Trienie, my katte?

Alhoewel hul 'huiskatte' is, dink ek hul het ’n streep wildekat weg met hul swart pootkussings, vlieë en goggas jaag en kolle en strepe. Anders is hul ferral katte. Ek haat Katrina wat my 04h00 op afdae 'roep'. Nou ja, dis lekker om hul by die voordeur te kry na werk met hul 'koer' hallo. As ek hul optel, die geluid 'uh eh', sit my neer. Dis nie 'cuddle'- skuur- en maaiw-katte nie. Ek word 'opgepas', altyd by voete, met naels wat uitkom as jy optel. Amper soos 'grou katte' van Kalahari.

Hans Richardt

Kommentaar

  • Klink my jy het Bengals of baster Bengals, Hans. Soek hulle op google, jy sal sien elke liewe ding wat jy noem is ’n bengal kenmerk. As hulle patrone van die kolle eerder horisontaal as vertikaal is, is dit beslis bengal bloed. ’n Gewone tabby se patroon sal eerder vertikaal, maw rondom die pensie wees, pleks van kop tot stert rangskikking.  Ek maak tans ’n werpseltjie bengals groot, en glo my, dit was ’n word-wakker-ondervinding!  Hulle gooi alle katreels wat ek ken, by die venster uit.

     

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top