UJ-pryse 2018: wenners bekend

  • 1

Die UJ-pryse word jaarliks in twee kategorieë toegeken vir uitsonderlike Afrikaanse boeke wat in die voorafgaande kalenderjaar gepubliseer is. Beide die pryse word sonder inagneming van genre toegeken. Die prysgeld vir die UJ-debuutprys beloop R30 000 terwyl die UJ-prys se prysgeld R75 000 is.

Die wenner van die UJ-debuutprys is Jolyn Phillips vir haar digbundel Radbraak.

Jolyn Phillips (Foto: Naomi Bruwer)

Die wenner van die UJ-prys is SJ Naudé vir sy roman Die derde spoel.

SJ Naudé (Foto: Liné Enslin)

Klik hier vir die kortlyste.

Lees ook:

Radbraak deur Jolyn Phillips: ’n resensie

Nini Bennett
Resensies

Radbraak is ’n uitstaande debuut, ’n bundel waarin suiwer poëtiese segginge onverpoos uit die afbraak van taal gemyn word.”


Die derde spoel deur SJ Naudé: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Jaco Barnard-Naudé
Resensies

"Die derde spoel sal nie by almal byval vind nie. Dit is egter ongetwyfeld ’n boek wat lesers gaan laat regop sit, wat selfs slapelose nagte gaan veroorsaak."


Die derde spoel deur SJ Naudé: ’n resensie

Helize van Vuuren
Resensies

"Selde is ek so beetgepak deur ’n Afrikaanse roman, so gefassineer en beïndruk, so besig gehou, selfs na ’n tweede lees. Met SJ Naudé se Die derde spoel is daar ’n formidabele nuwe stem in Afrikaans stewig gevestig."

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top