Tiens Pretorius, sanitasie in wêreld buite ZAR

  • 14

Erken dit, die ZAR en Oranje Vrystaat was erg agterlik. 

Die Mayas en Romeine het al binnenshuise baddens en toilette gehad. Daar was ook klasseverskille in Brittanje. Die lae klas het hul slopemmers in straat uitgegooi, ook Franse. Spoeltoilette was al in gebruik voor Van Riebeeck in 1652 aan Kaap sy groentewinkel en slaghuis oopgemaak het. 

My doel is om te wys dat daar analogie is tussen politici en dienste-lewering in SA, sedert die 1800's. Dis asof kleptokrasie 'n SA sindroom is, wat oorerflik is. 

Daar is ook geen verskil tussen hedendaagse Afrika-immigrante en die uit Europa destyds. 

 

  • 14

Kommentaar

  • Hans Richardt

    Tiens Pretorius, "Jakes" roep nou.
    My een vriend in matriek, wat omtrent hele matriekeindeksamen by my afgeskryf het om te kon slaag, het in sinkhuis naby spruit gebly, wat ons van die bo-dorp geskei het.
    Ek het vir Jakop gehelp en is nie skaam daaroor nie! Wat de hel, tye was moeilik vir ons albei.

  • Ek het 'n slim vriend wat een of ander internasionale siviele ingeneurstoekenning verwerf het. Hy het 'n rioleringstelsel verfyn/aangepas wat op 'n stelsel wat in die 1800's ontwerp is. Die stelsel is reeds instaleer by Kaserne in Botswana. In kort soos ek dit verstaan is dit nie 'n "water"-stelsel nie maar werk met suigkrag. Die tegniese detail is bo my vuurmaakplek en kan die einde van septiese tenks wees.

  • Hans,
    Ek haal direk aan uit jou skrywe hierbo: "...Die (Britse) lae klas het hul slopemmers in straat uitgegooi, ook Franse..."
    Nou wonder ek: Het die lae klas die Franse saam met die slopemmers uitgegooi, of het hulle eers die Franse uitgegooi en daarna die slopemmers, of dalk andersom?
    Ons weet mos almal dat die Britte en die Franse nie eintlik ooghare het vir mekaar nie. Maar was dit dan só erg?

  • Dirk,
    Hoe lekker lag ek nou! Die vraag is nou: hoeveel Franse kan in 'n Brit se slopemmer inpas!

  • Tiens Pretorius

    Ja, die ou Boere was seker agter teen Europa. Maar Pretoria is seker eers omstreeks 1840 gestig in 'n ongetemde wildernis. Tog het elke huis in Pretoria darem seker 'n long drop in die agterplaas gehad.
    Die Europeërs het meer as 'n duisend jaar gehad om te ontwikkel en tog nie so ver gevorder nie. Die meerderheid was arm of werkersklas en het nie luukshede gehad nie, beslis nie spoeltoilette nie. Hul omstandighede was maar ook primitief.
    Jy lees nie krities nie en veroordeel ons mense sonder logiese denke.
    Tiens

  • Hans Richardt

    Tiens Pretorius, Pretoria vs Johannesburg vs platteland?
    Angus, welkom. Ek is bly ek raak rou senu aan in baie wit Afrikaners, wat nie aan hul eie armoedige dae wil herinner word nie.
    Ek geniet dit.
    Ek het ARM groot geword, uit gesin van 13 kinders, waarvan drie jonk dood is.
    Ek probeer net baie van hierdie mense vol voorgee uit te lok. Die feit is, daar was geen gesondheidsregulasies of openbare gesondheidsdienste in ZAR nie. Onse Paul Kruger was neopotisties en daar was baie vrae oor sy laaste verkiesing en stemme ...
    Ek weet dat die emmertoilette iets is waaroor wittes nou skaam kry. Ons giggel lekker in ons familie oor die toilet wat so 30 meter in agterplaas was, wat kleintyd ongelukke veroorsaak het tydens donderstorms, in die nag of in die winter ...

  • Hans Richardt

    Dirk Rigter, skud jou kop, sodat jou ore jou kan wakker klap. Angus, ewolusie van arm wittes na ABO?
    Hierbo kry ek niks soos dit waarna jul verwys nie.

  • Hans Richardt

    Toegegee, my stelling klink erg snaaks! Ek moes eintlik net gestel het, in Europa het die lae klas hul rioolemmers in strate uitgegooi, vandaar die slote in middel van ou strate.

  • Hans Richardt

    Dirk Rigter, moes ek dit net gestel het - "in Brittanje en Frankryk, het lae klas hul kak in strate uitgegooi"?

  • Hans,
    Miskien moet jy jou kop skud dat jou ore jou kan wakker klap. Jy lees telkens skeef en dan gaan jou verbeelding met jou op loop. Ek het net jou taal amusant gevind, en nou verbeel jy jou die toestand waarin ek grootgeword het.

    Ek sien nie neer op armoede nie, maar eenvoudigheid is iets anders. Ek hoor die mense noem dit deesdae kommingeit.

  • Hans jy het nou wragtag 'n kak onderwerp gekies. Ek kan onthou dat ons op die plaas 'n buite-kleinhuisie gehad het, en later 'n binne-spoeltoilet. My oorle oom het 'n hans springbokram gehad wat net die vroumense wat die kleinhuisie wou besoek, geterroriseer het. Al wat teen die bokram se aanslae gehelp het was 'n jas. Die bokram was dan lugtig om tot aksie oor te gaan. Vir my oom en baie het dit groot vermaak verskaf. Die bokram het een dag net te ver gegaan en my tante se rib afgestamp. Die bokram het toe in biltong verander.

  • Hans Richardt

    Om heeldag oor SA politiek, staatskaping, Ekonomie of Afrikaans te praat, is ook nie veel beter onderwerp nie.
    Swak sanitasie en publieke gesondheidsdienste is reuseprobleem, waaroor niemand praat nie. Hierdie is bv nie verkiesingsonderwerpe meer nie!

  • Hans Richardt

    Angus, daar is pos vir jou by NB uutgewers as redakteur... Wragtig, dit voel of jy my skrywes met vergrootglas lees vir taalfoute.

  • So die 'Classic Maya had flush toilets' maar dieselfde 'Classic Maya' het nie geskroom om veral oorwonne hoë soldate se koppe en harte te verwyder nie.

    Nou lyk dit vir my dit was veiliger in die tyd van 'drop toilets' plaaslik as 'flush toilets'van die 'classic Maya' dit is nou as jy Reusedwerg se oorlede oom, se orige bokram buite rekening laat.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top