UJ-pryse 2017: kortlys

  • 0

Oor die UJ-pryse

Die UJ-pryse word jaarliks in twee kategorieë en oor die grense van  genres heen, toegeken. Die pryse is: Die UJ-debuutprys vir die beste kreatiewe debuut in Afrikaans (met ’n prysgeld van R30 000) en die UJ-prys vir die beste kreatiewe teks in Afrikaans (met ’n prysgeld van R75 000).

Titels wat in aanmerking vir die UJ-pryse kom is kreatiewe Afrikaanse tekste (dus ook nie beperk tot genres nie) gepubliseer in die voorafgaande kalenderjaar. Vir die 2017 UJ-pryse is altesaam 68 titels ingeskryf (in totaal 18 meer as verlede jaar), waaronder 16 debute (5 titels meer as die vorige jaar).

Kortlyste – 2017 UJ-pryse

Die titels wat die kortlys gehaal het vir die 2017 UJ-debuutprys, is (alfabeties volgens outeur):

Die skaalmodel - Anneli Groenewald

Hy kom met die skoenlappers – Valda Jansen

Fotostaatmasjien – Bibi Slippers

Die titels op die kortlys vir die 2017 UJ-prys, is (alfabeties volgens outeur):

Dorado – Tom Dreyer

Huilboek – Ryk Hattingh

Koors – Deon Meyer

Op ’n dag ’n hond – John Miles

1795 – Dan Sleigh

Syferfontein – Cas Wepener

Die keurpaneel word saamgestel uit Afrikaans-lesers betrokke by akademiese instellings en die media.*

Hier is resensies van die boeke wat op LitNet verskyn het:


 

Boekresensie: Die skaalmodel deur Anneli Groenewald

Francois Verster
Resensies

"Voorspoed aan Anneli Groenewald, mag sy as romansier van krag tot krag gaan ná hierdie belowende debuut, mag die tragiek van ons kwynende museums tot soveel moontlik lesers se gewetens spreek ..."


 

Boekresensie: Hy kom met die skoenlappers deur Valda Jansen

Karin Schimke
Resensies

"Hierdie verhaal is nie, kom ’n mens agter, ’n elegie aan ’n verlore minnaar nie, maar ’n elegie aan ’n self wat soek geraak het agter skanse wat begin as blote mure maar mettertyd begin inkelder."


 

LitNet Akademies-resensie-essay: In die spieël met Bibi – Fotostaatmasjien (2016) deur Bibi Slippers

Jaco Barnard-Naudé
Resensies

"Hier het ons die digkuns van ’n fyn waarnemer en optekenaar van ons wonderbaarlike, dikwels skrikwekkende, eietydse menslike toestand op ’n planeet wat ons met soveel ander, menslik en dierlik, deel."


 

Boekresensie: Dorado deur Tom Dreyer

Louise Viljoen
Resensies

“Myns insiens is dit ’n roerende beeld van ’n baie gewone man se behoefte om homself te oortuig dat die gebeure in sy lewe volgens ’n bepaalde plan verloop en ’n sinvolle afloop sal hê.”


 

Boekresensie: Huilboek deur Ryk Hattingh

Reinhardt Fourie
Resensies

"Ryk Hattingh se Huilboek is ’n boek wat wys hoe ou herinneringe en nuwe ervarings gloedvol kan saamsmelt om ’n onopgesmukte verhaal te vertel."


LitNet Akademies-resensie-essay: 1795 deur Dan Sleigh

Heilna du Plooy
Resensies

"Dit is ’n ryk roman wat eintlik 'in mondjesmaat' gelees moet word om die fyn afwerking van besonderhede en formulering tot sy reg te laat kom."


Onderhoud: Op ’n dag, ’n hond deur John Miles

John Miles, Naomi Meyer
Skrywersonderhoude

“Soveel dinge wat die onderwyser in die hede ervaar, word snellers na die verlede; voortdurend ontstaan assosiasies met insidente in die verlede; die hede word ten dele ’n herbelewenis. Die toekoms bly moontlikheid, ’n potensiaal.”


Syferfontein deur Cas Wepener, ’n resensie

Trisa Hugo
Resensies

"Dit is egter terselfdertyd die afgryslikheid van die karakter wat die leser emosioneel ontstem en juis daarom vir my geslaagd is."

Vir 2017 was die paneel van nege beoordelaars:

Frederick Botha (Onafhanklik)
Bibi Burger (UP)
Karin Cattell (US)
Jac Conradie (UJ)
Marius Crous (NMMU)
Karen de Wet (UJ)
Ronél Johl (UJ)
Johan Myburg (Onafhanklik)
Marné Pienaar (UJ)

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top