Toneelstuk

  • 0

Die lewe is 'n toneelstuk
en ons is die karakters.

Die storielyn is geskryf, 
maar net die dramaturg
weet wat wag.

Ons is die marionette, ons
word beheer deur
die regisseur.

Die klanke van die lewe,
musiek, dans en sang. 

Die newe-teks dui aan waarheen ons moet gaan,
Die sub-teks onthul wat ons nie kan verstaan.

Daar is meer as een klimaks, maar as jy dalk net 'n aks daarvan kan verander.

Die bewegings word gechoreografeer,
ons het geen vrye teuels meer.

Die toneelstuk is vol kinkels en vreemde bekentenisse.

Wat is die tema van die lewenstoneelstuk?

Leef om te oorleef!

  • Jané de Wet is in graad 12 by DF Malherbe Hoërskool.
  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top