Trienie Mahne: Die Kobus de Klerk-geval

  • 3

Beste Trienie,  

Jy is ooglopend naïef. Dis regtigwaar asof jy enigeen wat bloot lippe diens aan 'n '3 enige' doen saam in jou kamp soek. Jy het ook nie nodig om jare lank op die werf te kom om Kobus de Klerk se gesindheid te ken nie; lees gewoon soveel as wat jy kan in die 'meeste kommentaar' blokkie heel regs iewers op hierdie blad.  

Kobus de Klerk het 'n stel reëls vir homself en aparte reëls vir al die res op aarde. Sy verdraagsaamheid teenoor jou is net omdat jy hom eer (presies nes jy so getrou hierin doen). Godsdiens het niks te make met sy narsisme nie. Kobus de Klerk skep omstredenheid omtrent enige  onderwerp wat hy aanroer. Kyk byvoorbeeld na sy onlangse sensasie met sy tot niet verklaring van vierhonderd jaar se algemene sterrekunde. Voeg daarby sy spontane en eenderse beskouing oor die dood van Ralph Rabie met 'n anderhater en ateïs soos Thys Human.  

Lees gerus weer die volgende in jou Bybel:  Die skrifgeleerdes en die Fariseërs sit op die stoel van Moses. Alles wat hulle dan vir julle mag sê om te onderhou, onderhou en doen dit; maar volgens hulle werke moet julle nie doen nie, want hulle praat en doen nie. Want hulle bind pakke saam wat swaar en moeilik is om te dra, en sit dit op die skouers van die mense, maar self wil hulle dit nie met hulle vinger verroer nie. En hulle doen al hul werke om deur die mense gesien te word, en hulle maak hul gedenkseëls breed en die some van hul klere groot. En hulle hou van die voorste plekke by die maaltye en die voorste banke in die sinagoges... Maar wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle sluit die koninkryk van die hemele toe voor die mense; want julle gaan self nie in nie, en die wat sou ingaan, laat julle nie toe om in te gaan nie ... Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle trek rond oor see en land om een bekeerling te maak; en as hy dit geword het, maak julle hom 'n kind van die hel, twee maal erger as julle self ... Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle gee tiendes van kruisement en anys en koljander, en die swaarste van die wet laat julle ná: die reg en die barmhartigheid en die trou. Hierdie dinge behoort julle te doen sonder om die ander na te laat. Blinde leiers, julle wat die muggie uitsif, maar die kameel insluk! Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle maak die buitekant van die beker en die skottel skoon, maar binnekant is dit vol roof en onmatigheid. Blinde Fariseër, maak eers die binnekant van die beker en die skottel skoon, sodat ook die buitekant daarvan skoon kan word. Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle is net soos gewitte grafte wat van buite wel fraai lyk, maar van binne vol doodsbene en allerhande onreinheid is. So lyk julle ook van buite vir die mense wel regverdig, maar van binne is julle vol geveinsdheid en ongeregtigheid. Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle bou die grafte van die profete en versier die grafstene van die regverdiges; en julle sê: As ons in die dae van ons vaders geleef het, sou ons geen deel met hulle gehad het aan die bloed van die profete nie. Julle gee dus teen julself getuienis dat julle kinders is van die wat die profete vermoor het. Maak die maat van julle vaders dan vol! Slange, addergeslag, hoe sal julle die oordeel van die hel ontvlug? (uit Mattheüs 23) 

Dink daaraan hoe Kobus de Klerk se seun alleen op sy een en twintigste verjaarsdag aan 'n oordosis dwelms op 'n vuil toilet in Hillbrow gesterf het; dit wyl Kobus de Klerk so maklik en gereeld ander voorskryf oor hul opvoeding aan hul kinders sonder 'n oomblik se bekering of getuienis oor sy eie dwalinge daarin. Lees Kobus de Klerk se ode aan homself daaroor hier , of lees my kommentaar onderaan jou "wors storie". Moes Kobus de Klerk nie by sy seun op sy mondigwording gewees het in plaas van sy eie plesier in die Wildtuin soek nie?  

Ja, dan is daar sy oneervolle skraping as prokureur ... beslis ook nie onskuldig nie ... ook geen nederigheid of vergifnis soek nie ...  net Kobus de Klerk se ego as 'n sogenaamde onskuldige slagoffer ...  

O ja, en al daardie KdK drogma van: "Jesus Christus is nie onse Hemelse Vader nie, maar ..."

Dis ook maar net die puntjies van die werf se dweper monster se ore wat bokant die riool uitsteek. Let op Kobus de Klerk en die res van sy infernale gevolg se gesiglose en 'privaat profiele'. Hoekom wegkruip as jy die Lig in jou hart uitdra? Kan dit wees dat iemand dalk die vriendelike 'Piet' langs hul siekebed as die werf se berugte Kobus de Klerk kan herken? 

Kobus de Klerk kerm en kla ook gedurig dat hy persoonlik gereken word in die twak wat hy op die werf kwytraak. Natuurlik het hy vir homself hierin ook vrywaring terwyl hy ander mag takseer op grond van 'van wie dit kom'. Let gerus hoe eentonig hy byvoorbeeld die algemene betekenis aan die woord agnost verniel terwyl hy kwyl oor dit wat sogenaamd 'van die agnostici kom'. Aan die anderkant kerm en kla Kobus de Klerk oor enigeen wat die duiwel aan hom sien kom as 'persoonlike belediging'.

Trienie, Kobus de Klerk het regtig nie nog 'n paranimf * op die werf nodig nie. Ek glo steeds dat as een van die weinig kenbare deelnemers op die werf jy jouself met 'n geruste hart aan die Boodskap kan toewy.  

Mag Jesus Christus onse HERE ons almal vergewe en self die Lig in 'n ieder se hart wees wat hier lees.  

Boeregroete,

Cornelius

*paranimf, =e. Iem. wat 'n ander by plegtige geleenthede bystaan (uit die VERKLARENDE AFRIKAANSE WOORDEBOEK Agtste hersiene en uitgebreide uitgawe FJ LABUSCHAGNE en LC EKSTEEN)

  • 3

Kommentaar

  • Cornelius,

    Jou uiterste haat en onvergewendsgesindheid teenoor Kobus en die enigste ware christelike geloof, wat jy so gruwelik belaster en besmet met jou kettery teenoor die enigste Ware Woord van God, die Bybel, en jou dwase insae teenoor ons Redder en Saligmaker, Jesus Christus die Here, loop soos stroop uit jou pen in jou skrywes hierbo en elders.

    Sterkte

    Dolf

  • CorneliusHenn

    Dis nou vir jou te seg Dolf... nietemin, ek glo jy verwoord die Fariseërs se afsku teenoor Jesus onse HERE na Sy waarskuwing aan hulle in Matteus 23 wel op... ek glo ook jy en jou infernale hoëpriester Kobus de Klerk sou my met graagte vandag aan 'n kruis wou stil maak...vrede vir jou in die liefde en genade van Jesus Christus onse Hemelse Vader...

  • Liewe Cornelius,

    Dankie die moeite met jou laaaang brief. Hoe klink dit my julle aktiewe Netters is net ingestel op persoonlike kommentare? Waar kry julle die tyd? Ek is eerlik met jou dat sulke briewe deur my net vinnig ge-scan word. My brein is geleer om dinge vinnig te sif. Nut bly, nonsens verdwyn.

    Leer saam my om net op jou Here te fokus, nie op mense. Anders word ons gereken as geestelik onvolwasse. Hoe gaan die ongelowiges by ons leer? Skei mense se gees van hul vlees. Iemand wat kwaad word, het klaar die geveg verloor. Ek is angstig om te lees die dinge waaroor jy gewoonlik skryf. Wat kan jy my leer. Los kommentare. Ek kannie wag om jo? potensiaal en bediening te ontdek.

    Eerlikwaar het ek ook nie ‘n saak met KdK se verlede nie. Wie weet, dalk was myne erger – of joune nog ERGER? Waar trek ons streep? Los sy verlede uit! Ek het rerig nie tyd om dit eers op te soek nie. Vir my is dit nonsens en verlore tyd. Die ware gelowige doen gereeld restitusie. Ek glo dat KdK klaar sy verlede van sy seun met God uitgemaak het. Skuldig of onskuldig. Pasop, môre kan trauma aan jou deur klop, en skielik staan jy kaal. Die maat waarmee ons meet, sal ons gemeet word.

    Ek verloor baie gou my respekte vir mense wat ander se verlede nie kant uitlos, dit is pleinweg skinder. Vir diesulkes is ek bang. Want, vir jou steek hul net so gou in die rug. Wysheid word duur bekom.

    Liefde

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top