Tierneefkop

  • 0

Tierneefkop

Ons dans en ons sing by die tierneefkop,
die bier en die grappe is tuisgebrou,
wie sal die wind en die son kan stop;
ons dans en ons sing by die tierneefkop:

Laat die arms soos grasse om ons vou,
vergeet die nuus dat rooibos eendag stop,
proe nóú die beste braaiwors op die skou,
en dans om die dam, laat waai met daai dop.

Ons dans om die dam, ons gooi weer ons dop, 
wys tóg die skeurmerk van ’n halwe klou,
huiwer om die bolyf oop te vou.
Die spore is vars langs die sedertop;
ons dans en ons sing by die tierneefkop.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top