superpatriot

al’t u stem nu v’rstil, so saam’t u graf toe,
staat u erf’nis, oop-’n-bloot, v’r alg’r t’sien,
nessie tekste, tronk-yt, tot bo in Timbuktu,
revisionis, onmoontlik, twee gode t’dien

staat Grondwet, ing’bed, Konstitusioneel,
Handves, streng wetenskaplik t’b’studeer,
al weet oud-terro so min v’n transformeer,
hoe v’rdeeldheid wel moet lei tot herv’rdeel

t’veel armes, innie ‘tswempu’ in vasg’vang,
maak mede-Mens se “ras” Mens mos bang,
hoor profiteerder nie slagoffer se leedkreet,
nie altyd goed, als oor Naaste t’moet weet

pis grafgrawer, noodg’dwonge, op u graf,
u postuum vir u superpatriotisme g’straf

Jacobus Faasen

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top