Uitspraak voorbehou in taalbeleid

  • 3

Wat beteken dit? Reeds in 2002 het die Department van Hoër Onderwys aanbeveel dat slegs Engels as taal by SA-universiteite gebruik moet word. 

Dit gebeur ook nou by meeste voorheen Afrikaanse universiteite. My vraag is, by bv Universiteit van Venda of KwaZulu-Natal kan die taal nie bv Venda of Zoeloe wees nie, omdat dit die diversiteit van dosente beperk. 

Dus, vir regstelaksie by US onder dosente, sal Engels die amptelike doseertaal wees. Dit gaan nie oor % Afrikaanse of wit studente nie. Daarom dat die regsvraag ontstaan het. Sou dosente bv Afrikaans magtig wees, sluit dit onmiddellik % kwotas van regstel aksie dosente uit by US. 

Waarom stel die skrywers wie belangeloosheid van gewone mense besing, dit nie nie duidelik aan lesers nie? Studente is glad nie oorweeg in hierdie taalbeleid nie! Dit gaan oor buitelanders wat as dosente geakkommodeer moet word of dosente wie se moedertaal nie Afrikaans is nie. Sekerlik het hul reg om te weier om gedwing te word om Afrikaans te leer? Onthou, daar is nou raskwotas en regstelaksie-teikens vir dosente en studente by universiteite in SA.  

So, ons sal moet werk om Akademia uit te brei in SA, as suiwer Afrikaanse universiteit. 

Hans Richardt 

  • 3

Kommentaar

  • 'n Suiwer Afrikaanse universiteit klink wonderlik, maar in die 21ste eeu is dit onprakties, en heeltemal onmoontlik. Dit sal slegs toeganklik wees vir studente wat Afrikaans magtig is, en buitendien sal hierdie studente nie kan klaarkom sonder 'n kennis van Engels nie. Engels is die taal van die wetenskap. Selfs 'n vak soos Afrikaans, of Afrikaans/Nederlands, sal nie volledig aangebied kan word sonder 'n kennis van Engels nie.

    Wat is belangriker: die vak wat aangebied word, of die taal waarin dit aangebied word?

  • Johannes Comestor

    Vyf Afrikaanse universiteite het in die vorige eeu bestaan. Afrikaanse universiteite kan en behoort ook in hierdie eeu te bestaan. Afrikaans en Afrikaans-Nederlands kan, soos voorheen, steeds as vak, hoofvak en selfs nagraads aangebied word sonder om noodwendig leeswerk in Engels te betrek. In sommige "Afrikaanse" en "Nederlandse" tekste kom Engels deesdae soms in oorvloedige mate voor, maar 'n goeie tweetalige woordeboek kan 'n nie-Engelsleser help. Maar die aanbieding van 'n taal as vak bepaald nie (deurslaggewend) die voertaal van 'n universiteit nie. Wat nodig is, is die wilskrag om 'n universiteit as 'n Afrikaanse universiteit te handhaaf.

  • Feit bly staan! Sonder 'n kennis van Engels, kan geen student studeer nie, selfs nie met daardie goeie tweetalige woordeboek nie. Van nagraadse Afrikaans kan hy ook maar vergeet; hy sal sommer al vasbrand as dit by teoretiese linguistiek kom. Gelukkig is daar geen student hier in ons land wat nie Engels ken nie. Afrikaans as voertaal is net omslagtig en skep probleme, want daar moet gedurig vertaal word.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top