Suidoosterfees 2018: Rokkie, ’n onderhoud met Denver Breda

  • 3

Een van vanjaar se toonvenstervertonings by die Suidoosterfees is Rokkie, die verhaal van ’n 50-jarige transgenderpersoon van die Kaapse Vlaktes. Vandag is die dag waarvoor sy al jare wag: haar “gender reassignment”. Met die openingstoneel sit sy in onderklere agter ’n naaimasjien, besig om ’n rok aanmekaar te stik terwyl sy ’n Black Label en sigaret geniet.

Sy deel van haar mees intieme herinneringe met ons: haar ouers, haar ma se kêrel, die liefde van haar lewe, haar eerste beauty pageant, tyd op die straat en haar soeke na identiteit. Rokkie is ’n hartseer storie, vol hoop. Ongeag hoe hartseer die lewe kan wees, is daar altyd ’n goue rand om die donker wolkie.

Die skrywer is Denver Breda, ’n taal- en kultuuraktivis, skrywer, fotograaf, akteur, digter en feesorganiseerder. Hy is vasbeslote om te baklei vir die bewusmaking en herlewing van ons Khoesan-tale asook die voortbestaan van Afrikaans en sy verskillende dialekte, soos Kaaps, Plattekaaps (sy eie weergawe van Kaaps) en Plattelandse Afrikaans (soos gehoor deur die stories van sy moeder, wat oorspronklik van Graaff-Reinet is en toe as 19-jarige in die Kaap kom werk het as huishulp). 

Sy selfgepubliseerde kortverhaal “Boesman Myt” is geïnspireer deur sy ma se reis na die Kaap vanaf Graaff-Reinet op soek na ’n beter lewe. Hy het ook ’n versameling van kortverhale, Stories wat kort is, gepubliseer. Hy skryf ook teaterstukke, kortverhale en gedigte en behartig ook sy potgooi “Draadloos vir die raadloos”.

Jy is bekend as ’n onverskrokke taal- en kultuuraktivis. Hoe onontbeerlik is dit juis nou dat ons óns taal en kultuur beskerm, ontgin en vernuwe?

Dis nou meer as ooit belangrik dat ons tog almal wat die taal praat en wie lewe in die taal, besef dat ons almal het tog ’n deel om by de te dra om die taal en sy verskillende ways van praat en uitbeeld te beskerm; nie dat dit juis beskerming need nie, maar net om te kyk dat mense die waarde van die taal op al die vlakke besef. As communication, as academic taal, as lekker-praat-taal, maar dit in die proses nie exclusive maak nie.

Om dit weer te bring tot sy plek as inclusive Afrikataal. Soos dit tog was toe ons Khoe-mense die taal 400 jaar gelede laat ontstaan het om handel te dryf met die verbygaande skepe. Deur die taal se identiteit en plek in ere te herstel en te acknowledge, sal die healing van die taal ook in sy mense geskied.

Ek dink dis hartseer as mense, veral jongmense, menigte kere uit ignorance tog so skeef kyk na Afrikaans. Dis tog net woorde, maar ons kan die historical pain nooit deny nie. En nou, meer as ooit, om daaroor te praat en te vra wat doen ons nou om vorentoe te gaan en te bou aan dit wat ons almal trots sal maak, waar almal se way van praat equally important en celebrated is.

Wat is jou benadering tot temas en die boodskap wat jy in uiteenlopende genres beoefen? Wat is die uitdagings en wat is die bindende faktor in jou benadering?

Die challenges is altyd access tot resources en dis nie altyd geld nie. Somtyds is dit net my eie kar wat my in tyd kan vat na events of meetings. Ons almal weet tog Metrorail is mos nou nie iets wat jy mee kan nasie bou nie!

Ek laat eerstens die boodskap met my praat en my sê hoe ek dit moet manifesteer. Somtyds is dit ’n kort storie, dan teaterstuk, dan maybe kort film of gedig, artikel, facebook post. Somtyds is dit net ’n pic wat ek vat. Somtyds vra mense of ek die genre geswot het. Dan remind ek hulle ek kom tog van die eerste performers van die land, oftewel die wêreld, wat soveel dinge in ons toegeluit het. Somtyds moet ons net onsself aanvaar - en dan gattie ancestral deure oop.

Ek gee altyd eerstens stem vir ons challenges as ǂGūrokam of eerste nasie in Suid Afrika – wie nog ná 23 jaar nie een Khoe-taal het as amptelike taal nie. Ons kinders kan steeds nie die taal doen op skole nie. Ons moet steeds baklei vir erkenning terwyl ons die wreedste kakapuse of amnesia moes ervaar. Ek gee stem aan mense wat vandag nog vergeet word, maar dan gee ek ook stem as iemand wat Afrikaans praat van working class community praat – met ’n Graaff-Reinetse wortel, maar ook as LGBT. Al wat ek kan doen, is om ruimte te skep vir my waarheid en om asem te haal. Dit is tog wat al dié genres my gee.

Charlton George as Rokkie

Wat is die relevansie van die storie van Rokkie in 2018?

Rokkie is ’n transvrou, sy is Cape Flats, sy is Khoe, sy is Afrikaans, en sy’s ook ’n fighter; sy’s funny, maar sy soek nie jou pity. Al wat sy jou vra, is om na haar te luister. Ons lewe in ’n wêreld wat baie gou mense judge, veral dié wie ons nie altyd wil leer ken nie. Maar ons judge steeds maar. Ons gat nie luister of belangstel nie. Is mos safe as ons die mure bou en nie hoef te weet wat regtig aangaan met “dai” mense nie. Dan praat ons mos oor choices, maar het ons ooit dai choices gegee? Of is dit nie ons responsibility nie? En hier is Rokkie, ’n combination van baie dinge wat Suid-Afrika oor nie wil praat nie – maar eintlik moet oor praat.

Ons wil nie regtig praat oor die mense wat coloureds genoem word nie. Ons wil nie weet dat ons identiteit, tale en cultures weggeneem is nie. Ons worry nie oor wat oppie Cape Flats aangat, dat jong vroue en mans, ook kinders, daagliks vermoor word nie. Ons bekommer ons nog minder oor LGBT-mense en die talle Khoe-transvroue wat op plattelandse dorpies vermoor word.

Hoe het die verhoogstuk ontstaan en hoe het jy navorsing hiervoor gedoen?

Eendag kom my vriend van dekades na my by die LGBT support organisation, Triangle Project. Sy’s trans, sy bly oppie strate, kaalvoet met ’n Shoprite-sakkie, gebarste lippe, klere stukkend. Dit reën nog dai dag en ek sê ek kan jou geld gee vir iets om te eet of ek kan jou storie skryf. En dis die begin van Rokkie. Al wat sy gevra het, is dat ek die storie Rokkie moes noem.

Wat was die uitdagings in die hantering van die tema en hoe het jy die slaggat van stereotipering vermy en/of oorbrug? Hoe vind jy balans tussen die lag en die huil wat jy in patos, vermoed ek, ontgin vir trefkrag?

Terwyl ek toe die storie skryf, ontmoet ek toe so klomp ander transmense wat op die strate bly. En hulle vertel my hul stories en ek skryf toe – en my storie raak toe ook deel daarvan en dit word terapie, want dit word toe die vehicle vir baie van die issues wat my werk aanraak: issues van trauma, displacement, pyn wat nie oor gepraat word nie, rejection, selfhaat en dai journey om jouself vind, om jouself te accept en lief te het.

Ek ken die community waar die storie afspeel. Ek ken die mense en ek acknowledge my privilege as gay man in die skryf van die storie. En al wat ek kon doen, is dat die stories so truthful as moontlik uitkom, want te baie kere kom dai stereotypes uit plekke van ignorance – veral wanneer die storie vertel word van buite af in en nie van binne af uit nie. Ons audiences besef dit en dan switch af hulle af.

Maar ek kon iemand amazing soos Lee-Ann van Rooi kry om te direct, asook iemand so super-talented soos Charlton George om Rokkie te word. Dit is mense wat ek nooit in my wildest drome sou geraai het sou iets in Rokkie sien nie. Dreams do come true.

Wat behoort die doel van kunstefeeste te wees – en meen jy feeste slaag daarin?

Ek dink different festivals het different doele en mense respek dit. Ek het self nou al ’n Khoe-film-festival en 48 teater-festivals gehou en die doel was om plek te skep vir ons stories. Dit was net my doel.

Die eerste van my kuns is advocacy, lobbying en om te sê kyk hier, ons is nog steeds hier, ons was nooit nêrens nie. Dit moet met ’n element van vermaak aangebied word, want niemand gat vir ’n uur sit as ons nie somehow entertain word nie. Maar tog, as ’n land met so ’n violent geskiedenis verg dit tog groot responsibility om terug te gaan voor ons vorentoe gaan. Ek dink soms vind mense dit scary, maar dit moet gedoen word.

Ek kan beslis “Kai gangans” sê – wat “baie dankie” in Khoekhoe-taal beteken – aan Cornelia Faasen van Nasionale Afrikaans Teater-inisiatief en Niël Rademan van Suidoosterfees wat ruimte geskep het vir ’n storie wat baie min ander bereid sou wees om aan hul gehore te wys. Ons is nie ’n sideshow of last-minute addition nie; ons is heel front en centre en trots daarop. Meestal word in LGBT-stories gepraat oor die dinge wat in die closet moet bly; nie dié keer nie. Dis eintlik historic, en tog hartseer vir ’n land soos Suid-Afrika, waar same-sex marriage en ons constitutionally recognised is, maar laws kan mos nie attitudes change nie – ongelukkig.

Doen feeste genoeg vir die ontginning daarvan om ons land se demografie te bevorder?

Daar’s altyd ruimte vir improvement. Ek sal beslis like as feeste dan meer Khoe-stories in ons Khoe-tale sit. En wat tog hierdie jaar amazing is, is dat die Vrystaat Kunstefees ons Khoe-mense acknowledge in Khoekhoe-taal en dat ek die storie Kawakawas – ’n Khoekhoe-Afrikaans production wat “restoration” beteken – daarheen kan vat. Ons het meer stories nodig wat almal se lived realities include en Afrikaans deel maak van dai conversations.

Hoe beloer jy die toekoms van taal, kuns en kultuur in ons land vorentoe?

Die toekoms vir taal, kuns en kultuur is blink. Daar’s ’n next generation wat nie bang is om uncomfortable en challenging stories te vertel nie en wat weet dat eerlike, inclusive stories belangrik vir ons nasie is. Daar’s tog vryheid in die waarheid en ek’s excited vir wat nog gat kom.

Rokkie is vir al die “Rokkies” daar buite; vir almal wie voel dat hul stories nie matter nie – máár ons stories, ons pyn matter tog!

Foto's: verskaf

  • 3

Kommentaar

    • Kai gangans, (baie dankie) die lees van hierdie onderhoud het my oë vogtig gemaak, veral hoe Rokkie begin het, ja dit is waar elke mens moet erken word vir wie hulle is so die Khoe ook, hulle wortels is ook diep en kan nog groei(khaimâ Khoe/gôado) staan op Khoe-kinders.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top