis | 120min | R220

Riana Scheepers – Ete met Vallei van melk en heuning
Dis geen blote byeenbring van ’n opwindende versameling resepte uit Riana se kombuis en kontrei nie, maar ’n kuierboek, geselsboek, organiese leefstylboek – en veral ’n boek met die oorvloed van eenvoud. Riana beheks jou met woorde as sy vertel van die wondere uit haar toortuin!
12 Maart 12:30 | Towerbosch Aardkombuis | 120min | R220

Teetyd by Knorhoek
Met Ingrid Winterbach en Sonja Loots
Twee pryswennerskrywers praat lekker lig en humoristies oor literêre pryse en veel meer. Weet mens vooraf jy pluk ’n wenner uit die pryshoed, soos met Ingrid se multibekroonde Die aanspraak van lewende wesens (wenner NB-Uitgewers se Groot Afrikaanse Romanwedstryd, W.A. Hofmeyr-prys, Hertzogprys vir Afrikaanse Prosa, MNet-prys en die UJ-prys vir skeppende skryfwerk), en Sonja se Sirkusboere (Eugéne Maraisprys 2012)?
11 Maart 10:00 | Towerbosch Aardkombuis | 120min | R180

Aan tafel by kykNET Erfurthuis
Aandwandeling: historiese dorpskern
Wandel saam met Pietman Retief en Sandra Krige deur Stellenbosch se historiese kern en geniet ons ryk argitektoniese geskiedenis. Strate op dié roete word spesiaal gesluit, ligte verversings word aangebied en 'n kerslig-ete met Stellenbosse wyne volg agterna.
7 Maart 19:00 | kykNET Erfurthuis | 120min | R200, bespreek by 021-887 2937

Aan tafel by Kleine Marie
Soete groete
Moontlik gemaak deur die Vlaamse verteenwoordiger in Suid-Afrika, die Nederlandse Taalunie, Fonds Neerlandistiek en Van Ewijck-stigting
Met Abraham H. De Vries, Diana Ferrus, Zandra Bezuidenhout, Bart Moeyaert uit Vlaandere en Naomi Perquin uit Nederland. Gaskunstenaar: Wannes Cappelle uit Vlaandere. Aanbieder: Dorothea van Zyl
’n Towerboeket van skrywers en kunstenaars uit Suid-Afrika en die Nederlande! Hierdie magiese belewenis, met uitmuntende skrywers en kunstenaars, sluit ’n heerlike dinee in by die pragtige Kleine Marie. ’n Wonderbaarlike aand in die geselskap van studente van ses universiteite, dosente en hooggeplaastes uit Nederland en Vlaandere.
8 Maart 19:00 | Kleine Marie | 150min | R200

ClemenGold Woord en wyn
Street Soirees celebrate the Stellenbosch lifestyle
Presented by the Stellenbosch American Express® Wine Routes
‘Summertime, and the living is easy...’ Festivalgoers can revel in the true pulse and pleasures of this vibrant oak-lined town during social Stellenbosch Street Soirees that transform the lower part of Church Street into a colourful gourmet and grape hub, with complimentary wine tastings offered by various estates, restaurants selling unique dishes on the street, and live music.
Information: 021 886 4310 | info@wineroute.co.za | www.wineroute.co.za
12 March 18:00 | Church Street | 120min | R30 (wine glass and tastings)

Proe al padlangs
’n Wonderreis saam met bekendes! Proe saam met die wynmeester aan die beste uit drie spogplase se kelders. Pendelbussies vertrek vanaf Hoërskool Stellenbosch. Slegs 10 persone per toer. Bespreek by Computicket – pendeldiens, wynproe en happies ingesluit.

Wyntoer 1
Blaauwklippen, Peter Falke en Webersburg, met Niël Rademan
Dié gewilde en sjarmante sanger trakteer sy reisgenote met kunstenar-streke, kabaret-sketse en ouwêreldse boerseun-sjarme.
12 Maart 13:30 | kykNET Hoërskool Stellenbosch | 180min | R190

Wyntoer 2
Knorhoek, Muratie en Kanonkop, met Kabous Meiring
Geniet die geselskap en staaltjies van die interessante TV-persoonlikheid en regisseur. ’n Wynkenner wat kan kuier!
14 Maart 13:30 | kykNET Hoërskool Stellenbosch | 180min | R190

Clemengold Woord en wyn-etes
’n Intieme middagete saam met uitsonderlike Afrikaanse kunstenaars en ikone! Sit aan vir wonderwyne en watertandgeregte saam met wynmeesters en ’n betowerende Woordfees-persoonlikheid. Slegs 12 mense per tafel. Bespreek gou by Computicket om teleurstelling te voorkom!

Woord en wyn 1
Middagete met Wilna Adriaanse, by Muratie
Eienaar Rijk Melck en wynmaker Francois Conradie bederf gaste met Muratie se keur, in die geselskap van die veelsydige, bekroonde en rasend-gewilde skrywer Wilna Adriaanse.
13 Maart 12:00 | Muratie | 120min | R300

Woord en wyn 2
Middagete met Marion Holm, by Neethlingshof
GeMarioneerde humor met een van Suid-Afrika se snaaksste, gewildste akteurs en storievertellers, Marion Holm, met wynmaker De Wet Viljoen wat die palette vrolik en in vervoering hou.
14 Maart 12:00 | Neethlingshof | 120min | R300

Woord en wyn 3
Middagete met Hennie van Greunen en Pedro Kruger, by Uitkyk
Wynmaker Estelle Lourens trakteer gaste rojaal in die geselskap van die sjarmante en kreatiewe Hennie van Greunen en Pedro Kruger van die wit-warm Wordsmith's Theatre Factory. Wat voer hulle alles in die mou?
14 Maart 12:00 | Uitkyk | 120min | R300

Woord en wyn 4
Middagete met Michelle van Breda, by Clos Malverne
Die redaktrise van die wennertydskrif Sarie vertel stories agter die tydskrifstories. Kom luister en kuier saam met Michelle en wynmaker Suzanne Coetzee, terwyl jy die towerkos en wyn geniet.
14 Maart 12:00 | Clos Malverne | 120min | R300

Woord en wyn 5
Middagete met Lizz Meiring, by Delheim
Dinamiet kom in klein (kort!) pakkies, soos dié akteur/skrywer/regisseur/Spaanse danseres/afslaer weer en weer bewys. Geniet Lizz se borrelende geselskap oor ’n glasie wyn en ’n heerlike ete.  
15 Maart 12:00 | Delheim | 120min | R300
 

kykNET Silwerskerm Kortfilmfees
(24 min. elk)

Beskermhere (Bonatuurlike, donker komedie)
Met o.a. Deon Lotz, Leon Kruger, Milan Murray, Hannah Borthwick & Brendon Daniels. Regie: Hendri Froneman
Adriaan Bam is nie reg om dood te gaan nie. As juis dit gebeur, wil sy beskermengel die heelal se reëls verbreek om hom nog ’n kans te gee, maar dit het burokratiese gevolge!
7 Maart 13:00 | 10 Maart 13:30 | 13 Maart 18:00 | Neelsie Filmhuis | 24min | Gratis

Bloedson (Gruwel)
Met o.a. Wilhelm van der Walt, Jacques Theron & Karli Heine.Regie en draaiboek: Albert Snyman & Louis Pretorius
Twee broers veg weens donker geheime verbete teen mekaar in die Anglo-Boereoorlog. Dan kom hulle af op ’n meisie wat skynbaar aan hondsdolheid ly en die regte oorlog begin...
7 Maart 13:30 | 10 Maart 18:00 | 13 Maart 18:30 | Neelsie Filmhuis | 24min | Gratis | Geen o/16 TG

Bullets oor Bishop Lavis (Drama)
Met o.a. Abduragman Adams, Charlton George & Diaan Lawrenson. Regie: Jody Abrahams & Henré Pretorius
Jerome en Ronnie is bloedbroers, maar ’n skietery verander alles. Vyftien jaar later soek tronkvoël Jerome die strafregadvokaat Ronnie om hul ooreenkoms na te kom.
7 Maart 18:00 | 10 Maart 18:30 | 13 Maart 19:00 | Neelsie Filmhuis | 24min | Gratis

Damduikers, die damduikers (Aksiekomedie)
Met o.a. Albert Maritz, Eben Groenewald & Viljee Maritz. Regie: Adriaan van As
Die Fieta-bende en Jozi yuppies kompeteer by die jaarlikse visvangkompetisie om te wys aan wie die dam behoort. Dié oorlog van komplotte en sabotasie het lagwekkende én dramatiese gevolge.
7 Maart 18:30 | 10 Maart 19:00 | 13 Maart 19:30| Neelsie Filmhuis | 24min | Gratis

Die Bach-motief (Drama)
Met o.a. Nicole Holm, Erica Wessels, Tinarie van Wyk Loots, Hannes van Wyk & Roeline Daneel.Regie: Dewet van Rooyen
Amanda, ’n musiekonderwyseres, en Bianca, ’n konsertpianis, wat beide trauma meemaak, ontmoet mekaar danksy Celeste in wedersydse empatie en weerloosheid, met Bach-musiek as metafoor.
7 Maart 19:00 | 10 Maart 19:30 | 14 Maart 13:00 | Neelsie Filmhuis | 24min | Gratis

Die Beleefnis (Tragikomedie)
Met o.a. Woutrine Theron, André Odendaal, Dorette Nel & Chris van Niekerk. Regie: Wynand Dreyer & Gert van Niekerk
’n Eiesinnige ou tannie wil haar eie begrafnis hou as viering van haar lewe. Maar watter desperate hoop skuil agter Magdaleen se ‘beleefnis’?
7 Maart 19:30 | 11 Maart 13:00 | 14 Maart 13:30| Neelsie Filmhuis | 24min | Gratis

Die lang kat (Drama)
Met Erik Holm & Tessa Denton. Regie: Janhendrik Burger
’n Kwadrupleeg in ’n ou woonstel se katastrofiese jaloesie bou op oor die tartende kat se moeitelose behendigheid teenoor sy vasgekluisterde lewe.
8 Maart 13:00 | 11 Maart 13:30 | 14 Maart 18:00 | Neelsie Filmhuis | 24min | Gratis

Offer (Liefdesverhaal)
Met o.a.Theodore Jantjies, Schelaine Bennett, Denise Newman, Royston Stoffels & Chris van Niekerk. Regie: Harald Richter
Yusuf en Sadia Mosaval in die Bo-Kaap, wat vir liefde getrou het, vier hul eerste huweliksherdenking. Hulle ervaar innerlike worsteling, maar bewys hul liefde.
8 Maart 13:30 | 11 Maart 18:00 | 14 Maart 18:30 | Neelsie Filmhuis | 24min | Gratis

Ompad (Romantiese komediedrama)
Met o.a. Ceylonia Bekker & Riaan Cruywagen. Regie: Sanchia Esterhuizen
Andrea laat ’n afsê-briefie en verloofring by Sean se woonstel voor sy met vakansie na Taiwan vertrek. As sy daar besef sy het ’n fout gemaak, wil sy so gou moontlik terugkeer om sake terug te draai. Sal sy betyds wees?
8 Maart 18:00 | 11 Maart 18:30 | 14 Maart 19:00 | Neelsie Filmhuis | 24min | Gratis | Geen o/13

Prinses (Bonatuurlike riller)
Met o.a. Bertha le Roux, Dirk Stoltz & Jané van der Westhuizen. Regie: Morné du Toit
Wanneer die twaalfjarige Simoné Rossouw nie druk van haar ouers kan hanteer nie en geteister word deur demone uit haar familieverlede, maak sy voorspellingskilderye...
8 Maart 18:30 | 11 Maart 19:00 | 14 Maart 19:30 | Neelsie Filmhuis | 24min | Gratis

Toevlug (Drama)
Met o.a. Martelize Kolver, Louis du Preez, Amelda Brand, Lulu Botha & Ira Blanckenberg. Regie: Christiaan Olwagen
’n Middeljarige vrou wat weens ’n drankprobleem in ’n rehabilitasiesentrum beland, ontmoet ander mense met probleme in groepsessies. ’n Film oor toevlug en jellybabies eet.
8 Maart 19:00 | 11 Maart 19:30 | 15 Maart 13:00 | Neelsie Filmhuis | 24min | Gratis

Vashouding (Drama)
Met o.a. Jana Strydom & Mncedisi Ncedani. Regie: Lika Berning
Na die tragiese verlies van haar baba voel Mimi vasgevang en trek uit hul weelderige huis. ’n Weggooibaba op die munisipale ashoop lei tot ’n konfrontasie met haar eie vrese en vooroordele. Sal sy haarself ooit kan vergewe en rus vind?
8 Maart 19:30 | 12 Maart 13:00 | 15 Maart 13:30 | Neelsie Filmhuis | 24min | Gratis

Vrek (Surrealistiese drama)
Met o.a. André Velts & Tana Ferreira. Regie: Anton Swanepoel
Nadat stil Stefan sy droomvrou ontmoet, dwing ’n lewensbedreigende siekte ’n keuse af tussen ’n riskante operasie of ’n laaste dag met haar. Maar hy moet eers leer baklei vir wat hy wil hê...
9 Maart 13:00 | 12 Maart 13:30 | 15 Maart 18:00 | Neelsie Filmhuis | 24min | Gratis

Ligte, kamera… liefde! (Romantiese komedie)
Met o.a. Heidi Mollentze, Danie Putter & Jenna Dunster. Regie: LeRoux Botha
Op ’n rolprentstel wil ambisieuse Carahaar staal as aktrise wys teenoor regisseur Lukas de Waal, maar die liefde ontwrig sake. Onleesbare medespeler Deon Brink kom eintlik wraak neem. Gaan hy daarin slaag of het die noodlot ander planne?
16 Maart 18:30| Neelsie Filmhuis | 120min | Gratis

2012 se Top 6 kortfilms

Anderkant gister (Fantasie-avontuurkomedie)
Met o.a. Hannes Brümmer, Kobus Boshoff, André Odendaal & Erik Holm. Regie: Charlene Brouwer
Bennie du Plessis wil soms die verlede oor hê, veral na sy liefdesteleurstelling. Een aand in ’n kroeg maak ’n man met magiese kragte dit moontlik, maar Bennie bly 31 jaar oud in 1987, met sy moderne klere, onbruikbare selfoon en geld. Hoe nou gemaak?
9 Maart 13:30 | 12 Maart 18:00 | 15 Maart 18:30 | Neelsie Filmhuis |24min | Gratis

Die buurtwag (Komedie)
Met o.a. Deon Lotz, Albert Maritz, Johan Botha, Leon Kruger, Marko van der Colff & Joanie Combrink. Regie: Jaco Smit
Johan, ’n 34-jarige gesinsman sluit na ’n inbraak in sy nuwe voorstedelike Kaapse woonbuurt, by die buurtwag aan, maar dit het onverwagte transformasie tot gevolg...
9 Maart 18:00 | 12 Maart 18:30 | 15 Maart 19:00| Neelsie Filmhuis |24min | Gratis

Drukkersbloed (Riller-drama)
Met o.a. JC Snooke, Gustav Gerdener, Eloise Cupido, Ilse Roos & Anel Alexander. Regie: Kabous Meiring
As ’n joernalis die waarheid soek onder die intriges, skandale en afguns in die Afrikaanse musiekbedryf kos

dit sy lewe. Vrae word opgeroep: Wie maak die meeste geld in die bedryf? Is daar plek vir poniekoerante en
joernaliste wat bloot sensasie najaag?
9 Maart 18:30 | 12 Maart 19:00 | 15 Maart 19:30| Neelsie Filmhuis |24min | Gratis

Like my profile (Riller)
Met Corné Koegelenberg, Lilani Prinsen & Retief van der Liefde. Regie: Adam Heyns
Niel vind Facebook onnodig, maar sukkel om Maia op te spoor. Toe Johnny met sy bike en gevaarlike speelgoed in Niel se lewe injaag, word Niel oornag ’n internet-celeb.
9 Maart 19:00 |12 Maart 19:30 | 16 Maart 13:00 | Neelsie Filmhuis |24min | Gratis

Nantes (Drama)
Met o.a. Wilna Snyman, Louis van Niekerk, Hannes van Wyk & Regardt van den Bergh. Regie: Rene van Rooyen
Na haar verbreekte verlowing trek Danielle na haar pa, ’n bestuurder op ’n Bolandse wynplaas. Een laatmiddag ontdek sy ’n verlate ou plaashuis en beleef ’n magiese aand met drie De Villiers-gesinslede. Sy vertrek met ’n belangrike brief aan haar pa...
9 Maart 19:30 | 13 Maart 13:00 | 16 Maart 13:30| Neelsie Filmhuis |24min | Gratis

Stut (Drama)
Met o.a. Richard van der Westhuizen, Kees Lensing & Neels Clasen. Regie: Armand Fourie& Adriaan de la Rey
’n Rugbydrama oor die innerlike worstelinge van ’n oud-Vrystaatse rugbystut wie se lewe in duie stort. Die aggressie wat nie op die rugbyveld wou werk nie, teister sy alledaagse lewe. Hy kry nog een kans, maar wonder steeds: Hoeveel verg dit om ’n skrum regop te hou?
10 Maart 13:00 | 13 Maart 13:30 | 16 Maart 18:00| Neelsie Filmhuis |24min | Gratis

 

Dramafees

2092: God van klank
Met Chris van Niekerk en Johan Botha. Produksiehuis: Dubbelpunt [:] Produksies. Skrywer: Wilken Calitz. Regie: Marí Borstlap
In die jaar 2092 is Hernon Freytag, die laaste lewende musikant in Kaapstad, in aanhouding weens sy oortreding van die wet op die ‘Verbod van klank’. In sy laaste betoog word die gehoor tot insig gebring oor die nouverweefde band tussen geskiedenis, klank, lewe, stilte en die dood. Wenner van die Uitskieterproduksie WOORDtroFEE in 2013 en genomineer as beste produksie by Woordfees 2013.
8 Maart 11:00 | 10 Maart 18:00 & 19:00 | 12 Maart 15:00 & 20:30 | 14 Maart 11:00 & 19:00 & 20:00 | 15 Maart 18:00 & 19:00 | 16 Maart 11:00 | Die Voortrekkers PJ Olivier Kunssentrum | 40min | R90 | Geen o/ 10

Agtervolger
’n Hoërskool Bellville Nasionale Toneelspelkompetisie-inisiatief, in samewerking met US Woordfeesen Suidoosterfees
Met Theodore Jantjies, Dealen Fredricks, Llewellyn Steenkamp, Elandre Schwartz, Nicolette van Schalkwyk & Kim Cloete. Vervaardig deur Herman Pieters. Musiek: Schalk Joubert. Teks en regie: Vicky Davis
Neville het nie oop kaarte met die ander drie gespeel nie. Hulle hoef mos nie te weet hoekom hy regtig op die staptog wou gaan nie. Wanneer te veel vreemde dinge gebeur, besef die vier jong mense dis ’n staptog soos geen ander nie en geeneen sal dié ervaring kan vergeet nie. ’n Boeiende spanningsdrama, gebaseer op Johan van Lill se boek.
15 Maart 10:00 & 12:30 | kykNET Hoërskool Stellenbosch | 60min | R60

As ek reg onthou
’n Clover Aardklop-produksie
Met Louis van Niekerk en Brümilda van Rensburg. Teks en regie: Deon Opperman
’n Beroemde akteur en ewe beroemde aktrise, albei afgetree, in dieselfde aftreeoord. Twee groot ego’s, net een verhoog en nie een wil die gehoor wees nie. Maar met baie om te onthou – veral dít wat hulle liewers nie wil onthou nie. Deon Opperman se nuutste drama is spesiaal geskryf vir dié twee legendes van die Suid-Afrikaanse televisie en verhoog.
10 & 11 Maart 20:15 | Oude Libertas Amfiteater | 80min | R130/R100 | Geen o/16

Beauty Queen
Moontlik gemaak deur die Suidoosterfees
Met Marga van Rooy (WorsieVisser se ma), Hanli Rolfes (Sonja in Binneland), Anelisa Phewa (Sifiso in 7de Laan) & Duncan Johnson. Produksiehuis Henry Mylne. Skrywer: Martin McDonagh. Vertaler/Verwerker: Hugo Taljaard. Regie: Henry Mylne
Vuurvreter filmmaker Martin McDonagh (In Bruges, 2003 en Seven Psychopaths, 2012) is die enigste dramaturg (naas Shakespeare) van wie vier werke gelyktydig op Londen se Weseinde opgevoer is, op 27! Hier én op Broadway het die stuk talle toekennings ontvang: ‘Has the audience gasping with surprise (and sometimes horror) between bursts of laughter’ – The Herald.
14 Maart 18:00 | 15 Maart 16:00 |16 Maart 11:00 | kykNET Hoërskool Stellenbosch | 90min | R110/ R80 | Geen o/10 GN

Bloomers en Steradent
Met Marion Holm en Zenobia Kloppers. Dramaturg: Magdaleen van Zyl (wenner ATKV Prys vir oorspronklike Afrikaanse Teks 2012 – Logan toneelfees). Regie: Albert Maritz
Oujongnooi Johanna sê die Tredoux’s het los reënbuie oral laat uitsak. Haar romantiese braakland noop Johanna om ’n gerf te gooi in ongesonde Gert Willem se rigting – vandag eienaar van dermiljoene skaap, toentertyd bedremmeld op die bank agter haar in Meester Boekevat se plaasskool. Iemand moet mos darem die gloeilampe omruil; al die skapies in die katel…kry.
8 Maart 20:30 | 9 Maart 19:00 | 10 Maart 10:00 |11 Maart 17:00 | kykNET Fismer | 90min | R110

Cheaper than Roses
Moontlik gemaak deur die Suidoosterfees en Grahamstad Nasionale Kunstefees
With Lizz Meiring. Written by Ishmael Mahomed. Music: Coenie de Villiers. Costumes: Mariska Meyer. Set, lighting and production: Kosie House of Theatre. Director: Zane Meas
A desolate railway station. A woman who is not what she seems to be. A story of the past and present on a collision course. Sometimes running away from whom we are, brings us closer to who we are. Sometimes the past and the present merge in a way that forces us to confront and accept the unacceptable. A heart-warming, unusual, funny and sad story of a woman who did not want to be ‘cheaper than roses’.
12 Maart 20:30 |13 Maart 10:00 |14 Maart 13:00|kykNET Fismer | 90min | R110

Daar was ’n tyd
Met Jan Groenewald (teks én spel). Aangebied deur Foxwood Teater. Regie:Clive Rodel
Dis ’n liefdesverhaal, ’n oorlogsverhaal, maar eintlik ’n stuk oor die ewigheid. Met so ’n premis, en so ’n geskiedkundige agtergrond waarteen dit afspeel, is dit geregverdig dat die visuele styl vasgevang sal wees in tydgebondenheid, die taalgebruik tydloos. ’n Ouwêreldse tekening, nostalgies, in ’n vervloë spelstyl.
11 Maart 11:00 |12 Maart 20:30 | Radio Helderberg Klein Libertas Teater| 70min | R120

ddbb… Dowwe Dolla betaal belasting
Met Margit Meyer-Rödenbeck. Skrywer: Jurgen Human. Arena Produksiehuis. Regie: Margit Meyer-Rödenbeck en Jurgen Human
Dolla kry hulp met haar eerste belastingopgawe by eksperts soos Kenny Kunene en Rashid van die Vlakte. Sy wil ook praat met die ou in charge van die soustrein en kry ’n dinner date met die ambassadeur van China. Maar die trein dreig om te ontspoor… want sien, belasting het soos brandewyn nie brieke nie.
12 Maart 20:30 | kykNET Hoërskool Stellenbosch | 75min | R110

Die goëlaar
Met Geon Nel. Vervaardiger: Hugo Theart / TEATERteater. Regie: Christine Trüter
‘Dames en here, kom verwonder jou aan die toorkuns, kulkuns en illusies van Daniël die Goëlaar! Net drie vertonings! Koop jou kaartjies nou! Hy verdwyn so vinnig soos wat hy verskyn het!’ Die goëlaar is die verhaal van Daniël wat die onmoontlike probeer vermag. Vir hoe lank sal hy die onheilspellende gebeure in sy eie lewe kan ignoreer? 'n Magiese verhaal vol truuks en illusies, met kulkunstenaar Geon Nel.
8 Maart 20:30 | 16 Maart 17:00 | Radio Helderberg Klein Libertas Teater| 60min | R90

Die-hoe-se-wat-se-wie-nou-weer?
Met Wilson Dunster en Elize Cawood. Teks: Ilne Fourie. Regie: Johan Engelbrecht
Bertie en Alfrieda Botha is twee SENIOR ou-getroudes. Vandag is ’n baie belangrike dag, maar dis nie net die pille en brille, stywe litte of nuwe tegnologie wat nie wil saamwerk nie. Nie een kan onthou wat maak die dessitse datum so belangrik nie! Tussen wat hulle vergeet het en wat hulle onthou, lê ’n leeftyd van saamwees, goedwees, kwaadwees en liefwees. ’n Lekkerkry komedie met ’n diep deernis.
13 Maart 20:30 | 14 Maart 11:00 | 16 Maart 16:00 | kykNET Hoërskool Stellenbosch | 60min | R120

Die kersieboord
Met Oscar Petersen, Tinarie van Wyk Loots, Carel Nel, Wilhelm van der Walt, Nandi Horak, Roxanne Blaise, Sjaka Septembir, Marvin-Lee Beukes en Bianca Flanders. Produksiehuis: The Mechanicals. Skrywer: Anton Tsjechof, vertaal deur Alewyn Lee en verwerk deur Sandra Temmingh. Regie: Sandra Temmingh
Die grondeienaars is bankrot, die boord word opgeveil – maar in plaas van ’n blik op die toekoms kry,  word hulle vasgevang in herinneringe aan hulle verlede. Temmingh se simboliese uitbeelding sny soos ’n mes deur die psige van ons Suid-Afrikaners.
10 Maart 20:30 | 11 Maart 17:00 & 20:30 | 12 Maart 17:00 | 13 Maart 17:00 | 14 Maart 17:00 | Die Voortrekkers PJ Olivier Kunssentrum | 90min | R100

Die Leo’s
’n Ko-produksie tussen die Absa KKNK en Clover Aardklop
Met Sandra Prinsloo, Tobie Cronjé, Jacques Theron, Erica Wessels, Gideon Lombard en Petro van den Heever. Vervaardiger: Wordsmith’s Theatre Factory. Teks: Nicky Silver. Vertaling en regie: Hennie van Greunen
Aaklige mense, dié Leo’s. Pa Ben, op sy laaste asem, besluit waddehel: hy hou nie meer sy mond nie en gee 40 jaar se woede ’n stem. Rita, langs haar man se hospitaalbed, blaai deur dekortydskrifte, want sy wil die leefkamer oordoen sodra Ben nie meer ’n sê het nie. Dogter Lisa gaan tekere oor haar liefdeslewe en goue seun Koert voer oënskynlik ’n idilliese bestaan, maar is net so onlekker. Dan is daar die mooi eiendomsagentjie op wie Koert sy oog het en die arme verpleegster wat al die drama moet verduur.
10 & 11 Maart 20:30 | Spier Amfiteater | 120min | R100/R80  Geen o/13 T

Die monster in die gang
Ondersteun deur die ATKV
Met Anthea Thompson, Waldemar Schultz, Greta Pietersen en Wessel Pretorius. Teks: David Greig. Vervaardiger: Wordsmith’s Theatre Factory. Musiekregie: Pedro Kruger. Vertaling en regie: Hennie van Greunen
Duca Malherbe is sestien en woon saam met haar pa in ’n woonstelletjie op Klein-Brak. Haar droom is om normaal te wees – soos ander mense. Haar pa verwyl ure met sy aanlyn-rolspeltoernooie, sexy Laurence Hoogenhout kom kuier onverwags en die gek Sweedse vrou daag op – als op die dag wat die welsyntannie kom kyk of alles nog reg is. Dié energieke ensemble laat loop teen die spoed van ’n vuurwarm motorfiets en maak ’n draai by televisiespeletjies, musiek uit die 60’s, feeverhale, fisieke komedie en macaroni-en-kaas.
12 Maart 15:30 | 14 Maart 17:00 | 15 Maart 12:00 & 14:00 | kykNET Fismer | 90min | R80/ R60 groepe groter as 10

Die ongelooflike reis van Max en Lola
Met Vinette Ebrahim en Chris van Niekerk. Produksiehuis: Pitch Promotions. ’n Donker komedie deur Vinette Ebrahim en Hugo Taljaard. Regie: Hugo Taljaard
Max is 80, wit en gay. Lola is 79, bruin en bekkig. Hulle baldadige vriendskap kom al amper 50 jaar, vanuit 'n tyd toe sulke verhoudings verbode was. Hulle eiesoortige humor en liefde vir bioscope was 'n leeftyd lank hulle ontvlugting van ons samelewing se talle vooroordele. Hulle reis was sorgeloos en vol liefde. Maar nou het oudword hulle bekruip...  ’Die lewe het geen respek nie.’
8 Maart 16:00 & 20:30 | 9 Maart 11:00 | kykNET Hoërskool Stellenbosch | 75min | R100 | Ouerbegeleiding

Feeskatte – ’n dramakomedie
Met Elsabé Daneel, Joanie Combrink en Susanne Beyers. Produksiehuis: Elsabé Daneel Produksies. Teks: Martelize Kolver en Christiaan Olwagen. Regie: Christiaan Olwagen
Wat is ’n kunstefees sonder ’n kat? Die soort met Boere-Ascot veredosse, Lady Gaga glitter en Marilyn Monroe beauty spots. Wat kook onder gifgroen toppies en skelpienk lipstiek wat chick power skree? Wat gebeur as die pressure cooker skielik sy top blaas en die flambojante Papageno vere vat vlam?
12 Maart 11:00 | 13 Maart 16:00 | 15 Maart 20:30 | kykNET Hoërskool Stellenbosch | 90min | R120 | Geen o/ 14 T

HOLM: geMARIONneer
Met Marion Holm. Teks: Chris Vorster en Marion Holm. Regie: Chris Vorster
Kom kyk hoe die lewe ’n mens kan marineer. Holm en Vorster pluk, skil en braai ’n skottel vol stories en karakters wat in hierdie eenvrouvertoning opgedis en verorber word. En soos altyd sal die gehoor wegstap met ’n wonderlike gevoel van lekkerkry... en ’n groot honger vir NOG!
13 Maart 18:00 | 15 Maart 17:00 | kykNET Fismer | 75min | R110

Hotel Vleispaleis
Met: Susanne Beyers, Amalia Uys, Dorette Potgieter. Nou Ja Toe produksies, in samewerking met Stercus produksies. Deur Leon Kruger. Regie: Gaerin Hauptfleisch
Dit gaan nie goed met tannie Edie se bordeel nie. Een gereelde kliënt dink Shanie se tone is ’n draairoomys en die vulstasiebestuurder betaal met ’n tenk petrol. En Suzie se kêrel wil ophou betaal as hulle verloof raak. As Amelda dag dis ’n bemarkingspos en daar kom werk, moet sy inhibisies leer afskud, leer skootskoffel (lap dance) en verlei. Maar wie is sy eintlik? ’n Komedie oor lojaliteit, deernis, vriendskap en die waarde van ’n goeie skootskoffel!
10 Maart 14:30 | 11 Maart 20:30 | 14 Maart 21:00 |kykNET Hoërskool Stellenbosch | 70min | R110 | Geen o/14 TS

Kanna hy kô hystoe – Adam Small
Moontlik gemaak deur die LOTTO en die ATKV
Met June van Merch, Brendon Daniels, Crystal Donna Roberts, Jefferson Korkee, Angelo Mockie, Maria de Koker, Charles Human, Vincent de Koker, Jane Kitchen, Megan van Wyngard, Johannes Manie Human, Enslin Baatjies, Willy Collins, Dorington Wilson en Algey Louw. Produksiehuis: FACTS. Regie: Gerben Kamper
Die beste drama in Afrikaans, volgens André P. Brink en talle ander wat dié deernisvolle epiese teaterstuk oor eenvoudige mense ken, oor die armes wat altyd daar sal wees. ’n Aangrypende uitbeelding van omstandighede se ontsaglike uitwerking op menselewens. ’n Spesiale huldiging vir Adam Small, wat in 2012 die Hertzogprys vir Letterkunde ontvang het vir sy bydrae tot die Afrikaanse toneelkuns.
12 & 13 Maart 20:30 | Spier Amfiteater | 100min | R100 | Geen o/ 14 G

Lottering Live
For the first time at the SU Wordfest! Mark Lottering returns to the stage armed with his popular and endearing characters, including Auntie Merle Abrahams from Athlone and Smiley, the fare collector on the taxi. Lottering has been at the top of his game for 15 years and has also become a regular feature on South African television. He is thrilled to bring his new work to Spier.
8 Maart 20:30 | Spier Amfiteater | 75min | R150/R120/R100

Lykgeskil
Met Stephanie Hough, Kyle Seconna en Andre Terreblanche. Tegniese versorging: Alex Marais. Skrywer en regie: Stephanie Badenhorst
’n Absurde swart komedie met een post-mortem grimeerkunstenaar, een pilkop, een skisofreen, een lykshuis, een dooie. Die deur staan oop... ‘Maak jou voete sulke vuisies en spuit hom tussen die tone... en hou verby met die sandale. Toe skoene steek meer weg as ’n gebarste hak.’
12 Maart 18:00 | 13 Maart 22:30 | Radio Helderberg Klein Libertas Teater| 60min | R80 | Geen o/16 T

Meerfout
Met Cintaine Schutte en Mariechen Vosloo. Produksiehuis: Polony. Teks: Gideon Lombard en geselskap. Regie: Gideon Lombard
Die moderne samelewing verwag van ’n vrou om meer as een ding te wees. Maar wat gebeur as hierdie fasette in konflik staan met mekaar?Meerfout handel oor die konflik tussen verwagting en verpligting; die konflik tussen wie ons is en wie ons werklik wil wees.
8 Maart 22:30 | 10 Maart 14:30 | 11 Maart 20:30 | Radio Helderberg Klein Libertas Teater| 70min | R100/ R70 studente | Geen o/16 TNG

Melusine van Arcadia
Met Sharlien Schwarz, Zia Sonnekus en Stephanie Gericke. Produksiehuis: Small Studios Productions. Wenner Krêkvars Beste produksie 2012. Teks en regie: Corné Joubert
Drie susters woon saam in ’n woonstel in Pretoria, maar die jongste, Melusine, is 'n meermin. Hulle moeder het hulle nooit die waarheid oor haar verlede vertel nie. Na haar dood verswyg hulle dit steeds en probeer sin maak van die lewe binne hierdie omstandighede. Melusine word toenemend onrustig en rebels, en probeer haar susters forseer om haar vry te laat. 'n Verhaal oor die drang na bevryding van dít wat mens terughou.
8 Maart 16:00 | 9 Maart 12:30 | Radio Helderberg Klein Libertas Teater| 60min | R80 | Geen o/13 N

Na-aap
Moontlik gemaak deur Clover Aardklop en ondersteun deur Aardklop 21
Met De Klerk Oelofse. Deur Franz Kafka. Vertaling: Arnold Blumer. Regie en ontwerp: Jaco Bouwer
’n Aangrypende verhaal waarin ’n aap, Rooi Piet, ’n wetenskaplike konferensie toespreek oor sy lewe. Nadat hy gevang is in die oerwoude van Afrika oorleef hy sy ingehokte bestaan op die skip onderweg na Hamburg in Duitsland, deur menslike gedrag te bestudeer en na te boots. Dit is so suksesvol dat dit hom ’n lonende loopbaan bied. Sy verslag oor die transformasie van aap na mens bied ’n kritiese en ontnugterende perspektief op wat ’n mens is, hoe mense optree, hoe kultuur, beskawing en konvensie die natuur verwring, en hoe onvry die mensdom is weens aangeleerde gedrag.
7 Maart 20:30 | 8 Maart 11:00 | 14 Maart 10:00 |16 Maart 20:30 | kykNET Fismer | 60min | R110

Nag van die hiëna
Moontlik gemaak deur die Nasionale Kunsteraad
Met Gerben Kamper, Peter Taljaard, Hennie Jacobs, Lindy-Lee Kleynhans, Minette Grové, Ilne Fourie, Angelo Mockie. Teks en regie: Nico Luwes
’n Komplekse, grillerige moordriller wat Inspekteur Bantjies grys hare gee. Sal die tweelingbroers wegkom met versekeringsbedrog en afpersing? Wat gaan aan tussen dr. Gert, Joyce, Lalien en Ricky? Wie soek wie
se lyf? Hoe pas die Zimbabwiër en die prokureur in? Wat presies gebeur die nag met die hiëna? Kom gril saam!
13 Maart 11:00 | 14 Maart 14:30 | 15 Maart 10:00 | Radio Helderberg Klein Libertas Teater| 110min | R100 | Geen o/14 T

Nagwond
Moontlik gemaak deur Clover Aardklop
Met Albert Pretorius, Gideon Lombard en Cintaine Schutte. Deur Albert Pretorius. Aangebied deur The Pink Couch. Ontwerp: Juanita Ferreira. Beligtingsontwerp: Matt Lansing. Regie Tara Notcutt
Ons dae is gevul met besluite, regte en verkeerde keuses wat uitloop op vreugde of spyt. Dit wat ontsteek agterbly as ons in die nag alleen met onsself sit as die wond begin bloei en die masker wegval. Nagwond is ’n hartverskeurende drama oor verkeerde keuses en die gevolge wat só ver uitkring.
7 Maart 20:30 | 9 Maart 20:30 | 13 Maart 14:30 | Radio Helderberg Klein Libertas Teater| 70min | R95/ R70 studente | Geen o/16 TN

Nommerpas
Met Hein Poole en Lee Roodt. Deur Hein Poole en Lee Roodt. Produksiehuis: Stercus Produksies. Regie: Gaerin Hauptfleisch
’n Vermenging van skets-komedie en skerp-skerts oor ’n totalisator langs ’n perderesiesbaan. Die tote, jou golden circle, is die plek waar mense geluk kom soek en dit op tragiese maniere vind, waar elke Jan Rap en sy maat wil uithang, want hier kry jy iets wat die lewe tussen nommers, nicks and tricks laat draai: ‘As die nommer pas dan wed ons hom.’ Tussen perderesies, die Lotto, kwinkslae en humor word die hartsnare getokkel.
7 Maart 17:00 | 10 Maart 18:00 | Radio Helderberg Klein Libertas Teater| 70min | R100 | Geen o/16 T

Oorsee
Moontlik gemaak deur Clover Aardklop
Met Gerben Kamper, Nicole Holm, Brendon Daniels, Geon Nel en Karli Heine. Deur Tertius Kapp. Wenner van die AngloGold Ashanti Smeltkroes-prys vir beste nuwe teks. Klankontwerp: Pierre-Arnold Theron. Kostuums: Lucy Jane Turpin. Beligtingsontwerp: Albert Snyman. Regie en ontwerp: Wolf Britz
Sê nou maar apokolips. Sê nou maar ’n vloed. Sê nou maar Tafelberg is ’n eiland en sy bevolking oorleef na veertig jaar se stortreën. Sê nou maar die opdrag kom van Die Asem. Sê nou maar ’n boot. Sê nou maar ’n handjievol Suid-AfriFabelbergers vaar noord op soek na die Nuwe Wêreld. Sê nou dis al dertien jaar later en nog steeds is hulle ter see. Sê nou is ’n lekker sê.
10 Maart 20:30 | 11 Maart 16:00 | 16 Maart 20:30 | kykNET Hoërskool Stellenbosch | 100min | R100 | Geen o/16 TN

Road Trip
Met CW Laten en Charl Henning. Tegniese Regisseur en versorging van verfilming en redigering: Debeer Cloete. Teks en regie: Ilne Fourie
Dis Matriekvakansie, waarvoor jy after all jou lewe lank wag. I mean, 12 jaar lank doen jy als wat jou ma-hulle sê, so dit is seker nie unfair om een wekie af te vra nie? ’n Trip down memory lane van twee beste vriende en die baggage wat elkeen stil-stil moet dra. Tussen lyrics van Queen en Karen Zoid deel hulle hartsgeheime, family secrets, vrese, drome en tips vir die grootmenslewe wat hulle soon moet face – die lewe is nie ’n Oprah Winfrey show nie.
14 Maart 11:00 | 15 Maart 12:30 | 16 Maart 20:30 | Radio Helderberg Klein Libertas Teater| 70min | R80 | Geen o/14 T

Seuns
Met Petro van den Heever. Teks: Theo Kleynhans. Regie: Willem Janssen
Eers was daar Drie tannies en ’n tert; nou is daar vier ma’s wat praat oor hul seuns. In dié vierluik is Yolanda die snobistiese skoonma wat haar neus optrek vir haar skoonseun; tannie Trudie die empatiese koshuismoeder, veral vir die sensitiewe seuns onder haar sorg; Karin se seun ontpop as ’n porno-ster en die enkelma Elsie tolk vir haar doofstom seun wat sy eerste liefde ontmoet...
8 Maart 13:00 | 11 Maart 17:00 | 13 Maart 18:00 | Radio Helderberg Klein Libertas Teater| 70min | R90 | Geen o/16

Soos elke dag
Met Marlo Minnaar. Deur Ferdinand Bekker. Produksiehuis: Stercus Produksies. Regie: Gaerin Hauptfleisch
’n Komedie oor wat daardie spesifieke dag gelei het tot wat sommige mense ’n tragedie sou noem. Wat het Fanie Verwoed besiel om te doen wat hy gedoen het? Kon enigiemand dit verhoed het? Hoeveel kan mens vat tot dinge te veel raak, of was dit maar net bestem om so uit te draai?
8 Maart 10:00 | 12 Maart 14:30 | Radio Helderberg Klein Libertas Teater| 65min | R90 | Geen o/16 T

Stamlint
Met Marí Borstlap. Produksiehuis: Dubbelpunt [:] Produksies. Choreograaf: Ina Wichterich-Mogane. Oorspronklike musiek in samewerking met Wilken Calitz. Teks en regie: Marí Borstlap
’n Jong vrou word weens haar ma se stryd teen kanker gekonfronteer met die geheimsinnige, sluimerende invloed van haar genetika op haar lewe. Haar drome, herinneringe en grepe uit haar lewe neem die gehoor op reis na ’n nuwe bewussyn, ’n ander bloudruk wat deur haar are vertak, ’n komplekse krag wat ontgin kan word as sy haar oerverbintenis met die gode verken. Wat bepaal ons lot: ons denke en dade of ons DNS?
10 Maart 20:30 | 11 Maart 13:00 | 16 Maart 16:00 | kykNET Fismer | 50min | R80 | Geen o/13

Tango
Moontlik gemaak deur Die Dagbreek Trust en Innibos
Met Cobus Rossouw, Tobie Cronjé, Marius Weyers  en Tinarie van Wyk Loots. Chris Barnard se eerste komedie vir die verhoog. Produksiehuis: Sonneblom. Regie: Katinka Heyns
Twee onpaar oujongkêrels, Lappies en Daan, deel ’n woonstel iewers in die diep platteland. Lappies wag dié middag dat Tillie, ’n mooi plaaslike pop, vir hom ’n dansles kom gee. Maar dan kom ’n onverwagte en ontydige besoeker: Daan se oom Kas, ’n skatryk familielid uit die verre verlede, met ’n duistere geskiedenis, baie ondernemingsgees en ’n swakheid vir mooi meisies. Spesifiek geskryf vir dié formidabele akteurs se eerste gesamentlike verhoogproduksie.
13, 14, 15 & 16 Maart 20:15 | Oude Libertas Amfiteater | 80min | R130/R100

Tee
Met Carel Nel, Cintaine Schutte en Renata Redelinghuys. Produksiehuis: Rust Co-Operative. Skrywer en regie: Philip Rademeyer
’n Verlate kamer. Die wêreld buite is aan’t vergaan. Onaardse geluide in die verte wat al nader kom. ’n Bottel. ’n Geweer. Lippe. Sykouse. Sigarette. Swangerskap. Sonstraalvingers. Seuntjies en dogtertjies. Vrouwees en manwees. Tee. Drie vreemdelinge. Waar is hulle? En wat het hulle gedoen om hier te beland?
9 Maart 14:30 | 13 Maart 20:30 | kykNET Fismer | 75min | R100/ R80 | Geen o/16 TSG

Titanik: Een yslike avontuur
Deur en met Jody Abrahams en Christo Davids. Produksiehuis: Jester Productions
Boela Durrie verloor sy job by NAMPAK. Dissie laaste Vrydag vannie maand, sonder geld, niks bier, sy rent is drie maande laat en Aunty Kitty is moeg vir sy verskonings. DHL daag op, nogal innie Athlone, en gee hom ’n brief allie pad vannie Southampton. Boeta Durrie moet bewys dat sy groot-oupagrootjie oppie RMS Titanic was sodat hy sy erfporsie kan gaan haal. Het sy skip uiteindelik ingekom?
15 Maart 20:30 | 16 Maart 10:00 & 12:30 | kykNET Fismer | 70min | R110 / R90 skoliere /R80 groepbesprekings

Trippie
’n US Woordfees  en ABSA KKNK ko-produksie
Met Stian Bam en Nicola Hanekom. Sang: Braam du Toit en Michelle Badenhorst. Deur Nicola Hanekom. Haas en Kaas Produksies. Komponis: Braam du Toit. Regie Jaco Bouwer
Teen alle verwagting, ten spyte van positiewe denke en drome, gryp die onsigbare hand van die noodlot jou soms by die kraag, klap jou deur die gesig en los jou vir die wolwe. Ons staan op, ons eet, ons werk, ons slaap met goeie bedoeling. Ons is gewone mense. Dan is daar hulle.
8, 9, 10, 11 Maart 16:00 & 18:00| Vertrek vanaf kykNET Hoërskool Stellenbosch | 60 min | R120 | Geen o/14

Voorskoot en lipstiek
Moontlik gemaak deur Spekko Rys
Met Marinda Engelbrecht en Herman Lensing. Teks en regie: Marion Holm
Kosteater is oorbekend, so wat maak hierdie konsert anders? Daar is karakters op die verhoog wat besig is om in ’n toneelstuk te speel terwyl hulle kook. Marinda Engelbrecht (van Kokkedoor) en Herman Lensing (skrywer) is ewe bekend. Die bestanddele is dus daar – dit kort net die gehoor wat moet aansit vir ’n feesmaal van teater en kos.
12 Maart 18:00 | 13 Maart 11:00 | kykNET Hoërskool Stellenbosch | 60min | R120

Waterpas
’n US Woordfees en ABSA KKNK ko-produksie
Met Francois Jacobs, Hannah Borthwick, Roeline Daneel, De Klerk Oelofse en Wessel Pretorius. Produksiehuis: Polony. Teks: Wessel Pretorius. Musiek: André Gerber. Regie: Christiaan Olwagen
’n Eksistensiële laslap-komedie oor die lewe, die dood en al die fratsongelukke wat tussenin gebeur. Wat is die sin in die lewe as jy kop bo water probeer hou maar nie die perd tot by die water kan bring en hom maak drink van ’n eend se rug af nie? ’n Studie in waansin uit die pen van Wessel Pretorius (van Ont-faam).
9 Maart 11:00 | 10 Maart 13:00 | 11 Maart 20:30 | 12 Maart 09:30 | kykNET Fismer| 80min | R100/ R70 studente | Geen o/16 TN

Wie’s bang vir Virginia Woolf?
Moontlik gemaak deur Clover Aardklop
Met Sandra Prinsloo, Marius Weyers, Wessel Pretorius en Greta Pieterse. Deur Edward Albee. Vertaling Saartjie Botha. Ontwerp: Jaco Bouwer. Regie: Christiaan Olwagen
Getroudwees is nie vir sissies nie. ’n Jong getroude paartjie maak ’n oorlog tussen ou-getroudes mee in ’n nag van verwyte, verraad, ontboeseming en versinsel. ’n Waansinnige maar bekende blik op wat mense aan mekaar doen: uit liefde, uit selfbehoud, wanneer drome en ideale nie realiseer nie en mense opgeskeep sit met mekaar. Huweliksmaats wat mekaar genadeloos uitoorlê, en in die proses bewys dat min dinge so snaaks is soos gemeensame wreedheid tussen bekende partye.
7 Maart 18:00 | 8 Maart 10:00 | 9 Maart 17:00 | kykNET Hoërskool Stellenbosch | 120min |R120 | Geen o/16 TS

Wit manne se wapens
Met Gys de Villiers. Teks: Greig Coetzee. Vertaling en verwerking: Gys de Villiers. Regie: Jaci de Villiers
’n Lekker humoristiese, nostalgiese terugblik op ons ouer wit mans se weermagdae. Die troepie, die korporaal, die slapgat, die dofkop – almal kom maak ’n draai. Die vraag is: Waar staan ons nou? Die oorspronklike stuk is hoogs suksesvol in dertien lande opgevoer. ’n Gulde geleentheid vir Gys om sy talente uit sy akteurshoed te pluk met twaalf karakters, elk met sy eie unieke fisieke styl!
13 Maart 14:30 | 14 Maart 20:30 | 15 Maart 10:00 | kykNET Fismer | 80min | R110 | Geen o/16 T

Wrongly accused
Met Waseef Piekaan. Teks: Waseef Piekaan. Regie: Basil Appollis
’n Jong man van die Oos-Kaap bevind homself in groot moeilikheid met die gereg wanneer ’n selfoonwinkel se Indiese eienaar hom van diefstal beskuldig. Waseef Piekaan van 'vocal is lekka' en 'a town called fokol-lutho' maak sy debuut by die Woordfees met hierdie eenmanstuk. Skreeusnaaks, met komiese liedjies!
7, 9 & 15 Maart 20:30 |Die Voortrekkers PJ Olivier Kunssentrum | 60min | R80

Kabaret en Konsert

Cabernet-Cabaret
Met Clinton Zerf en Magda van Biljon. Regie: Magda van Biljon, met afronding deur Genevieve Zerf
Kom klink ’n kelkie op die lewe! Marie Buissett-du Plessis, jong tweede vrou van Hugenoot Jean Prieur du Plessis, skeepsdokter in diens van die VOC, vertel in pure musiekteaterstyl, in Nederlands, Duits, Maleis, Frans en selfs Afrikaans, van die Ou Kaap en van wyn: ’n ode aan die wingerdstok, ’n misoes se pyn, die wonder van mos, die ritme van die vatmakers... ’n Heerlike versnit van meeleef en saamneurie oor die wonder van die lewe en die wyn!
14 Maart 12:30 | kykNET Endler l 55 min | R100

Die Louis en Llandi Show
Spelers en teks: Louis Roux en Llandi Beeslaar. Produksiehuis: TEATERteater-jeugliga. Regie: Marthinus Basson
’n Konsert. ’n Tipe show wat kyk na die sweterige kieliebak van ons kultuur en sê: ‘Wat as ek jou lek?’ Sommige sê Louis en Llandi is die stem van hul generasie; ander sê hulle is twee washouts wat by hulle ouers gaan bly tot hulle 40 is.
9 Maart 17:00 | 15 Maart 17:00 | 16 Maart 20:30 |Die Voortrekkers PJ Olivier Kunssentrum | 60min | R60 | Geen o/16 T

Ou musikant
Met sangers Marlie Koch en André Terblanche. Tale Be Told Productions. Musiekregie: Hano Smit
Orkes: Hano Smit (kitaar), Shawn Johannes (baskitaar), Tracy Apollis (klavier), Adam Coolsaet (tromme), Lou-Ann Stone (saksofoon). Teks en Regie: Ingrid Howard
Danie Bosman (1907 – 1946) is volgens Nico Carstens die beste komponis wat Suid Afrika ooit sal ken. Sy uitsonderlike komposisies leen hul tot jazz-, blues-, kontemporêre en ligte klassieke musiek. André (as Danie Bosman) en Marlie (as sy vrou Dorothy) laat hierdie storie van ’n musikant uit ’n vroeër era glorieryk herleef.
14 Maart 15:00 | kykNET Endler| 60min | R110

Skalie skinderstories tref Stoffontein
Met Gabrielle Immelman, Joshua Prinsloo, Stephanie Badenhorst, Johan Falck, Johan de Jager, Marlie Kock, Merique Hanekom, Kyle Seconna, André Terblanche, Heinie de Jager, Marika Reinke, Celeste Kruger, Grethe van der Merwe, Etienne Esterhuisen en Elanza Swart. Musikale regie, met oorspronklike musiek en lirieke: Lucas Heinen. Teks en regie: Schalk Van der Merwe
Ontgin of ontken? Kom ontdek die liriese liefdesverhaal van Stoffontein se Karoo-inwoners. ’n Komiese kykie na die lief en leed wat gehaal kan word uit ’n dorpshoed.
7 Maart 20:30 | Eikestadnuus Klank-kamer: Boektent| 90min | R100

Te veel vir ’n coloured girl
Met Tereska Muishond, Jo-Ann Scholtz, Olivia Sauer en Justinovia Kettledas. Produksiehuis: Bushwomen Productions. Teks en regie: Tereska Muishond
Poësie, sang en dans word kleurvol vermeng. Vier bruin vroue probeer sin maak van hul identiteit en die plek waar hulle hoort – in ’n land waar hulle voorheen geforseer is om tussen die skadu’s van swart en wit te lewe.
7 Maart 17:00 | 8 Maart 14:30 | kykNET Fismer | 70min | R100 | Geen o/12

Vlambaar – Sarah Theron
Met Sarah Theron en Lucas Heinen op die klavier. Teks: Sarah Theron. Regie: Pedro Kruger
Dinge wat ons na aan die hart lê: Wie en wat ons is, waar ons vandaan kom, ons ‘roots’. Ons is grootgemaak om altyd hoflik te wees en te glimlag – om nie ons hart die oorhand te laat kry nie. Maar nou is Sarah vuur en vlam! Hartsmusiek, volkswysies, die blues én die ‘belt-nommers’, insluitende Sarah se nuwe nostalgie-treffer ‘Met jou VW’. Vurige diva in volle vaart!
14 Maart 19:00 | Eikestadnuus Klank-kamer: Boektent | 70min | R100


Aan de Braak-fees
(LW: Aan de Braak is nou in Erfurthuis)

Be-Händel
Met Pascual Wakefield
’n Eenmanvertoning met baie verrassings, geheime, hartseer, humor en pragtige musiek wat by die Woordfees debuteer.
9 Maart 20:00 | Aan de Braak Teater | 60min | R80

Bloed – ’n Kabaret
Teks en spel: Heinie de Jager. Musiek: Stephan Bezuidenhout
Drie dinge kan niemand ontken nie: jou ma, jou bloed en die dood. Klein Andries keer terug na sy geboorteplek met vrae oor waarheid wat net meer raak. Is bloed dikker as water? Bloed is meer as net ’n klewerige, souterige, donkerrooi vloeistof. Dis is ’n bron van lewe, van dood en passie. Bloed laat ’n spoor.
9 Maart 15:00 | Aan de Braak Teater | 60min | R60

Breek
Met 10 jong kunstenaars van The Stage Performing Arts school and Theatre
Teebreek, wegbreek, opbreek… Verskillende tipe breke word uitgebeeld met sang, beweging en toneelspel. Met al die groen in ons land, tuine, gedagtes, klerekaste en lewens, wil iets altyd ontbreek en die vrolike sfeer verbreek, maar jy breek wel nie altyd alleen nie.
15 Maart 20:00 | Aan de Braak Teater | 60min | R80

Die aand toe hy huis toe gekom het: Die Michiel Meyer storie
Met Brian Robson en Marguerite du Bois. Regie: Frans Hamman
Sewe jaar gelede, op ’n stormagtige Halloween-aand, het Michiel by die voordeur uitgeglip om brood of melk of iets-cliché-agtigs-wat-Annetjie-lief-wou-hê te koop. Maar hy het nooit teruggekom nie. Nou is daar ’n klop aan die deur. Dis Michiel. Met Annetjie se brood of melk of wat-ookal. Sonder ’n idee waar hy was.
8 Maart 19:00 | Aan de Braak Teater | 60min | R60

Die Anti-Sangers
Met Stephanie Badenhorst en Anele du Plessis. Pianis: Lucas Heinen
‘Ons wil maar ons kan nie.’ Die Anti-Sangers, wat swaar dra al aan die een kant van al die talentloosheid, bring ’n boodskap van hoop, geloof, maar bowenal uiterste teleurstelling. Arm van stem maar soepel van verstand, kom hulle met vlymskerp lirieke en eksistensiële insigte. Dié skets-kabaret sal jou laat skater, ou maat!
8 Maart 21:00 | Aan de Braak Teater | 60min | R80

Die ryke dwaas – W.E.G. Louw
Met Franco Prinsloo (oorspronklike musiek en regie) en André van Rensburg (kitaar). Ontwerp en filmmateriaal: Johan Cronjé
W.E.G  Louw se debuutwerk, Die ryke dwaas, word gesien as die begin van die Dertigerbeweging in die Afrikaanse poësie. Vars toonsettings en begeleiding deur ’n bekroonde klassieke kitaarspeler, met argiefmateriaal en video-installasiewerk, neem jou op ’n wonderbaarlike reis deur Louw se verse. Deel van ’n konsertreeks wat sy 100ste geboortejaar vier.
10 Maart 19:00 & 11 Maart 21:00 | Aan de Braak Teater | 55min | R80

Eva
Met Lancea Crafford, Elizna Vermeulen, Grethe van der Merwe, Johann Falck en Jan Snyers. Breek-’n-plank Produksies. Teks en regie: Lancea Crafford
Evaondersoek die innerlike konflik van die psige en hoe ons ons eie realiteit skep. Obsessie en seksualiteit se neerslag in dialoë kan lei tot selfvernietiging as enigste uitweg.
16 Maart 15:00 | Aan de Braak Teater | 60min | R80

Girl van die Surburbs op reis
Met Marlie Kock en Lucas Heinen op die klavier
Na ’n onvergeetlike toer in Europa het Girl van die Surburbs nuwe reisverhale en songs. ’n Kabaret wat jy nie kan mis nie!
9 Maart 12:00 | Aan de Braak Teater | 60min | R80

Hutsetiket
Met Elizna Vermeulen. Teks: Annemarie Hattingh en Elizna Vermeulen. JaneeKyk Produksies. Regie: Annemarie Hattingh
Na die groot mislukking van haar realiteitstelevisie-‘loopbaan’ keer Anelina Stein terug, reg vir haar volgende oornagsukses – sosiale media. Anelina is kort voor lank verslaaf aan likes,hits en shares, en voor sy kan sê tweet, is sy ’n sosiale media-ghoeroe. #Fame was nog nooit so maklik nie!
12 Maart 19:00 | Aan de Braak Teater | 60min | R80

Josh Prinsloo en die Dahgah Fondasie
Liedjieskrywer en digter Josh Prinsloo besin oor die kompleksiteit van die menslike kondisie en wat dit beteken om ’n volledige persoon te wees. ’n Nuutskepping met insiggewende perspektiewe en die kreatiewe integrasie van moderne klanke soos hip hop, jazz, die gesproke woord, Afrika-ritmes en rock.
10 Maart 21:00 | Aan de Braak Teater | 60min | R80

Jy sit op my plek
Met Christine van Reenen, Johan Falck en Rhona Meyer. Teks: Danie Stander en Christine van Reenen. Regie: Danie Stander
Vrou sit op man se plek. Man sit op vrou se plek. Vrou is bang vir hoogtes. O ja, ons praat van vliegtuig-sitplekke. Man is bang vir … ander dinge … Daar is spanning in die lug ... oor meer as net hoogtes. Onskuldige vermaak. Behalwe vir die… Toemaar, niks.
13 Maart 19:00 | Aan de Braak Teater | 60min | R80

Miss-fit
Met Celeste Slabber-Loriston
Misplaas = pas nie in nie, nie normaal nie, volgens samelewingsnorme. Mel Burger-Du Toit is in ’n psigiatriese inrigting want sy kan nie in die samelewing funksioneer nie. Sy sien haarself as Norma Jeane Baker, alias Marilyn Monroe: ‘Omdat die werklikheid net so groot geword het, en ek nie meer daarin kan bestaan nie... nie meer wil bestaan sonder jou nie...’ – Norma Jeane Baker.
11 Maart 19:00 | Aan de Braak Teater | 60min | R80

’n Magiese ode
Met Johan Falck en André Strijdom. Musiek: André Strijdom
Wat definieer mag? Bepaal mag die mens of bepaal mens die mag? Wat mag jy en wat mag jy nie?
13 Maart 21:00 | Aan de Braak Teater | 60min | R80

Sand
Met Carina Nel (Generations) en Marco Spaumer (kykNET). Teks: Jannes Erasmus. AbstrACT Productions. Regie en Ontwerp: Quintin Wils
Mienke se lewe glip soos sand deur haar vingers. Sy begrawe haar verlede stadig op Knysna se strand, maar iets haper. Was dit nie vir Jan Bouwer nie, was dinge dalk anders. ’n Visuele fees vir die oog: ‘Hierdie asemrowende briljante stuk toneelspel laat 'n mens dink aan die dieper dinge van die lewe’ – Cue Newspaper, NH.
12 Maart 21:00 & 14 Maart 21:00 | Aan de Braak Teater | 60min | R80 | Geen o/13 TG

Towerspel – 4 seisoene op ’n ashoop
Met Ronell Erwee. Teks en musiek: André Strijdom
Betty Misheiker se bekende ‘Lappop’-lied is die uitgangspunt vir dié kabaret. Die tegnologies-gevulde 21ste eeu, met sosiale netwerke soos Facebook, Twitter, Instagram, BBM, Flickr,Youtube en WhatsApp, laat min aan die verbeelding oor. Met die internet ’n oorlaaide kuberashoop vir die vullis van daaglikse gebeure, uitlatings en gedagtes, is die verhoog dalk die enigste oorblywende tower-oase vir ’n egte belewenis van die lewenseisoene.
15 Maart 17:00 | Aan de Braak Teater | 60min | R80

Vir die geheue aan verlies
Met Frans Hamman
Bedags help hy ander se herinneringe bewaar, maar snags is sy eie aan’t wegkwyn. Deur te grou in die hart se laaikas en die oorskiet uit die geheue se vrieskas op te diep, verloor Fanie homself in wat hy kan of wil onthou, en in wat hy liefs sou wou vergeet.
14 Maart 19:00 | Aan de Braak Teater | 60min | R80

Wag vir reën
Met Marthie Nel Hauptfleisch en Braam Potgieter as pianis
Die mooiste liefdesliedjies in ’n bondeltjie saamgevat op reise van die hart. Dit sizzle, dit reën, dit wag vir reën... Kry my hier tussen wit en swart klawers, met ongetemde liefde – vry om te herontdek: die glinster in ’n oog, ’n soen, die toorkrag van liefde. Abrakadabra... Belowe my die liefde!
16 Maart 12:00 | Aan de Braak Teater | 60min | R80

WeetStil
Met Pieter van Helslandt, Richard Onraet (kitare) en Renate Riedemann (viool)
’n Towerdebuut word bekendgestel, met snitte soos ‘Skaakmat’, ‘Amazing is jy’ en ‘In stilte’waaroor mense reeds gons. Pieter, sedert 2005 ’n vooraanstaande kabaretbegeleier, tree nóg sterker toe as sanger-pianis en sing die Afrikaans-kontemporêre genre aan die brand!
9 Maart 17:00 | Aan de Braak Teater | 60min | R80


Klassieke musiek

2Pianists
Met Luis Magalhães and Nina Schumann
The world-renowned piano duo 2Pianists returns to the stage especially for Woordfees 2014. 2Pianists has concertized extensively in Europe, Asia and the USA, and their compact discs have garnered rave reviews. Both Magalhães and Schumann are appointed in the Music Department of Stellenbosch University.
9 Maart 13:00 | kykNET Endler| 60min | R110/R80

Afrikaanse Lied: Karoonagte
US Kamerkoor o.l.v. Martin Berger
Martin Berger en sy nuwe US Kamerkoor voer die Afrikaanse lied tot verrassende nuwe hoogtes in een deurgekomponeerde geheel waarin die koor deel vorm van ’n kunstige video- en skyfievertoning oor die Karoo. Met hierdie konsep het Berger, voorheen Kapellmeister van die Würzburg Katedraal en internasionaal in aanvraag as gasdirigent en koorafrigter, heelwat roem verwerf in Duitsland.
16 Maart 16:30 | kykNET Endler | 90min | R110/R80

Bach Cello Suites
With Peter Martens
Peter Martens’ double CD of the Bach Cello Suites has not only won critical acclaim in the USA, Japan and the UK, but his live performance thereof during Wordfest 2013 earned him a trophy for Beste Klassieke Musiekproduksie. This year, Peter will perform suites 4, 5 and 6 to a beautiful slide show compiled by Leonore Bredekamp.
9 Maart 18:00 | kykNET Fismer | 80min | R110/R80

Bel Canto – Die passie van ons Heer
Met die Bel Canto-koor van George o.l.v. Dalene Brits
’n Voordrag in woord en lied wat die passie van Christus uitbeeld. Nuwe toonsettings deur Dalene Brits van veral W.E.G. Louw se gedigte word afgewissel met verse wat Dale Stone spesiaal vir hierdie produksie geskryf het. Dié aangrypende boodskap word beklemtoon deur die pragtige sang waarvoor die Bel Canto-koor bekend staan.
16 Maart 13:00 | kykNET Endler | 50min | Gratis

Blondes – Elgar, Elton & Elvis
Met Elna van der Merwe, Zorada Temmingh (2 klaviere) en Kevin Gibson (tromme)
Wat snoer drie uiteenlopende El’le se musiek saam? Sedert dit die eerste keer gehoor is, gryp dit harte aan! Die Blondes se verrassende tweeklavier-verwerkings van Elgar en Elton John se bekendste melodieë en van die liedjies wat Elvis gesing het, sal jou met heimwee en lekkerkry vul danksy die immergewilde Blondes se kenmerkende vars en vernuftige weefwerk, pianistiese virtuositeit en skeutjie humor.
9 Maart 11:00 | kykNET Endler | 60min | R110

Cape Town Tango Ensemble
With Stanislav Angelov (Bandoneón & Accordion), Petrus de Beer (Violin), Albert Combrink (Piano), Charles Lazar (Double Bass) and Peter Narun (guitar)
The only Tango Orchestra in Africa who have studied and performed the music of Astor Piazzolla since 1996, present the most important works of this composer, performed in their original score. The program will also include music by other composers of the Tango Nuevo style, like Ricardo Fiorio, Richard Galliano and others.
11 Maart 20:00 | kykNET Endler | 120min | R110/R80

Celli-familie
’n Ensemble van 12 Duitse, asook Suid-Afrikaanse tjelliste. Dirigent: Hans Erik Deckert
Die Celli-familie van Duitsland is ’n groep van 12 tjelliste onder leiding van Hans Erik Deckert, wat onder die groot Pablo Casals gestudeer het. Die Celli-familie, op hul derde besoek aan Suid-Afrika, sluit verskeie jong Suid-Afrikaanse tjelliste in op ’n program van magiese bon-bons.
14 Maart 20:00 | kykNET Endler | 100min | R110/R80

Die 7 Skeppingsdae / The 7 Days of Creation
Winand Grundling (orrel) & Schalk Wasserman (timpani)
Die skeppingsverhaal in Genesis 1 help ons om vandag sorgsaam te leef en God se grootheid te aanskou. Winand en Schalk neem die luisteraar op ’n reis deur die 7 skeppingsdae en gee ’n nuwe dimensie aan orrelkonserte met die toevoeging van die timpani.
8 Maart 13:00| kykNET Endler | 60min | R100

Genova & Dimitrov Piano Duo
Met Aglika Genova & Liuben Dimitrov
Anton Arensky se ‘Silhoeëtte’ word die silwer draad wat deur Genova en Dimitrov se konsertprogram weef. Die gekose stukke wil veral voortborduur op die magiese klawerbordtalent van Bach en Arensky, maar word pure luistergenot wanneer operawerke wat Mozart, Bellini en Bizet oorspronklik gekomponeer het ’n verwerkte baadjie aantrek.
9 Maart 16:30 | kykNET Endler | 100min | R125/R80

Land in klank
Met Marietjie Pauw (fluit), Suzanne Martens (viool) en Roelien Grobler (harp)
Drie musici ondersoek die magiese skakel tussen landskapskuns en musiek: hulle speel Suid-Afrikaanse werke van onder meer Muyanga, Hofmeyr, Van Rensburg en Ndodana-Breen, terwyl luisteraars Pierneef se stasiepanele kan bewonder. Kom raak betower deur die kyk en die luister na interpretasies van die landskap in die ruim akoestiese naklank van die Rupert museum.
8 Maart 11:00 | Rupert Kunsmuseum| 60min | R100

Liebrecht Vanbeckevoort
Geborg deur die Vlaamse Kultuurstigting
Die Woordfees verwelkom graag dié gevierde Belgiese klassieke pianis. Na sy musiekstudie in België en die VSA was hy wenner van talle nasionale kompetisies én internasionale kompetisies, soos die Koningin Elizabeth Internasionale Musiekkompetisie. Sy talryke optredes word dikwels gehoor op radio en televisie. Hy wy sy program by die fees o.m. aan .....
10 Maart 13:00 | kykNET Endler | 90min | R100/R70

Music of Myth, Magic and Mystery
Met die Kaapse Filharmoniese Jeugorkes (CPYO) en die Stellenbosch Musica Perpetua Jeugorkes
’n Wonderbaarlike simfoniese kragtoer deur twee jeugorkeste! Die energieke weergawe van o.a. ‘Karnaval van die Diere’ (Saint-Saens), met soliste Roelof Temmingh en Henley Jung, word uitgevoer onder die bedrewe towerstaf van Brandon Phillips, dirigent en artistieke bestuurder van die CPYO. Ander hoogtepunte is ‘Also Sprach Zarathustra’ (Strauss), ‘Palladium’ (Jenkins), ‘Pirates of the Caribbean’ (Badelt), Harbinger (Oldfield) en ‘Bohemian Rhapsody’ (Queen).
9 Maart 20:00 | kykNET Endler | 90min | R100

My obsessie met Christa Steyn
Met Lizelle le Roux en Annien Shaw (viool), Jeanne-Louise Moolman (altviool), Susan Mouton (tjello) en Ockie Vermeulen (regie, orrel en klavier)
Op ’n doodgewone aand in September 1990 lui die telefoon. ‘Hallo, Ockie, dis tannie Christa Steyn,’ sê die stem aan die ander kant. Dit was die begin van ’n jarelange musiek verbintenis. ’n Multimedia-produksie as viering van Christa, ’n vriendin en mentor, se lewe en bowenal van haar musiek. Saam met ’n virtuele orkes op die skerm.
15 Maart 13:00 | kykNET Endler | 75min | R110

Paul Cilliers Gedenkkonsert
Deur KEMUS, in samewerking met STIAS
Ter nagedagtenis aan die bekende Stellenbosse filosoof Paul Cilliers, vestig KEMUS en STIAS ’n jaarlikse gedenkkonsert, gewy aan die uitvoering van hoogstaande eietydse musiek. Die eerste aanbieding is ’n portretkonsert van die bekende Suid-Afrikaanse komponis Hans Huyssen, wat ’n PhD-student van Cilliers was en in 2014 sy 50ste verjaardag vier.
12 Maart 18:45, vertoning begin om 19:30 |STIAS| 60min | R100

Stellenbosch University Camerata
With Kevin Vigneau (oboe) and Kimberly Fredenburgh (viola). Concertmaster: Suzanne Martens
The SAMA award winning Stellenbosch University Camerata performs a programme including Mozart and Karajev, with guest soloists from the USA, Kevin Vigneau and Kimberly Fredenburgh. Central to the programme is the world premier of a new concerto written for the duo by South African composer Allan Stephenson.
15 Maart 17:30 | kykNET Endler | 90min | R110/R80

Twee Halfronde
Met Anne-Marie van Eeden en Lizanne Barnard, Kevin Gibson (tromme) en Schalk Joubert (bas).
Dié tweelingsusters se professionele paaie kruis uiteindelik weer in ’n musikale hereniging en samevloei van Europese en Afrika-klanke – vanuit twee halfronde. ’n Kragtoer in musikaliteit, kreatiwiteit en virtuositeit. Visueel belig deur die bekroonde kunstenaar Diek Grobler en dansers The November Boys.
13 Maart 13:00 | kykNET Endler | 75 min | R110

USSO
University of Stellenbosch Symphony Orchestra. Conductor: Corvin Matei. Soloist: Pieter Grobler
Mussorgsky’s Pictures at an Exhibition, orchestrated by Maurice Ravel, takes the listener on a magical journey through a gallery of enchanting paintings. Maestro Corvin Matei will conduct the University of Stellenbosch Symphony Orchestra. Mozart’s sublime piano concerto K 271 with soloist Pieter Grobler and Stefans Grové’s Elegy for strings are also on the programme.
7 & 8 Maart 20:00 | kykNET Endler | 120min | R125/R90

Versteekte skat, verlate tuin – Odeion Strykkwartet
Met Samson Diamond (eerste viool), Sharon de Kock (tweede viool), Jeanne-Louise Moolman (altviool) en Anmari van der Westhuizen (tjello), met gaskunstenaar Elizabeth Frandsen (sang)
’n Versteekte skat is hul eie Soweto ‘Diamond’, verskuil in die Odeion Strykkwartet van die Vrystaatse Universiteit. Kom raak betower deur die Britse komponis John Tavener se meditatiewe ‘Hidden Treasure’ en loer na diep onder in ‘Die verlate Tuin’, ’n komposisie deur Pieter de Villiers vir sang en strykkwartet, op poësie van Ina Rousseau.
15 Maart 20:00 | kykNET Endler | 50min | R110

Wene/Wien/Vienna: Die Suid Afrikaanse Soprane
Met Minette du Toit-Pearce, Goitsemang Lehobye, Vanessa Tait-Jones, Ernestine Stuurman, Friedel Mitas & Elna van der Merwe (klavier). Regie en konsep: Niël Rademan
Word weggevoer na die wonderwêreld van die Weense wals. ’n Kleurvolle operette-konsert soos nog nooit vantevore in Suid-Afrika gesien nie! Die Suid-Afrikaanse Soprane en Niël Rademan sal u op die punt van u stoel hou!
8 Maart 17:30| kykNET Endler | 70min | R120

Wenner-stemme
Aangebied deur die ATKV en US Woordfees. Met Vanessa Tait-Jones (2011), Hlengiwe Mkwanazi (2012), Caroline Modiba (2013) en Philippus Hugo (klavier). Samestelling: Philippus Hugo
Vir die eerste keer saam in ’n unieke konsert – die drie algehele wenners sedert die ontstaan van SA se grootste nasionale klassiekesang-kompetisie, ATKV-Muziqanto, in ’n spesiaal-saamgestelde program van gunstelinge, opgetower uit die musiekhoed!
10 Maart 17:00 | kykNET Fismer | 60min | R110/R80

Sanlam Musiekfees - Kontemporêre musiek

Chromatique
Met Wilken Calitz
’n Eenman debuutproduksie waarin Wilken Calitz die grense van die tradisionele musiekkonsert toets met oorspronklike komposisies vir akoestiese kitaar en viool. Synthesizers, loop-pedals en ander elektroniese hulpmiddels ontgin ’n klankideaal wat oor lands- en identiteitsgrense strek. Revolusionêr en uitsonderlik!
7 Maart 18:00 | Eikestadnuus Klank-kamer: Boektent | 60min | R100

Die Cordon Broers se Kossêrt
Jannie du Toit en Lochner de Kock span kragte saam vir heerlike kykgenot.  Hulle bied baie meer as net ’n kosdemo!  Terwyl vingerleklekker uitsoekresepte berei word, trakteer Lochner en Jannie die gehoor op kitaarspel, staaltjies, wenke en sang.  Alles in watertand  Afrikaans!
16 Maart 12:30 | De Vette Mossel | 60min | R80

David Kramer – Stokoud & Splinternuut
Met David Kramer, Schalk Joubert (baskitaar) en Kevin Gibson (tromme)
Die viering van ’n leeftyd van liedjieskryf! Ervaar David in sy vyfde dekade as kunstenaar, soos toe hy die eerste keer in die folk-klubs van Kaapstad en Stellenbosch begin sing het in die laat 1970’s. Hy verken ’n paar nuwe liedjies, maar sing ook van die nommers uit sy repertoire wat hom die reputasie as een van die voorste sangers en liedjieskrywers in Suid-Afrika gegee het: ‘... geen siel by Stokoud & Splinternuut kon sweerlikwaar ontevrede huiswaarts keer nie.’ – Die Burger.
12 Maart 20:30 | kykNET Endler | 70 min | R140/R120

Die Menere
Met Paul Riekert en André van Rensburg
Die twee Menere (beide van Battery 9-faam) tower ’n nuwe projek uit die hoed: donker, sagte, akoestiese ballades as deel van 'n unieke Afrikaanse subkultuur. Die teks speel 'n sentrale rol in hul vertoning terwyl die grens tussen lirieke en kort prosa meermale vervaag. Parodie en satire word doodluiters tussen standaard-‘liedjies’ ingevleg. 
7 Maart 22:30 & 8 Maart 20:30 | Eikestadnuus Klank-kamer: Boektent | 90min | R100 | Geen O/16 T

Dis mossie liefde
Met Babette Viljoen (klavier, baskitaar & stem), Izelle Claassen (viool & saksofoon), Steffie Le Roux (perkussie & stem), Werner Ferreira (trekklavier & klavier), Alanka Craffert en Corneels Schabort
Soos ‘Ken jy tant Mossie?’ wil dié produksie mense herinner aan die liedjies wat Afrikaners so plesierig kon saamsing, terwyl nuwe toonsettings van poësie en musiek in verskillende style oud en jonk lok. Heerlike vermaak vir die hele gesin!
8 Maart 11:00 | Eikestadnuus Klank-kamer: Boektent | 70min | R100

Jak de Priester in Die Ongelooflike ‘K’ show
Met Jak de Priester en Altus Muller
Jak de Priester ondersoek die ‘ander kant’ van drie meesterlike woord-en-noot-towenaars wat hom as jong liedjieskrywer geïnspireer het: Kramer, Krog en Kerkorrel! Die drie ikone se temas lyk soms eenders, maar hul benaderings verskil. Jak antwoord met sy eie komposisies en toonset ook die werk van Krog.
15 Maart 19:00 | Eikestadnuus Klank-kamer: Boektent | 90min | R110

Jannie Moolman – skrywers en digters
Met Jannie Moolman, begelei deur Engelie le Roux
Jannie Moolman sing skrywers se toonsettings (Kan dit waar wees?) van bekende gedigte uit verskillende wêrelddele. Wat voer Suid-Afrika se voortreflike en veelsydige multi-bekroonde tenoor in die mou? Kom luister watter towerformule sorg vir sy gewildheid!
11 Maart 19:00 | Eikestadnuus Klank-kamer: Boektent | 80min | R100

Laurinda Hofmeyr – ’n Perd van ’n ander kleur
Met Laurinda Hofmeyr, Schalk Joubert, Mabet van Wyk en David Klassen
Na ’n paar jaar van gedeelde verhoë, is Laurinda weer te sien in haar eie produksie, met haar eie orkes. Hierdie produksie is vir almal wat wil meemaak hoe ’n handvol topmusikante Laurinda se musiek weer kan laat rooi sien… Altyd met ’n knik na die groot digters wat die bloed in haar are laat bruis.
9 Maart 14:30 | Eikestadnuus Klank-kamer: Boektent | 60min | R110

Louis, die nuwe Loo(c)k
Met Louis Loock, begelei deur Rika Vermeulen
Louis Loock is bekend vir die sing van grootse verwerkings, vir ’n vokaal-uitdagende aanslag en musikale volklanke. Maar kom ontmoet nou sy kunstenaarswese in ’n eenmalige, uiters intieme vertoning, met Rika Vermeulen voor die klavier. Dit word afgewissel deur heerlike komiese vertellings uit skryfwerk. Sing jou hier, stories daar – en siedaar, 'n lekker genotvolle, musiekbelaaide vertoning!
 8 Maart 14:30 | Eikestadnuus Klank-kamer: Boektent | 80min | R110

5Maestro’s!
Met Niël Rademan, Selim Kagee en André Terblanche, Lucas Heinen (klavier) & Stanislav Angulov (trekklavier)
Hierdie groep manlike musici tower spesiaal vir die 15de Woordfees ’n meesterlike spektakel van klanke vir jou op. Raak meegevoer deur ’n verruklike verskeidenheid musiek uit musiekblyspele en films – dis uit ’n ander wêreld!
14 Maart 17:30 | kykNET Endler | 70min | R110

Menopouse en ander gloede
Met Nataniël, Steinway-pianis Charl du Plessis en kitaarvirtuoos Juan Oosthuizen
Die nimlike Nataniël keer terug na die Endler (waar hy as jong student soveel smartvolle eksamens en uitvoerings moes oorleef) met 'n program van heerlike stories en wonderbaarlike musiek. Geen kuns of literatuur; slegs hartstog, vreugde en ongelooflike duur uitrustings. Nataniël deel die verhoog met twee van Suid-Afrika se mees gevierde musikante.
CD's, DVD's, boeke en produkte uit die Kaalkop-reeks is beskikbaar by albei vertonings.
13 Maart 17:30 & 20:00 | kykNET Endler | 80min | R140 | Geen o/15

Rocco en strykers
Met Rocco de Villiers, Marie-Victoire Cumming, Lynette de Jager en Robert Mitchley
Rocco, met twee violiste en ’n kitaarspeler, laat klink musiek van sy laaste drie albums, maar speel ook met nuwe country-klanke – iets heel besonders! Kom luister na meesleurende instrumentale interpretasies van bekende melodieë soos ‘What a wonderful world’, ‘Love changes everything’ en veel meer.
15 Maart 10:00 | kykNET Endler | 90min | R110


Piekniekkonserte @ Neethlingshof

Bring jou eie eetgoed (geen drankies toegelaat) of bespreek jou piekniekmandjie propvol watertand luukses (soos Neethlingshofwyn, roomkaas, tamatie-pesto, kouevleis, vis en slaai, gepreserveerde groenvye en ’n neut-sjokolade soetigheid) by Computicket wanneer jy jou kaartjies koop. Bring jou eie stoel en kombers vir ekstra gemak. Wys jou Computicket-kaartjie by Neethlingshof se proelokaal vir ’n gratis wynproe (geldig tot ’n maand na die vertoning)!

Adam en Heavenly Quartez
Met Hugo Ludik, Reynardt Hugo en Joe Foster, saam met die Heavenly Quartez van Khayelitsha
Sewe word nogmaals ’n volmaakte getal met hierdie sewe stemme! Adam, die bekende driemanskap, deel ’n verhoog met die talentvolle Heavenly Quartez. Nie net is die twee groepe sag op die oog nie, maar hulle toor behoorlik met hul energieke sang en danspassies!
14 Maart 18:00 | Neethlingshof | 100min | R90/R60 studente

Die Heuwels Fantasties
Met drie albums (alles trots Afrikaans), drie MK musiektoekennings agter hulle naam, en met ’n reuse-gevolg in Suid-Afrika én oorsee, voel hierdie opwindende elektro-rockgroep uit Bellville steeds jy kan jouself eerliker uitdruk in jou moedertaal, maar die waarde en eerlikheid van hul musiek word kennelik begryp in énige taal. Die Heuwels Fantasties laat jou sterre sien!
15 Maart 18:00 | Neethlingshof|70min | R90/ R60 studente

Elvis Blue
Met Elvis Blue en Wannes Cappelle
In die voorprogram word die talentvolle Vlaamse sanger Wannes Cappelle aan Afrikaanse feesgangers bekendgestel. Daarna betower die gewilde Elvis Blue (soms as Jan Hoogenhout) oudergewoonte met sy sjarme, uitsonderlike talent en warm hart vir mense. Sy suksesse (wenner van ’n ATKV Lier, van SA Idols 2010, met o.m. ’n platinum album en twee SAMA’s agter sy naam) maak hom dié kunstenaar om te sorg vir ’n magiese belewenis!
9 Maart 18:00 |Neethlingshof | 100min | R90/R60 studente

Jaloersbokkies
Met Jawaahier Petersen, Nedine Blom, Ashur Petersen, Yazeed Williams, Adrian Abrahams, Robin Kock en Rhyno Domingo. Regie: Niël Rademan
Eg-Kaaps soos breyani en koesisters, uitgedos in kostuums eie aan die 50's, bekoor die Jaloersbokkies gehore met skatte soos ‘Daar kom die Alibama’, ‘Mannetjies Roux’, en die Maleier-treffer ‘Rosa’. Kom smul aan 'n mandjie vol lekkernye wat jou gazad sal maak!
12 Maart 18:00 | Neethlingshof | 65min | R90/ R60 studente (eetgoed uitgesluit)

Jemery Loops en Matthew Mole
Twee alternatiewe musikante spesiaal vir die 15de Woordfees! Jeremy laat oorvleuel die wêrelde van folk musiek, jazz, rock en hip hop. Deur die gebruik van ’n ‘Loop’-pedaal vermeng hy sy stem met als van ’n kitaar tot ’n banjo-snaar. Matthew, die eerste Suid-Afrikaner om wêreldwyd die nommer een-verkoper op iTunes te wees, inspireer mense deur aan folk musiek ’n elektroniese ruggraat te gee!
8 Maart 18:00 | Neethlingshof | 90min | R90/ R60 studente

Koos van der Merwe sing Leonard Cohen in Afrikaans
Met Koos van der Merwe en Hanno Enslin
Die bykans onmoontlike word meesterlik vermag – Leonard Cohen se treffers verewig in Afrikaans! Met Koos agter die mikrofoon transformeer bekende treffers soos ‘Dance Me To The End Of Love’ (Dans my na die liefde toe), ‘Hallelujah’ en ‘Famous Blue Raincoat’ (Beroemde Blou Reënjas) tot pure Cohen in melankoliese en betowerende styl!
10 Maart 18:00 | Neethlingshof |90 min | R90/R60 studente

Radio Kalahari Orkes
Onbeheerstelike toonklap-musiek wat ruik, proe en klink na die veld, die lug en die ritme van ’n windpomp in ’n stowwerige landskap. Deur ’n mengelmoes van rock & roll, ghoema, Latyns, jazz- en Afrikana-style, vertel Radio Kalahari Orkes stories wat mens laat verlang na iemand wat jy (nog) nie ken nie.
11 Maart 18:00 | Neethlingshof |90min | R100
Student Jazz band concert
With Jannie Moolman, Gloria Bosman and the Stellenbosch University Jazz Band
Two of South Africa’s finest vocalists, Jannie Moolman and Gloria Bosman, join together in a programme of ballads and Jazz standards under the skies, with beautiful Neethlingshof as backdrop. They are backed by the ever-popular Stellenbosch University Jazz Band under the direction of Felicia Lesch.
13 Maart 18:00 | Neethlingshof| 70min | R90 /R60 studente

Theuns Jordaan – ons musikale towenaar!
Theuns Jordaan het as student op Stellenbosch sy musiektande geslyp. Sedert sy debuut in 2000 (soos die Woordfees) met die album Vreemde stad, het hy een van Afrikaanse musiek se suksesvolste kunstenaars geword. Hy kom sing van sy grootste treffers, maar ook liedjies uit sy Matie-kuierdae. ’n Viering van 15 jaar en meer by Woordfees 15!
16 Maart 18:00 |Neethlingshof|90min | R90/ R60 studente

Wellingtonse Suiker
In samewerking met Kunstekaap en die Breytenbach Sentrum. Met Gerhard Steyn, Richard van der Westhuizen en die Kunstekaap Jeugorkes, Wellington / Mbekweni. Dirigent: Ian Smith. Projekbestuurder: Mandy Barnes. Vervaardiger: Marlene le Roux
Gewilde Gerhard Steyn, met sy goot treffer ‘Baby Tjoklits’, en Richard van der Westhuizen werk wonders saam met Wellington se eie jeugorkes en kom met ’n ryk verskeidenheid in die magiese blou uur.
7 Maart 18:00 | Neethlingshof| 70min | R90 /R60 studente


Spier Amfiteater

15 Vroue
’n Woordfeesproduksie. In samewerking met Isa Carstens Academy, Nimue Skin, Stellenbosch Hair Academyen Elizabeth Galloway Academy of Fashion Design
Met Amanda Strydom, Lize Beekman, Anna Davel, Nadine, Laurinda Hofmeyr, Sarah Theron, Gloria Bosman, Sima, Rina Hugo, Minette du Toit-Pearce en Melanie Scholtz. Orkes: Janine Neethling (klavier), Melissa van der Spuy (klawerbord), David Klassen (tromme), Juan (Floors) Oosthuizen (kitaar), Lou-Ann Stone (saksofoon) en Romy Brautseth (baskitaar). Seremoniemeester: Hannes van Wyk (Bravo!). Tale Be Told Productions. Vervaardiger: Ingrid Howard. Musiekregie: Janine Neethling
Vyftien bekende musiekkunstenaars span saam om die 15de bestaansjaar van die Woordfees glorieryk en skouspelagtig te herdenk in ’n sterbelaaide produksie met magiese musiek.
15 Maart 20:30 | Spier Amfiteater| 80min | R150/R120/R90

iVrede
Aangebied deur ATKV en US Woordfees
Met Brandon October, Caroline Modiba (ATKV-Muziqanto-wenner 2013), Corlea Botha en Louis Loock, die Paarl Girls' High-koor o.l.v. Rykie Boeke en die Paul Roos Gimnasium-koor o.l.v. Stephan Bezuidenhout, asook ’n 9-stuks orkes o.l.v. Ockie Vermeulen (musiekregisseur)
Musikale samesyn en samesing laat hoor hoe 'n land se mense één kan word en saam kan leef in harmonie. In 'n jaar met 'n nasionale verkiesing én met die viering van 20 jaar demokrasie in SA, was vrede en stabiliteit lanklaas so nodig – vandaar dié boodskap van liefde, vrede, vreugde en nasietrots.
16 Maart 20:30 | Spier Amfiteater | 70min | R150/R120/R90

Karen Zoid & Emo Adams – Sprokie vir ’n stadskind
Met Karen Zoid, Emo Adams en die Africa Voices Ensemble: Paul Morrissey, Geran Steyn, Sello Maroga en Yati Khumalo
Karen Zoid en Emo Adams het die gehoor in die volgepakte Superbowl by Sun City stil gesing met hulle delikate en sielvolle weergawe van Koos Doep se bekende liedjie. Dié ongewone kombinasie van twee briljante musikante en ’n uitmuntende musiekgroep wat saam ’n ‘paar songs doen’, sal jou op ’n towertapyt wegvoer.
9 Maart 20:30 | Spier Amfiteater | 70min | R120/R90

Laurika en orkes - Liedjies vir alle tye
Met Laurika Rauch en David Klassen (tromme en perkussie), Denny Lalouette (baskitaar) en Nathan Smith (kitare). Musiekregie, klawerbord en klavier: Jaconell Mouton
Laurika se liedjies vorm die klankbaan van baie mense se lewens. Wanneer sy sing, ontroer sy en raak mense aan. Met dié produksie sal sy jou verras met nuwe, nooitgehoorde liedjies, maar altyd ook van haar geliefde nommers insluit. ’n Formidable span musikante begelei haar.
14 Maart 20:30 | Spier Amfiteater | 90min | R150/R120/R90

Stef Bos & Koos Kombuis - Niemandsland
Boskombuis is ’n ‘samekoms van twee manne van dieselfde generasie wat weet wie hulle was, wie hulle is en wie hulle eendag wil wees. Ook waar hulle was, waar hulle is, en waar hulle eendag wil wees.’ Die twee woordtowenaars sing van hul liefde vir vroue, kinders, ’n land, ’n God, ’n lewe. Hartroerend mooi, maar nooit sonder ’n sweempie subversiewe ironie nie…
7 Maart 20:30 | Spier Amfiteater | 90min | R150/R120/R90


Oude Libertas Amfiteater

Nomadic Orchestra
The infectious, energetic dance music of this five-piece instrumental dance band, based in Cape Town, will certainly get people moving. Their compositions are strongly influenced by traditional music from South-Eastern Europe: Macedonia, Romania and Serbia, but also by Klezmer, gypsy and circus music, as well as contemporary western party music and jazz.
9 Maart 18:30 | Oude Libertas Amfiteater | 90min | R140/ R120 (graskaartjies: R40 volw/ R10 kinders o/12)

Stabat Mater – Karl Jenkins
Geborg deur HEUER
Met Minette Du Toit-Pearce, die Libertas-koor en Zorada Temmingh voor die orrel
Stabat Mater (2008) bied die Walliese komponis Karl Jenkins se interpretasie van die 13de-eeuse Rooms-Katolieke gebed oor die lyding van Maria. Dit speel nie alleen in op tradisionele Westerse musiek nie, maar sluit ook etniese instrumente, Midde-Oosterse vokale werk en perkussie-instrumente in, met fragmente in Aramees en antieke Arabies. Dié magistrale werk vir koor en simfonie-orkes is aangepas vir 15 orkeslede.
7 & 8 Maart 20:15 | Oude Libertas Amfiteater | 90min | R150


Drostdy-Hof Blues @ De Vette Mossel

Die gewilde laataand jolkol van die fees: yskoue wyn en vuurwarm blues. Sagte seesand – nie slaapsand nie, maar toorsand. Sterre bo jou kop en voor jou op die verhoog. Sappige seekos en gesellige Vette Mossel-gasvryheid. Die legendariese Drostdy-Hof-orkes is die ruggraat: Dale Collins, Simon Orange, Rob Stemmet en Wayne Pauli. Vang hulle elke aand saam met ’n vars gaskunstenaar:

Maandag, 10 Maart – Gian Groen
Dinsdag, 11 Maart – Bruce Ewen, Greg Smith en Derek Harper Jr.
Woensdag, 12 Maart – Basson Laubscher en Sven Blumer
Donderdag, 13 Maart – Natasha Meister
Vrydag, 14 Maart – Piet Botha en Dr John
Saterdag, 15 Maart – Albert Frost

10-15 Maart 21:00 |De Vette Mossel |120min |R20 by hek


MFM 92.6 Kunsroete

Gaan pluk gerus verrassende winskopies uit die volgende kunsgalerye se feeshoede!

Magicus in D-street
’n Magiese kunsuitstalling uit die kwaste van Clare Menck, Cobus van Bosch, Jan du Toit, Peter van Straten, Shaney van den Berg, Andries Gouws en Ingrid Winterbach. Beeldhouwerk deur Niël Jonker en Lionel Smit.
Opening: Saterdag 8 Maart om 18:30 deur Lina Spies.
Rondleiding: Ma-Sa om 14:00 deur kurator Aidon Westcott.
Ma-Vry 09:00 – 17:00 | Sat-Son 09:00 -15:00 | Tel: 021 883 2337 | Dorpstraat  112 | www.dstreetgallery.com

Die Red Teapot Gallery
Beleef ’n kleur- en kunservaring met werk van Portchie en ander kunstenaars, asook unieke gebruiksartikels en 'n groot verskeidenheid silwer juweliersware. Spesiale Woordfees-winskopies!
Ma-Vry 10:00 – 17:00 | Sat 10:00 -13:00 | Tel: 021 883 9582; portchie@mweb.co.za | Oude Hoek Gebou, h/v Kerk- en Andringastraat

Johan Coetzee Kunsgalery
Baie welkom aan alle Woordfeesgangers! Kom kyk gerus na en koop van ons oorspronklike skilderye deur bekende Suid-Afrikaanse kunstenaars, afdrukke, eksklusiewe voëls van Feather in Knysna, pottebakkerswerk, kerse en kaartjies.
Ma-Vry 09:00 – 17:30 | Sat 09:00 -13:00 | Tel: 021 886 5656; jcgalery@mweb.co.za | Pleinstraat 71, h/v Plein- en Ryneveldstraat

Lilly Friedlaender Galery
Met Erica du Plessis, Lilly Friedlaender, Juria le Roux, Hestelle Maré, Carine Terreblanche en Angela Tolken se juweliersware. Metaal met taal is die titel van ’n uitsonderlinge uitstalling van uniek-ontwerpte juweliersware, waarin goudsmede ook met woorde smee, in die hart van Stellenbosch.
Ma-Vry 09:00 – 17:00 | Sat 09:00 -13:00 | Tel: 021 887 1655; lilly.f@wol.co.za | Kerkstraat 29

Oude Libertas KunsgaleryLouis Jansen van Vuuren:  In ’n oogwink – win citu oculi

In ’n onlangse reeks werke in gemengde medium ondersoek die kunstenaar aspekte van die portret as skeppende onderwerp, die verwantskap tussen sitter en waarnemer en die ‘vlietende’ oomblik wat die beoogde bestemming word.  Op 2 Maart 16:00 met die opening, en 12 Maart 17:00 bied Louis Jansen van Vuuren, Edwain Steenkamp en Niël Rademan (musiek) ook ’n woordmusiekprogram aan.
Ma-Vry 09:00 – 16:00 | Sat 09:00 -12:00 | Tel: 021 809 7463 | H/v Adam Tas- & Oude Libertasstraat

PJ Olivier Kunssentrum
In die historiese kern van Stellenbosch pronk ’n argitektoniese sieraad wat die oog hier kul en daar kul met 30 kunstenaars se verrassend oorspronklike kunswerke.  U is welkom om ’n siedaar ervaring te beleef met al die winskope – sien jou daar!  Aanskou ook ons feeskunstenaar Diek Grobler, se magiese verkoopsuitstalling.
Ma-Son 09:00 – 16:00| Tel: 021 886 4854| Blomstraat, Stellenbosch

Stellenbosch Kunsgalery
Frederike Stokhuyzen is ’n uitsonderlike kunstenaar wat haar skilderye met paletmesse voltooi vir lyn en struktuur, lig en lewe. Haar sketse op reis word later in olie op doek voltooi. Sy is veral bekend vir haar uitstaande Suid-Afrikaanse landskapswerke. Kom sien, beleef en belê!

Kom geniet ook Yvette Weyers se heerlike humoristiese, ironiese en dekonstruerende spel met woorde en die Woordfeestema. Sy haal die magiese uit die alledaagse in onwaarskynlike transformasies, en toor met metafore en idiome uit haar hoed soos die towenaar ’n haas of duif.
Ma-Vry 09:00 – 17:30 | Sat 09:00 -13:00 | Ryneveldstraat


MAD² Studentefees

In samewerking met die US Studenteraad

Maties MAD² Gemeenskapsfees
Kom geniet klein Saterdag saam met ons – en met groot name in die musiekbedryf. Almal bo die ouderdom van 18 is welkom by ons jaarlikse gemeenskapsfees waar ons lekker vermaak word en kan ontspan. Ons skop die aand af met ’n pretstap/-draf om die energievlakke hoog te kry. Dit begin om 17:00 en die inskrywingsfooi is R25. Navrae: Elize Knoetze (mad@sun.ac.za)
5 Maart 18:00|Parkeerterrein agter Wilgenhof | 240min | R30 vooraf/R40 by die deur

Sanlam Kultuurplesier!
'n Uitstalvenster vir die beste kultuur-items van die koshuise en PSO se kultuuraande. ’n Paneel beoordelaars besoek koshuise en PSO’s voor die Woordfees om te kyk wie en wat swaai die beste towerstaf. Magic vir almal met kultuurwoema! Navrae: Michelle Bezuidenhout [selfde as 2013?]
(071 515 6833).
10 Maart 17:30 | De Vette Mossel | 180min | Gratis

ATKV Debat-finaal – Stellenbosch-uitdunne
Aangebied deur die ATKV en die SR
Ongeveer 20 spanne van verskillende koshuise en PSO’s redeneer sake uit in die finale US-rondte van die ATKV Universiteite-debatkompetisie. Vir meer inligting, skakel Michelle Bezuidenhout (071 515 6833).
14 Maart 17:00 | Erfurtkafee | 120min | Gratis

Drink, dig, eet!
Aangebied deur Adam Tas Studentevereniging
Studentedigters toor met digwoorde – sluit by hulle aan en swaai jou eie towerstaf! Landgoedwyn en heerlike kaas verskyn (en verdwyn) ook in die niet. Maak dus jou glas vol en gooi daai toortaal!
16 Maart 20:00 | Eikestadnuus Klank-kamer: Boektent | 110min | R20 by die deur

Straatmylfees
Ondersteun deur Namaqua wyne, asook die US atletiekklub, Oud-Dagbrekerbond en Nu’bar, Somerset-Wes
Ter ere van oud-Dagbreker De Villiers Lampbrecht vier ons vanjaar die 50 jaar herdenking van die eerste droommyl in SA. Neem deel aan een van Dagbreek/Maties se 3 wedlope: Vir mans, dames en elite atlete. R2 000 bonus vir ’n betowerende droommyl! Vermaak tussendeur vir kykers – medaljes en ’n gelukstrekking. Vir navrae en vorms, kontak Francois (straatmyl@hotmail.com).
12 Maart 17:30 | Prys-uitdeling 18:00 voor Dagbreek | 90min | Inskrywingsfooi R20 | Victoriastraat


Koowee Kinderfees

In samewerking met die Voortrekkers

Kinderteater
Jan en die boontjierank
Aangebied deur Spektrum Kinderteater
’n Verwerking van die bekende sprokie waarin Jan tot sy ma se skok hul koei verkoop vir vyf wonderbone. Die wonderbaarlike boontjierank wat daaruit spruit, laat Jan ’n ander wêreld ontdek: met reuse, feetjies, ’n eend wat goue eiers lê, en harpe wat self speel en wense waar maak. Kom kyk of Jan sy ma kan help en of die reus van hom ’n Janburger maak vir aandete!
15 Maart 09:00 | Spier Amfiteater | 45min | R50

Kanoeksie en Kadoeksie
Met Anel Skye, Ulrike Vorndran en Chrizane Kellerman. Teks: Anel Skye. Produksiehuis: SKYEkids. Regie: Sophia Passerini
Kanoeksie is ’n meisie-elfie wat hou van ballet en musiek, van leer en slim wees. Kadoeksie is ’n elfie-seun wat hou van sport en speel, bou en dinge ontdek. Saam met hulle sesjarige mensemaatjie Pippie, leer hulle kinders speel-speel basiese vaardighede wat met onderwerpe soos wiskunde, kleure, die alfabet, maniere, gesondheid en higiëne te doen het.
11 Maart 10:30 | Die Voortrekkers PJ Olivier Kunssentrum | 45min | R50

Kinkel en Konkel en die kolle
Met Annemarie Hattingh, Elizna Vermeulen, Mariechen Vosloo en Leon Vermeulen. JaneeKyk Produksies. Teks, verwerking en regie: Annemarie Hattingh en Elizna Vermeulen
Die tuindwerge Kinkel en Konkel maak weer amok in Tuinebaai wanneer hulle moet teruggaan skool toe. Maar dan leer hulle dinge oor gesondheid, skool en boeke in die biblioteek en ontmoet wyse en interessante karakters. Vol opwindende musiek en danspassies wat die voete laat jeuk!
13 Maart 10:30 | Die Voortrekkers PJ Olivier Kunssentrum | 50min | R50

Liewe Heksie en die rolskaatse
Met Margit Meyer-Rödenbeck en Deon van Zyl. Skrywer: Verna Vels. Arena Produksiehuis. Verwerking en regie: Margit Meyer-Rödenbeck
Liewe Heksie is terug! Haai oe, maar sy het bietjie vergeet van verjaarsdae, en daarom vier sy haar ‘eerste’ verjaarsdag in Stellenbosch. Maar ai, die groot grillerige Geelheks probeer haar partytjie in die (rolskaats)wiele ry. Levinia vra mooi: ‘Asseblief kaboutervriende, kom help my!’ Verna Vels se betowerende, lewendige en aksie-belaaide storie betrek die kinders voluit.
8 Maart 10:30 | Spier Amfiteater | 50min | R60

Lollos 5 – Ek kyk na my lyf!
Met Lollos (Benjiman Jacobs), Lettie (Linecia Matthee-Daniels), Minki Burger en Disco (Redione Stephens). Lollos Productions
Lollos en Lettie kom weer uit Lalaland na ’n spesiale verjaarsdagpartytjie. Op pad het die vier maats baie pret en avonture, wat hulle leer om goed na hulle gesondheid en lyfies te kyk. Lettie leer om vir haarself lief te wees nes sy is. Propvol opwindende nuwe liedjies soos ‘Die kiem’ en ‘Die vriendelike dokter’, maar ook gunstelingtreffers. Kom spring en dans van plesier!
15 Maart 10:30 | Spier Amfiteater | 50min | R50

Mienkie en die bosdwerg
Met US Drama-studente. Aangebied deur US Drama. Teks en regie: Petrus du Preez
Mienkie is ’n dapper meisie wat naby ’n groot bos woon. Op ’n dag gaan kap haar Oupa hout in die bos en kom nie weer terug nie. Mienkie móét hom gaan soek. Dan beleef sy ’n wonderlike avontuur! Die tower-poppekas is net die plek om Mienkie en haar nuwe maats te ontmoet.
8 Maart 12:00 | 10 & 14 Maart 14:30| Die Voortrekkers PJ Olivier Kunssentrum | 45min | R50

Repelsteeltjie
Aangebied deur Spektrum Kinderteater. Teks: die broers Grimm. Verwerking: Gaerin Hauptfleisch
As ’n wewer by die koning spog dat sy talentvolle dogter strooi in goud kan verander met haar spinwiel, beveel die Koning haar om ’n kamer vol strooi in goud te verander. Repelsteeltjie help haar, maar vra ’n vreeslike prys. Kom kyk of sy ’n prinses gaan word en of sy haar woord gaan hou.
12 Maart 14:00  | 14 Maart 10:00| Die Voortrekkers PJ Olivier Kunssentrum | 45min | R50

Tjiff en Tjaff
Wat is groot en groen en sê graag Jippie-jy? Ja, Tjiff en Tjaff van die gewilde kykNET-kinderreeks kom kuier! Die geliefde groen outjies laat lag, sing en dans gehore met hul opgewonde vrae, antwoorde en avonture. Neem deel aan hulle kaperjolle en kom leer om dinge self te maak. Mimi hou hulle uit die kattekwaad!
8 Maart 09:00 | Spier Amfiteater | 50min | R50

Spesiaal vir kinders

Droom groot, Prinses!
Met Liezel van Beek, in samewerking met The Baby Effect
Wil meisies net prinsesse wees? Wat van skrywers wat met woorde toor, of uitvinders van ’n leesbril wat self lees? Of ten minste 'n prinses met 'n flinkdink-skerpskiet super power! 'n Prettige interaktiewe sessie vir ma en dogter (8-12jaar), waar ons saam aan splinternuwe lugkastele bou...
7 & 8 Maart 10:00 & 15:00 | Rozendal Gastehuis | 80min | R100

Kuns is kinderspeletjies
Kinders van ses tot tien jaar kan saam met konseptuele beeldhoukunstenaar Nicoliene Esterhuizen kom teken, skep en vorm aan klei-, pleister- en creedstone-beeldjies, met ‘speel’ as tema en inspirasie. 'n Video van jou kind se skeppingsproses is saam met die beeldjie ingesluit by die prys.
Pronkperdjies vir jou kaggelrak!
6 & 7 Maart 15:00 | 8 Maart 09:00,12:00,15:00 | Willhelms Auto, Plankenbrug | 90min | R300
Navrae: Nicoliene 083 314 3753

Peuter hier, peuter daar
Grawe jou kleuter se mees vodde-, gevlekte broek en T-hemp uit en bring hulle na hierdie eklektiese, veld-geïnspireerde kleuterparadys. Besige vingers, trippe trappe tone en kreatiewe denke word hier gevoed en gevier. Alle installasies, aktiwiteite en goeters is uit natuurlike of herwonne materiale gemaak. Ook lekker eetgoed te koop.
7 - 16 Maart | 10:00 - 16:00 | Rozendal Gasteplaas | R30

Wolkland
Almal word genooi na Wolkland se slim drake, dinosourusse en ander wonderlike diere. Skrywer Carina Stander het haar seun Aden van Niekerk se stories, tekeninge en kleibeelde uit sy eerste vyf lewensjare byeengebring in 'n boek. Hulle vertel daaroor en dan is dit partytjietyd, met 'n skattejag en ander speletjies in die seerowerskip! Luister, gesels, speel en smul saam – en neem jou eie Wolkland huis toe.
7 Maart 16:00 |Bodega, op die plaas Dornier | 60min | R30

WOW-Fees

Die Woorde Open Wêrelde (WOW) projek
Die WOW Projek, die US Woordfees se lees- en kultuurbevorderingsprojek wat in Oktober 2013 ’n dekade oud was, het verlede jaar die lewens van meer as 180 000 persone in sewe provinsies aangeraak. Dit open leerders se oë vir ruimer moontlikhede in ’n groter wêreld en bemagtig hulle deur blootstelling aan kreatiewe programme gerig op die bevordering van taal, letterkunde en die kunste, aangesien taalkennis ten grondslag lê aan alle skoolvakke. Inligting oor tersiêre studie help leerders se potensiaal ontsluit, ondersteun deur ruim WOW- en ander studiebeurse.

WOW Skrywersfees
Moontlik gemaak deur LAPA
Spesiaal vir ons kleinspan. Leerders, o.a. van die WOW-leeskringe by 20 hoër- en laerskole wat jaarliks kinder- en jeugboeke vir die ATKV Woordveertjies beoordeel, ontmoet hul gunstelingskrywers en leer self stories skryf.

Graad 3: Wat is jy, Kartoffel? – Marga Jonker
Marga Jonker vertel haar storie op ’n interaktiewe manier. Sy gebruik die nuutste tegnologie om die karakters te laat lewe vir die kinders en om hulle by die storie oor ’n strandwolf te betrek.

10 Maart 09:30 | Van der Stel Sportterrein: Van der Stel-saal | 90min | Gratis
Graad 4-5: Heldestories – Wendy Maartens
Wendy Maartens stel ’n wye spektrum helde en ikone, soos Hector Peterson, De la Rey, Nelson Mandela, Natalie du Toit, Enoch Sontonga en die bushelde van Westdene, voor aan ons leerders.
11 Maart 09:30 | Van der Stel Sportterrein: Van der Stel-saal | 90min | Gratis

Graad 6-7: Nova – Fanie Viljoen
Daar heers groot opgewondenheid oor die slotboek in Fanie se Nova-reeks. Hy kom stel dit eksklusief aan ons WOW-leerders voor en ontrafel ’n paar van die geheime.
12 Maart 09:30 | Van der Stel Sportterrein: Van der Stel-saal | 90min | Gratis

Graad 8-10: Gerook– Eldridge Jason
Die joernalis Eldridge Jason het met hierdie belangrike jeugboek oor tik gedebuteer. Hy preek nie vir die leerders nie, maar wil hulle nogtans deur sy storie bedag maak op die gevare van tik.
13 Maart 09:30 | Van der Stel Sportterrein: Van der Stel-saal | 90min | Gratis

Spesiaal vir juniors!
Koördineerder: Toni du Toit
Kreatiwiteit en ’n liefde vir lees word aangewakker by leerders in die grondslag- en intermediêre fases, en opvoeders gemotiveer om taalonderrig op ’n vernuwende en kreatiewe wyse aan te pak. Leerders neem deel aan werkswinkels in kreatiewe skryf, visuele geletterdheid, teken en verf; ook vingerverf.

Verf-en-Vers-werkswinkels
Leerders leer om self ’n kort gedig te skryf en dit te illustreer op A3-papier in ’n kleurvolle plakkaat. Alle skole wat wil deelneem, skryf leerders van Graad 1 – 7 in vir die jaarlikse WOW Verf-en-Vers-kompetisie. Die sluitingsdatum is jaarliks die laaste Maandag in November. Pryse vir die wenplakkate word in die laaste kwartaal van 2014 oorhandig.
15 Maart 10:00 – 13:00 | Die Voortrekkers PJ Olivier Kunssentrum | 180min | Gratis

Spesiaal vir ons senior leerders!

WOW Dramawerkswinkel
In samewerking met die ATKV
Aanbieder: akteur, regisseur en skrywer David Brink
Aspirant-akteurs, -aktrises en -dramaturge van verskillende hoërskole kan hier hulle drome kom uitleef. Teoretiese onderwerpe wat saamhang met spel, teks, regie, ontwerp en tegniese aspekte word bespreek aan die hand van praktiese voorbeelde in DVD-opnames van die ATKV-Tienertoneel se finaliste. Inligting oor toneelfeeste en -kompetisies soos die ATKV-Tienertoneel word ook verstrek. David Brink is reeds tien jaar betrokke by die ATKV Tienertoneelkompetisie.
1 Maart 09:00 – 16:00 | kykNET Erfurhthuis | Gratis, beperkte aantal besprekings

ATKV/JIP-Gedigtewerkswinkel vir Hoërskoolleerders

Met onder andere Danie Marais en Hunter Kennedy. Aanbieder: Bibi Slippers
Kom dig jou kreatiewe energie en idees los – en ontsluit op ’n interaktiewe manier die digter in jou! Bring ’n pêl en kom leer by die eksperts. Inskrywingsvorms en bankbesonderhede is beskikbaar by www.atkv.org.za – klik dan op die skakel ATKV/JIP-Gedigtekompetisie. Registreer so gou moontlik om jou plek te verseker.
Besoek gerus www.jip.co.za en www.facebook.com/JIP om meer uit te vind oor die aanbieder, sprekers en die volledige program is ook hier beskikbaar.
14 Maart 14:00 -17:30 & 15 Maart 10:30-15:30 | JS Gericke Biblioteek Ouditorium | R200 per leerder (kursusmateriaal en verversings ingesluit) | Sluitingsdatum: 26 Februarie 2014 | Navrae: Jeanné Naudé: 011 919 9088, jeannen@atkv.org.za

Debatfees
Koördineerder: Marieta Nel
Debatteerders uit verskillende provinsies kom slyp hul praatvaardighede by die 5de Debatfees! In 2013 was Jan van Riebeeck die wenners in die nuwe afdeling Harde Koejawels (ervare spanne), The Settlers High in Ou Hande (redelik ervare spanne) en die Hoër Landbouskool Paarl in Nuwe Besems (min ervaring).
8 Maart 08:00 | Luckhoff-skoolsaal, Bloekomweg, Idasvallei | 480min | R300 per span

WOW-Dag vir Graad 12-leerders
Ondersteun deur Shoprite/Checkers
Dinamiese sprekers uit die mediawêreld motiveer voornemende studente om hul droom van tersiêre studies te verwesenlik. WKOD-spesialiste in Afrikaans maak leerders touwys in die hantering van Vraestel 3. Lené van Eeden en haar bekwame studentespan gee inligting oor die US. Dan ontmoet leerders bekende akteurs by die Van der Stel Sportterrein, en word geïnspireer deur Japie Gouws van die ATKV en Dorothea van Zyl. Gespreksleier Ivor Price hanteer ook vrae van die leerders. Hulle luister na towermooi musiek voor almal feesvier by die WOW Karnaval!
15 Maart 08:00 – 14:00 | Opvoedkunde: 1028 en 3001 & Wilcocks 1001, 1012 & 3001 | 360min | Gratis

WOW-skoolkoerantprojek
In samewerking met SON
Koördineerder: Alyson Reid
’n Voldagprogram met werksessies vir ongeveer 150 leerders en hul onderwysers oor die verskillende aspekte van die joernalistiek en hoe om ’n skoolkoerant interessant en prakties aan te pak. Die begin van ’n wonderlike jaarprogram vir skoolkoerante en ’n voorsmakie van die fantastiese pryse, entrepreneuriese en beursmoontlikhede wat dit inhou. Skole kan ook op ’n prettige manier leer geld maak met SON!
15 Maart 09:00 – 15:00 | Van der Stel Sportterrein: Van der Stel-saal | 360min | Gratis

Spesiaal vir die onderwysers!

WOW Dag vir onderwysers
In samewerking met NB uitgewers. Jaarlikse forumgesprek vir 150 onderwysers en 30 finalejaarstudente van UWK. Tema: Om letterkunde lekkerkunde te maak!
Oscar Petersen van Joe Barber-faam praat met sanger en liedjieskrywer Emile Minnie, bekende kletsrymer Hemelbesem, R Toyer en Mary Banda oor die opvoeder se rol in die klas om letterkunde lekker te maak. Emile Minnie en Hemelbesem kom wys hoe kreatief dit gedoen kan word!
NB-Uitgewers bied ’n Skrywersgesprek aan.
Dorothea van Zyl bedank die onderwysers, wat ook die gaste van die Woordfeesdirekteur is by ’n ligte vingerete, voor almal aansluit by die leerders by die Van der Stel Sportterrein.
15 Maart 10:00 – 13:00 | De Vette Mossel | 180min | Gratis

Spesiaal vir ons gemeenskap!

Langarm Snack Dans
Koördineerder: Mary McDilling
Oud en jonk kan weer hulle dansskoene uithaal vir toorkunsies op die Woordfeesbaan. Kom vier die Langarm-tradisie saam met ons vir die 9de keer! Musiek deur die Paddy’s Dance Band.
7 Maart 20:00 | A.F. Louw Skoolsaal | 240min | R60 (ligte verversings ingesluit)

WOW KARNAVAL 2014
In samewerking met SON en Sanlam
Weer ’n towerspel met stalletjies, ’n mallemeule en talle kunstenaars – heerlike hase uit WOW se feeshoed! Kom luister na Emo Adams, Jimmy Nevis, plaaslike orkeste, Salome, die immergewilde Tururu en veel meer! Gesonde en veilige gesinsvermaak. Vir grootmense bied die biertent lafenis teen die hitte.
14 Maart 16:00 – 23:00 | 15 Maart 12:00 – 23:00 |Van der Stel Sportterrein| R30/R20 leerders, studente

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top