Tog eienaardig ...

  • 9

... dat, wanneer Afrikaanssprekendes ’n Engelse woord aanhaalof gebruik spreek hy die “r” op die Engelse manier uit maar as ’n Engelssprekende ’n Afrikaanse woord aanhaal of gebruik spreek hy nie die “r” op die Afrikaanse manier uit nie.  Waarom sou dit wees?

 

Jan Rap

  • 9

Kommentaar

  • Jan, moenie veralgemeen nie. Ek ken tientalle Afrikaanssprekendes net in my kring, wat nie die sg "silent r" gebruik soos jy beweer nie.

    En hou op so onnodig sensitief wees oor nietighede.

    • Dirk jou rakker jy jok vir my; ek is seker die tientalle waarvan jy praat gebruik wel daardie Engelse 'r' wat meer soos 'n 'w' klink (nie noodwendig 'silent' nie).
      En ek is NIE onnodiglik sensitief oor nietighede nie; ek is nodiglik sensitief vir belangrike aanduiders van ons mense se houthakker- en waterdraerhouding.
      Ek sou aanbeveel jy hou op om onnodiglik afgestomp te wees - haal af daardie oogklappe en uit daardie oorpluisies en raak bietjie bewus van hoe gedienstig ons Afrikaanssprekendes deesdae is (onnodiglik).

  • Beste Jan,
    Wat uitspraak betref, verskil Amerikaanse, Australiese, Suid-Afrikaanse, Britse en Indiese Engels van mekaar. Waar die Engels inpas wat Zulus, Xhosas, Sjinese, Japannese en Taiwannese praat, sou ek nie kan sê nie.
    Groete,
    Angus

    • Beste Angus
      Dis waar wat jy sê oor hoe die verskillende nasies se Engelse uitspraak verskil.
      Wat ek wil weet hoekom spreek ons die 'r' soos die Engelse uit as ons Engelse woorde aanhaal maar hulle spreek nie die 'r' soos ons uit as hulle Afrikaanse woorde aanhaal nie.
      Groetnis
      Jan Rap

  • Beste Jan,
    Jammer dat ek nou eers reageer op jou skrywe. Ek het dit misgekyk.

    In Engels word die [r]-klank op twee maniere uitgepreek. Die eerste is die sogenaamde silent-r soos aan die einde van 'n woord (better). Die tweede is 'n frikatief (soos in British). In Afrikaans is die [r] nie 'n frikatief nie, maar 'n triller. (Sommige mense bry, en dan is dit 'n gutterale frikatief [R], maar ons laat dit maar buite rekening.)

    Die Engelse [r] is makliker om uit te spreek in vergelyking met die Afrikaanse [r] wat heelwat vaardigheid met die punt van die tong vereis. Daarom sou ek sê dat dit makliker is vir 'n Afrikaanssprekende om die Engelse [r] uit te spreek as wat 'n Rooinek die Afrikaanse [r] moet probeer baasraak. Dit is ook al bewys dat 'n mens doof is vir 'n spraakklank as jy dit nie van jou babadae af gehoor het nie. Baie tale het bv nie die [x] as spraakklank nie, daarom sukkel hulle met die uitspraak daarvan.

    Die Afrikaaanse [r] is werklik moeilik om uit te spreek, selfs vir Afrikaanssprekendes. Kinders sukkel daarmee, en die beste manier om hulle dit te leer, is met 'n stokkie onder die tong. Dan word hooi hibbok hamme naderhand rooi ribbok ramme.
    Groete,
    Angus

  • Beste Angus

    Nee die Engelse frikatief [r] is baie moeiliker om uit te spreek as die Afrikaanse triller [r] (ek gebruik jou terminologie). Luister maar hoe sukkel Afrikaners en Italianers en Duitsers met daardie sagte Engelse [r]. Tot so'n mate dat dit geforseerd klink wanneer hulle Engels praat en dit klink veral uit plek uit wanneer Afrikaans gepraat word en daar is 'n Engelse woord in. Luister veral na die omroepers. Behalwe dat dit sleg klink, uiters sleg, klink dit nog gedienstig ook.

    Die ironie is dat in goeie Engels (die sg 'clipped English' van ouens soos Rex Harrison, John Mills, Noel Coward en Christopher Plummer om nou maar net 'n paar te noem) word die triller [r] dikwels gebruik, veral tussen klinkers. Ook gooi baie Engelse 'n triller [r] in tussen twee woorde waar die een eindig met 'n klinker en die volgende een begin met 'n klinker om die sg 'glottal stop' te systap. Terloops, eienaardig genoeg weet die meeste Engelse nie daarvan nie alhoewel hulle dit gedurig gebruik en pleit bloot bewusteloos as jy hulle daarop wys.

    Verder, veral in die suidelike voorstede van Johannesburg, is daar baie Engelse wat die triller [r] gebruik en so ook baie Skotte in Skotland. Franse operasangers, as ek dit nie mis het nie, gebruik ook die triller [r].

    Groetnis

    Jan Rap

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top