Uitnodiging: Leeskringe in Suid-Afrika

  • 0

LitNet wil jóú leeskring aan ons lesers bekendstel!

LitNet het verlede jaar inligting en programme van leeskringe in en om Pretoria gepubliseer om ’n groter bewustheid van leeskringe en hul aktiwiteite te skep (http://www.litnet.co.za/leeskringe-en-om-pretoria-2017-jaarprogramme-en-kontakinligting). Dit het baie positiewe reaksie ontvang en leeskringe het ook navrae van nuwe lede ontvang.

Ons wil graag die leeskringprojek na ander dorpe uitbrei. Die doel is om ’n netwerk van bestaande leeskringe uit te bou en ook om lesers aan te moedig om by ’n leeskring aan te sluit of om meer inligting oor ander leeskringe se aktiwiteite te bekom. Uiteindelik wil ons tersaaklike materiaal beskikbaar stel om leeskringe met hul boekbesprekings te help.

Is jy betrokke by ’n leeskring of weet jy miskien van iemand wat is? Ons wil graag ook jou leeskring tot ons lys toevoeg. Stuur asseblief die inligting na leeskring@litnet.co.za of voltooi die onderstaande vorm.

Indien jou leeskring se inligting ons voor 13 Julie 2018 bereik, kan jy en jou leeskring in ’n gelukstrekking ’n boekpakkie wen wat die volgende boeke bevat:

Ys – Rudie van Rensburg
Die Dao van Daan van der Walt – Lodewyk C du Plessis
Die Afrikaners – Hermann Giliomee
Dors – Marinda van Zyl
Radbraak – Jolyn Phillips
Die ou vrou en die priester – Cecile Cilliers

Die boeke word deur NB-Uitgewers geskenk.

Ek behoort aan ’n leeskring en kan die leeskring se inligting verskaf.

* Verpligtend

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top