Taxis

  • 0

Busstakings in Tshwane het gewis geen impak op die regte tannies van die Moot nie.

Van Elandspoort tot Derdepoort – die tannies vat nie nonsense nie. Soos hulle elke Tshwane-busdrywer by die naam ken, so  ken hulle die taxibestuurders. Nou kyk, wanneer die Tshwane-busdiens op staking gaan, versprei die nuus soos ’n veldbrand. Epos, WhatsApp, SMS … alles word ingespan om die nuus te versprei.

Nou moet jy mooi dink en beplan om te gaan kyk wat gebeur. Prinsloo- en Pretoriusstraat is waar die Laudium, Danville, Lotus Gardens en Elandspoort taxis staan. En dan raak die regulars sommer awers. Want die tannies met arms die grootte van boomstompe kry celebrity status.

Op die hoek van Van der Walt en Kerk is die Eersterust-staanplek. Juis omdat dit minder moeite kos as om oor Steve Biko deur Moregloed Gezina en Villieria te ry, word die Eersterust-taxi gehaal. Reg op met Kerkstraat, deur Colbyn en tjoef-tjaf in East Lynne en Jan Niemandtpark.

Tog kan die regulars hulself bevuil met die royalty status wat aan sommige buspendelaars gegee word. Taxis wat deur Hermanstad, Hercules, Mountain View en die Holy Cross klooster sou ry …

Nee dit word sommer net Mountain View. En al die passasiers is wit. Hoe nou gemaak? Dit is nou reverse apartheid toegepas deur die taxi-bedryf. En jy sal jou sogenaamde brekers kry wat op ’n nip brandewyn nog ’n babelaas drie dae na die poging het. Het tannie Laurika nie iewers Die Mense op die Bus gesing nie?

Dalk tyd vir ’n upgrade. Die ooms en tannie van Danville en Prokkies (Proklomasieheuwel) ry taxi. En die ooms van die Poort kan hul blik bier saambring … net vir die lekker gesels.

Yuri

 

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top