Trompie

  • 8

Dit lyk of Trompie, oftewel Donald Trump se testosteroon-vlakke hom pla. Dalk het 'n oordosis Viagra ingekry.

Die nuwe Trompie, met plastiek en fake hare beplak, is waarlik 'n dreigement vir wêreldvrede. En sy jongste foefie om die kernwapen-ooreenkoms met Iran op te skort gaan Suid-Afrikaners ten duurste kos. Dis 'n groot hoera vir Frankryk, Brittanje en Duitsland wat by die ooreenkoms bly.

Vir Suid-Afrika beteken dit 'n wwakker rand, hoër ru-oliepryse wat beteken stygings in brandstofpryse, ingevoerde inflasie.

Trump wil alles wat Barack Obama vermag het, ongedaan maak. Maar elke hond het sy dag. En Trompie s'n kruip nader.

Yuri

  • 8

Kommentaar

  • Gerhard Venter

    Het jy ooit die Trompie-boeke gelees? Hy was 'n ondernemende knaap met leierseienskappe en wat omgegee het vir ander mense.

    Hy was glad nie soos die selfbehepte Trump nie.

  • Ironies somtyds is dat die volgende president gaan sit met die gebakte pere wanneer die gort behoorlik gaar is en die mense se moere suur is.
    Terloops Trump laat my baie dink aan die strokiesfiguur Richie Rich (alhoewel ek die seuntjie as gaaf en vriendelik onthou); bedorwe rykmanskind en geel kuif. Dalk was Adolfie, Hennie (Verwoerd) en Osammie op hulle dag ook gawe seuntjies.

  • Elke hond, comrade Yuri, het nie sy dag nie.
    Daar is baie honde, comrade Yuri, wat baie lekker lewe.
    En Trompie en Trump dien hul mense op 'n unieke wyse.

  • Politiekery en die media is soos vinkel en koljander. Trompie soos jy beweer is die vark in die verhaal van die Amerikaners of die vrye Westerse wêreld. Ek verskil van jou oor sy (Trompie) mislukkings en suksesse. Obama is nie eers werd om genoem te word nie. Wat ek nie kan verstaan van ons Suid-Afrikaners nie is, die wêreld skuld ons vet mooi nokkol. Ek glo ook nie jy verstaan die ingewikkelde intriges van internasionale betrekkinge en politiek nie. Geen land het vriende nie. Elke land het net belange. Jy tree op wat jou tot voordeel kan strek. Trump skuld ons landjie niks nie. Hy skuld ons bevolking niks nie. Wat kan ons die wêreld bied? Ons landjie se totale begroting is nie eers so groot soos die staat van Texas s’n nie. Ons regering moet begin leer. As daar 'n stemmery op internasionale vlak plaasvind waarby die groot honde betrek is, sit jy op jou gat en hou jou bek. Jy steun nie mense wat die groot moondhede en sekere bevolkingsgroepe gaan antagoniseer nie. Ons landjie is weer een van die muishonde van die wêreld en ons boks ver soos in baie ver uit ons gewigsklas. Ek sien dit gaan ook nie gou verander nie.

    • Nou die dag gelees op 'n bumper sticker" "If you want to run with the dogs,don't pee
      like a puppy".

  • Hans Richardt

    Reusedwerg, goed gestel. Suid-Afrikaners het in Mandela-era aan grootheidswaan begin ly. SA se sg grondstowwe is deur Britte uitgeput. SA het weinig militêre strategiese waarde, nadat Reagan-regime se volmag-oorlog in Angola verby is. Daarby voel Trump ook dat SA-wittes nou benadeel is en dat politieke korrektheid-ideologieë van SA net die tirannie van demokrasie weerspieël. Twee wolwe en een skaap bespreek wat daar vir ete is in SA?

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top