Suid-Afrika se uitgespoegde druiwepit (vir Universiteit Stellenbosch)

  • 2

floris_a_browneers wanneer die druiwepit
uitgespoeg lê op elk’ Matiestraat
blink vaalrooi soos die pit
van 'n granaat in 'n sloot te lande
kom en dryf en dryf en dryf en
skielik in 'n mangat verdwyn
sal niemand meer kan kapsie maak
teen 'n vreemde
nie-moeder-Afrikaans
teen 'n vreemde
rooi taal wat oorneem
tot in die hoogste Besluitnemingsraad
so bly ons stil, so bly ons stil
en neuk maar aan, en neuk maar aan
tot die hele Afrikaanse land
in sy moederswye gaan en gaan
en gly en gly – verslaan!

  • 2

Kommentaar

  • Johannes Comestor

    Floris, dankie vir hierdie een. Aan die US en elders is Afrikaans op die afdraand. Min Afrikaanssprekendes is besorg daaroor. Hulle laat hulle met valse beloftes mislei.

    • Baie dankie! AFRIKAANS BLY ONS MOEDERTAAL! Ons moet juis veral in vergaderings tot in die Parlement ons stem laat hoor in AFRIKAANS! Nie ingee om alles met ENGELS gelyk te maak nie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top